Uitdaging

Uitdaging: Vat een ‘probleem’ waarmee jy sukkel (byvoorbeeld om gesond te eet en gewig te verloor):

  1. Erken aan God dat jy sukkel hiermee en dat jy dit nie op jou eie kan reg kry of oorkom nie.
  2. Verklaar jou afhanklikheid van God: gee dit oor aan God en vra Hom om jou te help daarmee want dit is net Hy en Sy wonderwerke (krag) wat dit kan verander.
  3. Glo en vertrou God dan om dit te kom verander in jou lewe.
  4. Bly in God, bly afhanklik van Hom en Sy krag om oorwinning te bereik.
  5. Getuig oor hoe God jou gehelp het om jou probleem te oorwin.

Maak dit jou eie: God is Almagtig

As jy nader kom om die Here te dien

As jy nader kom om die Here te dien,
berei jouself voor vir die versoeking(s).
Stel jou hart reg en wees sterk
en moenie bevrees wees in die tyd van onheil nie.
Stel jou vertroue in Hom
en Hy sal jou help,
Hoop op Hom,
en Hy sal jou weë reguit maak.
 - Uit: Wysheid van Jesus Ben Sirag -

HERE EK LAAT MY IN U HANDE

HERE EK LAAT MY IN U HANDE
Liewe Here Jesus
- ek kniel voor U in vrees en bewing,
ek voel verlore in hierdie omgewing.
In ouderdom kan ek nie meer vinnig dink,
haal ek nie in wat verder aan wink.Dit voel of ek op ‘n verkeerde pad stap,
ek raak bang vir elk volgende trap.
Dit voel of ek kom waar ek nie wil wees,
gewone dinge om my laat my skrik en vrees.Vir baie jare .. het ek net gestreef
om in die hoogste snel te leef
om tot die hoogste top te styg
na aansien, roem en eer gehyg.Ek was te besig - met myself gewees
om tyd te maak - vir siel en gees.
Selfs my kinders moes daar onder ly
Nooit was daar ‘n dag om heel by hul te blyAan begeertes wat reg gelyk het vas gebind
Het ek geen rus en vrede aan die einde gevind.
Vandag is ek ‘n geknakte riet,
deur my eie versuim, ly ek verdriet.En nou Here, is ek met ‘n harde ruk
uit my dwalings baan gepluk.
wat ek gebou het, gedoen het - of verwerwe
Als wat ek vermag het - lê aan skerweDis asof my lewe, ‘n droom paleis,
gebou was slegs uit sand en ys.
En nou dat die ouderdom daar teen kom waai het,
het ek geoes wat ek gesaai het.Liewe Here Jesus
Kan ek nog wat ek verloor het
Uit die ruïnes van my lewe red
Kan ek dalk die mens vergoed
Wat in my ywer daarvoor moes boet.En helder kom die antwoord deur
Dat niemand ooit die verlede steur
Nooit kan jy uit die Grootboek vryf
Dit wat jou lewe daarin skryf.Nee My kind, maar dis nooit te laat,
kom na My dat ons oor jou toekoms praat.Kom sê vir My dat jy My sal volg,
en Ek sal daarna vir die res goed sorg.

LUISTERAAR

‘N GOEIE LUISTERAAR Jy het ‘n vriend nodig om jou probleme mee te deel. Jy wil nie met almal oor jou probleme praat nie en ‘n ware vriend sal luister en probeer om nuttige raad te gee. Selfs al het jy raad nodig oor probleme in jou huisgesin, sal ‘n vriend sy/haar opinie gee sonder om in jou gesin se verhouding in te meng.

Oorvloed van genade

Oorvloed van genade
– deur Alan Platt

Genade is om te ontvang wat jy nié verdien nie. 
Die afgelope tyd het die Here met my gepraat oor twee spesifieke kern-begrippe naamlik genade en geregtigheid. Dit is te vinde in Romeine 5:17 – Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Ek is onder die indruk dat die Here besig is om ons na heerskappy en outoriteit te neem. Dáár sal ons meer van die bonatuurlike ingryping van God in ons lewens begin ervaar. Maar, om te kan heers het ons volgens die bogenoemde skrif nodig om deel te hê aan die oorvloed van genade en die gawe van geregtigheid. Genade en geregtigheid is iets wat nodig is om op te fokus. Daar is twee tipes kleure wat belangrik is wanneer jy oor genade en geregtigheid praat. Die eerste is die kleed wat die hoëpriester gedra het – dit was ‘n wit kleed wat van geregtigheid getuig het. Bo-oor die wit kleed het die hoëpriester ‘n blou kleed aangehad wat van genade getuig het. Hy het dan ook ‘n borsplaat gedra met die name van die 12 stamme van Israel op.

Die hoëpriester het met geregtigheid en genade in die teenwoordigheid van die Here ingegaan, om die volk te verteenwoordig. Ons is bevoorreg om Jesus as ons hoëpriester te hê. Lees self wat die Skrif sê in Hebreërs 4:14 – Terwyl ons dan ? groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ? hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Volgens hierdie skrif is daar ? troon van genade en ? Hoëpriester wat ons by die troon van genade verteenwoordig. Ons kan enige tyd met vrymoedigheid na die troon gaan om genade te vind sodat ons op die regte tyd gehelp kan word. Die vraag is nou: Wat is genade? Sommige sê dat genade iets is wat jy nie verdien nie, dis iets wat jy in elk geval kry, maak nie saak wat jy doen nie. Ander beskryf genade as dit wat jy ontvang om elke dag in geloof te groei. Wat sal jou antwoord wees?

Genade is ? baie dominante tema in die Nuwe Testament. Die begrip, genade, kom 125 keer in die Nuwe Testament voor. Dis juis hierdie begrip wat die Ou Testament van die Nuwe Testament skei. Dis belangrik om te weet dat genade en barmhartigheid oftewel mercy nie dieselfde betekenis het nie. Barmhartigheid is om nié te ontvang wat jy verdien nie. Genade is om te ontvang wat jy nié verdien nie.

Wanneer Johannes begin skryf oor Jesus se koms na die aarde en die nuwe dispensasie, dan sê hy die volgende: Johannes 1:16 – En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Om verder te kan sien, my kind!

Om verder te kan sien, my kind!

Die storie van Rooikappie is vir ons almal bekend. Ek onthou nog die verhaal van die dogtertjie met die rookapppie wat by Ouma wou gaan kuier. Dit was egter meer as ‘n kuier en te midde van die mooi kleurvolle verhaal was daar ook die skaduwee van die wolf wat sy sin wou kry. Ek herinner my aan die woorde van Rooikappie waarin sy vir die wolf vra: “Hoekom is ouma se oe so groot?” Dan kom die antwoord: “Om ver of goed te kan sien, my kind!” Skielik het die woorde in my gedagtes vasgesteek en onwillekeurig het my dit in my kop verander. Ek het die vraag van Rooikappie herhaal net met ‘n ander antwoord nl: “Om verder te kan sien, my kind!”.

Tibane in sy boek “Mastering your thoughts”, beskryf die proses van verder kyk as ‘n geleentheid waar jy terugkyk, insig kry in ‘n situasie en dan weer vorentioe kyk. Jy kyk dus met ander oe na situasies en mense. Jy soek na duidelikheid wanneer daar verskille is. Jy probeer verstaan hoekom mense sekere besluite neem en jy fokus op die saak en nie die persoon. Jy sien verder as die oomblik van verskille en seer. Jy fokus op die uitkoms en styg bokant die kritiek uit. Soos Rooikappie van ouds, hoor jy die antwoord: “My oe is groot, sodat ek verder kan sien, my kind!”

Om te kan onthou.

Onthou-oomblikke is kosbaar. Dit is dikwels verhale uit die verlede en stories van weleer. Op my oupa se skoot in Marquard toe ek nog ‘n klein seuntjie was, het ek die stories van sy lewe leer ken. Ek onthou vandag nog die 50 sent wat hy vir my gegee het, as ek by hom kom sit het. Sy groot hande en rustige stil manier van kyk en doen. Hy was my held en die kuiers by oupa was een van die hoogtepunte van my jong lewe. Hierdie herinneringe en mooi stories het aan my lewe gevorm. Dit was die kern van die terugkyk tye. Dit is om om te draai en soms op jou tree terug te stap- die plaashuis te besoek, die foto-album oop te maak en die stories van jou verlede vir ander te vertel, daaruit te leer en weer te groei. Ek wil jou uitdaag om iets van jou verlede vandag uit te haal, die mooi en die spesiale oomblikke. Ja, vir die seer in ons lewe is daar ook stories en verhale, tog is dit die mooi stories van ons elkeen se verlede wat vir ons hoop gee. Vir ‘n oomblik het ek aan die woorde van Laurika Rauch se liedjie gedink: “Onthou om te onthou, vergeet om te vergeet en vergeet om te onthou om te onthou.”

Wat maak ons hiermee

Wat maak ons hiermee?

Ek lees die getuienis van Ds Jimi Le Roux van Padlangs, wie se pa Ds James le Roux, ‘n genesings-bediening gehad het en hordes mense het gesond geword. Mense het van oral gekom en het dan hulle hulpmiddele soos krukke en prosteses daar gelos as hulle gesond geword het. Sy bediening het van krag tot krag gegaan en hy was wyd bekend. Die ironie van dit alles is dat sy eie vrou ‘n baie sieklike mens was wat werklik swaar gekry het en nooit genees is van haar kwale nie, die dokters kon dit ook nie diagnoseer nie. Wat meer is, Dr James Le Roux het self op 53 breinkanker gekry en is twee jaar later oorlede. Baie mense het vir hom gebid, hy het self gebid, maar hy is nooit genees nie. Sy vrou is enkele jare later ook oorlede. 

Ongelukkig is daar mense wat werklik wrede uitsprake oor siektes maak wat baie verwarring saai en mense se geloof ernstig benadeel. Bv. :

  • Jy word nie gesond nie want jou geloof is te swak

  • Jy moet op sekere maniere bid anders sal jy nooit genees word nie

  • Hoe meer mense vir jou bid hoe beter is jou kans (en dan begin mense graag SMS kettings)

  • Jy is siek a.g.v. ‘n onbelyde sonde

  • Daar was ‘n vloek op jou voorouers wat eers gebreek moet word (bloedlynvloeke)

  • Daar is items in jou huis waarop daar ‘n vloek rus en dit maak jou siek

  • God wil jou straf vir een of ander sonde

  • As jy gebid het, los jou medikasie in geloof

Sommige van hierdie dinge mag dalk ‘n element van waarheid inhou, maar ek dink die meeste is nie waar nie. Die Here het al baie wonders in mense se lewens gedoen tydens hulle siekte, maar hulle nie fisies genees nie. Ons leef in ‘n onvolmaakte wêreld na die sondeval en dit sal nooit verander nie omdat die volmaakte bedoeling van die paradys nie meer bestaan nie. 

Donker groen mos

Donker groen mos

Stadig plof die gedagtes van jou in die oopgekapte voetpad agter my. Dit raak al beter elke dag, soms kry ek nog ‘n glimlag en besef ek dink aan jou: heelwat minder nou. Die mos het al wortel geskiet en die swart gat is nou ‘n diep groen kleur. Ek kom nie meer daar; ek weet wat is in daai boks, nou toe geplak met ducktape. Die selfde ducktape wat eens om my mond geplak was: Ek moes leer om nie meer met of oor jou te praat. Vir oulaas loer ek oor my skouer, net ‘n oomblik twyfel ek, maar ek moet verder aanstap. Ek was maar net ‘n lighuis vir jou mistige en donker pad. Ek was maar net die leer waarmee jy kon opklim uit jou donker gat. En nou is jy bo; jy voel die son se warm strale op jou gesig. En soos ‘n duiweboer moet ek jou loslaat sodat jy hoog kan vlieg. Die voëls sing vrolik hul opgewonde lied. Die son verlig my pad soos ek deur die digte bosse breek. Vir nou is ek okay…

my kind

MY KIND
.
Kom rus 'n bietjie hier in My teenwoordigheid . Kom vertel my wat dit is wat die trane vandag so in jou oë laat blink. Jy dink niemand sien die hartseer raak nie, maar My kind, weet jy dan nie dat Ek jou ken voor jy uit die moederskoot gekom het nie. Ek ken jou omstandighede, Ek verstaan die seer, Ek sien die rustelose rondrol as die nagstilte om jou vou, daarom wil Ek hê jy moet eers 'n rukkie hier by My voete kom sit en rus vind.
Jy veg so teen omstandighede wat ...jy nie kan verander nie, maar Ek kan. Jy stoei met finansies wat nie wil balanseer nie, maar vra My ek kan dit vir jou doen.
Die kinders lyk asof hulle buite beheer is, maar het jy al die probleem met My bespreek. Die huwelik se pilare wat krake in het, onthou ek is die Meester bouer.
Ek wil nie hê dat jy sulke swaar laste moet dra nie, Jy is my kosbare kind, die een vir wie Ek my lewe afgelê het. En net soos wat jy enige iets vir jou kinders sal doen, sal Ek enige iets doen om weer vreugde liggies in jou oë te sien blink.
Ek het vandag 'n begeerte om jou teen My boesem vas te druk, om saggies met jou te praat, en vir jou te sê, My uitnodiging staan nog: Kom na My toe as jy moeg en oorlaai is, Ek gee jou rus. Raak rustig, raak kalm, en los jou laste net hier by My voete, ek sal sorg, en al wat jy moet doen is om My te loof en te eer. Jy is geskape sodat Ek my in jou kan verlustig, en nou hou jou laste jou weg van My af.
Ek vee nou al jou trane af, en ek neem al jou laste weg, soek nou eers my Koninkryk en laat die res aan My oor. Ek het jou lief met 'n ewige liefde, 'n liefde wat nooit vergaan nie, 'n liefde wat soos die oseaan 'n begin het, maar jy nie die einde daarvan kan sien nie. Jy is My kosbare kind, hou My hand styf vas en weet Ek het beheer oorgeneem
Liefde
Jou Vader

Here ek wil U liefhĂȘ met my hele hart

Here ek wil U liefhê met my hele hart

 
Hemelse Vader, ek wil U graag liefhê met my hele hart, omdat U my van harte liefhet.
Ek weet dat U my hart deur en deur ken; en dat ek niks vir U kan wegsteek nie.  Vergewe my dat my hart van geboorte af so bedrieglik is; dat ek so sukkel om dit op die regte koers te hou.  Bring rus in my rustelose hart en leer my om op U te wag en U volkome te vetrou.  Help my om my hart en my skat op dieselfde plek te hou.  Dankie vir U woorde wat ek in my hart kan bêre; U woorde wat vir my wys wat reg is en wat verkeerd is. Ek loof U vir U belofte dat u my harde kliphart met 'n nuwe, sagte hart sal vervang, sodat ek U gebooie sal gehoorsaam.  Gee asseblief vir my 'n rein hart, Here, 'n hart wat op U gefokus is.  Leer my om my woorde oordeelkundig te gebruik en sny al die lelike dinge uit my lewe weg wat nog deel vorm van my sondige geaardheid.  Here Jesus, ek wil nou met my hart glo en met my tong bely dat U die Here is. 
Vul my hart met die nodige eerbied vir U.  Van nou af wil ek my dankoffer vir U uit my hart gee; ek wil my werk so doen dat my hart daarin sal wees.  Ek wil ook graag dieselde gesindheid wat daar in U was, in my eie hart hê.  Maak dit vir my moontlik Heer. Amen

Besoek aan Montrosa - 23 Junie 2015

3. Klagtes en versoeke op te volg: Klagtes is ontvang van huisies wat nie bestand is teen die koue nie. Geen huisvesting


4. Vas te stel of daar enige siekte toestande is wat aandag moet kry; Daar is 2 mense met rolstoele. Daar is baie mediese probleme en ons ondersoek dit nog steeds


5. Vas te stel of daar mense met gestremdhede woon en die omstandighede: Mense met gestremdhede, swak sig, ongeskik om te kan werk


6. Vas te stel of daar Bejaardes is wat sukkel en nie sonder persoonlike aandag verder alleen kan voortgaan nie: Sukkel om pesioene te trek en daar is ook wat nie pensioen kry nie. Werkloses en


7. Te bepaal of daar higiëne is wat nie gehandhaaf word nie: Huisies  slegs een vertrek bv Wendy of een vertrek sinkhuisie wissel in grootte van 1 x1M tot 3 x 4 meter en onder tente woon


8. Te bepaal of daar enige Kroniese siektes is: Ondersoek duur voort


9. Vas te stel of almal toegang tot mediese behandeling het: Bitter min kan enige mediese fondse  bekostig


10. Vas te stel of die kinders elke dag skool toe gaan: Geen probleme


11. Te kyk of daar 'n mobiele kliniek is: Geen Mobile klinieke beskikbaar nie


12. Seker te maak almal het lopende water; Almal het nie  lopende water nie


13. Te bepaal of daar 'n mediese tas in die kamp isees Nie Bevrees Nie: Geen mediese tas nie

 

Dagmoeders

Hallo Hans en Heleen

Ek en Tanja het gister weer die dames van die dagmoederskursus besoek.  Theresa gaan vandag vir twee onderhoude.  Minette kon ons nie in die hande kry nie.  Willa wag nog vir die eienaars van die huis se toestemming om haar dagsorgsentrum te begin maar ons is heeltyd in kontak met haar.  Sy werk nog by Helpende Hand se sentrum in die  middae.  Tammy het ‘n pragtige wendyhuis ingerig (9X6 meter) wat pragtig en skoon is en alles was op hulle plek.  Sy het reeds 5 kinders wat Maandag begin.  Drieka is volgens ons die grootste sukses van die kursus.  Sy het ‘n borg gekry wat haar R5 000 gegee het en sy het opvoedkundige speelgoed en kruideniersware gekoop en ook twee stoele.  Ek het haar gevra vir die borg se eposadres sodat ons ook van ons kant dankie kan sê.  Die man is bereid om weer vir haar te help.  ‘n Motorfietsklub se mense kom Saterdag na haar toe om te kyk waar hulle ‘n afdak kan opsit en ook plaveisel kan lê.  Haar plek is ook silverskoon.  Sy werk nog tot Vrydag by Helpende Hand en gaan dan voltyds op haar eie.  Sy het sover 3 kleuters en heelwat naskoolkinders.  Carina se plek is nie reg nie en dit is baie vuil.  Ek dink nie sy gaan dit maak nie.  Ons het vir hulle kruideniersware en opvoedkundige speelgoed geneem.  Ek het ook vir hulle kontrakte, kwitansieboeke en kasboeke geneem en “huiswerk” gegee.  Hulle moet die leêrs wat ons vir die kinders gebring het oortrek, hulle inventarislyste voltooi, hulle voorvalle en medisyneboek regkry. 

Ons gaan hulle weer oor twee weke besoek en hulle dagprogramme, spyskaarte, resepte, temas en voorbereiding gee. Ek gaan kyk hoe hulle hulle boekhouding hanteer en of dit op datum is.  Ek bel hulle elke derde dag om te hoor of hulle vrae het.  Ons is baie dankbaar dat hierdie kursus so ‘n groot sukses was.  Ek het ook ‘n brief van Forika gekry waarin sy gesê het dat hulle graag weer twee van die dames vir die gevorderde kursus wil inskryf asook ander dames wat belangstel.

Groete

Myra