Sonskynhoekie is 'n nedersetting in Rooiwal op die ou Warmbad pad. Die inwonertal wissel tussen 76 en 130. Doulos voorsien kruideniersware, groente, vrugte, bederfbare kos, vleis, klere en ander benodighede op 'n twee weeklikse basis. Ons gee ook aan die einde van elke maand 'n kruideniersware pak uit.