Paulus sê vir die Hebreërs:

Geloofsverval weens ‘n gebrek aan volharding. Paulus sê vir die Hebreërs: “Ons moet die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou... Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou” (Heb. 3:6,14). Vir die Kolossense sê hy ook dat hulle gerond en vas moet bly in die geloof en hulle nie van die hoop van die evangelie laat afbring nie (Kol. 1:23). Paulus het self ook die aanslae van die duiwel, die sonde en die wêreld op sy geloofslewe ervaar. Hy het dikwels ander gelowiges vermaan om nie moedeloos te word en hulleself aan die moeilike geestelike wedloop te onttrek nie. Hy sê vir Hebreërs: “Nog ‘n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie. Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe” (Heb. 10:37-39). Daar is verskeie redes waarom mense soms die stryd gewonne gee of van die pad van die waarheid afdwaal. Paulus het op die regte pad volhard tot die einde toe, en net voor sy dood geskryf: “Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou” (2 Tim. 4:7).

om aan God te gee.

Dankbaarheid behels ook om aan God te gee. "My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk." Wat gee mens aan God? Ons offer aan Hom wat Hy aan ons gegee het. In die OT, as jy �n koringboer was, het jy �n deel van jou koring gegee. As jy �n olyfboer was, het jy deel van jou olyfolie geoffer. Dit was jou dankbaarheid aan God. Hulle was die eerste van die oes, die room van die oes,, nog voordat jy jou gesin gevoed het of winkel toe gegaan het of jou skulde en rekeninge betaal het. Die room van die oes, die eerste van die geparste olie, die beste van die skaapkudde. Dit was hulle offer van die tien persent wat God gevra het.

Wanneer die glimlag om die mond, tot ‘n plooi vervou, wanneer die aanloklike lippe tot ‘n afsku vernou. Wanneer die skree van ‘n besie in die ore bly hang, wanneer skrik en vrees vir als word bang. Die tyd op ‘n horlosie het geen waarde meer, die dag, di

Wanneer die glimlag om die mond, tot ‘n plooi vervou,
wanneer die aanloklike lippe tot ‘n afsku vernou.
Wanneer die skree van ‘n besie in die ore bly hang,
wanneer skrik en vrees vir als word bang.

Die tyd op ‘n horlosie het geen waarde meer,
die dag, die week, die maand net nog ‘n keer.
Alles rondom word in oorlas vervaag,
alles, selfs slaap en eet kan nie meer behaag.

En nou net sit met kop vooroor gebuk,
en dink aan sinlose onmoontlike geluk.
Soos drome droom in fantasie geleë,
soos in die Grootboek aan ou manne toegegee.

Om weemoedig te staar na hande wat beef,
om darem te wys dat iets nog leef.
Was Leentjie vandag al hier by my,
of wat is my kind se naam .... ?

EER JOU VADER EN JOU MOEDER
EN BESOEK HUL SOLANK HUL NOG DAAR IS.

DALK IS JY MôRE NIE MEER DAAR OM HUL TE BESOEK NIE.

DALK SIT JY EERSDAAGS EN KYK NA HANDE WAT BEEF.

Die Lerinng van God se genade

Die Lering van God se Genade

GLO Logo-Kl.JPG

  GLO


Glo staan vir Genade, Lering en Ondersteuning. Toe die tronkbewaarder wou weet wat hy moes doen, het hy gehoor: "Gloin die Here Jesus Christus en jy sal gered word" (Hand. 16:31). Toe Nikodemus hoor dat hy weergebore moes word, het hy verwonderd gevra: "Hoe kan hierdie dinge gebeur?" Toe antwoord Jesus Hom: "Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" Joh. 3:14,15.


Genade


In volume beslaan Paulus se briewe 30% van die Nuwe Testament. Tog gebruik hy die woord "genade" drie keer meer as wat dit in die res van die Nuwe Testament voorkom. Waarom? Hy gee self die antwoord: "En hulle word deur sy genade verniet geregverdig deur die verlossing wat daar in Christus Jesus is" (Rom. 3:24). "Sodat ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe ..." (Rom. 5:21). "Deur die genade van God is ek wat ek is" (I Kor. 15:10). "Die bediening van die genade van God wat aan my gegee is vir julle" (Ef. 3:2). "Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterf" (Gal. 2:21).


Lering


Die evangelie moet aangehoor, verstaan en geglo word. Die Bybel moet vir elke Christen 'n anker van die siel wees. 'n Christen se geloofsekerheid en verseëling gaan oor kennis en geloof in die Woord van die waarheid (Ef. 1:13). Die volle Wapenrusting wat ons moet aantrek om staande te bly teen die bose en ons roeping te vervul, gaan in eerste en laaste instansie oor die kennis van die Woord. Dit begin met "lendene met die waarheid omgord" en eindig met "die swaard van die Gees - dit is die Woord van God" (Ef. 6:13-17). Ef. 4:13 vermaan ons om te kom tot "die volle kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus."


Ondersteuning


Christene is soos die speke van 'n wiel. Hoe nader hulle aan die Sentrum van hulle geloof kom, hoe nader is hulle ook aan mekaar. Wat is die sin van ons bestaan as Christene? Goed, ons moet God verheerlik, maar hoe doen ons dit? Deur almal sover moontlik tot die geloof te bring en op te bou in die Liggaam van Christus (Ef. 4:12,13). Baie Christene besef nie wat alles van hulle verwag word om mede-gelowiges te ondersteun nie. "Beklee julle dan as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar (dra mekaar hoog) en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het" (Kol. 3:12,13).

Sy goeie wil

Sy goeie wil

Om God se goeie wil te doen, vereis dat ek deur bekering in sy wil sal inkom   vanuit ‘n ongeredde lewe wat buite sy wil gelei is: “Want dit is goed en aangenaam   voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot   kennis van die waarheid kom” (1 Tim. 2:3-4). Hy wil nie hê dat sommige mense   verlore moet gaan nie, maar dat almal tot bekering sal kom (2 Pet. 3:9).

Dit is dus God se uitdruklike wil dat jy gered moet word. In Handelinge 17:30   staan daar: “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan   al die mense oral dat hulle hul moet bekeer.”

Die woord verkondig (paranggello in Grieks) beteken verklaar    of opdrag gee. In die King James Version is dit meer korrek as commandeth   vertaal. Mens kan die opdrag om tot bekering te kom, in ‘n sekere sin met ‘n   regering se oproepinstruksies vir militêre diensplig vergelyk. Wanneer jy ‘n   opdrag van hierdie aard ontvang, het jy net twee opsies – jy kan dit óf gehoorsaam   óf jy kan besluit om dit te ignoreer en buite die kamp te bly. Laasgenoemde   maak van jou ‘n rebel wat jouself doelbewustelik aan strafbare ongehoorsaamheid   skuldig maak.

Omdat jy ‘n vrye wilsbesluit het om ooreenkomstig God se opdrag tot bekering   te kom, kan jy dit weerstaan en verwerp. Dan sal jy maar die gevolge daarvan   moet dra. Vir die inwoners van Jerusalem het Jesus gesê: “Hoe dikwels wou Ek   [julle] bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak,   en julle wou nie! Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat!” (Matt. 23:37-38).

Stéfanus het die ongeredde vormgodsdienstiges in Israel van dieselfde onbekeerlike   gesindheid beskuldig: “Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle   weerstaan altyd die Heilige Gees” (Hand. 7:51).

Moenie die Heilige Gees weerstaan wat met ‘n vriendelike uitnodiging na jou   toe kom om jou sondes te bely en te laat staan, jou saak met die Here reg te   maak en Hom te dien nie (Joh. 16:8; Matt. 21:28-32).

Sal jy die wil van die Here begin doen? Die “Here Jesus Christus [het] Homself   gegee vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld,   volgens die wil van onse God en Vader” (Gal. 1:3-4).

“En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die  sondes waarin julle tevore gewandel het... in die begeerlikhede van ons vlees  toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature  kinders van die toorn net soos ook die ander” (Ef. 2:1-3; vgl. 1 Pet. 4:2-3). 

Die mensdom is in net twee families verdeel – die kinders van God en die kinders   van die duiwel. As ons die goeie wil van God doen, noem die Here Jesus ons sy   familie (Mark. 3:31-35) en ook seuns en dogters van ons hemelse Vader (2 Kor.   6:17-18). Die wêreldlinge en ongeredde vormgodsdienstiges word kinders van die   duiwel genoem (Joh. 8:44; Hand. 13:10). Doen God se wil en word ‘n lid van sy   familie! Dit is sy versoek, begeerte én opdrag aan almal van ons.