Die sowat 85 inwoners van Machteld Postmus in Brooklyn ontvang twee-weekliks vars groente, vrugte en ander kruideniersware.

 


 

Machteld Postmus Kompleks is deel van die Ons Tuis groep wat oorhoofs deur die Direksie as 'n Artikel 21-maatskappy bestuur en beheer word. Die Kompleks is baie sentraal in die voorstad Brooklyn, Pretoria geleë en is naby bekende winkelsentrums soos Brooklyn, Hillcrest en Menlyn.riekie boshoffsaalweb

Die Kompleks bied behuising aan 85 selfversorgde inwoners op 'n huur- en woonregbasis. Wanneer inwoners weens verswaktheid of siektetoestand nie meer selfstandig kan funksioneer nie, word hulle na die Ons Tuis versorgingsoord in Riviera of na 'n versorgingsoord van hulle keuse oorgeplaas.