0632198734 | 0639277549 info@armoedebediening.co.za

Om ‘n verskil te maak

Doulos is ʼn Griekse woord wat as dit vertaal word beteken:  Dienskneg van God.  Dit is presies wat al die vrywilligers en ander persone wat betrokke is by Doulos hulleself ag.  Werktuie in die Hand van God om ʼn verskil te maak.  Dit geskied nie deur ons eie vermoëns of op grond van ons talente nie, maar suiwer deur ons Godgeroepe opdrag om te help.

Doulos is ’n nie-winsgewende organisasie wat gebore is uit ʼn droom.  ʼn Droom om ʼn verskil te maak in ʼn gemeenskap en mense weer hoop en passie te gee en ’n toekoms waar hulle weer toegelaat word om te droom.  Hierdie droom het klein begin, maar soos die nood en die kennis rondom die nood toegeneem het, kon die droom nie anders as om te groei nie.  Ons wil die mense wat hoop verloor het, help om weer te begin droom oor die toekoms. Ons wil hulle ook begelei om daardie droom te begin leef, vir hulself doelwitte te stel en te bereik op die vaste fondament van waardes soos: geloof, liefde, eerlikheid, opregtheid, hardwerkendheid en verdraagsaamheid.

afAF