Wat sê die Bybel omtrent die bestuur van jou finansies?

Wat sê die Bybel omtrent die bestuur van jou finansies?

 


Vraag: "Wat sê die Bybel omtrent die bestuur van jou finansies?"Antwoord: Die Bybel het baie te sê oor die bestuur van geldsake. Wat betref lenery, raai die Bybel dit in die algemeen nie aan nie. Sien Spreuke 6:1-5; 20:16; 22:7, 26-27 (“Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ‘n slaaf van die man wat uitleen…. Wees nie onder die wat ‘n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie. As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?”). Die Bybel waarsku herhaaldelik teen die opgaar van rykdom en moedig ons aan om eerder geestelike rykdom te versamel. Spreuke 28:20: “’n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.” Sien ook Spreuke 10:15; 11:4; 18:11; 23:5.Spreuke 6:6-11 verskaf wysheid rakende luiheid en die finansiële ondergang wat onvermydelik volg. Ons word aangesê om na die vlytige mier te kyk wat werk om voedsel vir homself te vergader. Die gedeelte waarsku ook teen slaap wanneer ons met iets voordelig besig behoort te wees. ‘n “Luiaard” is ‘n lui, trae persoon wat eerder wil rus as werk. Sy einde is versekerd – armoede en gebrek. Aan die ander kant van die spektrum is die een wat behep is met die verkryging van geld. So iemand, volgens Prediker 5:9, het nooit genoeg rykdom om hom tevrede te stel nie en moet aanhoudend meer en meer versamel. In 1 Timotheus 6:6-11 word ons ook gewaarsku teen die versoeking en strikke om ryk te wil word.Eerder as om te begeer om onsself te verryk, is die Bybelse voorbeeld een van gee, nie neem nie. “Maar dink daaraan: Wie spaarsaamlik saai, sal ook spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai. Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief” (2 Korinthiërs 9:6-7). Ons word ook aangespoor om goeie opsigters te wees van dit wat God vir ons gegee het. In Lukas 16:1-13 vertel Jesus die gelykenis van die onregverdige bestuurder om ons teen swak toesighouding te waarsku. Die sedeles van die verhaal is “As julle dan nie getrou was in die onregverdige Mammon nie, wie sal julle die ware goed toevertrou?” (v 11). Ons is ook verantwoordelik om vir ons eie huishouding te voorsien, soos 1 Timotheus 5:8 ons herinner: “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.”Om op te som, wat sê die Bybel oor finansiële bestuur? Die antwoord kan saamgevat word in een woord – wysheid. Ons moet wys handel met ons geld. Ons moet geld spaar, maar nie opgaar nie. Ons moet geld spandeer, maar met oordeel en beheer. Ons moet terug gee aan die Here, met vreugde en offeringswaardig. Ons moet ons geld aanwend om ander te help, maar met oordeel en met die leiding van God se Gees. Dit is nie verkeerd om ryk te wees nie, maar dit is verkeerd om geld lief te hê. Dit is nie verkeerd om arm te wees nie, maar dit is verkeerd om geld te mors op beuselagtighede. Die Bybel se volhardende boodskap oor die bestuur van geld is om dit met wysheid te doen.

Dien God met jou inkomste - 19 Mei 2015

Dien God met jou inkomste - 19 Mei 2015

 

Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Die geld en besittings wat ons bymekaarmaak, kom van die Here af. Daarom behoort alles wat ons besit in die eerste plek aan Hom. Die Bybel gee die riglyn dat ons een tiende van ons inkomste as offer aan die Here moet gee vir die ondersteuning van sy werk. God het 'n blymoedige gewer lief.

"Jy moet elke jaar 'n tiende van die opbrengs van jou gesaaides, van wat op jou land groei, opsy sit: jy moet dit in die teenwoordigheid van die Here jou God eet op die plek wat Hy sal kies om sy Naam daar te laat woon. Jy moet die tiende opsy sit van jou koring, jou wyn en jou olie en dan ook nog die eerstelinge van jou grootvee en jou kleinvee, sodat jy kan leer om die Here jou God altyddeur te eer."  Deuteronomium 14:22-23

"Maar ellende wag vir julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement en wynruit en elke soort kruie, maar verontagsaam die geregtigheid en die liefde vir God. Juis hierdie dinge moet 'n mens doen en die ander nie nalaat nie."  Lukas 11:42

Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi. Daar het toe 'n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: "Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe." Markus 12:41-44

"Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Daar staan ook geskrywe: "Hy deel uit en gee aan die armes; hy bly altyd vrygewig." 2 Korintiërs 9:6-9

Baie keer redeneer ons Christene so oor die riglyn in die Bybel of ons 'n tiende moet gee of nie, dat ons uit die oog verloor dat dit eintlik gaan oor die gesindheid waarmee ons gee. Onthou vandag een ding: God het die blymoedige gewer lief.

Gebed: Hemelse Vader, dankie vir dit wat ons uit u hand ontvang. Wil U gee dat ons nooit sal vergeet dat alles wat ons het aan U behoort nie en help ons om met blymoedigheid te gee. Amen

Vir almal

Heer, U ken ons diepste gevoelens en vrae
Daarom is my gebed om hierdie mense te dra
U weet hoe diep die seer lê en U ken hul gedagtes
Die lewe waarin ons vandag is, soveel geweld
‘n onskuldige bystander van ons weg gevat
‘n geliefde wat hom met sy eie lewe ophou.
Heer, hul harte is seer oor die verlies
Sy einde sou hulle tog veel sagter verkies.
Heer, ek roep uit na U, vir bystand
Sien hul trane en vee dit sag af.
U alleen kan vertroosting verskaf.
‘n uitroep van pyn dwaal deur hul gemoed
Hoe kan mens vir so iets vergoed ?
Hoe kan mens glimlag as jy binne stukkend is ?
Heer, hoe kan mens asemhaal as hierdie dinge gebeur ?
Ons bid vir vrede elke dag, en sluit ons deur…
Maar Heer, niks verbeter, gevange in ons eie huis
Heer, ek bid vir hierdie dierbare mense in nood
Asseblief, gee in hierdie stormsee ‘n reddingsboot
Beskerm hulle in U liefde hierdie donker nag
Met toe oë sal ons op U antwoord wag
Deur rou snikke sal ons luister vir U stem op die wind
Want ons harte is seer oor die verlies van nog ‘n vrind.
Beskerm hierdie kinders van U 

Gebed vir almal

Heer, U ken ons diepste gevoelens en vrae
Daarom is my gebed om hierdie mense te dra
U weet hoe diep die seer lê en U ken hul gedagtes
Die lewe waarin ons vandag is, soveel geweld
‘n onskuldige bystander van ons weg gevat
‘n geliefde wat hom met sy eie lewe ophou.
Heer, hul harte is seer oor die verlies
Sy einde sou hulle tog veel sagter verkies.
Heer, ek roep uit na U, vir bystand
Sien hul trane en vee dit sag af.
U alleen kan vertroosting verskaf.
‘n uitroep van pyn dwaal deur hul gemoed
Hoe kan mens vir so iets vergoed ?
Hoe kan mens glimlag as jy binne stukkend is ?
Heer, hoe kan mens asemhaal as hierdie dinge gebeur ?
Ons bid vir vrede elke dag, en sluit ons deur…
Maar Heer, niks verbeter, gevange in ons eie huis
Heer, ek bid vir hierdie dierbare mense in nood
Asseblief, gee in hierdie stormsee ‘n reddingsboot
Beskerm hulle in U liefde hierdie donker nag
Met toe oë sal ons op U antwoord wag
Deur rou snikke sal ons luister vir U stem op die wind
Want ons harte is seer oor die verlies van nog ‘n vrind.
Beskerm hierdie kinders van U 

Om te verstaan!

Om te verstaan!

verstaanStephen Covey skryf oor die begrip in sy baie bekende boek “Seven habits of highly effective people.” Die inhoud setel hoofsaaklik rondom die verstaan van ander, sodat ek myself weer beter kan verstaan. Uiteindelik maak dit nie alles sin nie, maar wat sin maak is dat die lewe en verhoudings se positiewe inhoud gebou is op die begrip “verstaan.”

Dit gaan oor die verstaan van ander se agtergrond, wat vir hulle belangrik is en hoekom hulle sekere keuses en besluite maak. Kommunikasie koppel aan die verstaan van ‘n boodskape en ‘n persoon se leefwereld. Hierdie verstaan gaan oor luister voor jy reageer. Dit is om weg te beweeg van ‘n waarde-oordeel oor ander (wie nou reg of verkeerd is!), maar om net te verstaan wat elke persoon se en waarom hy of sy dit se.

Dit is om in iemand se skoene in te klim en vanuit hy/sy bril na die wereld te kyk. Dit is nogal ‘n uitdaging veral in ‘n wereld met al sy verskeidenheid van persoonlikhede en kulture. Uiteindelik gaan dit oor die verstaan van ander, dan word jyself ook weer deur ander verstaan!

Besluite en nogmaals besluite!

Besluite en nogmaals besluite!

In my gedagtes oor die lewe wat ek sover met jou gedeel het, was die sleutel om jouself toestemming te gee om die lewe te leef. Hierdie toestemming koppel ook aan die begrip toewyding. Toewyding of “commitment” is afgelei van die Latynse woord “commitere”. Ons vertaal dit met lojaliteit, toewyding en mense wat hou by hulle besluite. Hiervan is daar soms bitter min te sien in ons samelewing. Ons sukkel om dieselfde lojaliteite teenoor mense en organisasies te wys , wat ons in die verlede gehad het. Ons gebruik soms organisasies net vir ons voordeel en dan onttrek ons onsself. Ons skakel in by aksies totdat die druk om iets van onsself te gee, opduik, dan beweeg ons weer na die volgende groep. Hierdie toewyding gaan oor die besluit om “te wil.” Ek wil deel wees van die groep, ek wil wen, ek wil saam met hierdie mense gelukkig wees, ek wil die volgende graag bereik. Dit is ook ‘n wilsbesluit waarby ek en jy hou ten spyte van wisselende omstandighede. Hierdie besluite beinvloed ons hele lewe en dit is juis in die wilsbesluit waarin mense hulle karakter wys.

Hoe dink jy oor die lewe?

Hoe dink jy oor die lewe?

Die afgelope tyd het ek tot die slotsom gekom dat ons denke ons dikwels verhoed om nuwe geleenthede raak te sien en nuut te dink oor die lewe. Ek het ook besef dat hierdie nuwe gedagtes uiteindelik gaan oor ‘n besluit en die toestemming wat jy vir jouself gee om nuut te dink. Jy moet jouself toestemming gee om gelukkig te wees. Ons beperk onsself deur nie die geluk in die lewe aan te gryp en te leef nie. Geluk is soms net die klein oomblikke van glimlag en mense groet. Jy moet jouself toestemming gee om liefde te ervaar in jou verhoudings. Jy mag maar liefhe en ander mag jou liefhe. Jy mag jouself oopmaak vir ander se omgee ten spyte van teleurstellings en ‘n seer verlede. Jy moet jouself toestemming gee om foute te maak. Mense maak foute, niemand is volmaak nie. Jy mag maar foute maak en besluit om daaruit te leer. Dit is hierdie besluite wat jy in jou gedagtes neem om te mag leef op jou eie unieke manier, wat ‘n verskil maak in die manier waarop jy na die wereld om jou kyk.

Om jouself te verbeel!

Om jouself te verbeel!

Verbeelding en stories loop hand aan hand. Verbeelding is die prentjies wat jy in jou kop vorm, wat uiteindelik weer drome word en rigting gee aan jou lewe. Jy dink aan nuwe dinge en geleenthede. Jy skep die prentjie en dan begin jy doen. Jy sien dus eerstens die prentjie van sukses en die oomblik wanneer jy dit met ander begin deel, begin mense saam met jou opgewonde raak. Hulle maak die keuse om saam met jou en my op reis te gaan met ‘n nuwe gedagte en ywer. Die lewe word ‘n verbeeldingsvlug waarin jy droom oor die mooi en vanuit die seer weer nuut begin leef. Tibane beskryf mense wat kan droom as mense wat kan wen. Dit skep nuwe werklikhede en uiteindelik is dit die werklikhede wat ons uitleef. Die sleutel is om te besef dat elkeen van ons verskillend droom en verskillende werlikhede het. Ek hoef nie iemand anders se werklikheid te leef nie, ek kan my eie storie van hoop skep. Tog ervaar ek soms dat mense hulle negatiewe stories oor en oor leef, sonder om ooit nuut te droom oor die toekoms en hulle bestaande lewe.

Om verder te kan sien, my kind!

Om verder te kan sien, my kind!

Die storie van Rooikappie is vir ons almal bekend. Ek onthou nog die verhaal van die dogtertjie met die rookapppie wat by Ouma wou gaan kuier. Dit was egter meer as ‘n kuier en te midde van die mooi kleurvolle verhaal was daar ook die skaduwee van die wolf wat sy sin wou kry. Ek herinner my aan die woorde van Rooikappie waarin sy vir die wolf vra: “Hoekom is ouma se oe so groot?” Dan kom die antwoord: “Om ver of goed te kan sien, my kind!” Skielik het die woorde in my gedagtes vasgesteek en onwillekeurig het my dit in my kop verander. Ek het die vraag van Rooikappie herhaal net met ‘n ander antwoord nl: “Om verder te kan sien, my kind!”.

Tibane in sy boek “Mastering your thoughts”, beskryf die proses van verder kyk as ‘n geleentheid waar jy terugkyk, insig kry in ‘n situasie en dan weer vorentioe kyk. Jy kyk dus met ander oe na situasies en mense. Jy soek na duidelikheid wanneer daar verskille is. Jy probeer verstaan hoekom mense sekere besluite neem en jy fokus op die saak en nie die persoon. Jy sien verder as die oomblik van verskille en seer. Jy fokus op die uitkoms en styg bokant die kritiek uit. Soos Rooikappie van ouds, hoor jy die antwoord: “My oe is groot, sodat ek verder kan sien, my kind!”

Om te kan onthou.

Onthou-oomblikke is kosbaar. Dit is dikwels verhale uit die verlede en stories van weleer. Op my oupa se skoot in Marquard toe ek nog ‘n klein seuntjie was, het ek die stories van sy lewe leer ken. Ek onthou vandag nog die 50 sent wat hy vir my gegee het, as ek by hom kom sit het. Sy groot hande en rustige stil manier van kyk en doen. Hy was my held en die kuiers by oupa was een van die hoogtepunte van my jong lewe. Hierdie herinneringe en mooi stories het aan my lewe gevorm. Dit was die kern van die terugkyk tye. Dit is om om te draai en soms op jou tree terug te stap- die plaashuis te besoek, die foto-album oop te maak en die stories van jou verlede vir ander te vertel, daaruit te leer en weer te groei. Ek wil jou uitdaag om iets van jou verlede vandag uit te haal, die mooi en die spesiale oomblikke. Ja, vir die seer in ons lewe is daar ook stories en verhale, tog is dit die mooi stories van ons elkeen se verlede wat vir ons hoop gee. Vir ‘n oomblik het ek aan die woorde van Laurika Rauch se liedjie gedink: “Onthou om te onthou, vergeet om te vergeet en vergeet om te onthou om te onthou.”

Nederigheid

 Nederigheid

Nederigheid is die teenoorgestelde van om jouself af te breek en ‘n lae eiewaarde te hê. Nederigheid en innerlike vrede loop han aanhand. Hoe minder jy jouself wil bewys, hoe meer vrede beleef jy. Dit is gewoonlik die slaggat waarin ons almal iwers op een of ander wyse trap. Dit vra ongelooflik baie energie om voortdurend jou positiewe eienskappe onder mense se aandag te bring. Hoe meer jy jouself wil bewys, hoe meer gaan jy op die kantlyn geskuif word. Dit is die effek van die spel wat ek en jy soms speel. Dit is juis die stil, gemaklike selfversekerde persoon wat ander mense aantrek en ‘n nederigheid bring in verhoudings. Hierdie nederigheid moet geoefen word en kan met tyd deel vorm van jou en my lewe. Dit vra egter dat jy en ek versigtig moet wees met dit wat ons met ander deel, hoe meer jy jouself op die voorgrond wil plaas, hoe meer het dit die teenoorgstelde effek. Nederigheid is die oomblik wanneer jy innerlike vrede ervaar ten spyte van jou possisie of prestasies. Jy weet net wie jy is, en jy is tevrede met jouself.

Glimlag vir ander!

Glimlag vir ander!

Het jy agtergekom hoe min oogkontak ons maak met vreemde mense? Dit is kompleet asof ons bang is vir hulle. Wat maak dat ons versigtig is om ons omgee en diepste wese met ander te deel? Wat maak dat ons nie meer eers vir mekaar in die gange van die lewe glimlag nie? Ek het nie al die antwoorde nie, maar wat ek wel weet is dat ons benadering van mense en veral ook vreemde mense gekoppel is aan ons vlak van lewensgeluk. Hoe meer jy frons en jou vriendelikheid wegsteek, hoe meer verloor jy die geleentheid om iemand anders te leer ken. Hiermee ontken ek nie die beginsel van’n introvertiese persoonlikheid nie. Nee, as jy ander met deernis en ‘n glimlag hanteer, sal jy sien hoe ander se siening van jou ook verander. Die oomblik as dit gebeur, word ‘n glimlag en aanvaarding van ander deel van jou alledaagse optrede. Jy sien ook ander mense met dieselfde seer en onsekerheid as jy raak. Jy sien hoe hulle verander van kwaad-wees na vriendelikheid en dat ons almal maar met dieselfde seer en gedagte van aanvaarding stoei. Die uitdaging is om net te glimlag, jouself te deel, jou mooi en mens-wees! Kom ons probeer dit vandag!

Seergemaak en ongelukkig.

Seergemaak en ongelukkig.

Die meeste van ons kan getuig van seermaak tye en mense se afbreek van ons as persoon. Om daaraan vas te hou bring bitterheid en onvrede. Die oomblik wat ons die beginsel van “let go” van ons seer, begin toepas, kom daar heling. Hierdie heling hang dan ook die meeste tye van jou self af, jou eie optrede. Om iemand te vergewe begin by jou. Om aan iemand anders te se dat jy jammer is, is die eerste tree wat jy kan gee vir heling. Jy is die enigste persoon wat ‘n verskil kan maak aan die verhouding. So jammer dat ons ook dikwels verval in ‘n skuldverplasing. Ons luister na mekaar, maar dan is daar geen verskoning nie, ons gee maar net weer die ander een die skuld. Jy is die enigste een wat eerste moet uitreik en weer nuut begin. As die ander persoon nie dit wil aanvaar nie, geld die beginsel tog dat jy die stof van jou voete moet afskud en aangaan met jou lewe. Om kwaad te bly, lei daartoe dat jy die wenner wil wees ten koste van geluk. Ek wonder tog oor die vraag sou: Is jou en my geluk, ons vrede nie belangriker as om die geveg te wen nie!

Om verantwoordelikheid te neem!

Om verantwoordelikheid te neem!

Die grootste uitdaging vir elke mens is sekerlik om nie voortdurend afhanklik te wees van die goedkeuring van ander mense nie. Lof en om iemand die skuld te gee vir elke ding wat mag skeef loop isdeel van die lewe. Selfs wanneer 55% mense jou goedkeur is daar altyd 45% ander mense wat nie noodwendig jou optrede goedkeur nie. Die muntstuk het altyd twee kante. Selfs in ‘n gesin en familie is die persentasie mense wat jou optrede goedkeur en ondersteun nie veel ander nie. Die waarheid is dat almal van ons verskillende idees en persepsies oor die lewe het. Ons word ook dikwels kwaad en gefrustreerd omdat almal ons nie ondersteun en altyd ons optrede goedkeur nie. Ons raak moedeloos as almal nie altyd van ons hou nie. Die sleutel is dat ons nooit daarin sal slaag om almal se goedkeuring te kry nie. Hierin le die vrede dat ons nie almal altyd tevrede kan stel nie. Dit is die lewensreis vir jou en my. Tog is dit ook waar dat daar iewers iemand gaan wees wat tevrede met ons optrede sal wees. So ervaar ek dit selfs in my gesin, sommige van my kinders stem met Pappa saam en is van mening dat ek die beste pa in daardie omstandighede is, die ander een verskil met my. So is ek die oulike dominee in die kerk, vir ander is ek soms ‘n irritasie. Hierdie swart en wit beginsel, die heen en weer-styl is deel van ons lewe. Ek moet dit erken: ek geniet dit egter om mense se goedkeuring te geniet, tog hoe meer ek die heen en weer beginsel begin verstaan, hoe minder is ek afhanklik van ander se mooi en goeie woorde en ja, Hoe meer vrede het ek met en in die lewe!

Leef nou

Leef nou!

Leef nou- hoor ek die woorde van Dr Carel Lombaard in my gedagtes. Woorde wat ek soms nie verstaan het nie, maar mettertyd het dit vir my sin begin maak. Ek het besef dat dinge in die verlede en bekommernisse oor die toekoms my lewensgeluk en vrede gesteel het. Uiteindelik het ek tot die slotsom gekom dat die hede en om in die hede te leef belangrik is vir my lewensvreugde en blysdkap. Ek het die bekommernisse in my lewe begin uitdaag en dit met nuwe gedagtes en inhoude begin vul. Ek het teruggekyk op my verlede en die tye gesien wat die bekommernisse nooit waar geword het nie. Ek het ook besef dat hoe meer ek aan die verlede vasgehou het, hoe meer het ek die negatiewe gebeure lewendig gehou. Op een of ander wyse moes ek afskeid neem van die selgte en die negatiewe in my lewe. Die kwaliteit van die hede het dit gevra. Ja, dit vra ook van jou en my om opnuut weer vandag nuut te dink oor die hede en geleenthede in die lewe. Hoe meer ons die negatiewe in die verlede lewendig hou, hoe meer mis ons die nuwe moontlikhede wat oor ons pad kom. Dit alles beteken om te kies- ja om te kies vir die hede!

Om vir iemand om te gee!

Om vir iemand om te gee!

Die grootste opdrag sekerlik vir ons in die samelewing is om iewers op een of ander wyse vir iemand om te gee. Hierdie omgee is ‘n omgee-gevoel, maar dit is ook om jou in iemand anders se skoene te plaas. Dit is om iemand anders se seer as ‘n werklikheid vir die spesifieke persoon raak te sien en te beleef. Dit is die oomblik wat jy jou hart vir iemand anders oopmaak en die ander een in sy haar omstandighede begin verstaan. Hierdie “omgee” groei met tyd en dit behels ‘n besluit en ‘n aksie. Dit kan beteken dat jy ‘n sekere saak finansieel ondersteun of jy deel net ‘n vriendelike glimlag. Dit is om iets te doen en ‘n verskil te maak in iemand se lewe. Moeder Teresa het mense voortdurend aan die volgende herinner: We can do great things on earth. We can only do small things with great love.” Hierdie omgee is gekoppel aan dankbaarheid en wanneer ek en jy tyd maak om die wonderwerke van die lewe raak te sien, wonderwerke soos liefde en die feit dat ons nog kwaliteit lewe kan leef, begin ons liefde deel met ander. Hierdie oomblikke begin ons verstaan wat omgee is en dat dit eintlik die klein dingetjies is wat betekenis gee aan mense se lewe.

Omgee is ’n saak van lewe en dood

  1. Omgee is ’n saak van lewe en dood

Fundamenteel aan die omgee vir mense lê ’n diep besorgdheid vir dié wat verlore gaan.  Die eerste gelowiges het ’n hart gehad vir mense wat verlore sal gaan sonder Jesus.  Omgee begin ten diepste by die geestelike nood van mense.  Ons gee so om vir mense dat ons nie wil hê hulle moet sonder Jesus lewe of sonder Jesus doodgaan nie.

Omgee is om te gee

  1. Omgee is om te gee

Paulus praat in 2 Kor 9 van die bediening van gee.  Hy praat oor die een gemeente wat die ander finansieël moet help.  Vers 13: “…die bediening van hierdie hulpbetoon (finansiële hulp) bring dankbaarheid teenoor God mee… Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring.  Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid… en oor julle opregte mededeelsaamheid…”  Wanneer jy van jou geld vir die werk van die Here gee is jy besig met ’n bediening!  Jou geld kan omgee!  Ja, daar is baie ander maniere om om te gee sonder dat dit jou geld kos.  Maar as jy nie ook met jou geld omgee nie, het jy nog nie omgegee nie!

Omgee is om te deel Toe die Gees daardie eerste gelowiges in besit geneem het, was een van die eerste goed wat hulle gedoen het om hulle goed met mekaar te deel. Hulle was mededeelsaam. Ons lees dat hulle van hulle goed verkoop het en die geld onder mek

  1. Omgee is om te deel

Toe die Gees daardie eerste gelowiges in besit geneem het, was een van die eerste goed wat hulle gedoen het om hulle goed met mekaar te deel.  Hulle was mededeelsaam.  Ons lees dat hulle van hulle goed verkoop het en die geld onder mekaar verdeel het (Hand 2:44,45).  Wat daar gebeur het is nie kommunisme nie.  Kommunisme is ’n staatstelsel wat mense  dwing om alles met almal te deel.  Nee, die Gees het hulle oortuig en gelei om vrywillig hulle goed met mekaar te deel sodat daar in daardie Christelike gemeenskap niemand was wat nie versorg is nie!

Ek wonder hoe mededeelsaam is ons vandag?  Ons het eerder opgaarders geword.  Ons deel moeilik ons goed en gee moeilik weg.  Ons het kaste vol klere, linnekaste vol komberse.  Ons motorhuise is so oorvol van goed wat ons nooit gebruik nie dat die “storage cities” soos sampioene opskiet.  Een van ons grootste probleme vandag is om plek te kry vir al ons goed!  En dit in ’n land waarin daar mense vanaand buite moet slaap!

Paulus praat in 2 Korintiërs 8:13 oor mededeelsaamheid: “Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly.  Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help.  So kom daar ewewig.”

Jy sien, omgee bring ewewig tussen dié wat het en dié wat nie het nie.  Ons sit in ons eie gemeente met mense wat nie het nie.  Mense wat nie werk het nie, mense wat nie pensioen het nie, mense wat nie medies het nie.  Dié wat het moet dié wat nie het nie raaksien en dit wat jy het moet jy bereid wees om te deel met ’n broer of suster.  Want iewers het jy weer nodig dat iemand met jou deel.  Jy sien en so gee gelowiges vir mekaar om en word ’n omgee gemeenskap gevorm!

Omgee is iets wat jy doen – dit is ’n Christelike gewoonte!

  1. Omgee is iets wat jy doen – dit is ’n Christelike gewoonte!

Ons haak baie keer vas by die praat gedeelte.  Ons kan lank praat oor die meriete van omgee.  Ons wil redeneer oor omgee – moet ons gee of moet ons nie gee nie, vir wie moet ons gee en vir wie moet ons nie gee nie?  Wat moet ons gee en wat moet ons nie gee nie?  Hoeveel moet ons gee?  Wat gaan die mense maak met dit wat ons gee?  En dikwels praat ons onsself uit omgee uit!

Jakobus verwoord iets hiervan in 2:15: “Sê nou daar is ’n broer of ’n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?  So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.”  Opvallend hier weer die volgorde.  Julle weet julle moet help, julle sê julle moet help, maar dan haak julle vas en help nie!

Ons bid baie keer presies dieselfde, veral aan tafel.  “Here, dankie vir die kos wat ons gaan eet, maak ons daarvoor dankbaar en wees asb met hulle wat minder bevoorreg is.  Amen.”  Ons weet ons moet dié wat minder bevoorreg is help (die Gees het ons al daarvan oortuig), ons sê dit vir mekaar en in ons gebede selfs vir die Here dat hulle gehelp moet word, maar dan eet ons rustig ons eie kos op en los die res vir die Here om uit te sorteer!  So ’n geloof sê Jakobus is dood.

Want hoe moet die Here by hulle wees as ons nie by hulle wil wees nie?  Hoe moet die Here sorg as ons nie wil sorg nie?  Hoe moet die Here gaan omgee as ons nie omgee nie?  Ons het Sondag gehoor van ’n gestremde kind wie se fiets gesteel is.  Hoe moet die Here vir daardie kind ’n nuwe fiets gee as ons dit nie wil doen nie?  Hoe moeilik is dit vanaand as hier 200 mense sit om vir daardie kind ’n nuwe fiets te gee of so ’n driewielfiets te bou?  Vriende, die Gees oortuig ons nie van omgee sodat ons ’n gevoel van omgee kan hê nie, maar sodat ons omgee hande en voete kan gee!  En omgee word eers deel van jou karakter, van wie jy is as jy dit begin doen!

En ons het baie voorbeelde in die gemeente waar dit wel gebeur.  Ons almal gee om deur mekaar te besoek, te versorg, te ondersteun.  Ons omgee kry hande en voete in Lesotho by die kleuterskooltjie, in Mosambiek by die oogkliniek.  Daar is nog baie ander voorbeelde.  Maar een ander voorbeeld in ons gemeente is die bediening aan die boemelaars in ons omgewing.  Op ’n Vrydagoggend 9 uur is hier ’n boemelaar gemeente!  En weet julle wat gebeur as ’n mens dit wat jy glo en van oortuig is begin doen?  Op die ou einde beteken dit vir jou baie meer as vir die mense vir wie jy omgee!  Gaan praat maar hierna met oom Andries en oom Vis.  Die oomblik as jy iets vir iemand doen, ervaar jy iets van die satisfaksie, die vervulling, die blydskap van ’n geloof wat nie net gedagtes en woorde is nie, maar wat werklik iets doen en beteken.  En hoe meer jy omgee doen, hoe meer word dit deel van wie jy is, deel van jou Christelike gewoonte en karakter, en word jy ’n omgee dissipel van Jesus.

Emmer projek

Florida Park Familie Gemeente stel nie net belang in jou geestelike welstand en groei nie, maar wil jou ook ondersteun in jou persoonlike lewe. Omgee is ‘n bediening wat persoonlikie sorg vir one eie vennote bied.Omgee is ook aktief by `Huis Weesgerus”, ‘n kinderhuis in ons omgewing. Daar word op maandelikse wyse aan finansiële en persoonlike behoeftes voorsien.

Indien jy wil deel wees van die bediening, en ‘n hart het vir mense, skakel die kantoor by (011) 672 8222.

EMMERPROJEK

Daar word weekliks emmers geplaas in die kerk, wat mense neem en vul met huishoudelike items en kos. Dit word dan deur die Omgee-bediening aan behoeftige gesinne in die gemeente gegee, om hul sodoende te help om weer op die been te kom.

Redes waarom ons moet omgee

By Jesus leer ons redes waarom ons moet omgee

  • Omgee kan die wêreld verander: die wonder van omgee is dat ons dit nie hoef te doen om die wêreld te verander nie; die klein daad van hier en nou kring op eie stoom na ander uit; partykeer regoor die wêreld. Kyk maar na wat Moeder Theresa vermag het.
  • Dit lei tot probleemoplossing: Om vir ander om te gee, beteken dat ons dikwels bereid moet wees om tyd en sweet aan die oplossing af te staan. Om net aan die simptome te werk los nie die ware probleem op nie.
  • Dit raak die hele mens: As ons die uiterlike mens genees, is sy gees en verstand onlosmaaklik deel van die proses. Ons omgee-aksie omvou dus die mens in sy hele wese en verryk die persoon op meer as een gebied.
  • Dit stig gemeenskappe: Omgee het vlerke! Dit snoer mense saam en is die bron van ware gemeenskap: mense wat saamstaan en saamdoen om die wêreld ’n beter plek te maak. Jesus se omgee vir mense het sy dissipels geïnspireer om sy bediening voort te sit.
  • Dit verryk die een wat omgee: As ons ander help, is dit onmoontlik om die geur en smaak wat uit daardie omgee voortspruit, vry te spring. Ware omgee vind altyd sy pad terug na die gewer.

By Jesus leer ons vir wie ons moet omgee

By Jesus leer ons vir wie ons moet omgee

  • Enigeen wat dit nodig het. Sodra ek kieskeurig raak oor wie ek wil help, is ek nie meer sensitief vir ander se nood nie. Jesus het na mense van alle klasse uitgereik – van ’n Romeinse offisier tot vroue met ’n slegte reputasie. Omgee-oë sien die nood agter die uiterlike raak.
  • Omgee spreek die spesifieke nood eerste aan. As iemand honger is, sal jy nie vir hom ’n hemp gee nie. Jesus leer ook dat ons nie vir ander moet omgee met die hoop om terug te ontvang nie (Luk 14:12-14). God self sal ons daarvoor vergoed.
  • Onsself. Party mense maak van omgee ’n lewenstaak, en verwaarloos hulself en dié naaste aan hulle. Om vir ander iets te beteken, moet ons ook vir onsself omgee. Jesus se dagprogram was vol, maar Hy het tyd gemaak vir gebed omdat Hy geweet het ’n mens moet self eers by God vol maak as jy ander wil bedien.

By Jesus leer ons van omgee..............

r ons die ware betekenBy Jesus leeis van omgee

  • Omgee is ’n aksie: Dis menslik om vir ander om te gee, maar goddelik om ook iets daaraan te doen. Elke keer as Jesus innig jammer gevoel het vir iemand, het dit nie net by emosies gebly nie. Hy het daadwerklik opgetree om op een of ander manier uit te reik na die persoon in nood. So het Hy kos voorsien aan ’n honger skare, die hartseer weduwee wat haar seun verloor het, getroos én hom uit die dood opgewek.
  • Omgee kom voor in baie gedaantes: finansiële of materiële bystand, om tyd af te staan, iemand aan te raak, met iemand te praat, of net te luister.
  • Omgee kring verder uit: “Omgee in aksie” is nooit net ’n eenmalige aksie nie en bly selde by een mens. Dit is die saad wat ’n wêreldboom kan word en het dikwels verreikende gevolge. Soos Jesus wat die melaatste man aangeraak en genees het in ’n tyd toe melaatses as verworpenes buite die stadspoorte moes leef (vanaf Mark 1:40). Die man het sy genesing so wyd en syd gedeel dat mense van alle kante af na Jesus toe gestroom het.
  • Omgee fokus op ander: Dit is sonder ego en beweeg altyd uitwaarts. Iemand wat omgee verstaan ’n ander se nood en doen iets daaraan.

Omgee wat aangee

ak maakOmgee wat aangee en sa

 

In God se oë word sukses gemeet aan die mate waarin jy jou oorvloed met ander deel.

Wat het Martin Luther King, Nelson Mandela, Bill Gates en Moeder Theresa in gemeen? Hulle het almal die sogenaamde ‘X-faktor’; mense wat as gevolg van hulle uitsonderlike karaktereienskappe ’n merkwaardige invloed in hulle tyd uitgeoefen het. Maar daar is een persoon wat selfs ’n groter ‘X-faktor’ as al hierdie invloedryke mense sáám het - Jesus.

“Daar is niemand by wie ons meer kan leer as by Jesus nie. Hy het die afgelope 2000 jaar ’n groter invloed as enige ander mens op die wêreld gehad, en sal in die toekoms net soveel beïnvloed.” Só skryf die kreatiwiteitskenners Kobus Neethling, Raché Rutherford en die teoloog , in hul boek, Jesus soos jy Hom nog nooit geken het nie (Carpe Diem Media, 2007).

Die skrywers het nie gefokus op dit wat ons reeds van Jesus weet nie; sy Goddelikheid, liefde, vergifnis, nederigheid, en opofferings nie. Hulle het gaan kyk na die karaktereienskappe wat Jesus se sogenaamde ‘X-faktor’ bepaal het; dit wat Hom as mens so uitsonderlik gemaak het dat mense in die 21ste eeu nog steeds verbysterd staan.

Een van hierdie eienskappe is Jesus se vermoë om vir ander om te gee; op só ’n manier dat Hy ’n blywende verskil in mense se lewens gemaak het.

Deel en omgee is hul wen resep

Frik en Susan van der Merwe se huwelik van 50 jaar is te danke aan die gesindheid wat hulle teenoor die Skepper handhaaf in hulle huwelik.

“As jy hom nie in jou huwelik ken nie, gaan jou huwelik ook nie suksesvol wees nie,” sê Frik toe die NUUS met hom gesels het oor sy onlangse 50ste huweliksherdenking.

Frik en Susan het hierdie mylpaal op 28 Desember verlede jaar saam met hulle kinders by die Grill Shop in Noordheuwel gevier.

Hulle het na twee jaar van uitgaan besluit om ewige trou aan mekaar te beloof en het in die NG Moedergemeente in Krugersdorp getrou terwyl 60 gaste toekyk.

Frik het as rekenmeester by die destydse Sandton Stadsraad gewerk terwyl Susan by die plaaslike Standard Bank gewerk het.

Die twee beskou hulself as huishoenders wat nog baie vir mekaar omgee.

“Dis soos die Engelse sê ‘sharing is caring’ en dis hoekom ons mekaar nog na al hierdie jare respekteer en liefhet.”

Die Van der Merwes het twee seuns en ook drie kleindogters.

Die NUUS wens die paartjie alles van die beste toe.

harte wat van goud gemaak is.

DRIE generasies van harte wat van goud gemaak is.

Valecia De Beer Swano (35) van Ravens­mead se familie is ’n voorbeeld hiervan.

De Beer Swano, haar ma en ouma het deel aan die Rose Parents-projek wat deur die Lentegeur-hospitaal georganiseer is.

Die projek fokus op gestremde mense wat nie hulp van hul eie families kry nie.

Wat De Beer Swano-hulle dan doen, is om daai verstote pasiënt aan te neem en te versorg.

Sy vertel dat sy in ’n huis vol kinders en ouer mense grootgeword het. Sy sê: “Dit was seker die begin van my passie vir sorg, maar ek het dit nie toe al besef nie.”

Volgens haar was sy ’n introvert en baie skaam en baie op haarself aangewese. “Ek kon dit nie handle as my ma sê ons gaan uit nie, nog minder het ek verstaan hoekom my ouma en ma al die kleintjies invat.”

De Beer Swano het sedertdien ’n lang pad gekom. Sy spog vandag met ’n kwalifikasie in rekenaartegnologie. Sy vertel: “Ek het op dit as studierigting besluit oor ek gedink het dat care-giving nie vir my is nie.

“Ek het net gedink as ek dié swot, sal ek agter ’n rekenaar kan sit en dit sou nie nodig wees om met mense te meng nie.”

Toe sy klaar geswot het, het sy ’n leemte in haar lewe gevoel. Sy sê: “Ek wou omgee vir mense, ek wou daai smiles sien. Toe besluit ek om in my ouma en ma se voetspore te volg.”

Swano het in 2007 ’n home care-besigheid begin.

“Ek het net gedink hoekom moet jy ’n huis uithuur as jy dit nie vir iets goeds kan aanwend nie.

“Toe maak ons die huis in Ravensmead beskikbaar vir mental pasiënte wat sorg benodig.”