Dagbreek blog

Hi Hans, ek het gaan kyk na jou webblad (baie mooi). Ek wil net 'n regstelling maak - Jy sê dat julle betrokke is by Dagbreek Sorgsentrum in Bapsfontein en dat daar 72 inwoners is wat daagliks van julle afhanklik is. Ek weet nie wanneer laas jy daar was nie, maar ons bedien sedert 2008 daar een Sondag van elke maand. Ons gee ook maadeliks kos aan hulle. Daar was nog nooit meer as 20 mense op daardie perseel nie. In teendeel, die laaste paar maande was daar skaars 10 mense. Ek bedoel dit nie negatief nie, maar ander gaan dit ook lees en dink julle het doelbewus die feite verander.

DOULOS is daar om 'n verskil te maak en dit is presies wat ons doen. Ons doen soos ALLE hulp organisasies aanvullings van alles wat benodig word. Ons het geen rekord van julle nie en ons het ook geen rekord van al die ander mense wat daar werk nie. Ons werk in liefde saam en ons sal die syfers regstel sodra ons bevestiging kry van Dagbreek. Dankie dat jy ons daarop gewys het.