DIT IS ONGEREGTIGHEID IN SY HOOGSTE VLAK

DIT IS ONGEREGTIGHEID IN SY HOOGSTE VLAK: DIT IS HOE HIERDIE MENSE DOULOS SE NAAM MISBRUIK IN WAT ONS DOEN EN HOE HULLE ONS NAAM M I S B R U I K
LW DAAR BESTAAN NIE SO N ORGANISASIE NIE DIT WAT JULLE SIEN IS NET MISBRUIK EN EK GAAN DIT AANHOU PLAAS TOTDAT DIT VERWYDER IS

Operates in: Witbank, Mpumalanga
Established in: 2009
Non-Profit Organisation Number: 053-086
Public Benefit Organisation Number: 
Section 21 Company Number: 
Trust Number:
Contact person: Hendrik Jones
Phone: 082 956 7658
Fax: 
Physical address: Shop 6, Gerry Mann Building, Athlone Street, Witbank
Postal address: P O Box 40763, Reyno Ridge, Witbank
Website: www.armoedebediening.co.za
- See more at: http://www.charitysa.co.za/roepingsbond.html…

U koningskap is ’n koningskap vir alle tye!

U koningskap is ’n koningskap vir alle tye!

Regerings kom en gaan. Koninkryke staan op en kom tot ’n val. Verwagtinge oor wat nuwe regerings kan bring, staan teenoor teleurstellings van wat realiseer. Alles spel een groot werklikheid: dinge op aarde vergaan. Daar is niks wat blywend is nie. Omdat die mens verganklik is, is dinge wat deur hom geskep word sonder vastigheid.

Daarom hunker die mens na iets beter as mensgemaakte strukture. Vir ’n kort tyd van die lewe is sommige tevrede met losbandigheid wat vir ’n dag of drie hou. Op daardie stadium soek jy meer na verandering en steur jy jou nie aan dinge wat blywend is nie. Maar gou besef jy dat verandering nie ewige waardes kan vervang nie. ’n Huis wat nuwe verf of ’n nuwe dak kry, kan nie sonder die fondament van vroeër nie.

Kennis van die ware en enigste God is ’n seën. Wie sonder Hom leef, dobber op ’n stormagtige see, soos ’n boot sonder anker. Die Here God is ’n ewige wese. Psalm 145 sing: “U koningskap is ’n koningskap vir alle tye (eeue), u heerskappy strek oor die geslagte heen.” Moenie hierdie kennis in ’n brandkluis toesluit nie! Die wêreld het dit nodig. Maar nog belangriker, God wil Homself aan die wêreld bekend maak. Hy doen groot dinge, maar almal sien dit nie raak nie. Hy is ’n ewige wese, maar almal ken Hom nie so nie.

Teenoor valse godsdienste, asook ’n anti-godsdienstigheid, wat in ons gemeenskappe leef, skenk God hierdie ewige, troosvolle waarheid. Ons is sy mondstuk. Onthou jy nog Jesus se belofte met sy hemelvaart? “Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld” (Matt. 28:20) ’n Onbeskryflike geborgenheid, ’n langdurige vrede, ’n vaste hoop vir die toekoms, ’n onoortreflike vreugde is die gawe van ons ewige Koning aan elkeen wat Hom dien.

Omgee vir ander

N Jong vrou wat graag koek bak en dit dan vir “iemand gee wat liefde nodig het”, is Vrydag op sosiale media erg gekritiseer oor dié projek.

Nerine Gardiner (27), vrou van die sanger Vaughan Gardiner, het reeds meer as 50 kreatiewe koeke gebak wat sy op straat weggegee het.

Sy plaas foto’s van die koeke en die “koek-oorhandiging” op haar blog Girl with Cake. (www.girlwithcake.co.za).

“Ek bak koek en gee dit een keer elke week of twee weke weg vir iemand wat ek dink dalk ’n bietjie liefde nodig het – mense in hospitale, mense op straat, mense wat buite in die koue werk, of mense wat my inspireer,” sê sy.

Die rubriekskrywer Tom ­Eaton het Gardiner se projek Vrydag gekritiseer.

“Wag, so sy loop rond en sê regtig ‘laat hulle koek eet’, en neem dan foto’s? Sê my asseblief dis ’n parodie,” het Eaton op Twitter geskryf.

“Dit maak seer,” sê Gardiner in reaksie op Eaton se uitlating.

“My bedoeling was nog altyd net om iets positiefs te doen in ’n land waar negatiwiteit die norm is.”

Gardiner het eers in Kaapstad gewoon, maar deel nou reeds sowat ses maande koek in Johannesburg uit.

Sy sê in haar familie verteenwoordig koek liefde en omgee.

“Ek het deur ’n moeilike tyd gegaan met mense – ek was seergemaak en het begin voel dit sou veiliger vir my hart wees as ek net aanvaar mense is in die algemeen sleg.

“Ek het dit vir iemand wat ek baie respekteer, genoem. Hy het my gestop en gesê: die oomblik wat jy ophou om die goedheid in ander mense te sien, is die oomblik wat jy self nie meer goed kan wees nie.

“Ek het daarna die goedheid in mense begin soek, en dit het my gemoed so baie gehelp, ek wou ander mense wat in dieselfde ­situasie is, ook só help.”

Sy sê met die koeke wat sy bak, probeer sy om deur die nega­tiwiteit rondom haar te breek deur iets te gee wat vir haar baie beteken.

“Liefde is ’n noodsaaklikheid, wêreldwyd.”

Hoewel sy ook gekritiseer word omdat die koeke wat sy bak, duur is, meen Gardiner ­iemand wat arm is, verdien nie ’n koek van swakker gehalte nie.

“Ek het iets probeer maak wat ek vir my beste vriendin of ­familie sou bak – iets met goeie bestanddele wat lekker smaak en mooi lyk, sodat wie ook al dit kry, die liefde en moeite kan proe.”

Sy het sowat 18 000 aanhangers op Facebook en mense bied ook aan om haar te borg.

Sedert verlede jaar gee sy soms ook warm klere, komberse en kouse saam met die koeke weg nadat mense aangebied het om by te dra met skenkings van toiletbenodigdhede en komberse vir die mense vir wie sy koek vat.

Wanneer Gardiner ’n koek gebak het, klim sy in haar motor en ry rond op soek na iemand wie se dag sy kan ophelder.

“Soms is die koek ’n dankie vir sekuriteitswagte wat ons oppas, vir petroljoggies wat deur die nag gaan werk of ekstra vriendelik was vir geen rede nie, vir mense wat ek gereeld sien wat my inspireer.”

Cradle of Hope

ns moet begin om ons stories te deel. Want, sê Melodie van Brakel, stigter van The Cradle of Hope in Krugersdorp, só vind ander mense in ’n soortgelyke posisie hoop.

Van Brakel (50) gesels by haar wit lessenaar in haar kantoor by dié liefdadigheidsorganisasie wat mishandelde vroue en kinders huisves.

Die Onse Vader is gehekel en geraam teen die muur. Op een van die kaste is ’n prent opgeplak met die woorde: “Whatever you’re facing today, keep going. Keep moving. Keep hoping. Keep pressing on. There is victory on the other side!”

“Daar is soveel mense wat uit hul seer die wêreld ’n beter plek kan maak. Ons moenie stilbly nie.”

Die begin van The Cradle of Hope het met ’n noue ontkoming vir haar begin.

“Op 38 het my blindederm gebars, en ek was drie keer by die dokter en kry toe net elke keer medikasie. Ek het nege dae so rondgeloop. Ek gaan toe na ’n ander dokter en ek is onmiddellik gediagnoseer en ’n operasie moes gedoen word. Ek beland toe in die hoësorgeenheid. Die dokter het gesê dis die langste wat hy nog gesien het dat iemand met ’n gebarste blindederm rondloop.”

Sy het oorleef.

En toe wonder sy: “Hoekom is ek gespaar?”

Voorheen het sy saam met haar man, Albertus, gewerk. Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester. Op haar lessenaar lê haar dagboek met ’n gesinsfoto voorop. Die egpaar woon in Noordheuwel. Sy is ook ma van twee dogters, Christene (24) en Alicia (20).

“Toe ek daar lê, het ek besef ek ken nie die Here nie. Ek weet wie Hy is, ek gaan kerk toe en dies meer, maar ek kén Hom nie.

“My hart was nog altyd baie gerig op mense wat swaarkry.” Sy is eintlik ’n opgeleide kleuterskoolonderwyser.

Twee jaar ná die siekte, in 2007, sit sy by ’n rooi verkeerslig in Monument.

“In daardie stadium was daar nog ’n News Café op daardie hoek. En ek stoei met die Here. Ek het my hande in die lug gegooi en gesê Hy moet maak met my wat Hy wil.”

Haar oë is oopgemaak vir nood.

Sy het toe dié huis (waar The Cradle of Hope vandag is) gekoop en die organisasie begin.

“Dis ook maar met die genade saam, want dikwels weet ons nie waar die volgende maand se geld vandaan gaan kom nie. Verlede jaar het ons gedink ons sal moet sluit, maar hier sit ons ’n jaar later nog. So, die Here voorsien werklik.”

Daar woon tans 38 mense in The Cradle of Hope.

Dit is slegs ’n deurgangshuis, sê Van Brakel. Inwoners bly net totdat hulle weer op hul voete is en ’n ander heenkome het.

Oor een ding is sy egter vasbeslote. “Jy kan nie iemand se pad vir hom stap nie. Jy kan hulle help en lei, maar op die ou end is dit húl keuse waarheen hulle wil beweeg. Jy moet self ook jou lewe wíl beter maak.”

Skoolgereedheid en onderrig is vir haar baie belangrik. “Dit is moeilik, emosioneel, want regtig tragiese verhale van mense wat werklik swaar kry in die lewe kom oor jou pad. Ons grootste roeping kom uit ons ergste pyn.”

  • Skakel 011 660 4623 as jy by die organisasie betrokke wil raak.