Die sowat 120 inwoners van Louis Trichardt Tehuis ontvang gereeld vars produkte van Doulos. 

 

 

 

Louis Trichardt

'n Vakansie duisend!

Louis Trichardt Monumenttehuis was see toe! Banana Beach toe! Vanaf 11 tot 18 Mei 2015 het twee personeellede en 14 bejaarde inwoners die pad gevat.

Die vakansie was heerlik. Ons het dit so geniet. Daar was drie etes per dag en veral die seekos was uit die boonste rakke. Ons het so baie gestap en soms was die bene maar moeg en die voete seer, maar was die vreugde te groot om daaroor bekommerd te wees.

Ons kan net dankie sê vir die wonderlik donateurs en borge wat bygedra het om hierdie 'n belewenis te maak! Dis veral die Weermag, Robert Busdienste en Polygon wat dit vir ons moontlik gemaak het.

Ons hoop ons kan volgende jaar weer so te maak!

Hierdie foto's is oppad by Howick geneem:

Howick1 Howick2

En hierdie twee by Banana Beach:

BananaBeach2 BananaBeach1

Mandeladag 2014

Die Presidesiële Wag, Rural Maintenance en Femina kliniek het ons op Mandeladag besoek en of in die tiuin gewerk of die muur geverf. Ons sê baie dankie!

 

10 November was spesiaal Vir Louis Trichardt se inwoners was 10 November 'n spesiale dag, danksy die borge Tony en Judy wat aangebied het om vir 'n jaar by die Tehuis betrokke te wees. Hulle het pakkies uitgedeel en 'n heerlike ete vir die inwoners kom bedien. Heerlike vermaak in die vorm musiek en sang het bygedra tot hierdie mooi geleentheid.

sponsers 002 sponsers 003 

sponsers 004 sponsers 007

Uitstappie na Klein Paradys Avbob, Martins en Jonathan Smith het daarvoor gesorg da tons inwoners 'n sorgvrye dag by die Klein Paradys vakansieoord naby Brits kon geniet. Die borge het gesorg dan die vermaak en die kos gratis was, en die oord het die toegang gratis aangebied.

uitstappie 013 uitstappie 023

uitstappie 037 uitstappie 040

uitstappie 055 uitstappie 058

 

 

 

Op Woensdag 24 Junie 2015 het DOULOS uitgereik nan Hierdie tehuis met sy 84 inwoners, almal bejaard tot en met die ouderdom van 94. Ons het vir elke inwoner pannekoek gebak en elkeen kon eet soveel as wat hy/sy wou.

Dit was n heerlike sonnige winters oggend en die pannekoek het baie goed afgegaan elkeen kon self suiker strooi soveel as wat hy/sy nodig het. Daar was baie lekker gesels en dit was sommer n lekker ontspanne atmosfeer

Na die eet en lekker kuier kry elkeen n mooi pakkie met 8 sepies daarin mooi verpak, weereens straal die gesiggies en is daar oral oor net blydskap en lekker gesels. Gou gou is die tyd om en is ons op pad na die volgende tehuis