0632198734 | 0639277549 info@armoedebediening.co.za

Doulos Gemeenskapsprojek is tans betrokke by verskillende projekte:

1. Vaardigheidsopleiding:

By ons rekenaarsentrum in Waverley bied ons gratis Microsoft Office opleiding aan behoeftiges.  Daar word  ses weke voltyds opgelei. In verlede jaar was ons in staat om 40 mense op te lei en in poste te plaas.  Hier benodig ons nog rekenaars ten einde die sentrum te vergroot en meer mense te kan akkomodeer.

2. Kleuterskole

Doulos het tans 3 kleuterskole by 3 informele nedersettings.  Hier lei ons 90+ kleuters op tot en met Gr. O vlak sodat hulle ‘n gelyke kans het om die skool wêreld te betree.  Ons wil graag ‘n 4de kleuterskool oopmaak  maar benodig ‘n groot houthuis of staalhuis en verkieslik twee of drie van elk sodat ons verskillende klaskamers kan hê vir verskillende ouderdomsgroepe kinders.  Die volgende kleuterskool wil ons graag in Elandspoort, Pretoria begin.

3. Mosaïek (Werkskepping)

Tans word arm blankes in behoeftige gemeenskappe opgelei om mosaïek items te maak wat dan verkoop word en aan hulle ‘n inkomste voorsien.  Afgesien van die werkskeppingsgeleenthede van hierdie projek word die mense ook terapeuties ondersteun deur middal van die kuns deur ‘n opgeleide sielkundige.  Hier het ons altyd mosaïek-materiaal en items nodig.

4. Klinieke

Ons wil graag ons kliniekdienste uitbrei na nog informele nedersettings.  Tans is daar twee klinieke wat die inwoners bedien met basiese mediese sorg.  Al die medisyne word geborg en vrywillige verpleeg personeel en dokters doen hier diens om aan die armstes mediese sorg te verleen.  Houervragte is hiervoor nodig ten einde hulle in te rig as klinieke en mediese dienste te verskaf.

5. Tuisonderrigsentrums

Ons het ‘n tuisonderrigsentrum in Sonop (Brits). Hier word behoeftige kinders in ‘n sentrum tuisonderrig aangebied aangesien hulle geen vervoer het om skool by te woon nie.  Ons het deurlopend rekenaars nodig wat ondersteunend gebruik word in die sentrums.  Ons sal graag hierdie jaar nog so ‘n sentrum in Elandspoort wil oopmaak ten einde die tiener-ouers die geleentheid te bied om hulle skoolopleiding te voltooi, terwyl hul kinders in die kleuterskool versorg word.

6. Naaldwerksentrum

Hier word behoeftige mense aangery uit nedersettings uit waar hulle die Doulos naaldwerksentrum gratis kan gebruik om kledingstukke en ander items te maak en te verkoop ten einde ‘n inkomste te verdien. Ons het al die naaldwerkmasjiene en benodig van tyd tot tyd materiaal en wol.

7. Kibbutz

Doulos is besig met fondsinsamelings om ons eie stuk grond aan te koop ten einde blanke mense te hervestig. Hier sal holisties met die individue gewerk word ten einde te verseker dat hulle bemarkbaar kan word om die gemeenskap tot diens kan wees.

en_ZAEN