GOEIE GESELSKAP

GOEIE GESELSKAP Jy sal baie aktiwiteite saam met jou vriend doen. Julle sal miskien saam na ‘n fliek, kamp of 'n kerkaktiwiteit toe gaan of miskien saam reis. Jou vriend moet goeie geselskap wees om julle aktiwiteite te kan geniet.

OM PRET TE HE

OM PRET TE HEÊ ‘n Vriend is nie net waardevol vir jou probleme nie, jy het ook iemand nodig met wie jy pret kan hê. Almal moet kan lag en ‘n bietjie humor is nodig in jou vriendskap.

R ESPEK

R ESPEKAlmal het verskillende menings en dit is belangrik dat jou vriend respek toon vir jou standpunt. Hy/sy hoef nie noodwendig met jou punte saam te stem nie en kan soms probeer om jou opinies te verander, maar hy/sy moet jou altyd respekteer, selfs al stem hy/sy nie saam met jou nie.

BETROUBAAR

HEIDBETROUBAAR Vertroue is ‘n belangrike aspek in elke vriendskap. Jy deel amper alles met jou vriend, ook vertroulike inligting. Jy moet kan staatmaak op jou vriend se woord dat hierdie inligting tussen julle sal bly

LUISTERAAR

‘N GOEIE LUISTERAAR Jy het ‘n vriend nodig om jou probleme mee te deel. Jy wil nie met almal oor jou probleme praat nie en ‘n ware vriend sal luister en probeer om nuttige raad te gee. Selfs al het jy raad nodig oor probleme in jou huisgesin, sal ‘n vriend sy/haar opinie gee sonder om in jou gesin se verhouding in te meng.

Ware vriennde

EERLIKHEID Eerlikheid is die beste beleid om ‘n vriendskap aan die gang te hou. ‘n Ware vriend sal altyd die waarheid praat en nooit leuens vertel nie. Almal wil ‘n “ware vriend” hê en jy sal nooit jou vriendskap behou as jy nie die waarheid praat nie, selfs al maak dit seer. As jou vriend uitvind dat jy sekere belangrike feite weet wat jou dalk seer maak en jy hierdie inligting wegsteek, sal jy die vertrouensband verloor waarop vriendskap gebaseer is.

EERLIKHEID

EERLIKHEID Eerlikheid is die beste beleid om ‘n vriendskap aan die gang te hou. ‘n Ware vriend sal altyd die waarheid praat en nooit leuens vertel nie. Almal wil ‘n “ware vriend” hê en jy sal nooit jou vriendskap behou as jy nie die waarheid praat nie, selfs al maak dit seer. As jou vriend uitvind dat jy sekere belangrike feite weet wat jou dalk seer maak en jy hierdie inligting wegsteek, sal jy die vertrouensband verloor waarop vriendskap gebaseer is.

Is daar hoop

 

Job 6

Job: Ek weet nie meer raad nie

1Toe het Job weer gepraat:

2"As my bittere ellende maar geweeg kon word,

as die ongeluk wat my getref het, op 'n skaal gesit kon word,

3sou dit swaarder weeg as die sand van die see.

Daarom het ek nie gedink wat ek sê nie.

4Die pyle van die Almagtige deurboor my,

ek word geleidelik deur hulle vergiftig.

Verskrikkinge van God bedreig my.

5Balk 'n wildedonkie as hy by gras kom?

Bulk 'n bees by sy voer?

6Eet 'n mens smaaklose kos, kos sonder sout?

Het die wit van 'n eier enige smaak?

7"Ek raak nie aan sulke kos nie,

dit maak my siek.

8Ag, mag my gebed verhoor word,

mag God vir my gee wat ek begeer:

9mag Hy dit goeddink om my te vernietig,

om my lewe met sy hand af te kap!

10Dan sou ek nog dié troos hê,

die vreugde in die pyn wat Hy my nie gespaar het nie:

dat ek die woorde van die Heilige nie geminag het nie.

11"Het ek nog die krag om dit uit te hou?

Kan ek nog geduldig op my einde wag?

12Is ek dan so sterk soos klip,

is ek van brons gemaak?

13Self is ek tot niks in staat nie.

Ek weet nie meer raad nie.

14"Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las,

het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

15My vriende is so onbetroubaar soos die water van 'n spruit,

soos 'n droë loop waarin vloedwaters afkom,

16vol modder en hael, met sneeu wat bo-op dryf,

17maar wat na 'n tyd afloop en verdwyn

en wegraak as dit warm word.

18Reisigers draai af na die spruit toe,

maar beland in 'n droë wêreld en kom om.

19Reisigers van Tema af is op die uitkyk na water,

dié wat van Skeba af kom, vestig hulle hoop daarop,

20maar hulle hoop word beskaam,

hulle kom by die spruit, en daar is niks.

21"Só het julle vir my geword.

Julle het skaars my treurige toestand gesien of julle skrik.

22Het ek ooit vir julle gesê: 'Gee vir my iets

 

Job 6

Job: Ek weet nie meer raad nie

1Toe het Job weer gepraat:

2"As my bittere ellende maar geweeg kon word,

as die ongeluk wat my getref het, op 'n skaal gesit kon word,

3sou dit swaarder weeg as die sand van die see.

Daarom het ek nie gedink wat ek sê nie.

4Die pyle van die Almagtige deurboor my,

ek word geleidelik deur hulle vergiftig.

Verskrikkinge van God bedreig my.

5Balk 'n wildedonkie as hy by gras kom?

Bulk 'n bees by sy voer?

6Eet 'n mens smaaklose kos, kos sonder sout?

Het die wit van 'n eier enige smaak?

7"Ek raak nie aan sulke kos nie,

dit maak my siek.

8Ag, mag my gebed verhoor word,

mag God vir my gee wat ek begeer:

9mag Hy dit goeddink om my te vernietig,

om my lewe met sy hand af te kap!

10Dan sou ek nog dié troos hê,

die vreugde in die pyn wat Hy my nie gespaar het nie:

dat ek die woorde van die Heilige nie geminag het nie.

11"Het ek nog die krag om dit uit te hou?

Kan ek nog geduldig op my einde wag?

12Is ek dan so sterk soos klip,

is ek van brons gemaak?

13Self is ek tot niks in staat nie.

Ek weet nie meer raad nie.

14"Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las,

het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

15My vriende is so onbetroubaar soos die water van 'n spruit,

soos 'n droë loop waarin vloedwaters afkom,

16vol modder en hael, met sneeu wat bo-op dryf,

17maar wat na 'n tyd afloop en verdwyn

en wegraak as dit warm word.

18Reisigers draai af na die spruit toe,

maar beland in 'n droë wêreld en kom om.

19Reisigers van Tema af is op die uitkyk na water,

dié wat van Skeba af kom, vestig hulle hoop daarop,

20maar hulle hoop word beskaam,

hulle kom by die spruit, en daar is niks.

21"Só het julle vir my geword.

Julle het skaars my treurige toestand gesien of julle skrik.

22Het ek ooit vir julle gesê: 'Gee vir my iets

of koop iemand vir my om met julle geld,

23red my van 'n vyand

of koop my los uit die mag van verdrukkers'?

24Help my om te verstaan, dan sal ek stilbly,

sê my waar ek verkeerd gedoen het.

25Opregte woorde maak nie seer nie,

maar 'n bestraffing deur júlle is geen bestraffing nie.

26Wil julle my bestraf oor wat ek gesê het,

beskou julle die woorde van 'n wanhopige as blote wind?

27Julle trek lootjies selfs oor 'n weeskind

en verkwansel julle vriend vir wins.

28Maar kyk nou na my geval,

ek sal tog nie in julle gesig vir julle lieg nie.

29Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie,

besin julle, my saak is reg.

30Het ek onreg gepleeg met wat ek gesê het,

weet ek nie wat 'n ramp is nie?"

of koop iemand vir my om met julle geld,

23red my van 'n vyand

of koop my los uit die mag van verdrukkers'?

24Help my om te verstaan, dan sal ek stilbly,

sê my waar ek verkeerd gedoen het.

25Opregte woorde maak nie seer nie,

maar 'n bestraffing deur júlle is geen bestraffing nie.

26Wil julle my bestraf oor wat ek gesê het,

beskou julle die woorde van 'n wanhopige as blote wind?

27Julle trek lootjies selfs oor 'n weeskind

en verkwansel julle vriend vir wins.

28Maar kyk nou na my geval,

ek sal tog nie in julle gesig vir julle lieg nie.

29Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie,

besin julle, my saak is reg.

30Het ek onreg gepleeg met wat ek gesê het,

weet ek nie wat 'n ramp is nie?"

 

Job: Ek weet nie meer raad nie

 

Job 6

Job: Ek weet nie meer raad nie

1Toe het Job weer gepraat:

2"As my bittere ellende maar geweeg kon word,

as die ongeluk wat my getref het, op 'n skaal gesit kon word,

3sou dit swaarder weeg as die sand van die see.

Daarom het ek nie gedink wat ek sê nie.

4Die pyle van die Almagtige deurboor my,

ek word geleidelik deur hulle vergiftig.

Verskrikkinge van God bedreig my.

5Balk 'n wildedonkie as hy by gras kom?

Bulk 'n bees by sy voer?

6Eet 'n mens smaaklose kos, kos sonder sout?

Het die wit van 'n eier enige smaak?

7"Ek raak nie aan sulke kos nie,

dit maak my siek.

8Ag, mag my gebed verhoor word,

mag God vir my gee wat ek begeer:

9mag Hy dit goeddink om my te vernietig,

om my lewe met sy hand af te kap!

10Dan sou ek nog dié troos hê,

die vreugde in die pyn wat Hy my nie gespaar het nie:

dat ek die woorde van die Heilige nie geminag het nie.

11"Het ek nog die krag om dit uit te hou?

Kan ek nog geduldig op my einde wag?

12Is ek dan so sterk soos klip,

is ek van brons gemaak?

13Self is ek tot niks in staat nie.

Ek weet nie meer raad nie.

14"Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las,

het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

15My vriende is so onbetroubaar soos die water van 'n spruit,

soos 'n droë loop waarin vloedwaters afkom,

16vol modder en hael, met sneeu wat bo-op dryf,

17maar wat na 'n tyd afloop en verdwyn

en wegraak as dit warm word.

18Reisigers draai af na die spruit toe,

maar beland in 'n droë wêreld en kom om.

19Reisigers van Tema af is op die uitkyk na water,

dié wat van Skeba af kom, vestig hulle hoop daarop,

20maar hulle hoop word beskaam,

hulle kom by die spruit, en daar is niks.

21"Só het julle vir my geword.

Julle het skaars my treurige toestand gesien of julle skrik.

22Het ek ooit vir julle gesê: 'Gee vir my iets

 

Job 6

Job: Ek weet nie meer raad nie

1Toe het Job weer gepraat:

2"As my bittere ellende maar geweeg kon word,

as die ongeluk wat my getref het, op 'n skaal gesit kon word,

3sou dit swaarder weeg as die sand van die see.

Daarom het ek nie gedink wat ek sê nie.

4Die pyle van die Almagtige deurboor my,

ek word geleidelik deur hulle vergiftig.

Verskrikkinge van God bedreig my.

5Balk 'n wildedonkie as hy by gras kom?

Bulk 'n bees by sy voer?

6Eet 'n mens smaaklose kos, kos sonder sout?

Het die wit van 'n eier enige smaak?

7"Ek raak nie aan sulke kos nie,

dit maak my siek.

8Ag, mag my gebed verhoor word,

mag God vir my gee wat ek begeer:

9mag Hy dit goeddink om my te vernietig,

om my lewe met sy hand af te kap!

10Dan sou ek nog dié troos hê,

die vreugde in die pyn wat Hy my nie gespaar het nie:

dat ek die woorde van die Heilige nie geminag het nie.

11"Het ek nog die krag om dit uit te hou?

Kan ek nog geduldig op my einde wag?

12Is ek dan so sterk soos klip,

is ek van brons gemaak?

13Self is ek tot niks in staat nie.

Ek weet nie meer raad nie.

14"Wie medelye met 'n vriend beskou as 'n las,

het die eerbied vir die Almagtige verwerp.

15My vriende is so onbetroubaar soos die water van 'n spruit,

soos 'n droë loop waarin vloedwaters afkom,

16vol modder en hael, met sneeu wat bo-op dryf,

17maar wat na 'n tyd afloop en verdwyn

en wegraak as dit warm word.

18Reisigers draai af na die spruit toe,

maar beland in 'n droë wêreld en kom om.

19Reisigers van Tema af is op die uitkyk na water,

dié wat van Skeba af kom, vestig hulle hoop daarop,

20maar hulle hoop word beskaam,

hulle kom by die spruit, en daar is niks.

21"Só het julle vir my geword.

Julle het skaars my treurige toestand gesien of julle skrik.

22Het ek ooit vir julle gesê: 'Gee vir my iets

of koop iemand vir my om met julle geld,

23red my van 'n vyand

of koop my los uit die mag van verdrukkers'?

24Help my om te verstaan, dan sal ek stilbly,

sê my waar ek verkeerd gedoen het.

25Opregte woorde maak nie seer nie,

maar 'n bestraffing deur júlle is geen bestraffing nie.

26Wil julle my bestraf oor wat ek gesê het,

beskou julle die woorde van 'n wanhopige as blote wind?

27Julle trek lootjies selfs oor 'n weeskind

en verkwansel julle vriend vir wins.

28Maar kyk nou na my geval,

ek sal tog nie in julle gesig vir julle lieg nie.

29Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie,

besin julle, my saak is reg.

30Het ek onreg gepleeg met wat ek gesê het,

weet ek nie wat 'n ramp is nie?"

of koop iemand vir my om met julle geld,

23red my van 'n vyand

of koop my los uit die mag van verdrukkers'?

24Help my om te verstaan, dan sal ek stilbly,

sê my waar ek verkeerd gedoen het.

25Opregte woorde maak nie seer nie,

maar 'n bestraffing deur júlle is geen bestraffing nie.

26Wil julle my bestraf oor wat ek gesê het,

beskou julle die woorde van 'n wanhopige as blote wind?

27Julle trek lootjies selfs oor 'n weeskind

en verkwansel julle vriend vir wins.

28Maar kyk nou na my geval,

ek sal tog nie in julle gesig vir julle lieg nie.

29Besin julle, moenie dat daar onreg geskied nie,

besin julle, my saak is reg.

30Het ek onreg gepleeg met wat ek gesê het,

weet ek nie wat 'n ramp is nie?"

 

waarin ek glo,

Vra jy my waaraan en waarin ek glo,
Dan vra jy ook of glo ek in ’n God
Wat in die hemel bly, omhoog van bo
Neersien op die mens, om te beskik sy lot.

Vra jy my wat glo ek van God omhoog,
Dan sê ek jou met heel my hart en gees
Hy’t neergedaal vanuit die hemelboog
Te versoen my siel met Hom, die Heilig Wees.

Vra jy my of glo ek in sy wonderkrag,
Dan antwoord ek gewis en seker ja;
Hy is die Een wat in my siel vermag
Die redding wat ek soek en wat ek vra.

Vra jy my hoe ek dan so kan glo, getrou;
Dan sê ek dat Hy woon hier in my hart;
En Hy het weggeneem my smet en rou,
En vreug gegee in plaas van sonde-smart.

Vra jy my of glo ek dat Hy ewig leef,
Dan vra jy of ek Hom ken in Sy krag;
Hy het verrys vanuit die graf: Hy leef!
Vaar na die hemel hoog, vanwaar ek Hom verwag.

Jy verstaan my nie!

“Jy verstaan my nie!”
Hoekom sê mense dit? Dikwels word dit gesê omdat jy eerlik ervaar dat die ander jou nie verstaan nie, maar in ander gevalle sê jy dit omdat ander nie met jou saamstem nie. Agter die “jy verstaan my nie” moet ons lees “Ek is reg en jy is verkeerd. Jou waardes is anders as myne!” Deur al die eeue het die mens nie verander nie. Die mens skep vir hom waardes wat hom gedienstig is. Die verlengstuk hiervan is: die mens skep vir hom-/haarself ‘n “God” en ‘n godsdiens wat sy eie keuses en begeertes bevredig. Kom ons spandeer ‘n bietjie tyd met Jakobus se waardes. Lees Jakobus 1:13-16. Dit lyk vir my hy sê die volgende vir ons:
1) Onder geen omstandighede kan ek God vir my keuses verantwoordelik hou nie. Hy gee die mens wel die potensiaal om altyd die regte keuses te maak, maar nooit is Hy die Outeur van die mens se verkeerde keuses nie. Dis in stryd met Sy wese dat God ons sal lei om verkeerd te kies. (vers 13) 2) ‘n Verkeerde keuse begín by ‘n verkeerde gedagte. Ons word heeldag deur ‘n verskeidenheid van gedagtes gebombardeer. Hierdie gedagtes spruit voort uit ons wêreldbeskouing, opvoeding, agtergrond, omgewing, dit wat ons lees, sien, proe en hoor. Daar is talle voorbeelde. Een van die bekendste vind ons in 2 Samuel 11 en 12: 
By geleentheid het Dawid op sy huis se dak geloop. Van sy dak af sien hy ‘n vrou bad. Tot hiertoe is hy heeltemal onskuldig.3) Dan begin hy nadink oor dit wat hy gesien het. Dit het die gevolg dat hy begin droom oor die vrou wat hy gesien het. Hierdie gedagtes begin ontkiem en prentjies van hom en die vrou begin in sy gedagtewêreld vorm aanneem. Hy het nog nie eens met haar gepraat nie en hy is nie eens seker wie sy is nie. So word die gedagtes met betrekking tot die vrou bevrug en hy wil haar weer en meer sien. Nou word daar gefantaseer oor die gedagte en dit word ‘n begeerte. (Jakobus 1:14 en 15) Gedagtes is soms soos voëls wat oor ons koppe vlieg. Daaroor het ons geen beheer nie. Maar dan kom die “voël” op ons kop nesmaak. Dis nie my skuld dat die voël oor my kop gevlieg het nie, maar ek is verantwoordelik wanneer hy op my kop kom nesmaak. 4) Planne word beraam om die begeerte te bevredig. Daar is soveel voorbeelde daarvan. Net een voorbeeld: Die getroude man ontdek op ‘n dag dat sy vrou hom “nie meer verstaan” nie, maar die dame op kantoor verstaan hom régtig. Hulle is net goeie vriende wat “mekaar verstaan”. Ware sielsgenote!” Meteens ontdek die man dat hy sy eie vrou nog nooit regtig liefgehad het nie. Hul huwelik was ‘n tragiese fout. Van die “goeie vriendin” ervaar hy nie net begrip nie, maar hy voel ook aangetrokke tot haar. Nou die troefkaart-argument:”God is liefde en God sal mos nie liefde in sy hart gee as dit sonde is nie!”. Nou word die “vliesie” uitgegooi met die volgende gebed: “Here, as my nuutgevonde liefde nie van U is nie, neem dit weg. In Jesus naam.” Natuurlik sal God dit nie wegneem nie. Die rede? Hy het dit nooit in jou hart geplaas nie! Meneer, jy is nou self die skepper van jou eie gewaande “God-gegewe” ware liefde! Verblind in jou eie waansin, gaan jy tot aksie oor. Jy stap uit jou “ongelukkige huwelik” in jou eie geskape “Beloofde Land”. 5) Die begeerte het oorgegaan tot aksie. Met die Bybel onder die kopkussing word ‘n oënskynlike jarelange “ongelukkige” huwelik verruil vir ‘n nuwe begin. Met ‘n glinstering in die oog word trou aan mekaar beloof. Wat het gebeur? Die “sien” is vertroetel. Die vertroeteling het ‘n “begeerte” gebaar. Die begeerte het “sonde” voortgebring. 6) Hierdie sonde begin nou om op jou te teer. Dit begin jou opvreet. En as daar geen ware berou intree en jy jouself voor God en mens verootmoedig nie, sal jou keuses en jou begeertes jou lewe verwoes. (Jakobus 2:15). Dit wat God as sonde en as ‘n gruwel in die Bybel beskryf, is vandag nog steeds sonde. Niks het verander nie. Wanneer God se waardes en ons waardes verskil, dan is ons in die moeilikheid. Wanneer sommige teoloë en sielkundiges ons waardes beskerm en verdedig, dan sê ons: “Baie dankie, julle verstaan my!” Die feit van die saak bly: teen die einde van die dag geld net God se waardes. Geensins het God se standpunt oor sonde verander nie. Net die mens het nou sy eie waardes gekies. Ons sal eendag voor God vrygespreek word, nie deur die insigte van sommige teoloë en sielkundiges nie, maar slegs deur dit wat Hy sê. Dus: Maak jou klaar om jou God te ontmoet. Waarom wil jy sonder God leef en sterwe? Breek met jou sonde terwyl jy die geleentheid het. Bely dit teenoor Christus. Hy vergeef volkome. Lees Spreuke 28:13, Johannes 6:37 en 1 Johannes 1:9. Maar wie in sy/haar sonde volhard, het self besluit en gekies dat hy/sy nie die Here se vergifnis en genade wil hê nie. Wie in hulle sonde volhard, het nooit werklik tot bekering gekom nie. Hulle gaan verlore kragtens hulle eie gedagtes, besluite, begeertes en keuses. God het hulle nie verwerp nie. Inteendeel, hulle het God en Sy goedheid verwerp. “Keer terug tot God. Het Christus regtig verniet aan die kruis vir jou gesterf? Dis nog te laat nie. Jesus bied jou steeds ‘n nuwe toekoms.” (2 Korintiërs 5:17) Die vraag van die dag: Leef jy binne of buite die wil van God? Waar is jy regtig?
Wat nodig is: Laat God se gedagtes soos dit in die Bybel uiteengesit is jou lewe bepaal.Mag jy regtig God se onverdiende goedheid nie tevergeefs ontvang het nie!
[www.leefnuut.co.za]

 

Begeertes En Danksegging

Begeertes En Danksegging

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God – Fil. 4:6

Hoe dankbaar kan ons wees dat ons oor niks besorgd hoef te wees nie. Niks, absoluut niks, van die kleinste tot die grootste “iets”, oor nie een van dit nie, oor niks.

Ons kan met ander woorde net ontspan en nodeloos om te sê dat baie van ons bekommerd deur die lewe gaan onnodig. Heeltemal uit fokus uit, maar ons het tyd om dit reg te maak, voor ons ten gronde gaan as gevolg van ‘n gebrek aan kennis, nie waar nie?

Elkeen van ons het ‘n begeerte, ‘n droom, en ons moet alles, weereens van die kleinste tot die grootste “iets”, alles deur GEBED en SMEKING en DANKSEGGING bekend maak by God.

Die hele metode is vir ons uitgespel, ons maak seker dat ons begin fokus, dat ons begin om dit fisies toe te pas in ons lewens en ophou om onnodig te bekommer. Volg net die metode uit die Woord en die laste word lig, stap nou hand aan hand met ons Heer en wees verseker, ALLES sal Hy in plek laat val volgens Sy volmaakte plan op Sy tyd.

Ontspan, wees rustig, want Hy is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde.

Amen!

DIE PAD VORENTOE

DIE PAD VORENTOE


Waar kom jy vandaan? Waar bevind jy jou nou? Waar gaan jy heen? Oor die laaste vraag: wéét jy? WIL jy weet? Kom, wees eerlik, wil jy weet hoe die pad vorentoe lyk? As jy ‘n keuse sou kry om jou lewenspad vorentoe soos ‘n pak kaarte voor jou uitgesprei te sien – sou jy kyk? So ‘n “magic” e-pos van die Here af wat sê: “My kind, as jy jou toekoms wil weet, kliek hier.” – sal jy kliek? Ek dink as dit miskien nou met jou swaar gaan sou jy wou kliek om te sien dat dit wel beter sal gaan, of dat daar vinnig ‘n uitkoms gaan wees. En as dit nou met jou goed gaan, sou jy kliek? ‘n Vriend sê anderdag hy vra die Here om vir hom die pad vorentoe te wys. Hy het lank, en aanmekaar gebid. Ek vra toe vir hom of hy regtig sou wou weet dat hy in September sy huis gaan verloor, of dat sy kind in Desember met ‘n ongeneeslike siekte gediagnoseer gaan word, of dat hy sy werk in Julie gaan verloor, en sy vrou hom in Oktober gaan los. Wat dink jy gaan gebeur as ons dit alles vooruit sou weet? Kom ons swaai dit nou na die positiewe kant toe. Kom ons sê jy weet dat jy einde November op ‘n wonderbaarlike manier miljoene rande ryker gaan wees. Hoe dink jy sou dit jou lewe beinvloed het? Hoe gaan dit jou vertroue in die Here beinvloed? Wil jy regtig weet hoe die toekoms lyk … al is dit goed òf sleg? 

Kom ek neem jou terug na my gesprek met my vriend. Hoe meer hy die Here vra: “Hoe lyk my toekoms?”, hoe meer kom die teks Ps 119:105: “U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad” , en dis ál wat hy kry … net dit. 

 Wat vertel ons vir mekaar in hierdie onseker tye? Hoekom gaan sien mense sogenaamde profete? Om wat te hoor? Miskien het jy ook al gaan “hoor”, net om teleurgestel te word. Want jy sien, niemand sal ooit vir jou vertel dat dit bitter swaar sal gaan, dat jy dalk alles sal verloor, en dat ‘n vreeslike moeilike tyd vir jou voorlê nie; en dan boon-op, dat dit die Here se wil is. 

Ander vriende van ons kry baie duidelik die boodskap van die Here, so 4 jaar gelede, dat hulle alles hier moet oppak en Kaap toe verhuis om ‘n nuwe besigheidsgeleenthied daar aan te pak. Met groot opgewondenheid vertrek hulle na ‘n idiliese dorpie, bou ‘n groot huis en doen flink sake. Net om ‘n paar jaar later alles te verloor. Alles. Dit het nou onlangs gebeur. In hierdie tyd gaan hulle deur hel, spartel, kry maagsere, het ongelòòflike bekommernis. Hulle hele wêreld stort in duie. En toe kom daar uitkoms, waar hulle voor kan begin in goeie omstandighede. Die vraag is: waar was die Here? Kom ek sê jou waar die Here was. BY hulle!! Elke tree, elke oomblik, sonder ophou. 

Ps 94:12-19
Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie U onderrig in u woord en vir wie U rus gee na tye van teëspoed. Maar vir die goddelose word die graf reeds gegrawe. Die Here verstoot nie sy volk nie, die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie. Die regspraak sal weer regverdig wees, alle opregtes sal hulle daaraan kan hou. Wie staan by my teen dié wat my leed aandoen? Wie help my teen mense wat my veronreg? As die Here my nie gehelp het nie, was die stilte van die graf seker al my tuiste! Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. Toe ek met baie onrus in my binneste sit, het u vertroosting my tot rus gebring 

Toe ek gedink het my voete gly, het U troue liefde my regop gehou, Here. Die vriendin se getuienis was dat hulle nog nooit in hulle lewe so naby aan die Here was nie, nog nooit Sy nabyheid so intens ervaar het nie, en nog nooit soveel by Hom geleer het nie. My vraag is: sou hierdie vriende van my die pad vorentoe wou weet? Ek glo nie. Weet jy wat is ons probleem? Ons glo hierdie stories van mense dat dit nie swaar kan gaan met ‘n Christen nie. En dat daar geen doel daarmee kan wees dat ons moet swaarkry nie. Dit is nie waar nie, want my wil is nie God se wil nie. As die Here wil, kan Hy my stroop van alles, Hy kan elke ding van my af wegvat, as Hy ‘n hoër doel het wat Hy daardeur wil bereik. Jy sien, as ek en jy gestroop van alles en nakend voor Hom staan, dan het Hy ons volle aandag. As daar niks oor is waarop ek kan staamaak nie, as ek op niks kan terugval nie, as ek géén ander kruk het nie, kan Hy op ‘n wonderbaarlike manier met ons werk. Dit is tye waar die mense elke stukkie vertroue op sy Skepper plaas, homself ten volle ontbloot voor sy Maker, en alles aan Hom oorgee.  

Job 42:1-5
Daarna het Job vir die Here gesê: "Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit.
 Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het? Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie. U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat, Ek sal vra, antwoord jy My. Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien

Toe Job alles verloor, toe sien hy die Here, toe verstaan hy, toe leer hy die Here ken. Vir wie gaan vra jy vir raad in moeilike tye? Vir mense van wie Job in vers 3 praat? “Wie is dit wat U bedoelinge wou dwarsboom”? My vriend oppas vir wie jy raadpleeg in moeilike tye. Dit kan dalk net die Here wees wat besig is met jou.  

Wil jy die pad vorentoe weet? Vir wie vra jy?

Jer 23:16-17
So sê die Here die Almagtige: Julle moenie luister na wat die profete sê nie, die profete wat vir julle as profete optree. Hulle wek vals verwagtings by julle, hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here sê nie. Hulle hou aan om vir dié wat My minag, te sê: "Die Here sê daar sal vrede vir julle wees." Vir dié wat hardkoppig is, sê hulle: "Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie."

As jy die hele Jeremia 23 lees sien jy dat die profete lieg (in die Naam van die Here), en sê dat niks slegs sal gebeur nie. Terwyl die Here besig is met ‘n woestyntyd met sy volk – met ‘n doel! 

Wat is my punt?
1)
     Die Here kan besluit om ons deur die bitter swaar van die woestyn te vat
2)
     Die Here kan ons stroop van alles as Hy voel om sò met ons te werk.
3)
     Die Here is steeds elke oomblik van die tyd by ons, en beskerm ons, en versorg ons.
4)
     Die Here het altyd ‘n doel met dinge wat met ons gebeur.
5)
     Die Here is nie noodwendig kwaad vir ons in sulke tye nie.
6)
     Die Here wil nie hê dat jy Sy pad met jou vorentoe moet sien nie.
7)
     Ná die woestyn sal jy iewers by ‘n oase uitkom.
8)
     Hy wil hê dat jy sal aanhou om op Hom alleen te vertrou.
9)
     Jy sal eendag sê: dit was goed; nou verstaan ek. 

Ps 119:105 U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad…. ‘n  kringetjie lig vir die volgende tree. Nét genoeg vir een tree – nie ‘n “spotlight” nie. 

Moenie die toekoms wil weet nie, vertrou net op die Here. 

Wees bedag

 
DIE TONG


'n Baie klein gereedskap stukkie wat die Here vir ons gegee het, maar o tog, 'n giftige klein dingetjie. Iets wat ek en jy so dikwels totaal verkeerd gebruik. Iets wat gemaak is om die Here se Naam groot te maak, om Sy lof te besing, om te getuig, maar daarvan kom daar maar min.

Daar is meer as 100 verse in die Bybel oor die tong - meestal negatief. Die meeste van hierdie verse waarsku teen hierdie giftige orgaantjie.

Jak. 3 : 1 - 12 My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. 2 Ons struikel almal in baie opsigte. As iemand nooit struikel in wat hy sê nie, is hy volmaak, by magte om ook sy hele liggaam in toom te hou. 3 Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. 4 Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. 5 So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag.'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek. 6 Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek. 7 Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem, 8 maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is 'n rustelose kwaad, vol dodelike gif. 9 Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. 10 Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. 11 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. 12 'n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of 'n druiwestok vye nie. 'n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie!

Jakobus waarsku hier teen hierdie tong op 'n baie "kras" manier. Lees vers 6. Dit word uit die hel aan die brand gesteek. Vers 8: Maar geen mens kan die tong tem nie.

Ps 52 : 4 Jy wil ander se ondergang bewerk. Met jou vlymskerp tong pleeg jy bedrog.

Ps 50 : 19 As jy jou mond oopmaak, praat jy kwaad, jou tong ryg bedrog aanmekaar.

Die tong - hierdie liggaamsdeel wat heel waarskynlik meer skade aanrig as al die ander dele van die liggaam saam. Weet jy, dink 'n bietjie saam met my - wat is dit wat spanning en kwaai vriendskap tussen mense bring? Dit is bykans nooit 'n fisiese handeling nie. Dis bitter selde dat dit kom as gevolg van fisiese geweld, 'n geklappery of iets dergeliks. En indien wel, is dit maar ook 'n uitvloeisel van die tong. Hoe werk dit dan? Hoekom is hierdie klein orgaantjie in my en jou mond dan so gevaarlik?

Ek dink dis bloot maar omdat hierdie tong my en jou gedagtewêreld uitspreek. Dit lyk my of ons bedrieglike gedagtewêreld maar net 'n plek kry om te ontsnap, en dan is die tong maar te gretig om die boodskap oor te dra. Is dit nie waar dat die tong baie eerder dinge oordra wat seermaak, as dinge wat plesier bring nie?

Jy ken mos die spreekwoord "Ek kon my tong afbyt". Ja nee, dis sowaar so dat 'n onbesonne woord verhoudinge vir baie jare kan vertroebel.

Wat gaan ek en jy hieraan doen? Lees weer Jak 3 : 9 - 12.

Kom ons kyk nou vir oulaas na die slegte voor ons besin oor die goeie.

Wat praat ons verkeerd?

- Leuens. Navorsing wys dat as jy 'n leuen genoeg kere vertel het, glo jy dit self. Wit leuentjies kom so maklik, maar dis die tong wat steeds bedrieg: skinder; kwaadpraat; kwetsende woorde; verkleinering; vloek; ens. Waar stop ons? Dit lyk vir my hierdie dinge kom sommer vanself. Maar dis nou genoeg van die negatiewe.

Kom ons kyk na dit waarvoor die tong gemaak is:-

- Om die Here se lof te besing en hom te vereer 
- Om te getuig - kan jy regtig vir die Here getuig sonder jou tong? 
- Om ander bemoedig - hoe wonderlik voel 'n ander nie as jy mooi dinge sê nie
- Om mooi kwaliteite van ander mense besing 
- Om ander komplimenteer – doen vandag bietjie moeite hiermee
- Om te vergewe 
- Om lofpsalms te sing vir die Here
- Om die waarheid praat 
- Om integriteit te bewys
- en nog baie ander dinge ……..

In wie se diens gaan ek en jy vandag ons tong stel? In satan se diens? Om te vervloek soos in vers 9? Of dalk in God se diens - alles wat mooi is, alles wat rein is, alles wat opbouend is - dit kan van die tong kom.

Kom ek en jy gaan hierdie dag in en gebruik ons tong om vir ander tot seën te wees, en bo alles, om die Here se Naam groot te maak. Weet jy wat gaan gebeur as jy vandag vir iemand sê "ek is lief vir jou met Jesus liefde"? of net "jy lyk mooi vandag" of "jy is 'n kosbare vriend".

En dan wil ek laastens vir jou vra: Wil jy nie vandag gaan regmaak daar waar jou tong iewers verbrou het nie? Of wil jy nie gaan vergewe waar iemand anders verbrou het nie? Kom my vriend, ek daag jou uit: gaan kyk wat dit aan jou doen! Gaan maak die verhoudinge met jou tong reg.

Volg Hom

DIE REGUIT PAD


Die reguit pad is die enigste pad wat reg is. Dit is die pad wat Jesus vir ons uitgelê het, die pad wat ons beskerm teen die slaggate van die lewe.

Spreuke 4 : 10 - 27
10 Luister, my seun, en aanvaar wat ek jou sê; dit sal jou lewensjare baie maak.
11 Ek sal jou leer wat die pad van die wysheid is en jou die regte koers laat loop.
12 As jy loop, sal daar niks in jou pad wees nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
13 Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe.
14 Moenie agter die goddeloses aanloop nie, vermy die pad van slegte mense.
15 Los dit, moenie daarop loop nie, draai weg, vermy die slegte mense;
16 hulle kan nie slaap as hulle nie kwaad gedoen het nie; hulle lê wakker as hulle nie iemand se ondergang bewerk het nie.
17 Misdaad is hulle kos, geweld hulle drank.
18 Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;
19 die pad van die goddeloses is soos die donker: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
20 My seun, hoor wat ek vir jou sê, luister goed na my woorde!
21 Moet dit nie vergeet nie, hou dit altyd in gedagte,
22 want dit beteken lewe vir dié wat daarna luister, 'n volle lewe vir hom wat dit besit.
23 Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.
24 Weerhou jou van leuens, moenie mense mislei nie.
25 Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit.
26 Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.
27 Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.

Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.

In Spreuke kry ons alles wat nodig is om vir ons 'n reguit lewenspad te wys. Dit praat van leuens, misdaad, geweld, slegte mense, goddeloses, die donker van die lewe, misleiding, slegte vrouens, geldgierigheid. Daar is letterlik geen faset van die lewe wat nie aangeraak word nie. Wat Spreuke merkwaardig maak, is dat al die goed wat ons vandag verkeerd doen, duisende jare gelede ook gebeur het. En die uitvloeisel van hierdie goed was destyds net soos dit nou is.

Die verkeerde pad, die krom een, vol kronkels, het nog nooit vir enige mens voorspoed gebring nie. Ons kan ook nie sê ons weet nie wat die regte of verkeerde pad is nie, want die Here het ons met 'n baie besondere manier geskep met 'n ding wat ons ons gewete noem. Van nature weet elke mens wat reg en wat verkeerd is. Die Here het ons so gemaak, dis ons sondige natuur wat maak dat ons die pad byster raak.

Die Woord van God gee vir ons die riglyne wat ons nodig het om die reguit pad te stap, en ons gewete is die innerlike stem wat ons aankla. Maar die probleem is dat ons geleidelik wegdryf van wat reg en wat verkeerd is, want ons het meesters geword daarin om te rasionaliseer. Dan kry ons maklik verskonings om te regverdig as ons wegdwaal. Jy sien, my vrou verstaan my nie, of respekteer my nie, dan is die verkeerde verhouding geregverdig. Of my baas het 'n bonus belowe en dit nie betaal nie, dan steel ek van my werkgewer. Dis die maklikste ding op aarde om redes te kry om verkeerd te doen. En ja, as ons wil lieg, noem ons dit 'n wit leuentjie. Want jy sien, as ons dit so troetelnaampie gee, vergewe ek myself sommer dadelik, en verwag die Here moet dit ook doen. Nou hier lê 'n probleem, hoe meer ek die leuen vertel, hoe meer begin ek dit glo. Iemand vertel so 'n lang storie wat so bietjie wollerig klink. Toe die persoon haar rug draai, toe sê iemand anders wat die storie ken, dat elke weergawe wat die betrokke persoon vertel, 'n ekstra stertjie kry, en later word die verhaaltjie absoluut lagwekkend. Die persoon glo dit later self. Dis wat met leuens gebeur. Die ander probleem is dat as jy so baie keer die waarheid verdraai, moet jy 'n verskriklike goeie geheue hê om te onthou wat jy laas gelieg het. Nog meer, mense praat met mekaar, en kort voor lank weet almal dat ons spekskiet. Dan slaan ons ons naam met 'n plank! Kom ons hou by die waarheid.

Die Here hou van mense wat Hom volg.

Ps 119 : 1 - 16
1 Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here.
2 Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen,
3 geen onreg pleeg nie en in sy weë wandel.
4 U het u bevele gegee dat dit ten volle uitgevoer moet word.
5 As ek tog maar net op 'n vaste koers kan bly en my aan u voorskrifte kan hou!
6 As ek al u gebooie in ag neem, sal ek nooit raad-op wees nie.
7 U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte neem, sal ek U loof met 'n opregte hart.
8 Ek sal my aan u voorskrifte hou: moet my tog nooit verlaat nie.
9 Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!
10 Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie.
11 Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.
12 Aan U kom die lof toe, Here, leer my u voorskrifte.
13 Al u bepalings wil ek een vir een opnoem.
14 Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die rykdom van die wêreld.
15 U bevele bly my altyd by. Ek gee ag op die pad wat U aanwys.
16 Ek verlustig my in u voorskrifte, u woord vergeet ek nie.

Dit gaan goed met dié wat Sy verordeninge gehoorsaam.

Jesus het vir ons sondes kom sterf, dis waar, maar dan verwag die Here van ons om weg te draai van die verkeerde weë af. Wat egter waar is, is dat hoewel ons vergifnis ontvang, ons steeds met die gevolge sit van die verkeerde paaie. 'n Meisie in die gevangenis huil hartstogtelik en sê sy is so spyt oor die misdaad wat sy gepleeg het, want sy kan nie nou die tyd terugdraai en dit ongedaan maak nie. En so 'n fout maak ons integriteit heeltemal tot niet.

Ps 119 : 1 "Dit gaan goed met die wat onberispelik lewe, die wat wandel volgens die Woord van die Here". Wat beteken hierdie "dit gaan goed?" Wel, dis eenvoudig. Dit beteken dat dit nie sleg gaan omdat ons verkeerde dinge doen nie. Dit beteken dat ek nooit hoef te vrees dat iets my gaan inhaal nie. Of dat 'n leuen oopgevlek gaan word nie. Ek hoef nooit oor my skouer te kyk nie. Ek hoef nie bang te wees as my selfoon lui van 'n vreemde nommer af nie. Ek hoef nie te skrik as die baas skielik in my kantoor instap nie. Dis nooit nodig om myself te verdedig nie. Dit gaan sommer net goed! Dis 'n keuse.

Die reguit pad is die enigste pad. Dis die pad waar geen slaggate of hindernisse nie. Maar dit vra vir self evaluasie. Dit vra dat ons ons eie lewens weer gaan ondersoek en dit meet aan die Skrif. Dit beteken dat ons moet ophou om te rasionaliseer en besluit wat waarheid en reg is. Vat vandag skryfbehoeftes by die werk, more is dit iets groter. Dan begin ons "leen" uit die kleinkas en netnou- netnou het dit grootskaalse diefstal of bedrog geword. Is dit nie lekker om almal in die oë te kan kyk nie, omdat daar niks is om weg te steek nie? Jy sien, ons kan baie dinge vir die wêreld wegsteek, maar ons kan niks vir die Here wegsteek nie. Hy sien alles en weet alles. Ps 139 : 1 - 2 " Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom."

Vers 4 "Daar is nog nie 'n woord op my tong nie, of U, Here, weet wat dit gaan wees."

Spr 4 : 23 "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe".

Die reguit pad laat mens lekker slaap, dit dwing respek af, dit wys ons integriteit. Kom ons toets onsself aan die Woord en loop net agter Jesus aan, dan is daar geen moeilikheid nie.

Ps 119 : 105 "U Woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."

Sout en lig

Sout en lig

Matteus 5:7

Die Griekse mitologie vertel van twee interessante godinne. Die een het volgens die mitologie ongesiens na die aarde gekom om te kom kyk wat die mense doen. Weldra het die mense agtergekom dat waar sy gaan, nuwe lewe is. Bome wat verbrand het, loop weer uit. Die gras loop uit waar sy verbygaan, die blommetjies begin groei. So kon haar voetspore deur die wêreld gevolg word op die spoor van groei en bloei wat sy agter haar gelaat het. Dan vertel die mitologie van 'n prinses van die gode. Sy was pragtig, en haar asem so soet soos parfuum. Maar haar tog deur die wêreld kon gevolg word in die dood en verrotting wat sy in haar voetspore agtergelaat het.

'n Mens kry nogal sulke mense ook nie waar nie? - As ek vir jou die name van Hitler noem, of Eichmann, of Idi Amin, Charles Taylor. Wat is die eerste gedagte wat die name by jou na vore bring? Net net so kry jy ook mense wat agter hulle 'n spoor van goedheid en guns agterlaat. Suid Afrika se eie Andrew Murray staan sekerlik bo aan die lys. Daar word vertel dat Murray 'n besondere lewe van heiligheid en toewyding voor die Here gelewe het. - Hy het baie waardevolle boeke agter gelaat wat tot vandag toe nog gelowiges op hulle pad na heiligmaking begelei. Tog was Murray se invloed die duidelikste sigbaar in sy eie gesin en familie. Vyf van sy ses seuns het predikante geword. Vier van sy dogters is met predikante getroud. Tien kleinkinders is in die bediening in en dertien van sy agter kleinkinders het sendelinge geword.

Groot vraag is natuurlik: wat gaan jy agterlaat op die aarde?

Kan ek vir jou 'n groot vraag vra? Wat dink jy doen jy op aarde? - Waarom dink jy het God jou geskep, vir jou uitverkies, sy seun Jesus Christus gestuur om vir jou sondes te betaal en jou so vry te koop. Waarom dink jy spandeer God soveel aandag en liefde op jou? Waarom seën God jou en hierdie gemeente so wonderbaar? Waarom kry jy die evangelie in oormaat terwyl daar ander mense op aarde is wat dit maar net een maal hoor? Waarom maak die Here dit vir jou so maklik as moontlik op hierdie aarde? - Sodat dit vir jou so lekker as moontlik op aarde kan wees en dat jy as bonus nog hemel toe kan gaan ook? Sodat jou verblyf in die wêreld so aangenaam as moontlik kan wees? Sodat jy so gemaklik as moontlik kan lewe? Sodat jy soveel as moontlik rykdom kan versamel om dit op jouself te spandeer? - Nee! jy is in hierdie wêreld om God se Naam te verheerlik deur 'n positiewe invloed op die wêreld uit te oefen. Dit is jou uitsluitlike doel op aarde. 2 Korintiers 2:14b Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur. :15 Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. 1Pet2:9 Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

Hierdie bergrede van Jesus was wel daar teen die hange van die heuwels in Galilea gelewer. Daar was wel baie mense wat kom luister het, want Jesus was toe nog in die populêre fase van sy bediening. Maar Jesus se preek is gemik op die dissipels, die gelowiges. Die mense wat gered is om 'n verskil op hierdie aarde te maak. Die Here is die afgelope weke besig om een enkele ding by ons tuis te bring naamlik dat gelowiges anders moet wees as die wêreld. Wanneer die wêreld lag moet ons treur! As die wêreld hardvogtig is moet ons sagmoedig wees. As die wêreld hulle probeer versadig aan vleeslikheid moet ons honger en dors na wat reg is. - Waarom? - Sodat ons 'n positiewe invloed op hierdie verrotte wêreld kan uitoefen!

Jy is gered met een enkele doel voor oë, en dit is sodat jy deel kan word van die mag wat hierdie wêreld moet verander. Soos sout, soos lig, so is jy geroep om 'n invloed op jou onmiddellike wêreld uit te oefen.

Waarom moet ons invloed uitoefen op die wêreld? Is dit nodig dat ek vir jou verduidelik hoe ver hierdie wêreld te kort skiet aan die doel waarvoor God dit gemaak het? Reeds in Gen 6 lees ons: Gén 6:5 Toe die Here sien hoe groot die verdorwenheid van die mens op aarde is en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink, :6 was die Here bedroef daaroor dat Hy die mens op die aarde gemaak het. Dit het Hom diep gegrief.

Genesis 6 – gaan kyk maar hoe ver dit in die Bybel in is! En God is bedroef daaroor dat Hy die mens gemaak het! - Van daar af gaan dit net erger. - Die mensdom leer om 'n lewe weg van God af te lewe. Die mensdom verdiep homself in sonde en verderf! En die afstand tussen die mense se manier van lewe en goddelike geregtigheid word onoorbrugbaar groot!

Dit was die dag wat God 'n plan beraam! En weet jy wat? - Jy is God se plan met die wêreld. Jy sal vir my sê: “Nee jy's verkeerd. Christus is God se plan met die wêreld” - Nou waarom is Christus nie meer op aarde nie? Waarom het Christus slegs vir drie jaar lank gepreek, gesterf en opgevaar na die hemel? waarom het Christus die boodskap van sy verlossing aan jou toevertrou? - Jy is God se plan vir hierdie wêreld. God se plan met hierdie wêreld behels dat Hy uit die verdorwe wêreld mense uitverkies. (dis nou ek en jy) - Maar hierdie uitverkorenes is net so vrot en vervalle as die res van die wêreld. - Jy sien daar bestaan nie sulke goed soos goeie mense op die aarde nie. Net verdorwe sondaars. Toe sterf Jesus vir die uitverkorenes (vir ons) om hulle (ons) in die regte verhouding met God te bring. Jesus vaar op na die hemel sodat God se Gees uitgestort kan word op aarde. En God, deur sy Gees, gaan woon toe in sy uitverkore kinders. Sodat hulle, die uitverkore kinders van God, as sout en as lig hierdie wêreld kan verander. God se plan behels dat die vrygespreektes, dis nou ons, so beïndruk sal wees met God se onuitspreeklike groot genade wat hy onverdiend op hulle uitgestort het, dat hulle net eenvoudig nie daaroor sal kan stilbly nie! - Hulle sal vertel en beïnvloed so ver as wat hulle gaan! God se plan behels dat ons in die kern van ons wese verander sal word deur die groot genade van God dat ons anders as die mense van die wêreld sal begin lewe sodat die mense van die wêreld sal sien dat ons anders is. God se plan is dat jy die sout sal wees wat die verderf van die wêreld sal teenwerk en die mense van die wêreld dors sal maak vir God. God se plan werk so dat jy die lig vir die wêreld sal wees wat lig op hulle sondige lewens werp sodat hulle kan sien waarheen hulle geval het en hulle tot God bekeer.

Tik jouself op die borsbeen. En dan sê jy vir jouself: “ek is God se plan vir hierdie wêreld”. Die mense wat deur die wêreld bespot en beswadder en vervolg word. Hulle is hierdie wêreld se enigste hoop!

Chistus sê: “Julle is die sout... Julle is die lig... wat sê dit vir jou? Dat wat jy is belangriker is as wat jy doen. Jy wat eens op 'n tyd deel uitgemaak het van die verval en verrotting van die wêreld is nou deur die bloed van Jesus Christus nuut gemaak. 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Van die dag wat jy Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker aangeneem het, het jy van span verander. Dit is die dag wat jy sout en lig geword het. Dit is die dag wat jy begin het om 'n verskil te maak. Terwyl jy nog so by 2 Kor 5 is, kyk net wat sê die volgende vers. Vers 18 2Ko 5:18 Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Lees nou die twee verse saam. Iemand wat aan Christus behoort is 'n nuwe mens – en aan hierdie nuwe mens is 'n groot opdrag gegee naamlik om die bediening van versoening aan hom toe te vertrou. God het jou nuut gemaak sodat jy kan deelneem aan die taak om die mensdom met sy God te versoen!

Jou opdrag as `n nuwe mens is dus nou helder en duidelik vir elkeen om te sien: jy as kind van die Here het 'n tweeledige opdrag: Jy moet sout wees om die verrotting van hierdie wêreld teen te werk. Jy moet die mense van die wêreld dors maak vir die lewende water by God! Jy moet lig wees om lig te bring in `n wêreld wat elke dag dieper in die duisternis in verdwyn. Die wêreld behoort by jou lig te kan sien hoe ver hulle die doel misloop wat God vir hulle gehad het. Jy moet lig wees om vir die mense van die wêreld die pad terug na God toe te wys!

Interessant dat die eenvoudige opdrag van Jesus so elke faset raakvat. Om sout te wees beteken dat ek met my lewe 'n verskil bring waar ek gaan. Jy is sout wanneer jy eenvoudig, stil op jou plek verandering bring met jou positiewe gesindheid. Jy is sout as jy Christus se waardes so uitleef dat die wêreld dit kan sien en daardeur verander word. Maar jy is ook lig. Soos sout die passiewe opdrag van die gelowige beskryf so beklemtoon lig weereens die aktiewe verandering wat die gelowige moet bring. Om lig te wees is om te verkondig! Dit is om te praat! Om van jou te laat hoor. Om jou soms uit te spreek oor iets wat verkeerd is. Die gelowige word duidelik in die gedeelte opgeroep om beide sout en lig te wees! Beide passiewe en aktiewe opdrag! Ons gaan nie na afloop van die erediens twee rye maak en dan kan jy kies of jy sout gaan wees en of jy in die lig se ry gaan staan nie! - Jy word geroep om sout, en lig te wees.

Maar vir iets om `n verandering in sy onmiddellike wêreld te bring moet hy per definisie anders wees as dit wat hy wil verander. As jy werklik sout en lig in die wêreld wil wees moet jy anders wees as die wêreld. Die veranderde lewe waarvan Matteus 5:3-12 ons geleer het lei tot die verantwoordelikheid waarvan Matteus 13-16 vertel.

Hier is egter ook die gevaar tot mislukking in opgesluit. Is dit nie besonder interessant dat die Here Jesus hierdie twee voorbeelde kies nie. Sout en lig. Sout is sout. Dit kan nie sy eienskap as sout verloor nie. Lig is of lig of dit is nie lig nie. Jy is of 'n gelowige of jy is nie een nie. Gelowiges oefen invloed uit! Maar dit kan gebeur dat die effektiwiteit van jou invloed befoeter word. In Palestina het dit soms gebeur dat die sout besoedel geraak het met kalk, en dan was die sout waardeloos omdat dit bitter gesmaak het. Hierdie sout is dan ook op paaie uitgegooi om die padoppervlak te verseël en modder teen te werk. Ons praat nie hier van 'n gelowige wat sy geloof verloor het nie, maar eerder van 'n gelowige wat so besoedel geraak het deur die wêreld dat hy nie meer 'n invloed op die wêreld kan uitoefen nie. - Jy kan nie verrotting teenwerk as jyself verrot geraak het nie. 'n Gelowige is veronderstel om die lig vir die wêreld te wees. Wat nou as die gelowige hierdie opdrag te veel vind om uit te voer en hy verberg sy lig! - Dan word jy verantwoordelik gehou vir die een wat in die duisternis struikel en val waar jou lig veronderstel was om te skyn!

Wat is ons opdrag volgens vers 16? - liewe gelowige, jy is geroep om 'n positiewe invloed op jou onmiddellike wêreld uit te oefen. Jy behoort te lewe soos die Here Jesus dit duidelik uiteengesit het in die bergrede. So sal mense kennis neem. So sal mense God se krag in jou lewe raaksien, so sal Christus verkondig word tot in die donkerste hoeke van die wêreld. God roep sendelinge om na die onbereikte dele van die wêreld te gaan met die boodskap. - Maar dit is nie die opdrag vir alle gelowiges nie. - God se opdrag aan alle gelowiges, ook vir jou en my wat tans hier in Middelburg woon is dit: Wees sout en lig vir die wêreld. Wees sout om die verderf in jou onmiddellike omgewing teen te werk. Wees lig om jou onmiddellike omgewing te verlig.

Mat 5:16 Laat julle lig so voor die mense skyn, ... Dit is 'n passiewe opdrag! Christus verwag nie van jou om die lig te produseer nie! Is dit nie die beste nuus wat jy nog vanmore gehoor het nie! Net so min as wat daardie gloeilampie die bron van lig is. Nee hy is eenvoudig die instrument wat elektrisiteit omskep in lig. - Jy is nie veronderstel om die bron van die lig te wees nie. Maar jy is veronderstel om so ingeprop te wees by God dat sy krag deur jou vloei en dit lig bring vir die donker wêreld rondom jou. Jy is veronderstel om die kommunikasiekanale tussen jou en God so oop en skoon te hou dat Hy jou kan gebruik om sy agent op aarde te wees. Ek en jy as instrumente in God se hand het net een opdrag; om toe te laat dat God deur jou werk.

Waarom sou jy jou invloed wil uitoefen op jou onmiddellike wêreld? - Nie om die aandag op jouself te vestig nie, maar uitsluitlik op God. God se opdrag aan jou vandag is, gaan terug na jou onmiddellike omgewing toe, gaan leef Matteus 5:3-12 aktief daar uit. - Die mense wat deel uitmaak van daardie onmiddellike wêreld van jou sal kennis neem, glo my, hulle gaan beslis kennis neem! En dan sal hulle weldra besef dat dit wat in jou lewe gebeur is die werking van God almagtig, en so sal God die eer ontvang. Sien jy dat die hele opdrag van sout en lig wees op een enkele doel gefokus is, en dit is om die lof en eer en heerlikheid aan God te bring. Dit is immers die verloste gelowige se hoof taak, naamlik om God te verheerlik in alles wat ons doen. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken, Kol 1:10 sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God.

Die verhaal word vertel van die Fransman Francois Fenelon wat in 'n herberg tuisgegaan het. Soos nie noodlot dit wou gehad het het 'n agnostikus daardie aand ook in die herberg oornag. Die volgende more het die agnostikus vroeg vroeg uit die bed gespring homself gereedgemaak en uit die herberg padgegee met die woorde: Ek is bevrees as ek nog een nag saam met daardie man onder dieselfde dak moet oorbly sal ek 'n Christen word ten spyte van myself.

Watter invloed oefen jy op jou onmiddellike wêreld uit?

Daar is twee noodsaaklikhede in ‘n Christen se lewe

Daar is twee noodsaaklikhede in ‘n Christen se lewe – gebed en Bybelstudie. Elke geredde behoort God ernstig te smeek om hom ‘n liefde vir gebed en sy Bybel te gee. Die sukses van die Christelike lewe sal grotendeels afhang van die tyd wat in gemeenskap met God deurgebring word, en die studie van Sy Woord. Die Christene wat soos ʼn paal bo water bo ander uitstaan is altyd dié wat hulle Bybels lief het en dit getrou ondersoek. As jy dus verlang om ‘n brandende en skynende lig vir God te wees, moet jy besluit dat die Bybel nommer een in jou lewe sal wees, en dat jy meer tyd daaraan sal bestee as aan ander leesstof. Laat die Woord van God jou gedurige gids wees, soos die Psalmis gesê het: “U Woord is ‘n lamp vir my voed en ‘n lig vir my pad.” Naas die Bybel lees is daar natuurlik ook die noodsaaklikheid van gebed. Gebed en die studie van Gods Woord is dus onmisbaar in die Christelike lewe. Gebed is een van die belangrikste Christelike aktiwiteite wat daar is. Hierdeur beoefen jy ‘n intieme wandel met die Here en lê die grondslag vir sukses in ander geestelike aktiwiteite. Dit plaas jou ook op oorwinningsgrond in die stryd teen die Bose, omdat jy jouself in die geloof aan die beskerming en sorg van die Groot Oorwinnaar, Jesus Christus, toevertrou. Iemand het eens gesê: “As u met God wandel, dan moet u met God praat, anders sal u spoedig ophou om met God te wandel.” Dit is omdat ons bogenoemde m.b.t. gebed en Bybelstudie as uiters belangrik ag dat ons nou elke Woensdag om 18h30 bymekaar kom in die kerk om saam te bid en die Woord te bestudeer. Jy word uitgenooi om hierdie tye saam met ons te kom geniet in Sy teenwoordigheid. Tans is ons besig om Filippense vers vir vers te bestudeer en te bespreek.

God my eerste liefde!

God my eerste liefde!

 

deur Gary Kieswetter

Alles wat ek doen en sê vloei vanuit my gemeenskap met God. My liefde vir God maak dat ek tyd saam met Hom wil spandeer en dat ek elke dag Sy stem wil hoor.

Is gemeenskap met God nog op ons van toepassing vandag? Gemeenskap is hierdie baie formele woord wat mens amper ongemaklik laat voel. Maar wat dit eintlik beteken is om ‘n intieme en spontane verhouding met God te hê. Dit beteken om een te word met God deur Sy Woord en Sy Gees.

Die Bybel sê in 1 Korintiërs 1:9 dat God ons geroep het tot gemeenskap met Hom. Met ander woorde, God wil hê dat ons een met Hom moet word. Ek sê nooit vir mense dat ek vir God werk nie – om vir God te werk is om ‘n amp te beklee en sekere verantwoordelikheid na te kom. Om ‘n roeping op jou lewe te hê en om beroep te word is twee verskillende dinge. My verhouding met God is veel dieper en intiem om te kan sê dat ek vir Hom werk.

Alhoewel die Here my nie geroep het om vir Hom te werk nie, het Hy my wel geroep om sáám met Hom te werk en Sy Naam te verheerlik en Sy Woord te verkondig orals waar ek gaan. 1 Korintiërs 3:9 sê dat ons God se medewerkers is! Wanneer jy God se medewerker is, werk jy en God sáám. Markus 16:20 sê dat toe die dissipels uitgegaan het om orals te preek in die dorpies, het Jesus saamgewerk en die woord bevestig deur tekens en wonders daarop te laat volg. Kan jy sien dat Jesus aktief saam met die dissipels gewerk het? Hulle was een in die gees gewees en het dieselfde doel nagestreef – en dit was om die Goeie Nuus aan die wêreld te verkondig en om die siekes te genees!

Ons is ook nie eerstens geroep om mense te bedien nie. Ons is eerstens geroep tot gemeenskap met Jesus Christus onse Here. Jesus sê ook in Lukas dat Hy nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien. Is dit nie wonderlik dat ons Heiland nie iemand is wat net agteroorsit en wag om bedien te word nie? Nee Hy kom self af aarde toe om mense te bedien al is Hy die allerhoogste God! Dan kom ons mense met ons puntestelsel en probeer Sy guns wen deur goeie werke en onsself as onwaardig te beskou. Deur die verdienste van Jesus Christus het ons reeds guns by God gekry en ons kan met vrymoedigheid na Sy troon van genade gaan.

As jy nou eerlik vir jouself moet antwoord, hoeveel tyd spandeer jy alleen saam met God? Hierdie vraag is nie veronderstel om jou skuldig te laat voel nie, maar eerder om jou objektief te laat kyk na jou verhouding met die Here. Ons is só gewoond aan kitsoplossings en ‘n vinnige lewenstyl, dat ons werklik sukkel om kwaliteit tyd saam met God te spandeer.

Dis vir my hartseer om te sien dat predikers kan klaargemaakte preke koop wat hulle weer netsó aan hulle gemeentelede kan oordra. Jy het nie iemand anders se preek nodig as jy ‘n intieme verhouding met die Here het nie. Jy kan elke dag ‘n vars Woord uit die hart van God ontvang as jy bereid is om vir Hom tyd te maak!

Ek kan nie anders as om entoesiasties te raak as ek oor gemeenskap met God praat nie! Entoesiasties in die Grieks beteken, in God. Wanneer jy in God is en Hy is in jou, kan jy nie anders as om opgewonde en energievol te wees nie! Die Engelse woord vir gemeenskap is “fellowship” wat dalk ‘n beter beskrywing is van wat dit waarlik beteken. Ons grap altyd om te sê dat dit beteken “two fellows in a ship that rows together in harmony to reach the same destination.”

Kan jy sien hoe dit weer op eenheid neerkom? As jy God se seën in jou huwelik of in jou kerk soek, het jy net nodig om in eenheid met die mense om jou te leef, want waar eenheid is, gebied God Sy seën. Dan hoef jy amper nie eers vir seëninge te bid nie!

Alles wat ek doen en sê vloei vanuit my gemeenskap met God. My liefde vir God maak dat ek tyd saam met Hom wil spandeer en dat ek elke dag Sy stem wil hoor. Jy kan nie God se hande en voete wees as jy nie Hom as die eerste liefde in jou lewe toelaat nie. In Openbaring spreek God die gemeente aan en Hy sê vir hulle dat hulle hul eerste liefde verwaarloos het. Die nuwe vertaling sê dat hulle Hom nie meer só liefhet soos aan die begin nie.

Om God jou eerste liefde te maak, moet jy eerstens Sy Woord ten volle gló en nie sekere gedeeltes daarvan betwyfel nie. Dit is vir my baie hartseer wanneer ek sien hoe mense God se Woord minderwaardig ag en eerder luister na die opinies van geleerdes wat lankal God as hul eerste liefde verlaat het.

As jou liefde vir God verflou, dan veragter jy in die genade van God. Is dit nie só dat alles wat ons van God ontvang, uit genade is nie? Om te dink dat jy in genade kan veragter is skrikwekkend! Ons Suid-Afrikaners kan waaragtig nie bekostig om met minder genade klaar te kom nie! Onthou jy hoe entoesiasties jy was oor die Woord toe jy net tot bekering gekom het? Jy kon nie genoeg van die Woord kry nie; jy kon nie uitgepraat raak oor hoe goed die Here vir jou was nie. Die dankbaarheid vir alles wat Hy vir jou gedoen het, het spontaan uit jou uit geborrel. God hunker weer na daardie opgewondenheid in ons gees. Hy wil hê dat ons Hom weer moet liefhê soos aan die begin!

Ek het nog nooit God met my fisiese oë gesien nie, maar ek ken Hom redelik goed omdat Sy Woord my passie is!

Ek is één met God omdat ek in Sy Woord bly en Sy Woord in my bly. In Johannes 17 bid Jesus en vra Hy die Vader dat ons een met Hom sal wees soos wat Hy en die Vader een is. Ek is oortuig daarvan dat God ons Afrikanernasie gaan kom besoek op ‘n manier wat ons nog nooit van te vore gesien het nie! God wil hê dat ons moet besef wie Hy is en wie ons in Hom is.

Om alleen in God se teenwoordigheid te wees, is die wonderlikste plek om te wees! Jy is God se oogappel, hoe kan jy dan nou nie tyd met Hom wil spandeer nie? Wanneer jy een is met God kan jy Hom enige iets vra. God sal altyd vir jou strategie gee wanneer jy jouself in die pekel bevind. Kyk maar na die kere wat die Here vir Dawid strategie gegee het om sy vyande te oorwin. Dawid het met elke veldslag eers vir God gevra waar, wanneer en hoe hy die vyand moet aanval en hy het elke keer as oorwinnaar uit die stryd getree. Nie een keer het Dawid die vorige keer se strategie gebruik en gedink dit sal outomaties werk nie. Omdat Dawid so naby aan God geleef het, het hy die vrymoedigheid gehad om elke keer ‘n nuwe strategie te gebruik soos God dit aan hom geopenbaar het.

Johannes sê in 1 Johannes 1:3 dat hy alles wat hy en die dissipels gesien en gehoor het aan die mense verkondig het sodat hulle ook gemeenskap met hulle kan hê; en hulle gemeenskap is met die Vader en met Sy Seun, Jesus Christus. Die Bybel sê ook vir ons dat ons hele lewe moet daaraan gewy wees om die drie-eenheid van God te ken. Om God te “ken” in die Grieks beteken om één te word met Hom. Paulus se grootste begeerte was om God nog beter te ken as wat hy reeds het!

Johannes gaan verder aan om te sê dat as ons met God gemeenskap het,maar in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen ons nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Christus reinig ons van alle sonde. Die feit dat jy een is met God maak dat die bloed van Christus jou gedurigdeur reinig al het jy gefouteer en gesondig. Ek kan nie verstaan hoekom mense skrikkerig is om gemeenskap met God te hê nie – kyk net al die voordele!

God het jou ook geroep om gemeenskap met Hom te hê. Hy wil jou graag met Sy Woord bedien sodat jy die volheid van Sy godheid kan beleef. Al wat tussen jou en intimiteit met God kan staan, is jou eie minderwaardigheids-kompleks en inhibisies. Jy kan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan – sonder enige skaamte of veroordeling. Sy deur staan vir jóú oop! Jy is Sy oogappel en Hy wil so graag Sy goedheid en guns aan jou bewys!

Wag is moeite, maar wag is die moeite werd

Wag is moeite, maar wag is die moeite werd

APRIL 10, 2013
 

GARY KIESWETTER

 

Wag is moeite

Baie min mense hou van wag, veral Suid Afrikaners. En ons laat ook nie óp ons wag nie. Dit is moelik om te wag, veral as dit iets is wat jy so graag wil hê en as jy weet dit is aan jou beloof of vir jou bedoel.

Matteus 25 vertel die gelykenis van die tien maagde wat uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. Die vyf dwase maagde het hul lampe geneem, maar nie olie saamgeneem nie, terwyl die verstandige maagde olie in kanne saam met hulle geneem het. Terwyl hulle gewag het op die bruidegom, het al tien aan die slaap geraak. En toe die bruidegom teen middernag aankom staan die maagde op en maak hulle lampe gereed, maar die dwase maagde se lampe het uitgegaan omdat hulle nie genoeg olie gehad het nie. Hulle gaan toe na die verkopers om nog olie te kry, maar teen die tyd wat hul teruggekom het die ander maagde reeds saam met die bruidegom ingegaan na die bruilof en die deure was gesluit. Die vyf dwase maagde kon nie by die bruilof ingaan nie, omdat hul nie voorbereid was en genoeg

olie saam met hul geneem het nie.

Hierdie gedeelte wys vir ons dat dit belangrik is om te wag, te ontvang wat jy nodig het, jouself voor te berei, te bekwaam en toe te rus vir dit waarvoor jy wag, voordat jy dit kan ontvang. In die gelykenis is wag ’n voorvereiste vir dit waarvoor die maagde gewag het; die bruidegom (Jesus) en die bruilof. Die wagtydperk is nodig om jou voor te berei vir die volgende vlak of “promosie”. Mense wat wag berei hulleself voor vir dit wat hulle gaan baat, seën en toerus om meer effektief te wees as wat hulle was. Om geestelik volwasse te raak is dit nodig om te wag op God se tyd, maar jy moet deur die proses gaan.

Dit is opmerklik dat aan die begin van ’n wagtydperk is mens positief en entoesiasties, maar dit is net ’n kwessie van tyd totdat tyd ’n kwessie word. Almal hou daarvan om te begin wag, want dit is ’n avontuur, iets om na uit te sien. Maar in die proses van te lank wag, wanneer wag weke, maande en jare word, word ons lus geblus.

Die entoesiasme en motivering verdwyn en mens word moeg. In die gelykenis word die maagde vaak en raak aan die slaap. As dit waarvoor jy wag jou aanhoudend ontglip, word jy móég en raak jy aan die slaap. Om moeg te wees maak die wag nog moeiliker, veral in die geestelike sin. Wanneer jy moeg is, is die motivering om weer te probeer, om jouself voor te berei op dit waarvoor jy wag hopeloos te veel moeite.

Maar, om eerder in hoop te wag, gee jou die geleentheid om in ’n posisie van gereedheid en verwagting vir God se beloftes te staan. In Psalm 71: 5 staan daar: Want U is my verwagting, Here. God raak nooit moeg nie, jy sal nooit na Hom kom en Hom op ’n moeë dag vind nie.

Dink aan ’n atletiekwedloop; die moeilikste ding is nie om die wedloop te voltooi nie, maar om te wag vir die beampte om die sneller te trek. Party atlete kan nie wag nie en spring te vinnig weg, kry ’n waarskuwing, maar as hul dit weer doen word hul gediskwalifiseer. Al die jare se voorbereiding wat daardie atleet gedoen het, al die moeite, al die energie wat hy daarin gesit het en dan spring hy te vinnig weg en word gediskwalifiseer. Baie Christene diskwalifiseer hulself van wat God vir hulle bestem het omdat hulle nie op Hom wag nie. Bonop sal die vyand jou altyd aanval wanneer  jy opgehou het om te wag, want mense wat wag wag raak moeg en wanneer mens moeg is, kan jy nie enige weerstand bied nie.  Die duiwel wil altyd hê dat jy moeg raak.

As ons terugkom na die gelykenis van die tien maagde: terwyl jy wag brand jou olie en kom jy in temptasie (raak aan die slaap). Die dwase maagde het genoeg olie gehad om in te gaan, maar nie voldoende olie om te wag nie; hulle het hulle ingaan-olie in die wagfase gebruik. Moenie jou gaan-olie in in jou wagperiode opgebruik nie! Dit kós jou “olie” om te wag: dit kos jou energie, kos jou geduld, jou motivering, geloof, jou entoesiasme. Soos ons al voorheen genoem het; jy raak uitgebrand en verloor hoop in God. Die verstandige maagde het sekergemaak hulle vat ekstra olie, dus moet jy ook seker maak jy het reserwes sodat jy genoeg geestelike olie het vir die wag tydperk.

Maar hoe maak jy seker jy het genoeg olie? Spreuke 20: 27 sê “Die gees van die mens is ’n lamp van die Here” en in Mattheus 5 staan daar dat ons ’n lig moet wees vir die mense. Maar hoe doen ons dit? Maak seker jy het genoeg olie deur gereeld by God se voete te sit, selfs al voel hy ver en voel jy moedeloos. Kry ander mense om saam met jou te bid. Maak seker jou kan olie bly vol deur jouself voortdurend te bly vul met die Heilige Gees (Ef 5:18). Jy kan nie geestelik vól bly as jy dit nie voortdurend doen nie!

Om te wag gee ons die geleentheid om ons geloof, vertroue, uithouvermoë en geduld te beoefen om geestelik paraat te word, sodat ons nie onkant betrap word nie. Om te wag is om te sê ek is nog nie dáár nie, ek is steeds op koers, ek gee nie op nie, ek het ’n “stubborn faith”. Wanneer ons leer om op God te wag en die wagproses deurvoer, word ons versterk in ons geloof, vertroue in God, ons uithouvermoë, dan het ons ons wag-olie goed aangewend en word ons sterker teen die aanslae van die vyand. Die vyf dwase maagde kon nie by die bruilof ingaan nie, as jy dus nie seker maak jy het geestelike reserwes nie, gaan jou belofte jou moontlik ontsien word. Maar wanneer jy genoeg olie gehad het en dit goed aangewend het tydens die wagperiode, word jou belofte vervul deur Jesus (die bruidegom) en kan jy saam met hom by die bruilof ingaan, saam met Hom die vervulling van jou belofte waarlik geniet.

Oorvloed van genade

Oorvloed van genade
– deur Alan Platt

Genade is om te ontvang wat jy nié verdien nie. 
Die afgelope tyd het die Here met my gepraat oor twee spesifieke kern-begrippe naamlik genade en geregtigheid. Dit is te vinde in Romeine 5:17 – Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Ek is onder die indruk dat die Here besig is om ons na heerskappy en outoriteit te neem. Dáár sal ons meer van die bonatuurlike ingryping van God in ons lewens begin ervaar. Maar, om te kan heers het ons volgens die bogenoemde skrif nodig om deel te hê aan die oorvloed van genade en die gawe van geregtigheid. Genade en geregtigheid is iets wat nodig is om op te fokus. Daar is twee tipes kleure wat belangrik is wanneer jy oor genade en geregtigheid praat. Die eerste is die kleed wat die hoëpriester gedra het – dit was ‘n wit kleed wat van geregtigheid getuig het. Bo-oor die wit kleed het die hoëpriester ‘n blou kleed aangehad wat van genade getuig het. Hy het dan ook ‘n borsplaat gedra met die name van die 12 stamme van Israel op.

Die hoëpriester het met geregtigheid en genade in die teenwoordigheid van die Here ingegaan, om die volk te verteenwoordig. Ons is bevoorreg om Jesus as ons hoëpriester te hê. Lees self wat die Skrif sê in Hebreërs 4:14 – Terwyl ons dan ? groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ? hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Volgens hierdie skrif is daar ? troon van genade en ? Hoëpriester wat ons by die troon van genade verteenwoordig. Ons kan enige tyd met vrymoedigheid na die troon gaan om genade te vind sodat ons op die regte tyd gehelp kan word. Die vraag is nou: Wat is genade? Sommige sê dat genade iets is wat jy nie verdien nie, dis iets wat jy in elk geval kry, maak nie saak wat jy doen nie. Ander beskryf genade as dit wat jy ontvang om elke dag in geloof te groei. Wat sal jou antwoord wees?

Genade is ? baie dominante tema in die Nuwe Testament. Die begrip, genade, kom 125 keer in die Nuwe Testament voor. Dis juis hierdie begrip wat die Ou Testament van die Nuwe Testament skei. Dis belangrik om te weet dat genade en barmhartigheid oftewel mercy nie dieselfde betekenis het nie. Barmhartigheid is om nié te ontvang wat jy verdien nie. Genade is om te ontvang wat jy nié verdien nie.

Wanneer Johannes begin skryf oor Jesus se koms na die aarde en die nuwe dispensasie, dan sê hy die volgende: Johannes 1:16 – En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

Hoekom wil God hê dat ons die volgende generasie van Hom moet vertel?

Hoekom wil God hê dat ons die volgende generasie van Hom moet vertel?

Vers 7-8 sê vir ons ‘en hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar, en nie word soos hulle vaders nie, ‘n koppige en wederstrewige geslag, ‘n geslag met ‘n onvaste hart en wie se gees nie trou was teenoor God nie’. God wil nie hê dat ons kinders met dieselfde nukke sit as waarmee ons sukkel nie. Is dit nie snaaks hoe dikwels ons as ouers presies weet hoe ons kinders moet wees nie, maar ons wil dit self nie doen nie? God wil hê dat die volgende generasie op Hom sal vertrou. Hoe is dit moontlik? Hulle moet sien dat pa en ma op Hom vertrou wanneer daar moeilikheid kom.

God wil nie hê dat elke generasie net lateraal moet beweeg nie. Hy wil hê dat ons as ouers vir ons kinders ‘n platform sal skep wat dit vir hulle makliker sal maak om God te dien. Makliker as wat dit vir ons was. Dit is ons as ouers se voorreg om dit vir ons kinders makliker te maak om God te vertrou, want jy sê nie net vir hulle ‘Lees die Bybel’ nie, maar jy maak dit wat in die Bybel is, jou lewenswyse! Jy stuur nie net jou kind kamer toe om te bid nie, jy vat hom en leer hom hoe om te bid. Wys jou kinders hoe om die Here te vertrou! ‘Don’t tell them, show them!’

God sal die platform wat jy bereid is om vir jou nageslag te skep, gebruik om jou uit jou eie kleitrappery te kry. Soms gooi die ma modder na die pa, of die pa gooi modder na die ma en die kinders lyk sleg! Maar onthou net, hy wat modder gooi, verloor grond om op te staan. As kind van God, gooi jy nie modder rond in jou gesin nie, want jy is gebou op die rots Jesus Christus en daar is geen modder by Hom nie. As jy iets wil gooi in jou huisgesin, gooi vergifnis. Gooi ‘n tweede kans . Gooi waardering. Gooi ‘n seën, want dit wat jy gooi gaan terugkom!

Daar is ‘n gesegde wat sê: ‘Iemand regeer vanuit die graf’. So asof dood nie genoeg is nie! Nou as dit in die negatiewe kan werk, hoeveel te meer in die positiewe. Ek sê vir jou, wanneer jy eendag in die Here sterf en jy gaan na sy teenwoordigheid toe, kan jou voorbeeld wat jy by jou kinders ingeskerp het en jou vrees vir die Here vir hulle ‘n nalatenskap agterlaat wat die guns van God op hulle en hulle kinders kan laat rus.

Die nuwe vertaling sê dit net so goed in vers 19: ‘Ek het hom gekies dat hy sy kinders en sy nageslag kan beveel om op my pad te bly deur te doen wat goed en reg is, sodat Ek vir Abraham kan doen wat Ek hom beloof het.’ Hoe is dit van toepassing op ons vandag? Kyk wat sê Galasiërs 3:29: ‘En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.’ God het Abraham uitverkies sodat hy sy kinders se kinders kan vertel sodat God se belofte aan hom nagekom kan word. Abraham is lankal dood! Maar as jy wat in die natuurlike nie van Abraham afkomstig is nie, Jesus aangeneem het as Saligmaker deur die wedergeboorte, is jy in dieselfde verbond met God as wat Abraham was. God wil aan jou die beloftes gee wat hy vir Abraham belowe het! Weet jy hoeveel duisende jare beoefen God dit al om sy beloftes na te kom? Dink jy nie Hy weet teen hierdie tyd al hoe nie? Hy weet hoe om jou te seën.

Maleagi 2:15 sê ‘Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar ‘n nageslag moet wees, wat Hom eer. Beheers julle…’. God wil hê dat ons as ouers onsself sal beheer ter wille van ons nageslag, sodat hulle ‘n voorbeeld in ons kan hê, sodat hulle

God sal eer met hulle lewens en so weer ‘n voorbeeld vir hulle kinders kan wees.

Ek as pa kan nie my kinders beïnvloed nie, maar Jesus wat in my is, kan . Nou sê God as ons wat pa’s is, wat sleg is, weet hoe om goeie gawes aan ons kinders te gee, hoeveel te meer sal Hy goeie dinge vir ons doen! Ek beoog nie om die beste pa vir my kinders te wees nie, maar ek beoog wel om toe te laat dat my Hemelse Vader deur my woordeskat, my gesindheid en my lewenswyse, hulle ten goede sal beïnvloed. Een van die beste dinge wat ek vir my kinders kan doen, is om hulle ma, my vrou, lief te hê, want dan sien my kinders God se natuur. As ma, wees gaande oor jou man. Ag hom hoog en prys hom voor jou kinders. Laat hulle hoor hoe jy goedpraat van hom.

Kyk wat sê Deutronomium 6:1-2‘Dit is die wet; die voorskrifte en die bepalings, wat die Here julle God my beveel het om vir julle te leer, sodat julle daarvolgens kan lewe in die land wat julle in besit gaan neem. So sal jy die Here jou God jou lewe lank kan dien en gehoorsaam wees aan sy voorskrifte en gebooie wat ek jou gegee het, jy en jou hele nageslag, en dan sal jy ‘n lang lewe hê.’ Sien jy dat elke keer wanneer God met ‘n man praat, Hy sy nageslag in sluit?

As God nou na jou kyk, sien Hy jou nageslag. God dra jou belange op sy hart. Hy dink verder as ons. Vers 3-7: ‘As jy luister, Israel , en as jy gehoorsaam is en lewe volgens my gebooie, sal jy voorspoedig wees en uitermate baie word in die land wat oorloop van melk en heuning. Dit is wat die Here die God van jou voorvaders jou beloof het. Luister , Israel , die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hart en siel, met al jou krag. Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.’ Let op, nie die Sondagskool-onderwyseres nie, nie die predikant nie, jy moet dit doen! Vers 8: ‘Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ‘n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.’

Kom ons kyk na ‘n praktiese voorbeeld in Handelinge 13:22. God praat hier van Saul wat koning was voor Dawid. ‘Nadat God hom van sy amp onthef het, het Hy Dawid as koning oor hulle aangestel. Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai ‘n man na my hart gevind’. Nou in Dawid se lewe was hy na aan ander dinge ook. Hy was na aan Betsie!(Batseba). Hy het gereël dat ‘n man doodgemaak word. Eenkeer het hy die weermag getel en God was kwaad vir hom daaroor, want hy het Hom nie meer vertrou nie. Toe sê God vir hom dat hy een van drie strawwe moet kies: drie jaar se hongersnood, drie maande se aanvalle deur sy vyande of drie dae se plaag onder die volk. Maar Dawid sê vir God: ‘Nee, kies U liewer.’ En God het drie dae se plaag gestuur. Dit wat die minste straf was vir die mense.

Dit is nou maar eenmaal so – ‘if you break the rules, you pay the price’. Probeer net van ‘n vier – verdieping gebou afspring en teen die wet van swaartekrag gaan. As jy die wet van die swaartekrag van die aarde breek, sal jy die prys daarvoor betaal! As jy die voorskrifte van God se Woord breek, sal jy die prys betaal. Dikwels breek jy die reël en jy herstel, maar jou kind is gebroke en word nooit herstel nie, maar ten spyte daarvan, is daar ‘n belofte van God in die Bybel wat sê dat Hy nooit ‘n geknakte riet sal breek nie. Prys Hom daarvoor!

‘Ek het in Dawid seun van Isai ‘n man na my hart gevind. Hy sal al my opdragte uitvoer.’ Het Dawid foute gemaak? Natuurlik! ‘n Suksesvolle man is nie ‘n man wat nooit ‘n fout maak nie, maar hy staan op en probeer weer. ‘n Suksesvolle persoon is nie iemand wat nie val nie, maar hy bly nie lê nie. Hy staan weer op. Hy skud die stof van hom af. Hy eet nie stof nie! Kyk wat sê God verder van Dawid in vers 23: ‘Uit hierdie man se nageslag het God, volgens sy belofte, Jesus as Verlosser vir Israel laat voortkom.’ Dawid is in die voorgeslagte van Jesus! Weet jy wat hou ek van God? Hy het nooit Dawid se foute verberg of weggesteek nie. Selfs sy kinders se foute word nie versteek nie. Dink net aan Salomo. Wel, hulle sê hy was die wysste man op aarde, maar ek wonder daaroor. Hy het ‘n duisend vroue gehad! ‘n Duisend vroue beteken ‘n duisend skoonma’s! Dink net, elke aand fluister hy in sy vroutjie se oor: ‘Bokkie, ek wil net vir jou sê jy is een in ‘n duisend!’ Wel, hy het nie gejok nie.

En dan vers 36: ‘Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het.’ Wat ‘n stelling! Hoor net wat sê die Engelse Bybel: ‘For when David had served God’s purpose in his own generation, he fell asleep.’ Ons kan deur God se genade sy skeppingsdoel vir ons in ons generasie vervul.

Dalk dink jy: ‘Ja, maar dit is al te laat vir my. My lewe is vir so lank al verkeerd en my kinders is al groot.’ As jy jou sonde bely en jou foute aan die lig bring, sal God dit onder sy bloed sit en dan word dit nooit weer deur God genoem of onder die engele oor geskinder nie! Wat God vergewe het, is agter sy rug. Hy dink nooit weer daaraan nie. Hy gooi dit in die dieptes van die see. Hy verwyder dit so ver as wat die ooste van die weste is. Nie die noorde van die suide nie, want dit is vasgestelde pole – wat jy kan meet. Die ooste van die weste is ‘n sirkel daar is geen begin en geen einde nie! Dit is nooit te laat om oor te begin nie.

Mag God ons help sodat ons nie net sal reg lewe tot sy eer nie, maar ook die volgende generasie vir Hom sal beïnvloed. Dit is moontlik. Dan kan ons weet dat ons God se wil in ons leeftyf uitgevoer het!

yk wat sê 1 Petrus 2:9-10:‘Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.’

Hoekom is jou getuienis belangrik?

Hoekom is jou getuienis belangrik?

Die Here wil nie hê dat ons sy roemryke dade sal verberg van ons kinders nie. Die generasie wat uit Egipte uit gekom het, het onthou wat God vir hulle daar gedoen het. Hulle het vir hulle kinders, wat die volgende generasie was, daarvan vertel, so hulle het dit geweet deur hoorsê. Maar in die derde generasie het niemand meer geweet wat in Egipte gebeur het nie. In drie generasies word die God van die wonderwerke, ‘n misterie! Sy dade word nie eens meer beskou as geskiedenis nie, maar as ‘n feëverhaal.

So ons moet vir die volgende generasie vertel van die roemryke dade van die Here, maar hoe vertel ons dit as ons dit in die eerste plek nie beleef en ervaar nie? Dit is baie moeilik om ander aan te moedig om te bid as jy nie antwoorde op jou eie gebede kry nie. Jy kan slegs iets aan iemand oordra wat vir jou gewerk het. God is ‘n waarmaker van sy Woord. Gebed werk! Hoekom? God het dit geïnisieer.

Dan moet ons ons kinders vertel van God se mag. Dit is baie moeilik om vir kinders van die mag van God te vertel as hulle sien dat sonde en slegte gewoontes nog mag oor ons het! Waarop jy jou energie mors buite jou huwelik, veroorsaak dat jy die prop uittrek in jou eie gesin. Kinders is nie stupid nie, hulle sit twee en twee bymekaar en kom agter wanneer jy vals is. Derdens moet ons vir hulle vertel van die wonders wat God gedoen het. Het God al ‘n wonderwerk in jou huwelik of gesondheid gedoen? Hoekom is dit so dat ons alles van God wil hê, maar ons wil nie vir almal daarvan vertel nie? Weet jy hoekom? Ons is bang mense dink ons is dwepers of kwepers, sektes of insektes! Ons is bang as ons met ons kinders oor God praat, ons hulle sal afsit. Wat nog beter is, laat jou lewenswyse ‘n prediking van die Woord word en as dit nodig is, maak jou mond oop. Elke kind lees tussen die lyne. My seun het eendag na my toe gekom en vir my gesê: ‘As Dad van my verwag om eerlik en deurskynend te wees met Dad, wees dan ook dieselfde met my, want Dad is my voorbeeld’. Weet jy hoe moeilik is dit vir ‘n ouer om te erken dat hy ook foute kan maak?

Dikwels is al waaraan ons kinders blootgestel is, hoe ma en pa mekaar gas gee. Dan is daar ‘n ontploffing of ‘n kortsluiting in die huis en daar is woorde wat nie pas in die huis van ‘n Christen nie. Daar is dade en liggaamstaal en selfs kyke wat blindes laat skaam word, houdings wat gegooi word. Een van die belangrikste maniere om die volgende generasie te beïnvloed, is om vir hulle te wys hoe ons ‘n verkeerde ding regstel. Ma en pa stel dinge reg so teen twaalfuur, eenuur die oggend, maar die arme kinders sien niks nie. Die volgende oggend kom ma en pa by die trappe af en hulle lyk asof hulle engele is wat uit die hemel neerdaal en die kinders is verward. Hulle kan nie die kloutjie by die oor kry nie! Moenie net vir jou kinders die slegte dinge wys nie, wys hulle hoe jy opmaak. Verduidelik en sê: ‘Hierdie smile is omdat ons gesê het ons is jammer en vrede gemaak het’.

Wat sê die Woord?

Wat sê die Woord?

Kom ons lees verder in Psalm 78:5 ‘Hy tog het ‘n getuienis opgerig in Jakob en ‘n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het (Wat het God die vaders beveel?) om dit aan hulle kinders bekend te maak’. Jy kan dit bekendmaak deur dit te sê, deur dit te skryf of deur dit te leef. Wat jy leef is nie wat jy lieg nie! Wie jy is, is wie jy is en om dit aan jou kinders bekend te maak, sodat… vers 6: ‘sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders’. Jy maak ‘n goddelike beginsel aan jou kinders bekend sodat hulle die volgende generasie kan beïnvloed.

God wil hê dat die volgende generasie sal weet wie Hy is. Wanneer God na my en my vrou kyk, kyk Hy na baie generasies verder. Hoekom? God is alsiende en alwetend en almagtig. Hy sê: ‘Pa, vertel jou kinders sodat jy die volgende generasie kan beïnvloed, sodat die kinders wat nog nie gebore is nie, dit kan weet!’ God sien generasies verder as net jy en jou kinders! Vir hom wat God vrees, is sy genade, barmhartigheid en goedertierenheid tot ‘n duisend generasies. Maak dit jou nie opgewonde om te weet dat jy in staat is om generasies wat nog nie eers ontstaan het nie, te beïnvloed? God sien baie verder as ons. Hy is versiende! Hy kan sien hoe ek en my vrou se lewens as goddelike ouers ons nageslag gaan beïnvloed. Maak ons nog foute? Verseker, maar baie minder as voorheen.

Wat sê die Woord?

Wat sê die Woord?

Kom ons lees verder in Psalm 78:5 ‘Hy tog het ‘n getuienis opgerig in Jakob en ‘n wet gegee in Israel, wat Hy ons vaders beveel het (Wat het God die vaders beveel?) om dit aan hulle kinders bekend te maak’. Jy kan dit bekendmaak deur dit te sê, deur dit te skryf of deur dit te leef. Wat jy leef is nie wat jy lieg nie! Wie jy is, is wie jy is en om dit aan jou kinders bekend te maak, sodat… vers 6: ‘sodat die volgende geslag dit kan weet, die kinders wat gebore word, dat hulle kan opstaan en vertel aan hulle kinders’. Jy maak ‘n goddelike beginsel aan jou kinders bekend sodat hulle die volgende generasie kan beïnvloed.

God wil hê dat die volgende generasie sal weet wie Hy is. Wanneer God na my en my vrou kyk, kyk Hy na baie generasies verder. Hoekom? God is alsiende en alwetend en almagtig. Hy sê: ‘Pa, vertel jou kinders sodat jy die volgende generasie kan beïnvloed, sodat die kinders wat nog nie gebore is nie, dit kan weet!’ God sien generasies verder as net jy en jou kinders! Vir hom wat God vrees, is sy genade, barmhartigheid en goedertierenheid tot ‘n duisend generasies. Maak dit jou nie opgewonde om te weet dat jy in staat is om generasies wat nog nie eers ontstaan het nie, te beïnvloed? God sien baie verder as ons. Hy is versiende! Hy kan sien hoe ek en my vrou se lewens as goddelike ouers ons nageslag gaan beïnvloed. Maak ons nog foute? Verseker, maar baie minder as voorheen.

Nou en vir altyd

Prys die Here! Hoe dikwels prys ons die Here? Dink bietjie! As jy bid, is jou gebed ook soos myne 'n "shopping list?" waarin ons net vra omdat ons nog meer wil hê as wat ons reeds het? Ja, soms sê ons dankie vir die Here vir goed waarvoor ons gevra het, soos bv nuwe werk, of 'n ander motor, of finansiële verligting. Vraag is, is dit dankbaarheid, of lofprysing?

Ek dink ons prys die Here net eenvoudig te min. Dink bietjie aan Dawid. Hordes lofpsalms geskryf, sommige in spesifieke omstandighede, maar die meeste nét om God se grootheid te besing.

Ps 150 " Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! 2 Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! 3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4 Prys hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! 5 Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale! 6 Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here!"

Dawid was 'n man vir musiekinstrumente, hy het gehou van goed wat geraas maak. Dawid het geweet, as jy die Here begin prys, trek jy al die stops uit. Om die Here regtig te prys, is nie 'n saak vir inkennigheid nie. Dawid het lofprysinge gebid, uitgeroep, gesing en selfs gedans.

Prys die Here! Wie moet almal die Here prys? Waarvoor moet hulle die Here prys?

Ps 148 " Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2 Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3 Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! 4 Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! 5 Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; 6 Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie. 7 Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane, 8 weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat sy opdrag gehoorsaam, 9 berge, al die heuwels, vrugtebome, al die seders, 10 wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg, 11 konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde, 12 jong manne en meisies, grysaards saam met seuns! 13 Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. 14 Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here!"

Alles, almal, jonk en oud, ja, nie net eers ons wat aardgebonde is nie. Vers 2 sê alle hemelwesens, engele, almal, prys die Here! Die hele skepping, jitte, tot die vrugtebome, seders, alles, prys die Here!

Hoekom moet ons die Here prys? Het jy vandag kos? Vir vandag. 'n Warm bed gehad? 'n Verwarmer, warm water, 'n yskas, blyplek, is jy gesond, het jy werk? Is jou kinders oulik? Is jy gelukkig getroud? Kom jy uit 'n goeie ouerhuis? Het jy toegang tot medisyne, of 'n mediese skema? Gaan/was jy dié jaar op vakansie? Besit jy 'n motor of dalk drie? Het jy 'n paar luukshede, soos 'n selfoon (of agt), TV-stel, radio, skottelgoedwasser, swembad? Kleinkinders, ouma of oupa. Leef jou ouers nog? Wel, loof die Here, want dis alles Sy genade.

Ps 103 : 1 - 5 " Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. 2 Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4 wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk."

Ps 103 : 20 - 22 " Loof die Here, magtige engele wat sy opdragte uitvoer, sy bevele gehoorsaam. 21 Loof die Here, alle hemelwesens wat Hom dien en sy wil doen! 22 Almal wat deur Hom geskep is, loof die Here op al die plekke waar Hy heers! Ek wil die Here loof"

Het jy gehoor wat sê hierdie Psalms? Loof die Here omdat Hy jou sondes vergewe, omdat Hy jou red van die graf!

Al daaraan gedink, dat jy die heeldag kan loop en glimlag omdat jy nie meer hel toe gaan nie? Loof die Here, prys Sy Naam. Jubel as jy 'n Bybel het en die Here kan leer ken!

Sjoe, kan jy sien, hoor, praat, voel? Is jy dankbaar? Gebruik dan jou liggaam om die Here te prys! Loof Sy Heilige Naam. Hoeveel blydskap is daar werklik vandag in jou en my lewens?

Ps 100 " Juig tot eer van die Here, almal op aarde! 2 Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! 3 Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. 4 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, 5 want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag."

Is ons nie maar soms 'n bietjie gloomy nie? Hoekom is ons? Dalk omdat ons so baie dinge wat goor is, oor onsself bring? Ons het verleer om met blydskap deur die lewe te gaan. Ek dink ook ons word ge-intimideer deur die wêreld wat vir ons sê ons dweep. Nee man, as iets jou vrolik maak, roep uit "Loof die Here!" As jou rugbyspan wen, prys die Here. Is dit omdat die Here net Sy kinders laat wen? Nee, maar as jy bly is oor iets, wees bly in die Here.

Die slegste dag vir 'n ateïs kom as hy bly is oor iets, en daar is niemand om te bedank nie. Ek en jy kan die Here loof vir absoluut alles in ons lewens.

En as dit by tye swaar gaan? Loof ook dan die Here! Want jy weet nie watter goeie dinge daar gaan uitkom nie; die Bybel sê hy laat alles ten goede meewerk en daarvoor kan ons Hom prys. Soos bv.:

· toe my vrou ’n miskraam gehad het. Dit was baie sleg, maar as ek nou terugkyk is dit reg, want anders sou ek mos nie die kinders gehad het wat ek nou het.
· toe ek my werk verloor het. Halleluja! Nou is ek my eie baas en ek wil dit nie anders hê nie.
· toe my pa oorlede is. Prys die Here! Want my pa het geloofsekerheid gehad en is in die hemel; hy het ’n  wonderlike voorbeeld vir ons nagelaat.

Komaan man! Kom ons leef in lof vir die Here. Prys sy Naam, nou en vir altyd!

Sy is ʼn enkelma

Sy is ʼn enkelma met twee kinders. Elke oggend staan sy vyfuur op om die bus te haal. In die aande kom sy eers na ses by die huis. Geen mediesefonds - sy vrees die dag dat een van haar kinders ernstig siek word. Daar is nie geld vir mooi maak en ontspan nie. Alles vir die kinders. Sy is ʼn wonderlike ma, ʼn eensame vrou en ʼn engel - maar meeste mense sien net 'n ousie.
   Ek het vanoggend weer Comfortably numb van Pink Floyd geluister en gewonder, besef ons nog dat straatkinders kinders is?

   Ons sal moet naderkom om beter te kan sien.

   Dit is nie dat kerkmense oor die algemeen niks voel nie, inteendeel, ons is dikwels net te ver om te verstaan.

   Om om te gee beteken tog presies dit: om - te - gee. En as ek die evangelie reg verstaan beteken dit nie in die eerste plek net om iets te gee nie, maar om jouself te gee. Om die maaltyd waarmee jy geseën is te deel en nie net die krummels te gooi vir die armes nie.

  Ons grootste uitdaging in hierdie land (met van die grootse gapings tussen ryk en arm) is nie net om kos te gee vir die wat in nood is nie, maar om saam kos te maak en saam te eet. “Community” eerder as “charity”. Liefde vra meer as net liefdadigheid.

   Liefdadigheid is nie uniek aan die kerk nie. Almal doen deesdae ʼn bietjie liefdadigheid op die kantlyn - selfs die rolbalklub hier onder in die straat gee ʼn persentasie van hulle inkomste en samel nou en dan ʼn bietjie kos en komberse in.

   ʼn Tyd gelede praat ek op “Vigs Sondag” by ʼn gemeente. Die mense is duidelik geraak deur die stories en statistieke van die grootskaalse pyn en dood. ʼn Paar tannies pik selfs ʼn traan. Tog, toe ek aan die einde van die diens vra wie ken iemand met HIV of Vigs was daar niemand nie. Die stilte was nie ongemaklik genoeg nie.

   Dit in Suid-Afrika, die land met die hoogste Vigs sterfte syfer in die wêreld en miljoene weeskinders a.g.v. die siekte.

   Elke nou en dan bel ʼn dominee en vertel dat sy gemeente ʼn klomp blikkieskos ingesamel het. Hy wil hoor of ons dalk vir hom armes het aan wie hulle dit kan uitdeel - dit is vir hom belangrik dat die mense dit self kom gee, sodat hulle kan kontak maak en “ʼn bietjie voel hoe dit is” (en dalk ʼn paar fotos neem vir die sendingdiens). Ons kan doen met al die blikkieskos en komberse wat ons kan kry, so ek probeer maar altyd vriendelik wees, maar laat ek vir eenkeer sê hoe ek regtig voel. Hulle is kerk vir hoeveel jaar?! En dit in Suid-Afrika, van alle plekke, die land met reuse armoede en werkloosheid, en steeds na al die jare het hulle geen langtermyn verhouding met mense in nood nie?! Wat doen ʼn gemeente wat nie besig is om om te gee nie heeldag? 

   As omgee na buite bloot die stokperdjie of vakansieprogram van die kerk is, wat is dan die kernbesigheid?

   Jesus het nooit gesê, Ek was honger en julle het vir my gepreek, dors julle en julle het vir my gebid, ʼn vreemdeling en julle het ʼn debat gehou oor Zenophobia nie (Matt 25:31-46).

   Shane Claiborne het gesê die probleem is nie soseer dat ons nie omgee vir die armes nie, maar dat ons hulle nie ken nie.

   Dit is natuurlik nie verkeerd om komberse en blikkieskos in te samel nie (dit is eintlik baie nodig), maar die langtermyn doelwit van enige gemeente moet tog langtemyn verhoudings met mense in nood wees - dalk sal hulle glo dat God in hulle belangstel as sy liggaam in hulle belangstel?

   Liefdadigheid sonder werklike omgee gemeenskap het dikwels ʼn ontmagtigende effek op ʼn gemeenskap. Dit maak net die armes meer afhanklik – en die rykes meer tevrede.

   Dit is jammer dat so min gemeentes dit regkry om die byeenkomste van die kerk te omskep in ontmoetingsplekke waar mense van die uiterstes van ons samelewing mekaar beter kan leer verstaan. Suid-Afrika is seker die land met die meeste vredemakers en die minste vrede.

   Die kerk het die potensiaal om dié plek van versoening in die gemeenskap te wees.

   Nou hoor ek al die dominee sê, die probleem is ligging en demografie, ons gemeente is eenvoudig te ver van die nood af. Wel dominee, dan sal julle moet beweeg! Sendingwetenskap 101: As jy jou liggie wil laat skyn, soek ʼn donker plekkie.

   God het nie die wêreld na die kerk toe gestuur nie, hy het die kerk na die wêreld toe gestuur.

   Die probleem met blote liefdadigheid is dat dit ons op ʼn afstand hou. Dit maak dat ons kyk, maar nie mooi kan sien nie. ʼn Mens kan op ʼn afstand jammer wees, maar dit is wanneer jy naby kom dat empatie in jou hart begin groei en jy regtig begin omgee – en waar jy agterkom dat jy eintlik ook “arm” is en baie het om te leer.

   Die armes het nie net die kerk nodig nie, die kerk het ook die armes nodig.

   Dit is nie genoeg dat ons net praat oor wat Jesus gedoen het nie. Ons sal dit moet waag om te doen wat Hy gedoen het. God het nie net vir ons iets gestuur om ons gemors hier onder uit te sort nie, Hy het vir ons iemand gestuur om saam met ons te wees. Presence makes the difference.

   Na my mening is die groot vraag waarmee kerkleiers vandag moet besig wees: “Hoe moet ʼn kerk lyk wat skatryk is aan eiendom, mannekrag, vaardighede en kommunikasiemiddele in ʼn land met die hoogste HIV syfer in die wêreld, reuse werkloosheid en massas weeskinders?”

   Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met die wat HIV positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net uitreik na hulle nie.