En hier braai ons:

Braaidag1 2015 Braaidag2 2015

Braaidag3 2015 Braaisag4 2015

Van Rensburg se Mandela Dag, 2014

Van Rensburg Monumenttehuis in Danville Pretoria-Wes, het hierdie jaar besluit om vir Mandela Dag self uit te reik na ander. Alhoewel hulle ook groot behoeftes het, is daar besluit om die jaar ietsie terug te gee aan die gemeenskap.

Die Tehuis het die President Kruger Kinderhuis in Waverly geïdentifiseer en al van die begin van die jaar af benodighede op hul behoeftelys bymekaar gemaak. Dit was ‘n projek waarby die personeel, bejaardes, huisbestuur en families van Van Rensburg Tehuis betrokke was en bygedra het.

Saam met ‘n paar inwoners en personeel is al die goedjies wat bymekaar gemaak is, Woensdag die 23ste Julie by President Kruger Kinderhuis afgelaai. Daar is die bejaardes bederf met lekker koek en tee en is 'n bietjie rondgewys hoe die kinderhuis lyk.  Dit was voorwaar ‘n spesiale geleentheid.

Besoek gerus hulle webtuiste by www.krugerkinderhuis.co.za.

mandeladag2014

 

Kitty Roos Place of Memories

Elke persoon met demensie of Alzheimers ervaar die siekte op 'n unieke manier. Die impak daarvan word ook deur familie-lede en vriende ervaar. Om 'n ondersteunende rol te speel in hierdie individue se lewens, moet daar verstaan word wat demensie en Alzheimer se siekte is, asook die gevolge en verloop daarvan.

resting-visiting spot vr by memory tuin

By Van Rensburg Tehuis is die behoefte geïdentifiseer om die afdeling en buitearea waar inwoners met demensie en Alzheimers die grootste deel van hulle dag deurbring, stimulerend te maak en ook 'n area te skep waar hulle sensories gestimuleer kan word en tyd met hul familielede kan deurbring.

077

Die Kitty Roos Place of Memories is die naam van ons Alzheimer en Demensie-afdeling by Van Rensburg Tehuis. Dis vernoem na Kitty Roos wat 'n maatskaplike werker was wat die eerste aparte Alzheimer-afdeling in die land by Van rensburg tehuis begin het. Sy het self ook in die laste jare va haar lewe in Van Rensburg Tehuis tuisgegaan.

table with things to reminance about

Paasfees 2013

Vir Van Rensburg was Paasfees hierdie jaar baie spesiaal. Ds Maryke van Rooihuiskraal het 'n diens kom hou en ook Nagmaal aan die inwoners bedien. Hulle het ook die heel naweek lekker paaseiers geëet met die komplimente van Robbie Wessels en die Hervormde Kerk Theresapark en Witfontein.