Wanneer gelowiges nie meer die

Verval uit die genade. Wanneer gelowiges nie meer die genade van Christus as genoegsaam vir redding en heiligmaking beskou nie, en dit deur wetsnakoming probeer aanvul, verval hulle uit die genade. Paulus het aan geredde Galasiërs wat na die wet begin terugkeer het, gesê: “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval” (Gal. 5:4). Gelowiges kan deur hulle eie toedoen van Christus losgemaak word. Die volgende belofte is voorwaardelik: “Bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing” (Ef. 4:30). Hier word die voorwaarde vir ewige sekerheid saam met die belofte genoem – ons moenie die Heilige Gees bedroef nie. Sommige gelowiges laat egter nie toe dat die Heilige Gees hulle vervul en in die hele waarheid lei nie. Daardeur bedroef en weerstaan hulle Hom. Hoe kan Hy ons saligheid aanhou verseël as ons nie meer sy beheer oor ons lewe erken nie? Omdat ons ‘n vrye wil het, kán ons verkeerde dinge doen, in verkeerde dinge begin glo en selfs van die geloof afvallig raak. Paulus sê vir die Thessalonicense: “Blus die Gees nie uit nie” (1 Thess. 5:19). Die Griekse term beteken dat ons die Gees nie moet uitdoof, soos ‘n lig wat afgesit of ‘n vuur wat uitgeblus word nie. Ons verhouding met die Heilige Gees is baie sensitief en van ons volle gehoorsaamheid afhanklik. Soos wat ons ‘n gordyn kan toetrek om die sonlig uit ‘n vertrek te weer, kan ons ook deur moedswillige sonde die Gees en sy leiding verwerp. In sulke situasies verval al die waarborge wat ons as Christene gehad het.

Stel jouself beskikbaar

Teksvers: Rom. 10: 1

"Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word ..."

Ek deel hierdie passie met Paulus. Maar my passie is nie net vir my volk nie, maar vir alle mense in die wêreld.

Ons kan die kernboodskap van die Bybel opsom met die woorde van Johannes in Joh. 3: 16

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Baie mense weet dit nie, en lewe buite God se wil. As hulle so gaan aanhou lewe, sal hulle vir ewig verlore wees.

God wil dit nie so hê nie. Hy wil hê dat alle mense gered moet word –
  • maak nie saak wie hulle is nie – ras en kleur maak nie saak nie. Ouderdom maak ook nie saak nie.
  • maak nie saak wat hulle is of was nie – diewe, moordenaars, leuenaars, sedeloos, of sg. goeie mense
  • maak nie saak waar hulle is nie – oor die ganse wêreld

Paulus sê in Rom 10:10 "Dit maak dus geen verskil of ’n mens ’n Jood of ’n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, 13want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."

Dan kom hy in v 14 by ‘n praktiese probleem:

Rom 10: 14Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? 15En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

Hoe kan iemand gered word as niemand hulle vertel nie?

Dit is waar mense soos ons – ek en jy -  in die prentjie inkom.

Jesus het nie vir my gesterf, geroep en gered net sodat ek ‘n lekker tyd hier op aarde kan hê en daarna vir ewig hemel toe kan gaan nie. Hy wil jou en my gebruik om die boodskap by ander mense uit te kry. Hy wil hê dat hulle ook in die hemel moet kan kom.

Jesus het nooit sy dissipels onder enige vals indruk gelaat oor wat sy wil en doel met hulle is nie.

  • Toe Hy hulle die eerste keer geroep het, het HY gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Matt 4: 19

  • In Johannes 15: 16 bevesting Jesus hierdie doel wat Hy met sy volgelinge het: 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.

  • Toe Hy afskeid neem van hulle, sê Hy vir hulle: Hand 1: 8 julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

  • Matt 28:19 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Hierdie verlossingsplan het nie eers in werking gekom toe Jesus aarde toe gekom het nie. Dit was van die begin af God se wil en plan.

God wil my gebruik, Hy wil vir jou gebruik. – om ander by Hom uit te kry.

Ongelukkig wil almal nie saamwerk nie. Ons is so vinnig om verskonings uit te dink.

Wie- ek Here?

Moses het by die brandende bos vir God kwaad gehad. Hy het met die een na die ander verskoning vorendag gekom.

Eks 3: 3 “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?”

Eks 4: 1 “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?”

Eks 4: 10 “Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.”

Eks 4: 13 “Asseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders.”

Die resultaat? 14Toe word die Here kwaad vir Moses

Jona het nie eers verskonings uitgedink nie, hy het gevlug en gedink dat hy vir God kan wegkruip.

Die resultaat?

  • Dit het vir hom byna sy lewe gekos.

  • Dit was egter nie net sy lewe wat in gevaar was nie. Hy het deur sy optrede almal wat saam met hom op die skip was se lewe ook in gevaar gestel.

Ek dink baie van ons skram weg van die uitvoering van die opdrag omdat ons dink dat God te veel van ons vra.

  • Ek het ‘n vrou en kinders en ‘n beroep en kan nie alles laat staan om na die ander kant van die wêreld te gaan nie.

  • My ouers is oud en ek kan hulle nie alleen laat nie.

  • Ek het nie genoeg geld om te gaan nie.

God vra nie dit nie van elkeen om na die anderkant van die wêreld te gaan nie – Hy vra dat jy hier waar jy bly vir Hom sal werk. Luister weer mooi na Jesus se laaste opdrag: Hand 1: 8 julle sal my getuies wees in Jerusalem (hier waar jy bly) sowel as in die hele Judea (in die omliggende gebiede) en in Samaria (buurprovinsies) en tot in die uithoeke van die wêreld.

Sending begin in jou huis – ek kan geen sinvolle getuienis na buite dra as my verhouding met my vrou of my man, met my ouers en my kinders nie reg is nie. My eerste verantwoordelikheid is om toe te sien dat hulle geestelik versorg en gevoed is. Dan het ek ‘n span wat my kan steun in die uitdra van die boodskap in die wêreld.

Die nood is groot - Volgens statistiek het slegs een derde van die ganse wêreldbevolking die voorreg om Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker te ken.

  • Besef jy dat 2 mense uit elke 3 wat nou gebore word, dalk nooit die voorreg gaan hê om Jesus as Verlosser te leer ken nie?
  • Besef jy dat 2 mense uit elke 3 wat nou sterf, verlore is en dat hulle op pad hel toe is?

God se opdrag aan Esegiel in Eseg. 3: 17 wys hoe ernstig God hierdie opdrag opneem: 17“Mens, Ek het jou aangestel as ’n wag vir Israel: jy moet luister na wat Ek sê en hulle namens My waarsku. 18“Wanneer Ek vir ’n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood.

Besef jy dit – as ons nie vertel nie, kan God ‘n ander se bloed van ons hande eis?

Dit laat my opnuut besef:

Ons kan dit nie bekostig om nie erns te maak met die sendingopdrag van Jesus nie:

God maak dit moontlik dat jy net hier waar jy is, ‘n sendeling vir Hom kan wees en bedags aan die ander kant van die wêreld kan werk. Jy kan mense daar bereik sonder om ‘n voet uit jou huis te sit.

Hoe? Rekenaar en internet.

Wie van u het by u werk toegang tot ‘n rekenaar – m.a.w. daar word rekenaars gebruik om die werk te doen?

Wie van u het almal ‘n rekenaar tuis?

Wie het toegang tot die internet?

Het jy al ooit daaraan gedink dat jy jou rekenaar en die internet kan gebruik om die boodskap van Jesus by ander uit te kry?

Ons praat van kubersending.

Kubersending gaan oor die gebruik van die internet, webblaaie, epos, geselskamers, blogs, en internet kafees om die evanglie te verkondig. Die internet word ook met groot vrug gebruik vir teologiese opleiding, Bybelstudies, berading, ondersteuning van mense, opleiding van pastors en leierskap ontwikkeling. Internet kafees word met groot vrug in onbereikte gebiede gebruik.

Ek dink ons onderskat die waarde en krag van hierdie wonderlike hulpmiddel geheel en al. Afstand is glad nie ‘n faktor nie. Dit is so maklik om baie mense op baie plekke te bereik. Dit is sekerlik die goedkoopste manier van inligting oordra. Dis ‘n vinnige manier van inligting oordra. Binne minute nadat die vliegtuie in New York in die geboue vasgevlieg het (2001/09/11), is foto’s en selfs videosnitte op tientalle webwerwe vertoon. Dieselfde het gebeur met die bomontploffings in London (2005/07/07).

Ons kan dit ook net so effektief gebruik om goeie nuus te versprei. Die Internet was verantwoordelik vir groot bedrae wat ingesamel is om Tsunami slagoffers te help (2004/12/26).

Na die Tsunami is ‘n klein seuntjie gevind in die suide van Thailand. Niemand het geweet wie hy is en waar hy vandaan is nie. Niemand kon sy taal verstaan nie. Sy foto is op die internet geplaas waar ‘n oom van Hannes Bergstroem dit raakgesien het, en hom by die hospitaal gaan afhaal het. Hannes se ma – Suzanne Bergstroem – is dood in die Tsunami.

Die Jeugfokus webwerf het verlede jaar 35,027 besoekers ontvang. Die syfer staan nou al by 28,585 vir die 2005.

Dis egter nie baie nie - Darrel Rowse, ‘n Australianer,  het 2 ½ jaar gelede betrokke geraak by die oprigting van ‘n webwerf vir ‘n nuwe kerk. Hy sê: Mense het ‘n behoefte aan ‘n plek waar hulle met ander met soortgelyke belange, behoeftes, probleme en idees kan kommunikeer.

Darren Rowse: "People... want and need spaces to interact with others with similar interests, passions, problems and ideas."

Hy skryf in Nov. 2002: "I quickly discovered nothing posted on the internet is private and that hundreds (and soon thousands) of people around the world were interested in what I was writing because they were thinking through similar issues," he said. "I discovered the power of blogging and quickly became addicted."

Die daaglikse besoekers aan die webwerf tel nou al tussen 11,000 en 16,000. Dit beteken dat byna 200,000 besoekers per jaar by die webwerf aandoen.

Wat is die inhoud van die webwerf? Godsdiens – hoe kan ek my verhouding God beter en sterker kry.

Kom ons kyk na algemene statistieke

  • Ongeveer 1 biljoen mense internasionaal het toegang tot die internet.

  • Mense uit alle tale en lande.

  • Daar vind daagliks meer as 275 miljoen soektogte op die internet plaas, en die meerderheid hiervan begin by ‘n soekenjin

  • Wat is die vernaamste onderwerpe waarna gesoek word? Party dink dit is pornografie – maar ek het ‘n verassing vir julle – daar is meer mense wat na Godsdiens op die internet soek as wat daar mense is wat na pornografie soek. Tot 25% van alle navrae gaan oor godsdiens. Mense het ‘n behoefte aan God!

  • Ondersoeke het getoon dat 28 miljoen Amerikaners na godsdiens op die internet soek.

  • Die internet het vir baie hulle vernaamste en / of enigste manier geword waarop mense hulle godsdiens beoefen. Daar word gereken dat tot 50 miljoen Amerikaners teen 2010 hulle godsdiensbeoefening deur die internet sal doen.

  • Tans is die situasie reeds so oorsee dat die meeste mense wat by ‘n kerk aansluit, die inligting op die kerk se webwerf gekry het.

  • Dit is voor die hand liggend dat ons nie langer die internet as ‘n gebruiksmiddel kan ignoreer nie.

Ons hoor wonderlike verhale – In 1989 ontdek ‘n seekaptein W. Houwing ‘n boek wat die evangelie in prentjievorm bekendstel Dit beteken dat selfs mense wat sukkel om te lees, sal daarmee die evangelieverhaal kan volg. Hy koop die kopiereg uit en begin om die boek gratis te versprei – ook oor die internet. Dit is in meer as 27 tale vertaal en meer as 18 miljoen kopiee is al versprei.

Lees die verhaal van Jesus - He lived among us - op diewww.jeugfokus.org.za webwerf.

Wanneer ons beplan om kubersending te doen, moet ons in ag neem dat mense anders kommunikeer via rekenaars en die internet:

Klik op die skakel hieronder om 'n tipiese voorbeeld

van rekenaar kommunikasie te sien.

IT Communication.mov (6.414 kb)

Dit is 'n Quick Time snit. 

Jy kan die Quick Time speler aflaai byhttp://www.apple.com/quicktime/

Enkele Wenke:

  • Installeer 'n Screensaver met ‘n christelike boodskap op jou rekenaar by die werk. Wanneer jy padgee van jou rekenaar, sal dit ander mense se aandag trek met christelike boodskappe / teksverse.

  • Ons moet aandag vestig op die webwerf – Hoe? Gratis of goedkoop advertensies.

  • In Amerika het mense baie sukses met fotos wat hulle by geleenthede neem en dan op die webwerf plaas waar mense hulle foto's kan aflaai.

 Ons het geen verskoning om nie besig te wees met die uitvoering van Jesus se groot opdrag nie. Stel jouself beskikbaar!

Vergifnis

Vergifnis

"Maar wat nou daarvan as ons iets doen waarvan God nie hou nie? mag jy vra. Wel, dit is juis God se Seun Jesus se offerbloed wat ons geestelik silwerskoon was - daar bly nie een sonde oor nie! Dit beteken dat ons rein voor God kan staan.

Ja-nee, moet my nie verkeerd verstaan nie: As ons wil voorgee dat ons nooit sonde doen nie, slaan ons die bal heeltemal mis. Wie dit sê, praat nie die waarheid nie. As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van sy kant af heeltemal van ons sonde vergeet. Hy sal ons ook geestelik skoon was van alles waarvan Hy nie hou nie. Glo dit maar, want God is getrou aan sy beloftes en doen wat reg is." (1 Johannes 1: Uittreksel uit Die Boodskap)

Komberse vir Mothwa Haven

Dit was nog 'n dag van warm liefde uitdeel en vandag was dit ons voorreg om dit te kon deel met Mothwa Haven se bejaardes. Dankie aan almal wat gebrei, gehekel en wol geskenk het. Die inwoners sê almal DANKIE.