Omgee vir ander

N Jong vrou wat graag koek bak en dit dan vir “iemand gee wat liefde nodig het”, is Vrydag op sosiale media erg gekritiseer oor dié projek.

Nerine Gardiner (27), vrou van die sanger Vaughan Gardiner, het reeds meer as 50 kreatiewe koeke gebak wat sy op straat weggegee het.

Sy plaas foto’s van die koeke en die “koek-oorhandiging” op haar blog Girl with Cake. (www.girlwithcake.co.za).

“Ek bak koek en gee dit een keer elke week of twee weke weg vir iemand wat ek dink dalk ’n bietjie liefde nodig het – mense in hospitale, mense op straat, mense wat buite in die koue werk, of mense wat my inspireer,” sê sy.

Die rubriekskrywer Tom ­Eaton het Gardiner se projek Vrydag gekritiseer.

“Wag, so sy loop rond en sê regtig ‘laat hulle koek eet’, en neem dan foto’s? Sê my asseblief dis ’n parodie,” het Eaton op Twitter geskryf.

“Dit maak seer,” sê Gardiner in reaksie op Eaton se uitlating.

“My bedoeling was nog altyd net om iets positiefs te doen in ’n land waar negatiwiteit die norm is.”

Gardiner het eers in Kaapstad gewoon, maar deel nou reeds sowat ses maande koek in Johannesburg uit.

Sy sê in haar familie verteenwoordig koek liefde en omgee.

“Ek het deur ’n moeilike tyd gegaan met mense – ek was seergemaak en het begin voel dit sou veiliger vir my hart wees as ek net aanvaar mense is in die algemeen sleg.

“Ek het dit vir iemand wat ek baie respekteer, genoem. Hy het my gestop en gesê: die oomblik wat jy ophou om die goedheid in ander mense te sien, is die oomblik wat jy self nie meer goed kan wees nie.

“Ek het daarna die goedheid in mense begin soek, en dit het my gemoed so baie gehelp, ek wou ander mense wat in dieselfde ­situasie is, ook só help.”

Sy sê met die koeke wat sy bak, probeer sy om deur die nega­tiwiteit rondom haar te breek deur iets te gee wat vir haar baie beteken.

“Liefde is ’n noodsaaklikheid, wêreldwyd.”

Hoewel sy ook gekritiseer word omdat die koeke wat sy bak, duur is, meen Gardiner ­iemand wat arm is, verdien nie ’n koek van swakker gehalte nie.

“Ek het iets probeer maak wat ek vir my beste vriendin of ­familie sou bak – iets met goeie bestanddele wat lekker smaak en mooi lyk, sodat wie ook al dit kry, die liefde en moeite kan proe.”

Sy het sowat 18 000 aanhangers op Facebook en mense bied ook aan om haar te borg.

Sedert verlede jaar gee sy soms ook warm klere, komberse en kouse saam met die koeke weg nadat mense aangebied het om by te dra met skenkings van toiletbenodigdhede en komberse vir die mense vir wie sy koek vat.

Wanneer Gardiner ’n koek gebak het, klim sy in haar motor en ry rond op soek na iemand wie se dag sy kan ophelder.

“Soms is die koek ’n dankie vir sekuriteitswagte wat ons oppas, vir petroljoggies wat deur die nag gaan werk of ekstra vriendelik was vir geen rede nie, vir mense wat ek gereeld sien wat my inspireer.”

Hoe lyk 'n onvergewensgesinde hart?

Hoe lyk 'n onvergewensgesinde hart? Sonder genade Genadeloos, herhaal die redes oor en oor waarom die oortreder nie enige genade verdien nie. Veragting (kyk sonder enige ontferming op die oortreder neer) gaan hand aan hand met onbarmhartigheid. Jakobus 2:13 is duidelik hieroor: Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel. Prakties: Ondersoek jou hart deurlopend vir die kere dat jy miskien neersien op ander of dat redes by jou opkom waarom hulle verdien om gestraf te word. Kweek die gewoonte aan om dinge neer te skryf wat God aan jou openbaar sodat jy aandag aan elkeen kan gee wanneer jy in gebed by die voete van die Here sit. Gebed: Vader in die Hemel, ek bely dat ek onbarmhartig is en dat ek met minagting na mense rondom my kyk, selfs vir onbeduidende dinge wat hulle elke dag doen. Ek wil hierdie kwaadwilligheid in my hart laat vaar. Toon asseblief duidelik vir my wanneer ek in my daaglikse omgang myself bo ander mense verhef. Vol bitterheid Wrewelrig, dit hou nie daarvan dat die oortreder enige sukses behaal nie. Afguns (begeer die prestasies van die oortreder vir hulleself) gaan hand aan hand met wrewel. Job 5:2 is duidelik hieroor: Verbitterdheid maak 'n dwaas dood, onbeheersdheid vernietig 'n onverstandige. Prakties: Vra vir die Here om in die loop van die dag vir jou enige verbittering teenoor ander mense te toon, selfs al is dit net in jou hart weggesteek. Is jy bly as hulle sukses behaal of iets regkry wat jy nie kon regkry nie? Indien nie, kan dit 'n aanduiding wees dat jy afguns in jou hart omdra. Skryf dit neer en neem dit deur gebed na die Here.

Dankie is n klein woordjie

Dankie is ‘n klein woordjie

Die wonderlikste ding het verlede week gebeur. Sommer so spontaan. Nadat ek kommentaar gelewer het op Boendoe se Krummels, het Sonkind gevra vir bankbesonderhede. Ek het dit gegee. En die reaksie kan ek nou nog nie glo nie. Julle kan maar self gaan lees.

Dit gee my weer moed vir ons mensdom. Dat wildvreemdes sommer so aanbied om te help, is ongelooflik. En julle het gehelp. Elke bietjie help vreeslik baie! Maar dis nou eers die begin van die paadjie. ‘n Egskeiding kos baie geld, maar ons sal plan sien. (Skuus, ek tjank net eers so bietjie.)

Dit was so lekker om die verrassing op haar gesig te sien toe ek die eerste geldjies vir haar gee. Daarmee kon sy darem al so ‘n paar noodsaaklikhede self gaan koop, sonder dat ons aanbied om dit te doen. Mense, julle harte is groot! Vir elkeen wat ietsie gegee het (ek gaan nie name noem nie, julle weet wie julle is!) baie dankie. Glo my, ek het lanklaas iemand gesien wat iets so opreg waardeer.

Vir die van julle wat nie Blou-oog se storie ken nie, gaan lees hier en hier. Vir die res, ‘n update: sy gaan sien vanmiddag ‘n prokureur, en dan sal die bal aan die rol gesit word. Hopelik kan die egskeiding so gou as moontlik afgehandel word. En kan sy en haar kinders ‘n nuwe lewe begin.

Ek is baie trots op jou dat jy hierdie stap neem, vriendin. Ek weet hoe moeilik dit vir jou is om aan te gaan. Ek sien die seer elke dag in jou oë. Ek verstaan die leegheid wat jy nou skielik ervaar. Ek weet hoe moeilik dit vir jou is om elke dag die kinders te troos. Maar ek glo jy doen die regte ding. Mag jy ‘n sterk voorbeeld word vir elke vrou wat emosioneel en liggaamlik mishandel word. En ons belofte staan nog steeds: ons SAL jou hierdeur help! Teen volgende jaar hierdie tyd, vertel ons vir almal hoe gelukkig julle is! Deal?

Die Here aan die werk.

Die Here aan die werk.
So tien dae gelede raak ek in 'n ernstige skermutseling met 'n "angle grinder" betrokke en beland in die hospitaal met my erg beseerde hand. Grinder 1, Willempie 0. Teater toe, skade reggemaak en toegewerk en ek gaan huistoe met 'n vet kontrepsie om die hand, en 'n opvolg afspraak vir 'n paar dae later. Hopelik is die steke eersdaags uit. Nou ja, dit was die deel wat die mediese wetenskap kon doen.
Een van die dae sal daar dalk 'n letsel oorbly, maar ek sal gesond wees. Wie is daarvoor verantwoordelik? Sommer self gebeur? Toevallig? Alles sommer net vanself toegegroei? Nuwe aartjies sommer net chop chop gevorm? Vel heg omdat dit so hoort?
Nee my vriend, die Here het aan die werk gespring die oomblik toe die ongeluk gebeur, en elke oomblik van toe af was die Here aan die werk, dag en nag, selfs toe ek slaap. Soos wat Hy elke oomblik aan die werk is met teenliggaampies in jou lyf wat jou immuniteit stelsel aan die gang hou.
Die punt is: die Here genees my en jou elke enkele oomblik, maar nie net Sy kinders nie, vir almal! Ja, soms loop dinge anders en ongeneeslike siektes kom op ons pad wat ons nie verstaan nie, maar ook daarin is Hy besig met ons. Hy is elke dag besig om stukkende harte heel te maak van mense wat swaarkry, Hy vertroos elke dag waar mense seergekry het. Hy is my en jou groot geneser en ook jou emosionele wonde sal mettertyd genees.
Intussen kan ons maar gerus elke dag dankie sê vir Sy wonderwerke in ons lewens. Onthou jy die tien melaatses wat genees is? Net een het kom dankie sê. Kom ons sê sommer nou gou vir Hom dankie.
Luk 17:15 "En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys"

In my nood roep ek na die Here

In my nood roep ek na die Here,
ja, ek roep om hulp na my God.
In sy paleis hoor Hy my geroep.
Ek roep na Hom om hulp,
en Hy luister na my.
- 2 Samuel 22:7 -

Sing tot eer van God

Sing van harte tot eer van die HERE

"Ek wil U loof onder die volke, o HERE, en psalmsing tot u eer, onder die nasies;" Psalm 108:4.

In die tyd van Dawid was daar sekerlik ook mense wat hulle godsdiens beoefen het sonder dat hul harte daarin was, soos dit vandag steeds die geval is. Ons sing soms uit volle bors saam met die gemeente “God het ek lief” sonder dat daar werklike liefde in ons harte is. Of: “Wie het ek in die hemel, HEER wie kan ek newens U begeer?.....dan sal U wees vir my gemoed my rots, my deel, my eew’ge goed" (Ps 73), terwyl ons gedagtes tegelyker tyd ver weg is by ons stoflike sake en ons laasgenoemde feitlik as ons hoogste goed beskou.

Dawid sê: Ek wil sing, ek wil sing tot eer van die HERE. Dit kom uit Dawid se hart, hy word spontaan daartoe gedryf. Hierdie egtheid in sy lied, hierdie diepe blydskap spruit voort uit die rustigheid wat hy by die HERE ondervind.

Dit is iets om jaloers oor te voel. Want hier is die Bybelboodskap: dat daar rustigheid te vind is in die woelinge van die verbygaande lewe.

Dit is die rustigheid wat ons in die geloof ontvang. Die rustigheid omdat ons weet dat God met liefde en wysheid regeer. Die rustigheid van ons oortuiging dat ons op pad is na ons groot oorwinning saam met Jesus Christus.

En dit is ware rustigheid, in werklikheid die enigste rustigheid. Want ons kan alleen rustigheid ontvang as die dinge van die ewigheid in ons lewe is.

Dit is ook die groot troos as die aand van die lewe oor ons begin daal en die lewe hier sy einde nader. Daar is dan geen mooier  aandgloed in jou lewe as hierdie rustigheid en vrede wat jou dryf om spontaan te sing nie. Jy ontvang dit deur jou oorgawe aan God se liefde en jou geloof in Christus Jesus. Dan is die dood nie meer jou vyand nie, maar jou oorwinning.

Kom ons leef in lof vir die Here

Prys die Here! Hoe dikwels prys ons die Here? Dink bietjie! As jy bid, is jou gebed ook soos myne 'n "shopping list?" waarin ons net vra omdat ons nog meer wil hê as wat ons reeds het? Ja, soms sê ons dankie vir die Here vir goed waarvoor ons gevra het, soos bv nuwe werk, of 'n ander motor, of finansiële verligting. Vraag is, is dit dankbaarheid, of lofprysing?

Ek dink ons prys die Here net eenvoudig te min. Dink bietjie aan Dawid. Hordes lofpsalms geskryf, sommige in spesifieke omstandighede, maar die meeste nét om God se grootheid te besing.

Ps 150 " Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! 2 Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! 3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4 Prys hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! 5 Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale! 6 Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here!"

Dawid was 'n man vir musiekinstrumente, hy het gehou van goed wat geraas maak. Dawid het geweet, as jy die Here begin prys, trek jy al die stops uit. Om die Here regtig te prys, is nie 'n saak vir inkennigheid nie. Dawid het lofprysinge gebid, uitgeroep, gesing en selfs gedans.

Prys die Here! Wie moet almal die Here prys? Waarvoor moet hulle die Here prys?

Ps 148 " Prys die Here vanuit die hemele, prys Hom in die hoë hemel! 2 Prys Hom, alle engele, prys Hom, alle hemelwesens! 3 Prys Hom, son en maan, prys Hom, alle sterre! 4 Prys Hom, hoogste hemele, en waters in die hoë hemelruim! 5 Laat hulle die Naam van die Here prys, want Hy het beveel en hulle is geskep; 6 Hy het hulle vir altyd hulle vaste plek gegee, vir hulle 'n orde neergelê waarbuite hulle nie kan beweeg nie. 7 Prys die Here van die aarde af, seediere en al die oseane, 8 weerlig en hael, sneeu en miswolke, stormwind wat sy opdrag gehoorsaam, 9 berge, al die heuwels, vrugtebome, al die seders, 10 wilde diere, al die vee, al wat kruip of vlieg, 11 konings van die aarde, alle volke, vorste, alle regeerders van die aarde, 12 jong manne en meisies, grysaards saam met seuns! 13 Laat hulle die Naam van die Here prys, want sý Naam alleen is hoog verhewe, sy majesteit strek oor die aarde en oor die hemel. 14 Hy het aan sy volk mag gegee. Dit is die roem van al sy troue dienaars, die Israeliete, die volk naby wie Hy is. Prys die Here!"

Alles, almal, jonk en oud, ja, nie net eers ons wat aardgebonde is nie. Vers 2 sê alle hemelwesens, engele, almal, prys die Here! Die hele skepping, jitte, tot die vrugtebome, seders, alles, prys die Here!

Hoekom moet ons die Here prys? Het jy vandag kos? Vir vandag. 'n Warm bed gehad? 'n Verwarmer, warm water, 'n yskas, blyplek, is jy gesond, het jy werk? Is jou kinders oulik? Is jy gelukkig getroud? Kom jy uit 'n goeie ouerhuis? Het jy toegang tot medisyne, of 'n mediese skema? Gaan/was jy dié jaar op vakansie? Besit jy 'n motor of dalk drie? Het jy 'n paar luukshede, soos 'n selfoon (of agt), TV-stel, radio, skottelgoedwasser, swembad? Kleinkinders, ouma of oupa. Leef jou ouers nog? Wel, loof die Here, want dis alles Sy genade.

Ps 103 : 1 - 5 " Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. 2 Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4 wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk."

Ps 103 : 20 - 22 " Loof die Here, magtige engele wat sy opdragte uitvoer, sy bevele gehoorsaam. 21 Loof die Here, alle hemelwesens wat Hom dien en sy wil doen! 22 Almal wat deur Hom geskep is, loof die Here op al die plekke waar Hy heers! Ek wil die Here loof"

Het jy gehoor wat sê hierdie Psalms? Loof die Here omdat Hy jou sondes vergewe, omdat Hy jou red van die graf!

Al daaraan gedink, dat jy die heeldag kan loop en glimlag omdat jy nie meer hel toe gaan nie? Loof die Here, prys Sy Naam. Jubel as jy 'n Bybel het en die Here kan leer ken!

Sjoe, kan jy sien, hoor, praat, voel? Is jy dankbaar? Gebruik dan jou liggaam om die Here te prys! Loof Sy Heilige Naam. Hoeveel blydskap is daar werklik vandag in jou en my lewens?

Ps 100 " Juig tot eer van die Here, almal op aarde! 2 Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! 3 Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. 4 Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, 5 want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag."

Is ons nie maar soms 'n bietjie gloomy nie? Hoekom is ons? Dalk omdat ons so baie dinge wat goor is, oor onsself bring? Ons het verleer om met blydskap deur die lewe te gaan. Ek dink ook ons word ge-intimideer deur die wêreld wat vir ons sê ons dweep. Nee man, as iets jou vrolik maak, roep uit "Loof die Here!" As jou rugbyspan wen, prys die Here. Is dit omdat die Here net Sy kinders laat wen? Nee, maar as jy bly is oor iets, wees bly in die Here.

Die slegste dag vir 'n ateïs kom as hy bly is oor iets, en daar is niemand om te bedank nie. Ek en jy kan die Here loof vir absoluut alles in ons lewens.

En as dit by tye swaar gaan? Loof ook dan die Here! Want jy weet nie watter goeie dinge daar gaan uitkom nie; die Bybel sê hy laat alles ten goede meewerk en daarvoor kan ons Hom prys. Soos bv.:

· toe my vrou ’n miskraam gehad het. Dit was baie sleg, maar as ek nou terugkyk is dit reg, want anders sou ek mos nie die kinders gehad het wat ek nou het.
· toe ek my werk verloor het. Halleluja! Nou is ek my eie baas en ek wil dit nie anders hê nie.
· toe my pa oorlede is. Prys die Here! Want my pa het geloofsekerheid gehad en is in die hemel; hy het ’n  wonderlike voorbeeld vir ons nagelaat.

Komaan man! Kom ons leef in lof vir die Here. Prys sy Naam, nou en vir altyd!

"Is regverdiging deur geloof alleen of deur geloof sowel as dade?"

"Is regverdiging deur geloof alleen of deur geloof sowel as dade?"Antwoord: Hierdie is mees waarskynlik die belangrikste vraag in die Christelike teologie. Hierdie vraag is die oorsaak van die Reformasie – die skeiding tussen die Protestantse kerk en die Katolieke kerk. Hierdie vraag is die basiese verskil tussen die Bybelse Christendom en die meeste van die “Christelike” kultusse. Is regverdiging deur geloof alleen of deur geloof plus dade? Is ek gered deur slegs in Jesus te glo of moet ek in Jesus glo en terselfdertyd ook sekere dinge doen?

Die vraagstuk van geloof alleen of geloof sowel as dade, word bemoeilik deur sommige Bybel gedeeltes wat nie maklik versoenbaar is nie. Vergelyk Romeine 3:28, 5:1 en Galasiërs 3:24 met Jakobus 2:24. Party mense sien ’n verskil tussen Paulus (regverdiging is deur geloof alleen) en Jakobus (regverdiging is deur geloof sowel as dade). In werklikheid het Paulus en Jakobus nie verskil nie. Die enigste verskil wat deur sommige mense gesien word, is die verwantskap tussen geloof en dade. Paulus het dogmaties gesê dat regverdiging deur geloof alleen is (Efesiërs 2:8-9) terwyl dit voorkom asof Jakobus verklaar dat regverdiging deur geloof sowel as dade is. Hierdie skynbare probleem kan opgelos word deur dit waaroor Jakobus praat, te ondersoek. Jakobus weerlê die siening dat iemand geloof kan hê sonder om goeie dade te doen (Jakobus 2:17-18). Jakobus beklemtoon die stelling dat ware geloof in Christus tot ’n veranderde lewe sal lei en goeie dade tot gevolg sal hê (Jakobus 2:20-26). Jakobus sê nie dat regverdiging deur geloof sowel as dade is nie, maar dat ’n persoon wat waarlik geregverdig is deur geloof, goeie dade in sy lewe sal doen. As iemand beweer hy is ’n gelowige, maar geen goeie dade in sy lewe doen nie, het hy waarskynlik nie ware geloof in Christus nie (Jakobus 2:14, 17, 20, 26).

Paulus sê dieselfde in sy geskrifte. Die goeie vrugte wat gelowiges in hulle lewe moet hê, word gelys in Galasiërs 5:22-23. Net nadat hy vir ons vertel dat ons gered word deur geloof en nie dade nie (Efesiërs 2:8-9), sê Paulus dat ons geskape is om goeie dade te doen (Efesiërs 2:10). Paulus verwag ’n veranderde lewe, net soveel soos Jakobus, “Nou weet ek dat wanneer iemand aan Christus behoort, hy ’n splinternuwe mens is; ’n nuwe skepping in die kleine. Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier!” (2 Korinthiërs 5:17). Jakobus en Paulus verskil nie in hulle leringe van regverdiging nie. Hulle benader dieselfde onderwerp vanuit verskillende oogpunte. Paulus beklemtoon eenvoudig dat regverdiging nie deur geloof alleen is nie terwyl Jakobus klem plaas op die feit dat geloof in Christus, goeie dade tot gevolg het.

Die tyd om behoeftiges te help?

Die tyd om behoeftiges te help?

“Hy wat ’n goedgunstige oog het, sal geseën word, want hy het van sy voedsel vir die geringe gegee.”—SPREUKE 22:9.

’n Rede waarom party Kersfees vier.

Omdat Jesus arm, siek en geteisterde mense gehelp het, wil party sy voorbeeld volg. Hulle voel dat Kersfees moontlik die beste tyd is om dit te doen, aangesien baie liefdadigheidsorganisasies dan ’n spesiale poging aanwend om bydraes in te samel.

Waarom is dit ’n uitdaging?

Gedurende die Kersseisoen is baie mense druk besig om inkopies te doen, gaste te onthaal en by vriende en familie te kuier. Hulle het gevolglik min tyd, energie of geld oor om die armes en behoeftiges te help, behalwe om miskien ’n bydrae te gee.

Watter Bybelbeginsels kan jou help?

“Moenie die goeie terughou van dié aan wie dit toekom wanneer dit in die mag van jou hand is om dit te doen nie” (Spreuke 3:27). Arm, honger en geteisterde mense ly nie net gedurende die Kerstyd nie. Hoef ’n mens vir ’n vakansieseisoen te wag om ’n behoeftige te help as dit in “die mag van jou hand is” om dit te doen? Jou goedhartigheid en medelydende dade sal geseën word.

“Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle by sy eie huis iets opsysit en opspaar na gelang van sy voorspoed” (1 Korintiërs 16:2). Die apostel Paulus het hierdie raad aan vroeë Christene gegee wat die armes wou help. Kan jy geld “opsysit” wat jy gereeld aan individue of aan ’n organisasie kan gee wat sy fondse wyslik gebruik? Sodoende verseker jy dat jy die behoeftiges help, maar nog steeds binne jou vermoë gee.

“Moet . . . nie vergeet om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want sulke offerandes is vir God welbehaaglik” (Hebreërs 13:16). Let daarop dat ons nie net “mededeelsaam [moet] wees” nie, maar ook moet onthou “om goed te doen”, of ander te help. Wyse ouers lei byvoorbeeld hulle kinders op om die bejaardes met alledaagse takies te help, om die siekes deur middel van ’n kaartjie, ’n besoek of ’n telefoonoproep aan te moedig en om persoonlike belangstelling te toon in ander kinders wat arm is of ’n liggaamsgebrek het. Sodoende leer kinders om heeljaar goedhartig en vrygewig te wees.

Wyse ouers lei hulle kinders op om die bejaardes, die siekes en minder bevoorregte kinders te help. So leer kinders om heeljaar goedhartig en vrygewig te wees

’N HAND GEE HOOP

’N HAND GEE HOOP

Richard van As gesels in ons 30 Mei-uitgawe oor Robohand, ‘n projek wat ‘n groot verskil in mense se lewe maak. Kyk hier na ‘n paar van die algemene vrae wat Richard ontvang.

DEUR: LINDI HERBST
 
Hoe gou ná ‘n besering kan ek ‘n Robohand kry?
Mense verskil, maar dit word aanbeveel dat die wond eers volkome herstel het, jy geen sensitiwiteit aan die beseerde hand ervaar nie en die swelling heeltemal gesak het. Jy moet ook eers geassesseer word om vas te stel of jy ‘n geskikte kandidaat is.Op watter ouderdom kan ek ‘n Robohand kry?
Vir kleiner kinders word dit tussen twee- en driejarige ouderdom aanbeveel. Dit hang ook af van die grootte van die hand wat benodig word – hande kan nie te klein gemaak word nie omdat dit nie so goed funksioneer nie. Jy is nooit te oud om ‘n Robohand te kry nie.Hoe weet ek of ek ‘n kandidaat is vir ‘n Robohand?
Jy moet minstens 30º-beweging in jou gewrig hê en geassesseer word om te bepaal of jy geskik is.Hoeveel vingers moes ek verloor het voordat ek ‘n Robohand kan kry?
As jy slegs een vinger verloor het, sal jy vir ‘n Robofinger oorweeg word. Vir meer as een vinger, sal jy ‘n Robofinger of Robohand kan kry. As jy al jou vingers verloor het, is ‘n Robohand die enigste opsie. 

Wat is die proses om ‘n Robohand te kry?

As jy nie ‘n 3D-drukker het nie, kan jy ’n e-pos stuur aan robohand417@gmail.com – ‘n vorm sal aan jou gestuur word, wat jy moet invul en terugstuur. Daarna sal ‘n assessering op jou uitgevoer word.

Wat is ‘n Roboarm en Robofinger?

As jou amputasie bo jou gewrig is, sal jy waarskynlik ‘n kandidaat vir ‘n Roboarm wees. Dit vereis dat jy steeds ‘n klein deel van jou arm onder jou elmboog het en dat jy ‘n 30º-buigaksie met jou elmboog kan uitvoer. As jou amputasie bo jou elmboog is, sal jy fisiek ‘n assessering moet ondergaan om vas te stel hoe die Roboarm geheg gaan word. ‘n Robofinger is oorspronklik ontwerp met ambagsmense in gedagte, wat beteken dit moet sterk genoeg wees vir ‘n persoon om fisieke werk daarmee te kan doen. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na robohand417@gmail.com, renovate@rjat.co.za of besoek 
www.facebook.com/robohandsa of bel 074 104 1847. Lees meer in die 30 Mei-uitgawe op bl 12.

Cradle of Hope

ns moet begin om ons stories te deel. Want, sê Melodie van Brakel, stigter van The Cradle of Hope in Krugersdorp, só vind ander mense in ’n soortgelyke posisie hoop.

Van Brakel (50) gesels by haar wit lessenaar in haar kantoor by dié liefdadigheidsorganisasie wat mishandelde vroue en kinders huisves.

Die Onse Vader is gehekel en geraam teen die muur. Op een van die kaste is ’n prent opgeplak met die woorde: “Whatever you’re facing today, keep going. Keep moving. Keep hoping. Keep pressing on. There is victory on the other side!”

“Daar is soveel mense wat uit hul seer die wêreld ’n beter plek kan maak. Ons moenie stilbly nie.”

Die begin van The Cradle of Hope het met ’n noue ontkoming vir haar begin.

“Op 38 het my blindederm gebars, en ek was drie keer by die dokter en kry toe net elke keer medikasie. Ek het nege dae so rondgeloop. Ek gaan toe na ’n ander dokter en ek is onmiddellik gediagnoseer en ’n operasie moes gedoen word. Ek beland toe in die hoësorgeenheid. Die dokter het gesê dis die langste wat hy nog gesien het dat iemand met ’n gebarste blindederm rondloop.”

Sy het oorleef.

En toe wonder sy: “Hoekom is ek gespaar?”

Voorheen het sy saam met haar man, Albertus, gewerk. Hy is ’n geoktrooieerde rekenmeester. Op haar lessenaar lê haar dagboek met ’n gesinsfoto voorop. Die egpaar woon in Noordheuwel. Sy is ook ma van twee dogters, Christene (24) en Alicia (20).

“Toe ek daar lê, het ek besef ek ken nie die Here nie. Ek weet wie Hy is, ek gaan kerk toe en dies meer, maar ek kén Hom nie.

“My hart was nog altyd baie gerig op mense wat swaarkry.” Sy is eintlik ’n opgeleide kleuterskoolonderwyser.

Twee jaar ná die siekte, in 2007, sit sy by ’n rooi verkeerslig in Monument.

“In daardie stadium was daar nog ’n News Café op daardie hoek. En ek stoei met die Here. Ek het my hande in die lug gegooi en gesê Hy moet maak met my wat Hy wil.”

Haar oë is oopgemaak vir nood.

Sy het toe dié huis (waar The Cradle of Hope vandag is) gekoop en die organisasie begin.

“Dis ook maar met die genade saam, want dikwels weet ons nie waar die volgende maand se geld vandaan gaan kom nie. Verlede jaar het ons gedink ons sal moet sluit, maar hier sit ons ’n jaar later nog. So, die Here voorsien werklik.”

Daar woon tans 38 mense in The Cradle of Hope.

Dit is slegs ’n deurgangshuis, sê Van Brakel. Inwoners bly net totdat hulle weer op hul voete is en ’n ander heenkome het.

Oor een ding is sy egter vasbeslote. “Jy kan nie iemand se pad vir hom stap nie. Jy kan hulle help en lei, maar op die ou end is dit húl keuse waarheen hulle wil beweeg. Jy moet self ook jou lewe wíl beter maak.”

Skoolgereedheid en onderrig is vir haar baie belangrik. “Dit is moeilik, emosioneel, want regtig tragiese verhale van mense wat werklik swaar kry in die lewe kom oor jou pad. Ons grootste roeping kom uit ons ergste pyn.”

  • Skakel 011 660 4623 as jy by die organisasie betrokke wil raak.

Hoekom ek glo

HOEKOM EK GLO


1 Kor 1:18-25
Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God. Daar staan tog geskrywe: “Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak.”  Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo. Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid, maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin,maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. Wat vir die wêreld die onsin van God is, is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense.   

Jy het al gehoor hoe die man op straat sê ons Christene glo sommer ‘n klomp nonsens. Jy het ook gehoor hoe hoogs geleerde wetenskaplikes, en selfs teoloë dink ons is bietjie koekoes. Ek wil vandag sê hoekom ek glo, en wat ek persoonlik glo. 

Hoekom glo ek dat God alles geskep het? Wel, alles is so ongelooflik kompleks, alles is so ingewikkeld, nie net op aarde nie, maar in ons hele heelal, dat daar Iemand moet wees wat groter is as die skepping. Jy sal tog nie glo dat jou horlosie sommer vanself ontstaan het nie, of hoe? Dis te ingewikkeld. Hoe op aarde sal een sel in jou liggaam spontaan, sommer so per ongeluk, kon ontwikkel het? Een sel in jou liggaam is miljoene keer meer kompleks en ingewikkeld as al die tegnologie wat die mens tot nou toe ontwikkel het. Die ongelooflike, volmaakte orde van die skepping wys heen na ‘n Ontwerper wat vir elke enkele ding voorsiening gemaak het. As ‘n stoomtrein nie wiele het nie, omdat die ontwerper die wiele vergeet het, kan die trein nie ry nie. God het niks  vergeet nie. Daar is geen leemtes of tekorte nie. Alles is volmaak, briljant, kompleks en dit wérk. Dis hoekom ek in ‘n Skepper glo. 

Kom ek vertel jou hoekom ek in die Bybel glo as die Woord van God. Die Bybel is geskryf oor ‘n tydperk van 1400 jaar, deur meer as 40 skrywers (die meeste ken mekaar nie), geskryf op drie vastelande; dit is saamgestel in sy huidige vorm in 397 jaar na Christus – 1600 jaar gelede. Geen enkele element in die Bybel kon nog ooit verkeerd bewys word nie. Dis die boek waarvan die meeste kopieë op aarde verkoop is en wat in elke denkbare medium versprei word. In Suid-Afrika verkoop ‘n sogenaamde “goeie verkoper”-boek nie meer as 3000 kopieë nie. ‘n Bekende skrywer sal egter baie duisende boeke verkoop kry, maar van die Bybel is miljoene der miljoene al versprei. Dit is die Boek wat meer mense se lewens dramaties verander het, meer as al die boeke in die wêreld saam. Hoewel die skrywers mekaar nie geken het nie, skryf almal een sentrale boodskap, nl: God is lief vir jou en wil hê jy moet jou bekeer. Elke keer as jy ‘n teks lees, praat hy anders met jou, so asof dit nog nooit gelees is nie. Dis omdat die Woord van God lewend en kragtig is. As jy die Bybel lees praat die Here met ‘n byna hoorbare stem, so asof Hy langs jou staan. Ek glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is.  

Kom ek vertel jou hoekom ek in  Jesus glo. Omdat geskiedenis en hede wys dat Hy presies is wie die Bybel sê Hy is. 

Joh 1:1-4
In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense.     

Hierdie Persoon – Jesus Christus, is die Persoon wie meer mense ooit van geweet het as enige iemand anders in die geskiedenis. Hy het meer mense aangeraak as enige ander entiteit ooit op aarde. Hy het 2000 jaar gelede geleef, en so ‘n impak op mense gemaak dat dit vandag, 2000 jaar later, mense by die dag meer aanraak. Wie is Hy? Waar kom Hy vandaan? As Hy nooit bestaan het nie, hoekom sou soveel mense so agter Hom aankom? Hoe lank sou so ‘n leuen water hou? Hoekom sou soveel mense so ‘n dooie versinsel  van iemand aanbid? Ek glo voorts dat Hy uit die dood opgestaan het, anders sou mense se geloof in Hom ook gesterf het. Ek glo dit ook omdat Sy dissipels vir hulle geloof in Hom gesterf het.  Ons weet Petrus is onderstebo gekruisig, Paulus is telkens bykans doodgeslaan, Stefanus is gestenig en vandag sal baie wedergebore Christene bereid wees om te sterf vir hulle geloof.  

Ek glo in die Heilige Gees – as Persoon in die Drie-eenheid. Paulus sê in 1 Kor 2:14 – “Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees nie” Aanvaar jy dit? Wel geluk, dan HET jy die Gees van God. El glo in die Heilige Gees omdat Hy al só baie dinge aan ons geopenbaar het. Dis net die Gees wat mens energie en krag kan gee om Geestelike berge te versit. Jy het sekerlik al daardie onbeskryflike gevoel gekry as dit voel of God oor jou spoel. Of as jy iets sommer net skielik verstaan wat nooit vir jou sin gemaak het. Hand 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom.... 

Ek glo in die ewige lewe want God belowe dit. Omdat ek alles anders in die Bybel glo, is hierdie een nogal maklik om te glo. Jesus het belowe dat Hy vir ons gaan plek maak by die Vader, en daarop is my geloof gebaseer. Ons hoop is nie net op hier en nou gevestig nie, want die Heilige Gees bring daardie onwrikbare geloof en wete. 

Ja, ek kan onomwonde sê: EK GLO!

Glo jy in God?

GELOOF

 

Matteus 8:10; Lukas 7:9 10Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ’n groot geloof teëgekom nie.”

Matteus 9:22Markus 5:34Lukas 8:48 22Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

Matteus 15:28 28“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond.

Matteus 17:20 20“Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ’n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Matteus 21:21-22Markus 11:22-24 21Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. 22As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.”

Matteus 24:10 10In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

Markus 2:5 5Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, jou sondes word vergewe!” Markus 4:40 40Toe sê Hy vir hulle: “Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?”

Markus 10:52 52Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.

Markus 16:16-18 16“Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word. 17Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; 18met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”

Lukas 7:50 50Maar Jesus sê vir die vrou: “Jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.”

Lukas 8:12 12Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie.

Lukas 8:13 13Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net ’n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op.

Lukas 8:25 25Hulle het bedaar, en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waar is julle geloof dan?” Maar hulle was verskrik en verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog? Hy gee bevele aan wind en water, en hulle is aan Hom gehoorsaam!”

DIE GOEIE NUUS

DIE GOEIE NUUS

Wat ‘n aangrypende verhaal?

Hierdie verhaal handel oor ‘n tronkbewaarder wat as gevolg van ‘n baie slegte werksituasie selfmoord wou pleeg. Vir hom was dit die slegste laagtepunt in sy lewe ooit (hy wou nou selfmoord pleeg!!!!), maar hy het nie besef dat hy eintlik by ‘n kritiese draaipunt gekom het wat hom en sy geliefdes na ‘n nuwe en beter lewe sou lei. Laagtepunte maak die deur na ongekende hoogtepunte oop!

Lees hierdie verhaal in Handelinge 16 eers 2-3 keer deur. Probeer op jou eie antwoorde vir die volgende vrae te vind:

1) Hoekom wou die tronkbewaarder selfmoord pleeg?
2) Watter goeie nuus het hom van plan laat verander?
3) Hoe verstaan jy die goeie nuus?
4) Wat is nodig om jou weer nuut te laat leef ongeag die omstandighede waarin jy jouself nou in bevind?

Nou die verhaal van die tronkbewaarder! Lees meer

Ek onthou die GOEIE NUUS die beste deur die volgende 5 beklemtoonde/”bold” konsepte te memoriseer.
Kortliks sal ek oor elkeen net iets noem, maar deur te kliek op die “lees meer”, sal jy toegang tot ‘n meer vollediger uiteensetting kry. Die konsepte is:-

1)  Die mens.
Elke mens word gebore as ‘n sondaar. Van geboorte ontbreek dit elke mens aan die heerlikheid van God. Ons elkeen het God beroof van die eer wat Hom toekom. (Rom.3:23) Ons elkeen het dit in ons om ons eie ding te doen, al benadeel dit ander. Daar is nie een goeie mens nie. Die beeld wat  Romeine 3 van elke sondaar het, is dat elke mens soos suur melk is. Ons kan ons eie suurheid nie verander nie. Inteendeel, ten spyte van ons beste pogings, word ons net vrotter. Later gooi ‘n mens dit weg. Wie in een opsig die Tien Gebooie oortree, oortree almal (Jakobus 2:10) Net deur ‘n “onskuldige” wit leuntjie te vertel, het ek daarmee moord gepleeg ens. Elke mens is alreeds voor sy geboorte SUUR.

Die hedendaagse mens verag hierdie prentjieDie moderne mens wil baie graag glo (en huiwer ook nie om dit van elke beskikbare kateder te verkondig nie!!!!) dat elke mens word goed gebore en word as gevolg van omstandighede, as gevolg van ander mense en ander eksterne invloede buite sy beheer eers later sleg. Orals word luidskeels verkondig dat elke mens inherent goed is. Dis wat mense graag vertel en wil glo.

Hierteenoor, stel God dit onomwonde: elke mens is wel geskape na die beeld van God. Hierdie beeld is beskadig, want elke mens IS IN SONDE ontvang en gebore. Aan elke “pragtige baba” ontbreek dit aan die heerlikheid van God. Elke “skattebol” wat ‘n oupa en ‘n ouma met dankbare liefde vashou, is alreeds sondig en benodig die wedergeboorte. Die Bybelse boodskap is duidelik: “For all have sinned and fall short of the glory of God.” (Rom.3:23) Lees meer

2)  God
God is onbeskryflik lief vir die mens en Hy wil die mens nie straf nie, maar Hy is ook ‘n regverdige en ‘n heilige God wat nie anders kan as om die sondedraer te straf nie. Lees meer

3)  Christus Jesus.
Die Bybel leer ons dat Jesus is van ewigheid tot ewigheid volledig God. Tydens sy aardse verblyf het Hy bygeneem dit wat Hy nooit vantevore gehad het nie naamlik ‘n menslike liggaam en ‘n menslike natuur. In ons drie dimensionele tyd het Hy na die mensdom gekom om te soek en te red wat verlore is. Na elke “suur en vrot” mens. Hy het die mens se sondes, sy “vrotheid” op Hom geneem en die straf wat die sondaar moes ontvang, het Hy op Hom geneem. Lees meer

4)  Geloof.
Daar is iets soos ‘n nie-Bybelse en ‘n Bybelse geloof. Bybelse geloof is om met vertroue te handel op grond van wat God gesê het. Geen mens word op sy eie manier van glo met God versoen nie. Geen mens word op sy eie manier van glo deur God gehelp nie. Hebr.11:1 en 6 verduidelik met watter tipe geloof God alleenlik mee tevrede is. Lees meer

5)  My persoonlike keuse.
Die goeie nuus is dat God uit liefde vir elke mense Sy allerbeste in Jesus Christus aanbied. Hy gee dit verniet. Hy forseer Sy goedheid nie in ‘n mens se keel af nie.

Ps 81 sluit by ‘n situasie aan waar die ouer vir die kind per lepel wil voed. “Maak jou mond wyd oop dat Ek dit kan volmaak.” (Ps 81:11) Dit getuig van God se gretigheid om vir ons dit te gee wat vir ons regtig goed is. Jy besluit of jy jou mond gaan oopmaak of nie. Hy nooi elkeen uit om sy “mond”, sy totale lewe oop te maak vir dit wat Hy uit liefde so dolgraag wil skenk. Hy nooi elkeen uit met: “neem, proe en ervaar dat die Heer vir jou net die beste wil gee!”. Ons kan met ‘n “oop of toe mond” voor God leef. Dis jou en my eie keuse.

Luister na wat God waarborg:

a) Dit is die getuienis dat God aan ons die ewige lewe gegee het en die lewe bestaan in ‘n hegte verhouding met sy Seun, Christus Jesus. Elkeen wat Jesus HET, HET hierdie sinvolle aardse en ewige lewe saam met God. (1 Joh.5:11-12)
b) Elkeen wat Jesus aangeneem het, het die Vader as Sy eie kind aangeneem, “geadopteer”. (Johannes 1:12Die aangenome kind ontvang nou God se “van”, Hierdie aangenome kind is nie meer ‘n kind van die sonde en die Satan nie. Inteendeel, dit beteken dat  as God se “aangenome kinders” ons dieselfde vir die Vader beteken as wat die “Kind Jesus” vir Hom beteken.
c) Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huis (Hand 16:31)

Die kennis wat jy NOU van God het en die vertroue wat jy NOU in Hom het, moet NOU tot ‘n daad  oorgaan. ‘n Besluit moet geneem word. Krities belangrik is ons persoonlike keuse. Die tronkbewaarder het ‘n keuse gehad tussen selfmoord of die “GOEIE NUUS”.  Lees meer

Moontlik kan die volgende gebed jou help om die regte keuse te maak. (Indien dit help, lees die gebed aandagtig deur en as dit verwoord wat in jou hart leef, bid dit dan hardop.)

“Here Jesus, ek is bly dat U nou hier by my is. Ek erken ek is ‘n sondaar. Tot nou het ek my eie pad deur die lewe gestap. Ek glo in U, Jesus Christus as my Verlosser en Here. Vergewe my van al my sondes. Was en reinig my deur U bloed. Ek vra U om nou in my lewe in te kom. Ek nooi U in. Maak my U kind. Ek aanvaar U as my Verlosser en Here. Van nou af behoort ek aan U alleen en vir U wil ek alleen leef. Here God, dankie dat U nou my hemelse Vader is en dat U my sal help om vir U te leef. In Jesus Naam. Amen.”

Dikwels hoor ek die opmerking “maar ek voel nie anders nie!” Onthou bedrieglik is die hart bo alle dinge, Hy beloof nie spesifieke emosies nie.

Hy beloof wel sekere gebeurtenisse. Is jy seker wat dit is? As jy nou hierdie gebed gebid het, WAT HET MET JOU NOU GEBEUR EN HOE WEET JY DIT? 

Onthou GOD SÊ IN SY WOORD: die volgende:-

– “Enige een wat na My toe kom sal Ek nooit uitwerp nie”.(Joh.6:37) – “as ons ons sonde erken, bely en laat staan, dan is Hy ons genadig. Die bloed van Jesus reinig ons van alle sondes. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons van al ons sondes te vergewe”. (Spr.28:13; 1 Joh.1:9)
– “Almal wat Christus aangeneem het, elkeen wat in Hom glo, het Hy die mag gegee om kind van God te wees. Hy “adopteer” (neem jou aan) as Sy eie kind” (Joh.1:12)

– “Wie Jesus het, het die lewe.” (1 Joh.5:12)

Ek vertrou dat elkeen wat hierdie gebed gebid het op grond van Sy Woord sal verklaar:

– “Ek WEET dat Jesus my verwelkom HET.
– Ek WEET dat God nou my Vader is, want Hy het my Sy kind gemaak.
– Ek WEET dat nou ‘n kind van God is.
– Ek WEET dat ek Jesus en die nuwe en ewige lewe het

Wanneer jy ’n persoonlike keuse gemaak het, vra jouself af: “Wat het NOU met my gebeur?”  Dit sal help as jy dit iewers sou neerskrywe.

Kom ons gee NOU vir God die geleentheid om jou te vertel wat alles met jou gebeur het. Dit vertel Hy vir ons in Efesiers 1.Om jou te help het ek enkele van hierdie gebeure met hoofletters geskrywe.   Lees meer

By ‘n latere geleentheid sal ek dit baie graag met jou wil bespreek, Nou wil ek vir jou vra (dis in jou eie belang) herkou hierdie gebeure.

– Maak ‘n lysie van hierdie gebeure.
– Plak dit iewers op.
– Vir die volgende 21 dae lees jy hierdie lysie 3x  per dag.
– Steek jou hande in die lug en dank jou liefdevolle Vader vir al Sy goedheid wat Hy vir jou gee. Die Ou Testamentiese woordjie om te dank is “yadah”. Dit kom meer as 100 keer in die Bybel voor. Dit beteken om met uitgestrekte hande na bo die Vader te aanbid en te dank vir al Sy onverdiende goedheid wat Hy oorvloedig aan ons skenk.

Dikwels is die vraag geopper: “Hoe kan ek regtig hiervan seker wees dat dit alles regtig met my gebeur het?” Ek volstaan met die voorlopige opmerking:-

Ek aanvaar dit wat God in die Bybel sê as die waarheid! óf ek aanvaar wat my gevoelens, ander mense, omstandighede, negatiewe gedagtes ens. sê. Sonde bring skeiding tussen my en God (Jes.59:1 en 2). Hoe langer ek volhard met my sonde, hoe meer sal ek die oortuiging van God se onverdiende goedheid jeens my begin te verloor

“En nou, hoe vorentoe?” Lees meer

Mag jy op ‘n baie persoonlike manier soos hierdie tronkbewaarder deel in die beste GOEIE NUUS van alle tye en vir alle mense!

Waar kyk jy vir jou toekoms?

Waar kyk jy vir jou toekoms?

Ontdek Christus

 

�Ek weet wat Ek vir julle beplan,� s� die Here; �voorspoed en nie
teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!�
(Jeremia. 29:11)


Waarop gaan jou lewe uitloop � op voorspoed of teenspoed, in die hemel of die hel? Beplan jy jou toekoms? Hoe? Deur boeke te lees of ander se raad te vra? Soek jy antwoorde by fortuinvertellers of deur na die sterre te kyk? Vriend, moenie na die sterre kyk nie. Kyk na die Een wat die sterre gemaak het! God het 'n plan vir jou lewe � jou opvoeding, jou besigheid, jou huwelik, jou verhoudinge. Dit is 'n plan met ewigheidsbetekenis. 'n Plan waardeur jy die ware lewe kan ontdek � 'n lewe in gemeenskap met die Lewende God � vir nou en vir ewig!As jy hierdie ware lewe en toekoms soek, luister na die Evangelie, die �Goeie Nuus� van Johannes 3:16: �God het die w�reld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal h�.�Volg nou die volgende roete om by die ware lewe uit te kom:
Erken jou sondeDis is jou sonde wat jou van die lewe met God beroof. Begryp en erken dat jy 'n sondaar is. Sonde skei ons van God. Die Bybel s�: �Almal het gesondig en is ver van God af.� (Romeine 3:23) Die enigste manier terug na God toe is deur sy Seun, Jesus Christus.Los jou eie pogingsLaat vaar jou eie pogings om jouself te red deur byvoorbeeld 'n goeie lewe te lei. Jy sal dit in elk geval nie regkry nie. As jy jouself kon red deur 'n goeie lewe te lei sou Jesus nie hoef te gesterf het nie! �Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming.� (Titus 3:5) Redding is deur God se genade. Die Bybel s�: �Dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige reg om op homself trots te wees nie.� (Efesi�rs 2:8-9)Erken Christus se betalingGlo dat Jesus Christus, die Seun van God, vir jou sondes gesterf het. �Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gestef het toe ons nog sondaars was.� (Romeine 5:8) Dit beteken dat Jesus in jou plek gesterf het. Jou sondeskuld is deur die bloed van Jesus Christus betaal wat ons van elke sonde reinig. (1 Johannes 1:7)Aanvaar Christus as Jou Verlosser

Plaas jou geloof in Jesus Christus en Hom alleen vir jou redding. Die bloed van Christus help jou nie totdat hy Hom in die geloof aanvaar. Die Bybel s�: �Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.� (Handelinge 16:31) �Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.� (Johannes 14:6)
Bid dan die volgende gebed tot God

O God, ek is 'n sondaar. Ek is verlore en moet gered word. Ek erken dat ek myself nie kan red nie, daarom vertrou ek op U om my te red. Oortuig my, deur U Gees van my eie verlorenheid en skenk aan my die geloof in Jesus Christus alleeen. Ek wil my lewe aan u oorgee, omdat die lewe net by U te vinde is!
In Jesus se Naam bid ek dit. AMEN.

As jy hierdie gebed opreg bid, belowe God dat jy gered is! En jy sal ewig bly wees dat jy Christus as jou enigste troos in lewe en in sterwe aanvaar het.� 2009 Henk Botha

GELOOF & GELOOFSEKERHEID

GELOOF & GELOOFSEKERHEID

GELOOF  EN  GELOOFSEKERHEID

 

Daar word gesê:  Deur jou  geloof  word jy gered.

En ook:  Jy moet  glo  om die ewige lewe te be-erf.

 

Klaarblyklik is    ‘glo’   en  ‘geloof’  dus  baie belangrik.

Dan moet ons seker maak dat ons verstaan wat glo en geloof beteken.

Daar is egter baie onduidelikheid en uiteenlopende idees rondom hierdie begrip.

In Afrikaans sê ons ook nog:  Hy het  ‘glo’ teen die berg op gehardloop!

Hierdie bring onmiddellik  ‘n sterk  element van twyfel in die gedrang.  Nou word dit nog moeiliker:

Wat beteken dit om te glo?  Wat beteken geloof?  Wat beteken dit spesifiek dan in terme van die christelike  godsdiens?

Dit is baie duidelik dat  ‘geloof  ‘en  ‘glo’  van deurslaggewende belang is ten opsigte van  ons saligheid en ‘n kern vorm van die christelike evangelie.

Dink maar aan:  Romeine 3:28,  Ons betoog is tog dat ‘n mens vrygespreek word omdat hy glo,  nie omdat hy die wet onderhou nie. 

Rom 4:5,   Maar die mens………wat   glo   in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak deur sy   geloof.

Handelinge  16:30,31,   “Menere, wat moet ek doen om gered te word?”  Hulle antwoord hom:  “ Glo  in die Here Jesus, en jy sal gered word,”

Dan word daar ook nog gepraat van geloofsekerheid.

Daar word beweer dat geloofsekerheid noodsaaklik is vir redding!

Voordat ons oor geloofsekerheid praat, moet ons seker maak dat ons werklik weet wat glo en geloof beteken.

Glo  is die werkwoord, in Engels: believe.

Geloof is die naamwoord, in Engels: faith.

Die Griekse en Hebreeuse woorde wat ons met  ‘glo’  vertaal, beteken:  om op te vertrou,   om ten volle oortuig te wees,  om te erken,  om op staat te maak,   om beslis en gevestig te wees.

Dit word weerspieël  in die definisie van geloof wat ons in die Bybel vind in Hebreërs 11:1. 

(Ou vertaling):   Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop,  ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

(’83 vertaling):  Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie kan sien nie.

(Die Boodskap):  Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel dat Hy sy beloftes sal hou nie en om daarna uit te sien.

(NLV):  Wat is geloof dan?  Dit is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.

 “(NKJV):  Now faith is the substance of things hoped for, the evidence of things not seen.”

 

By glo en geloof in christenskap speel   twyfel   geen rol nie.  ( Nie soos: Hy het glo teen die berg opgehardloop nie.)

As ek dus  bely dat ek glo dat ek gered is,  beteken dit dat ek   WEET  dat dit so is……dit beteken nie ……ek hoop so nie!

Dit beteken om God op sy Woord te neem.

Hy het dit juis só voorsien:……….. want sekerheid verdring vrees.

Geloof is om onbevrees en met oorgawe te vertrou op God se woord, en met sekerheid te weet dat Hy sy beloftes sal nakom.

Is dit arrogant?  

Matig ek my te veel aan met so ‘n geloof? 

MAG  ek só selfversekerd  wees? 

Mag ek sê ek is  SEKER   DAT EK GERED IS?  Of is  dít  soos die Fariseër wat op sy bors geslaan en homself in sy gebed teenoor die tollenaar gemeet het? (Lukas 18:9-14)

Paulus vra op ‘n ander plek:  “……wat sal ons van al hierdie dinge sê?”

Die belangrike is:       Wat sê die Bybel?

1 Johannes 5:12, 13 sê:   Die getuienis behels dit: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Die wat die Seun het, het die lewe; die wat nie die Seun het nie,  het ook nie die lewe nie.

Hierdie brief skrywe ek vir julle sodat julle kan  WEET  dat julle die ewige lewe  HET,……julle wat aan die Seun van God glo.

Daar is nie twyfel nie,  ons HET dit, nie……. ons gaan dit kry nie!

Joh 6:47:  (Jesus sê):  Dit verseker Ek julle:  Wie in My glo,  HET  die ewige lewe.  (Teenwoordige tyd)

Joh 1:12:  Maar aan almal wat Hom aangeneem het, die wat in Hom glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.

 

Waar kom geloofsekerheid dan in?

Ons sê juis: Geloof   IS  sekerheid! 

Geloofsekerheid is dus ‘n dubbele bevestiging.

Wanneer ons van sekerheid praat, is dit eerder …..sekerheid van saligheid….. waarvan ons praat.

As ons dan weet wat  glo  en  geloof  beteken,  bly die ander belangrike vraag egter: 

Wat……… of waaráán…….. glo ons?

Gered

... and ye shall be witnesses unto me both in Jerusalem, and in all Judæa, and in Samaria, and unto the uttermost part of the earth. (Acts 1:8 KJV)

 
 
 
 
 
 
 
 

Die weg tot saligheid

 

"Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?"(Mark. 10:17).

1.    Erken dat jy 'n sondaar is
"Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God." (Rom. 3:23)
Weet dat God reeds vir jou redding en saligheid voorsien het:
"Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Horn glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." (Joh. 3:16).

2.    Besef dat jy jouself nie kan red deur goeie werke nie
"Want uit genade is julie gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie" (Efs. 2:8-9).

3.    Bekeer jou en breek met jou sondes
"Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik" (Jes.55-7)
 
 4.  Nooi Jesus in jou lewe in en vra Hom om jou sonde te vergewe
"Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en Hy met my" (Op. 3:20).
"...en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde... As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig" (1 Joh. 1:7,9).

5.    Glo die Woord van God dat Jesus sal doen wat jy vra
"Menere, wat moet ek doen om gered te word? Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin" (Hand. 16:30-31).
"Want uit genade is julle gered, deur die geloof (Ef. 2:8)
.
6. Bely Jesus met jou mond voor die mense
"As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding" (Rom.10:9-10)

Sal jy nou eerlik 'n gebed bid soos die volgende?
"Here Jesus, ek kom nou in die gebed na U toe. Ek erken dat ek 'n verlore sondaar is. Vergewe asb. al my sondes. Was my in Jesus se kosbare bloed. Ek maak nou my hart vir u oop Here Jesus. Kom woon in my. Verlos my van die sondebande wat my bind. Help my om U voortaan met my hele hart en lewe te volg en te dien. Dankie dat U my hoor en doen wat ek vra omdat U dit belowe! AMEN."

"Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Rom.10:13).

Hoe moet ons geloof wees?

Hoe moet ons geloof wees?


Image result for jesus christ


2 Kor. 13:5 sê:

"Ondersoek julleself en stel julleself op die proef of julle in die gelooflewe." Paulus sê Kyk of jou verhouding met die HERE  nog reg is!
Bely ons dus nie Jesus Christus voor die mense nie, dan bely Hy ons nie voor die Vader nie, met die geval dat ons onsself beroof  van seëninge.
Geloof is ‘n gawe wat jy by die Wedergeboorte ontvang het. Deur die Woord in jou hart te bêre en as lamp vir jou voet te gebruik, bou jy jou geloof uit.

Efes 6:16 “Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.” 
Wat moet ek glo?  Moet ek net glo dat God bestaan?
Ek moet glo dat Jesus Christus vir my aarde toe gekom het, vir my sonde aan die kruis  gesterf het en dat God die Vader Hom uit die dood opgewek het. Dat Hy opgevaar het na die Hemel en vandag sit aan die regterhand van God as my Middellaar en Verlosser.  En dat Jesus die Heilige Gees gestuur het as Trooster vir ons nadat Hy na die Vader gegaan het.
Ons moet dus glo in die Drie-eenheid, God die Vader, God die Seun, Jesus Christus en God die Heilige Gees.
1 Joh 5:7“Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord (Jesus Christus is die Woord) en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.” Hierdie is die enigste waaragtige en lewende God.
Is dit al wat van my verwag word? Dat ek net moet glo? Nee jy moet dit ook bely met jou mond!  Sodat satan dit kan hoor en kan weet dat jy ‘n Kind van God is, sodat hy jou nie kan kom oortuig dat jy nie ‘n geredde persoon is nie. Onthou satan sal alles probeer om ons te laat wankel in geloof, hy is die vader van leuens en wil jou potjie en seker maak dat jy nie die ewige lewe be-erwe nie.
Rom 10:9 & 10 sê “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered wordwant met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.”
Jesus sê self: As julle My voor die mense bely, dan sal Ek julle voor die Vader bely.
Jy het geen professionele opleiding nodig om jou getuienis uit te dra nie, en jy mag nie weier om dit uit te dra nie.
Jak 2:19 & 20 “Jy glo dat God één is. Jy doen goed; die duiwels glo dit ook, en hulle sidder”  (20) Maar wil jy weet o nietige mens,dat die geloof sonder werke dood is?
Met die bogenoemde vers sien ons, dat ons nie net moet glo nie, maar ook moet leef soos Christene, soos duur gekoopte, skoon gewaste, Heilige Gees ingeworpe kinders van God. Reeds met die verbond met Abraham het Jesus verklaar dat Hy bereid is om die prys te betaal, al was Hy onskuldig.
Rom 14:23 “…en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.” 
God het met Abraham ‘n verbond  aangegaan, wat my en jou beïnvloed.
In Gal 3:7-9:“Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham.En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.” 
Wat is geloof ?
Rom 10:17:“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.” So deur te luister, en te doen wat die Woord van God sê…… kom geloof.
!!! Heb 11: 1 sê:“Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.” 
 
As ons sê dat ons gelowiges is, of Christene is moet ons met ‘n vaste vertroue glo in dit wat ons nog nie kan sien, beleef, ervaar nie. Ons kan nie na God gaan met ons probleme en dan wankel in geloof dat God dit vir ons gaan oplos, of voorsien, of help nie!
Ons kan ook nie ons probleme vir God gee, en dan self ‘n oplossing soek nie, want dan glo ons nie met ‘n vaste vertroue dat Hy dit vir ons gaan doen nie, dan staan ons nie in geloof met ‘n vaste vertroue in God en Sy Woord nie!
: Heb 11:6“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” 
 
Ons moet God behaag deur geloof, ek moet Hom vertrou en ook glo dat Hy ‘n beloner is, want as ons nie doen nie staan ons skuldig voor God.
1Tim 6:17 “Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet.” 
in Mat 17:20, Jesus sê:“…voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” 
 
Wie gaan die berg (probleem) skuif, nie jyself nie!! Nee God gaan die berg skuif, jy moet net die geloof van ‘n mosterd saad hê dat God dit wel vir jou sal doen!
Jer 39:18  “Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou ‘n buit wees,omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.”
Dan sê Jesus Christus aan ons, soos wat Hy aan die dissipels gesê het: “Waarom is julle so bang? Het julle dan geen geloof nie?.”
Trek die volle wapenrusting van God aan sodat jy staande kan bly teen die aanslae van die bose. (Efes 6)

Die Lerinng van God se genade

Die Lering van God se Genade

GLO Logo-Kl.JPG

  GLO


Glo staan vir Genade, Lering en Ondersteuning. Toe die tronkbewaarder wou weet wat hy moes doen, het hy gehoor: "Gloin die Here Jesus Christus en jy sal gered word" (Hand. 16:31). Toe Nikodemus hoor dat hy weergebore moes word, het hy verwonderd gevra: "Hoe kan hierdie dinge gebeur?" Toe antwoord Jesus Hom: "Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê" Joh. 3:14,15.


Genade


In volume beslaan Paulus se briewe 30% van die Nuwe Testament. Tog gebruik hy die woord "genade" drie keer meer as wat dit in die res van die Nuwe Testament voorkom. Waarom? Hy gee self die antwoord: "En hulle word deur sy genade verniet geregverdig deur die verlossing wat daar in Christus Jesus is" (Rom. 3:24). "Sodat ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe ..." (Rom. 5:21). "Deur die genade van God is ek wat ek is" (I Kor. 15:10). "Die bediening van die genade van God wat aan my gegee is vir julle" (Ef. 3:2). "Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterf" (Gal. 2:21).


Lering


Die evangelie moet aangehoor, verstaan en geglo word. Die Bybel moet vir elke Christen 'n anker van die siel wees. 'n Christen se geloofsekerheid en verseëling gaan oor kennis en geloof in die Woord van die waarheid (Ef. 1:13). Die volle Wapenrusting wat ons moet aantrek om staande te bly teen die bose en ons roeping te vervul, gaan in eerste en laaste instansie oor die kennis van die Woord. Dit begin met "lendene met die waarheid omgord" en eindig met "die swaard van die Gees - dit is die Woord van God" (Ef. 6:13-17). Ef. 4:13 vermaan ons om te kom tot "die volle kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus."


Ondersteuning


Christene is soos die speke van 'n wiel. Hoe nader hulle aan die Sentrum van hulle geloof kom, hoe nader is hulle ook aan mekaar. Wat is die sin van ons bestaan as Christene? Goed, ons moet God verheerlik, maar hoe doen ons dit? Deur almal sover moontlik tot die geloof te bring en op te bou in die Liggaam van Christus (Ef. 4:12,13). Baie Christene besef nie wat alles van hulle verwag word om mede-gelowiges te ondersteun nie. "Beklee julle dan as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar (dra mekaar hoog) en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het" (Kol. 3:12,13).

Stel jouself beskikbaar

Teksvers: Rom. 10: 1

"Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word ..."

Ek deel hierdie passie met Paulus. Maar my passie is nie net vir my volk nie, maar vir alle mense in die wêreld.

Ons kan die kernboodskap van die Bybel opsom met die woorde van Johannes in Joh. 3: 16

“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

17God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.

Baie mense weet dit nie, en lewe buite God se wil. As hulle so gaan aanhou lewe, sal hulle vir ewig verlore wees.

God wil dit nie so hê nie. Hy wil hê dat alle mense gered moet word –
  • maak nie saak wie hulle is nie – ras en kleur maak nie saak nie. Ouderdom maak ook nie saak nie.
  • maak nie saak wat hulle is of was nie – diewe, moordenaars, leuenaars, sedeloos, of sg. goeie mense
  • maak nie saak waar hulle is nie – oor die ganse wêreld

Paulus sê in Rom 10:10 "Dit maak dus geen verskil of ’n mens ’n Jood of ’n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, 13want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word."

Dan kom hy in v 14 by ‘n praktiese probleem:

Rom 10: 14Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? 15En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”

Hoe kan iemand gered word as niemand hulle vertel nie?

Dit is waar mense soos ons – ek en jy -  in die prentjie inkom.

Jesus het nie vir my gesterf, geroep en gered net sodat ek ‘n lekker tyd hier op aarde kan hê en daarna vir ewig hemel toe kan gaan nie. Hy wil jou en my gebruik om die boodskap by ander mense uit te kry. Hy wil hê dat hulle ook in die hemel moet kan kom.

Jesus het nooit sy dissipels onder enige vals indruk gelaat oor wat sy wil en doel met hulle is nie.

  • Toe Hy hulle die eerste keer geroep het, het HY gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Matt 4: 19

  • In Johannes 15: 16 bevesting Jesus hierdie doel wat Hy met sy volgelinge het: 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.

  • Toe Hy afskeid neem van hulle, sê Hy vir hulle: Hand 1: 8 julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

  • Matt 28:19 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Hierdie verlossingsplan het nie eers in werking gekom toe Jesus aarde toe gekom het nie. Dit was van die begin af God se wil en plan.

God wil my gebruik, Hy wil vir jou gebruik. – om ander by Hom uit te kry.

Ongelukkig wil almal nie saamwerk nie. Ons is so vinnig om verskonings uit te dink.

Wie- ek Here?

Moses het by die brandende bos vir God kwaad gehad. Hy het met die een na die ander verskoning vorendag gekom.

Eks 3: 3 “Wie is ék dat ek dit by die farao sou waag en dat ék die Israeliete uit Egipte sou bevry?”

Eks 4: 1 “Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?”

Eks 4: 10 “Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.”

Eks 4: 13 “Asseblief tog, Here, stuur liewer iemand anders.”

Die resultaat? 14Toe word die Here kwaad vir Moses

Jona het nie eers verskonings uitgedink nie, hy het gevlug en gedink dat hy vir God kan wegkruip.

Die resultaat?

  • Dit het vir hom byna sy lewe gekos.

  • Dit was egter nie net sy lewe wat in gevaar was nie. Hy het deur sy optrede almal wat saam met hom op die skip was se lewe ook in gevaar gestel.

Ek dink baie van ons skram weg van die uitvoering van die opdrag omdat ons dink dat God te veel van ons vra.

  • Ek het ‘n vrou en kinders en ‘n beroep en kan nie alles laat staan om na die ander kant van die wêreld te gaan nie.

  • My ouers is oud en ek kan hulle nie alleen laat nie.

  • Ek het nie genoeg geld om te gaan nie.

God vra nie dit nie van elkeen om na die anderkant van die wêreld te gaan nie – Hy vra dat jy hier waar jy bly vir Hom sal werk. Luister weer mooi na Jesus se laaste opdrag: Hand 1: 8 julle sal my getuies wees in Jerusalem (hier waar jy bly) sowel as in die hele Judea (in die omliggende gebiede) en in Samaria (buurprovinsies) en tot in die uithoeke van die wêreld.

Sending begin in jou huis – ek kan geen sinvolle getuienis na buite dra as my verhouding met my vrou of my man, met my ouers en my kinders nie reg is nie. My eerste verantwoordelikheid is om toe te sien dat hulle geestelik versorg en gevoed is. Dan het ek ‘n span wat my kan steun in die uitdra van die boodskap in die wêreld.

Die nood is groot - Volgens statistiek het slegs een derde van die ganse wêreldbevolking die voorreg om Jesus Christus as Verlosser en Saligmaker te ken.

  • Besef jy dat 2 mense uit elke 3 wat nou gebore word, dalk nooit die voorreg gaan hê om Jesus as Verlosser te leer ken nie?
  • Besef jy dat 2 mense uit elke 3 wat nou sterf, verlore is en dat hulle op pad hel toe is?

God se opdrag aan Esegiel in Eseg. 3: 17 wys hoe ernstig God hierdie opdrag opneem: 17“Mens, Ek het jou aangestel as ’n wag vir Israel: jy moet luister na wat Ek sê en hulle namens My waarsku. 18“Wanneer Ek vir ’n goddelose sê hy gaan sterwe, en jy waarsku hom nie, jy praat nie en jy waarsku nie die goddelose teen sy bose optrede om hom so in die lewe te hou nie, dan sal hy deur sy sonde sterwe, maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood.

Besef jy dit – as ons nie vertel nie, kan God ‘n ander se bloed van ons hande eis?

Dit laat my opnuut besef:

Ons kan dit nie bekostig om nie erns te maak met die sendingopdrag van Jesus nie:

God maak dit moontlik dat jy net hier waar jy is, ‘n sendeling vir Hom kan wees en bedags aan die ander kant van die wêreld kan werk. Jy kan mense daar bereik sonder om ‘n voet uit jou huis te sit.

Hoe? Rekenaar en internet.

Wie van u het by u werk toegang tot ‘n rekenaar – m.a.w. daar word rekenaars gebruik om die werk te doen?

Wie van u het almal ‘n rekenaar tuis?

Wie het toegang tot die internet?

Het jy al ooit daaraan gedink dat jy jou rekenaar en die internet kan gebruik om die boodskap van Jesus by ander uit te kry?

Ons praat van kubersending.

Kubersending gaan oor die gebruik van die internet, webblaaie, epos, geselskamers, blogs, en internet kafees om die evanglie te verkondig. Die internet word ook met groot vrug gebruik vir teologiese opleiding, Bybelstudies, berading, ondersteuning van mense, opleiding van pastors en leierskap ontwikkeling. Internet kafees word met groot vrug in onbereikte gebiede gebruik.

Ek dink ons onderskat die waarde en krag van hierdie wonderlike hulpmiddel geheel en al. Afstand is glad nie ‘n faktor nie. Dit is so maklik om baie mense op baie plekke te bereik. Dit is sekerlik die goedkoopste manier van inligting oordra. Dis ‘n vinnige manier van inligting oordra. Binne minute nadat die vliegtuie in New York in die geboue vasgevlieg het (2001/09/11), is foto’s en selfs videosnitte op tientalle webwerwe vertoon. Dieselfde het gebeur met die bomontploffings in London (2005/07/07).

Ons kan dit ook net so effektief gebruik om goeie nuus te versprei. Die Internet was verantwoordelik vir groot bedrae wat ingesamel is om Tsunami slagoffers te help (2004/12/26).

Na die Tsunami is ‘n klein seuntjie gevind in die suide van Thailand. Niemand het geweet wie hy is en waar hy vandaan is nie. Niemand kon sy taal verstaan nie. Sy foto is op die internet geplaas waar ‘n oom van Hannes Bergstroem dit raakgesien het, en hom by die hospitaal gaan afhaal het. Hannes se ma – Suzanne Bergstroem – is dood in die Tsunami.

Die Jeugfokus webwerf het verlede jaar 35,027 besoekers ontvang. Die syfer staan nou al by 28,585 vir die 2005.

Dis egter nie baie nie - Darrel Rowse, ‘n Australianer,  het 2 ½ jaar gelede betrokke geraak by die oprigting van ‘n webwerf vir ‘n nuwe kerk. Hy sê: Mense het ‘n behoefte aan ‘n plek waar hulle met ander met soortgelyke belange, behoeftes, probleme en idees kan kommunikeer.

Darren Rowse: "People... want and need spaces to interact with others with similar interests, passions, problems and ideas."

Hy skryf in Nov. 2002: "I quickly discovered nothing posted on the internet is private and that hundreds (and soon thousands) of people around the world were interested in what I was writing because they were thinking through similar issues," he said. "I discovered the power of blogging and quickly became addicted."

Die daaglikse besoekers aan die webwerf tel nou al tussen 11,000 en 16,000. Dit beteken dat byna 200,000 besoekers per jaar by die webwerf aandoen.

Wat is die inhoud van die webwerf? Godsdiens – hoe kan ek my verhouding God beter en sterker kry.

Kom ons kyk na algemene statistieke

  • Ongeveer 1 biljoen mense internasionaal het toegang tot die internet.

  • Mense uit alle tale en lande.

  • Daar vind daagliks meer as 275 miljoen soektogte op die internet plaas, en die meerderheid hiervan begin by ‘n soekenjin

  • Wat is die vernaamste onderwerpe waarna gesoek word? Party dink dit is pornografie – maar ek het ‘n verassing vir julle – daar is meer mense wat na Godsdiens op die internet soek as wat daar mense is wat na pornografie soek. Tot 25% van alle navrae gaan oor godsdiens. Mense het ‘n behoefte aan God!

  • Ondersoeke het getoon dat 28 miljoen Amerikaners na godsdiens op die internet soek.

  • Die internet het vir baie hulle vernaamste en / of enigste manier geword waarop mense hulle godsdiens beoefen. Daar word gereken dat tot 50 miljoen Amerikaners teen 2010 hulle godsdiensbeoefening deur die internet sal doen.

  • Tans is die situasie reeds so oorsee dat die meeste mense wat by ‘n kerk aansluit, die inligting op die kerk se webwerf gekry het.

  • Dit is voor die hand liggend dat ons nie langer die internet as ‘n gebruiksmiddel kan ignoreer nie.

Ons hoor wonderlike verhale – In 1989 ontdek ‘n seekaptein W. Houwing ‘n boek wat die evangelie in prentjievorm bekendstel Dit beteken dat selfs mense wat sukkel om te lees, sal daarmee die evangelieverhaal kan volg. Hy koop die kopiereg uit en begin om die boek gratis te versprei – ook oor die internet. Dit is in meer as 27 tale vertaal en meer as 18 miljoen kopiee is al versprei.

Lees die verhaal van Jesus - He lived among us - op diewww.jeugfokus.org.za webwerf.

Wanneer ons beplan om kubersending te doen, moet ons in ag neem dat mense anders kommunikeer via rekenaars en die internet:

Klik op die skakel hieronder om 'n tipiese voorbeeld

van rekenaar kommunikasie te sien.

IT Communication.mov (6.414 kb)

Dit is 'n Quick Time snit. 

Jy kan die Quick Time speler aflaai byhttp://www.apple.com/quicktime/

Enkele Wenke:

  • Installeer 'n Screensaver met ‘n christelike boodskap op jou rekenaar by die werk. Wanneer jy padgee van jou rekenaar, sal dit ander mense se aandag trek met christelike boodskappe / teksverse.

  • Ons moet aandag vestig op die webwerf – Hoe? Gratis of goedkoop advertensies.

  • In Amerika het mense baie sukses met fotos wat hulle by geleenthede neem en dan op die webwerf plaas waar mense hulle foto's kan aflaai.

 Ons het geen verskoning om nie besig te wees met die uitvoering van Jesus se groot opdrag nie. Stel jouself beskikbaar!

Geloof sake

Geloof sake

Geloof sake; Hoe om gelowe te verstaan, Jood, Christen en Islam of Moslem.

Kom ons vra die vrae soos mag gelowiges oorlog maak, wie gaan hel toe en wie nie, wie bedreig nou vir wie, wie is die antichris en wie se geloof is reg of dalk nie?

1. Waar kom gelowe vandaan?

Vanaf Adam en Eva wat deur God geskape is staan God bekend as die Vader van alle mense. God die Vader is dus die insteller of skepper van die geloof. Alvorens mens nou kan begin moet mens eerstens vastel of enige geloof deur God die Vader geskep is. Kom ons kyk nou wat het gebeur;

Geloofs verdeling

Ons kan nou sien dat hierdie twee as enigste gelowe spruit uit die Skepper en nadat Moses se nageslag in Israel gevestig was word die Islam geloof in die ooste gevestig. Die Jode glo vandag nog dat die messiah nog moet kom terwyl die Islam glad nie glo dat daar ‘n seun sal kom nie. Dit was veral die voorspellings deur die profete en dan die voorskrifte wat kenmerkend is in die twee gelowe.

Ons moet ook in beide die gelowe opmerk dat jy geen ander God mag dien nie. Albei glo hulle sal gered word om hemel toe te gaan en tog wil beide gelowe nie die ander geloof vertrou as die weg na die hemel nie. Dit spruit maar bloot uit onkunde en is die gevolg van baie oorloe in die verlede.

In albei gelowe is die grootste wet dat jy eerstens die ware God met liefde moet dien en ook jou naaste met liefde en respek moet hanteer.

Geloof sake; Wie mag oorlog maak en mense doodmaak?

Niemand mag ‘n ander gelowige doodmaak of mishandel nie. In al die gelowe sal jy met die ewige dood in die hel gestraf word.

Nou vra veral die atiieste hoe kon hulle dan in God se naam oorlog maak en mense dood maak? Hulle gee selfs aan dat God wreed is en mense gruwel dade laat doen.
Enige persoon wat ander gode dien is boos en enige persoon wat nie in God glo nie is boos. Die gelowiges mag nie saam met die bose die duiwel dien nie en mag in God se naam oorlog maak om die heidene en bose uit te wis.
Ons moet egter God se wil gehoorsaam en nie mense se gierigheid of mense se haat gebruik om ander te dood in die naam van oorlog nie. Die VSA veg in Irak in ‘n oorlog teen Sadam Hosein. Duiwels of nie? Christen teen Islam? Israel veg teen die Palisteine. Is dit Joodse geloof teen Christene? Is dit reg of verkeerd?

In alle gevalle waar die een gelowige ‘n ander dood is dit verkeerd en kan daardie persoon of persone met die ewige dood gestraf word. Maak nie saak aan watter kant of watter rede daar geveg word nie.

Geloof sake; Wie gaan oordeel?

Ken jy die woorde ”…niemand gaan na die Vader behalwe deur My nie…”  Wat beteken dit?

Dit beteken dat God die Vader of dan Allah die mag aan Jesus gegee het. So maak nie saak wie dit wil glo of nie, Jesus gaan oor almal oordeel. Dan dink sommige eendag as hulle dood is gaan hulle voor God staan en “please explain”. Nee, dis heeltemal verkeerd. Jy sal deur jou lewe geoordeel word en die dag van jou dood gaan jy dadelik of na die doderyk of na die hemel.

Hoe gaan geoordeel word?

As jy ander mense haat, sleg van hulle praat, hulle vloek en beledig, dan is jy boos en duiwels en kan jy nie hemel toe gaan nie. Maak nie saak aan watter geloof jy glo nie. Jy kan nie duiwelse dinge doen en dan gered wil word nie.

Al is jy nou die wonderlikste atiies, al het jy nog nooit mense dood gemaak of mishandel nie, al lewe jy wonderlik saam met alle mense in pragtige liefde volle verhoudings kan jy nog nie hemel toe gaan nie.

Jy moet nog God die Vader met liefde dien volgens sy wil daarna moet jy mense liefdevol behandel.

Dit beteken dat jy nie ander gelowe mag beledig nie. Jy mag nie gelowiges vloek nie of sleg aan hulle doen nie. Jy mag nie oorlog teen gelowiges maak nie.

Jy mag slegs die bose beveg. Die duiwel bestry. Daarom mag jy ook nie mense met die dood straf nie want jy mag nie oordeel nie. Jy mag hulle egter in tronke sit met die doel om die “ander” mense te beskerm. So mag jy ook die bose dade straf.

Die wat oordeel sal veroordeel word. Pasop!

Hoe moet Christene dan nou die ander gelowe hanteer?

Jy hoef nie in hul geloof te glo nie maar dit bloot respekteer. Christene sal die Joodse geloof veral erken in die ou testament. In die geval van Islam of Moslem is dit die Quran. Jy mag ander denominasies of dan tiepe gelowe met ander name ook aantref maar jy sal dit erken as die Quran waarin hulle glo.

Die maklikste is laat hulle geloof sake met rus. Erken hulle as bloot kinders van die Vader en los die oordeel aan Jesus. In die geval van Islam mag jy vind dat hulle Jesus wil beskou as profeet weens die naam. Jesus is egter ‘n noemnaam wat Jesus aanneemlik vind. Sy regte name is Jeshua Christus en Jesus het ook ‘n hemelse naam.

As die mense uitvra oor die oordeel van die gelowiges dan wys Jesus hulle daarop “Ek het nie gekom om te oordeel nie maar om te red”. Hieruit is dit duidelik dat Jesus nie gekom het om met die mag van die Vader te kyk wie Hy gaan veroordeel nie maar eerder om te kyk wie Hy kan red.

Wie is die antichris, wie is reg of verkeerd?

Baie Christene wil altyd oordeel deur voor te skryf. Deur ander gelowiges, ander Christelike kerke, ander rasse en tale te oordeel as verkeerd. Net sy kerk is reg. Pasop vir die duiwel en die verleier wat die antichris vorm. Hulle staan nie vir die geloof in die Vader maar mislei die mens met verdraaings van die Christelike geloof.

Die antichris sal vir jou vertel Jesus was nie aan ‘n kruis gemartel nie maar aan ‘n paal. Dan weet jy dis verkeerd en duiwels. Dit is dus misleidend.

Jy moet jou herder se stem erken. Jy moet sy voorbeeld volg. Jy moet die duiwel erken en die duiwelse of bose vermy. Jy moet slegte dinge vergeet, wegdoen daarmee in jou eie lewe.

Jy moet jou God dien met liefde en jou naaste se liefde soos jouself. Dan en slegs dan kan jy gered word.

Wat van die kruis?

Die kruis is waar Jesus gemartel was en as die volmaakte offer vir die vergewing van ons sondes gelei het. Jesus mag dus ons sonde vergewe en ons sodoende versoen met die Vader.