FEBRUARIE 2016 SE HARTKAMPVERSLAG

FEBRUARIE 2016 SE HARTKAMPVERSLAG

Inleiding

Hierdie kamp was ‘n “bundukamp” met minimum geriewe. Daar was byvoorbeeld geen ablusiegeriewe of drinkwater nie. Alles wat ons dus daar nodig gehad het moes ons saamvat. Drinkwater kon van elders op die plaas aangery word. Almal was hierdie keer dus heeltemal buite hul “comfort zone”. U sal ook onthou dat ons al by herhaling gesê het dat ons absoluut glo, dat daar geen groei binne die gemaksone moontlik is nie.

Geen vyfster etes was beskikbaar nie, en net ‘n 10mm kampmatrassie en ‘n slaapsak om op te slaap. Die oop bostoilet was ook nogal vreemd.

Die leierskap het besluit om met hierdie kamp ‘n proefneming te doen. Ons het die kamp op Saterdagoggend laat afskop instede van Vrydagaand. Dit is gedoen om die lede van die leierspan wat in beroepe staan, te help om die druk om betyds te wees, te verlig. Ons moet op Vrydae al 16h00 begin kinders oplaai, en teen 17h00 vertrek, sodat ons nog in daglig kan tent opslaan. Ons het hierdie keer al Saterdagoggend 05h00 begin kinders bymekaarmaak.

Saterdag 20 Februarie

Vyf en dertig seuns en ses leiers het op die veeplaas van die Gromer pluimveeplaas aangekom. Personeel van die boerdery het ons verwelkom en die terrein gaan wys waar ons kon kamp opslaan. Hulle bederf ons ook elkeen met ‘n worsbroodjie.

Soos gewoonlik is die seuns in spanne opgedeel. Twee spanne het die twee 5x10 weermagtente begin opslaan, terwyl  een span begin hout saag het vir vuurmaak. Die vierde span het vir ons die toiletgat gegrawe.

Met al die werk gedoen, die kamp operasioneel, is die seuns die pad beduie na die “skietbaan”. Hulle het die aansienlike afstand na die skietbaan, ten spyte van die hitte sommer gou-gou afgedraf.

Hier het ons die groter en kleiner seuns geskei. Die groter seuns het onder leiding van Francois van Jaarsveld en Herman van Schalkwyk, die outjies laat kleiduif skiet.

Ek het die kleiner outjies met ‘n .22 rewolwer laat skiet. Later het ons die twee groepe omgeruil. Almal het die skiet geweldig baie geniet.

Laat middag het ons die manne na een van die plaas se besproeingsdamme gevat om te gaan swem. Hoewel on sander planne vir hulle by die dam gehad het, het hulle hulself so geniet dat ons hulle laat begaan het.

 Dit was al amper donker toe ons terug in die kamp kom, natuurlik rasend van honger.

Na aandete het Herman en Kobus die manne laat “glowsticks” soek in die veld. Hulle het dit vroeër gaan wegsteek. Die groter en kleiner seuns is weer in twee verskillende groepe ingedeel en moes in twee verskillende areas soek. Rekord is gehou van hoeveel stokkie elke seun gekry het. Die twee onderskeie wenners het elkeen ‘n lekker prys gewen.

Oom Herman skop die aktiwiteit af met ‘n beskermingsgebed, want die aktiwiteit is potensieel gevaarlik in die donker. Na afloop, sluit hy af met ‘n dankgebed dat niemand seergekry het nie. Dankie oom Herman vir hierdie waardevolle les wat seuns oor gebed kon leer.

 Hierdie aktiwiteit het hulle besig gehou tot omtrent halftien. Teen elfuur was die meeste se ligte uit.

Sondag 21 Februarie

Soos gewoonlik skop die dag vir die leierspan af met ‘n vroegoggend gebed en “fellowship”-sessie. Teen ons klaar is, is meeste van die seuns al op. Na koffie en beskuit verdeel ons in kleingroepies vir die oggendlering. Die skrifgedeeltes wat hulle moet deurdink is: Ps19:15; Luk.6:36-38 en Spr. 18:20,21. Daarna vat ons dit saam in die groot groep. Ons stuur na ‘n interresante ontbyt van gemmerbier,  neute en droeë vrugte, die manne terug in die klein groepe. Nou moes hulle van elke groeplid drie opbouende dinge neerskryf en vir hom sê.

Hierna volg die uiters frustrerende kamp afbreek, oppak en laai, terwyl middagete voorberei word.

Nadat alles gelaai, en die kamp skoon agtergelaat is, vat ons die seuns vir ‘n laaste swem in die plaasdam voordat ons huistoe gaan.

 

Samevatting

Amper die helfte van die seuns was nuwe seuns op hul eerste of tweede kamp. Omdat Hartkampe ‘n verhoudingsbaseerde bediening is, is die groot groep seuns ‘n kwaai uitdaging. Dis baie na aan onmoontlik om in so ‘n kort tydjie selfs net ’n gesprek met elke seun te voer, wat nog van probleme aanspreek.

Hierdie tipe “bundu” kampe het byna almal uit hul gemaksones gehaal, maar was vir sommige seuns ‘n reuse uitdaging. Ons moet dit beslis meer dikwels doen.

Bedankings

Baie dankie aan ons Hemelse Vader vir voorsiening, beskerming en seen wat Hartkampe uit Sy Vaderhand beleef. Dankie Vader vir krag, genade, liefde en geloof wat ek en die leierskap ontvang om hierdie werk te kan doen, sodat U verheerlik kan word.

Baie dankie aan die leierspan. Julle het nie ‘n idee hoe groot julle my help nie. Baie dankie aan elkeen van julle. Ons sal nooit regtig weet hoe groot ons die seuns help nie.

 Baie dankie aan ons vrouens by die huis wat ons so getrou help met die skoonmaak agterna. Julle is werklik Spreuke 31 vroue. Dankie dat julle ons verduur en ons verstaan.

Baie dankie aan Gromer pluimveeplaas vir die bederf om julle pragtige plek te kon gebruik. Baie dankie ook aan die vriendelike en hulpvaardige personeel, van die sekuriteitswagte by die hek tot by topbestuur.

Baie dankie weereens aan Hartaksie en Doulos wat dit vir ons baie makliker maak met die kos wat julle voorsien.

Baie dankie aan al ons donateurs, ondersteuners en intersessors. Sonder julle kan ons nie.

Baie dankie Johanna in Elandspoort, dis voorwaar ‘n plesier om saam met jou en jou span te werk.

As ek iemand vergeet het, dit is nie omdat jy onbelangrik is nie, net ek wat deesdae ietwat deurmekaar is. Vergewe my dan asb.

Groete,

Johan Bloem

(vir Hartkampe)

Rykes en armes ontmoet mekaar

22:1 'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud. 

22:2 Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak. 

22:3 'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf. 

22:4 Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe. 

22:5 Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan. 

22:6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. 

22:7 Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen. 

22:8 Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn. 

22:9 Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee. 

22:10 Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. 

22:11 Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is--die koning is sy vriend. 

22:12 Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue. 

22:13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word! 

22:14 Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val. 

22:15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder. 

22:16 Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net. 

22:17 Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis. 

22:18 Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe. 

22:19 Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou. 

22:20 Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis, 

22:21 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie? 

22:22 Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie. 

22:23 Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe. 

22:24 Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie, 

22:25 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie. 

22:26 Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie. 

22:27 As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem? 

22:28 Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie. 

22:29 Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk--hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. 

DIEN DIE HERE MET BLYDSKAP.

DIEN DIE HERE MET BLYDSKAP.
(Colin Lamont)

Psalm 100 lees soos volg: "1.'n Dankpsalm. Juig tot eer van die Here, almal op aarde! 2.Dien die Here met blydskap! Kom voor 
Hom met gejubel! 3.Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is Sy volk, Sy eie kudde. 4.Gaan Sy 
poorte binne met dankliedere, Sy tempel met lofgesange, dank Hom, prys Sy Naam, 5.want die Here is goed, aan Sy liefde is 
daar geen einde nie, Sy trou duur van geslag tot geslag." Lees asseblief ook Jesaja 65:17-25, Efesiërs 2:19-22 en 1 Petrus 
2:9-10.

Ek sien in my geestesoog hoe Psalm 100 in die Ou Testamentiese tyd deur 'n koor mense gesing word wat op die tempel se 
trappe staan. In hierdie tyd het mense groot moeite gedoen met hulle erediens wat die hart van die gemeente was. Tydens die 
eredienste het die mense se vreugde in die Here 'n hoogtepunt bereik. Selfs in die Nuwe Testament het die gemeente tydens
eredienste God se groot en magtige dade in herinnering geroep. Die eerste gemeentes van die Nuwe Testament het tydens hulle 
eredienste die opstanding van Jesus Christus herdenk. Vandag kan ons ook saam met ons medegelowiges feesvier in die 
oorwinning wat Jesus Christus vir ons aan die kruis behaal het. Ons leef vandag saam met Hom. Musiek is een van daardie 
dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Die wêreld gebruik egter ook hierdie goeie gawe vir duiwelse dinge. Ons is egter 
bewus van hierdie misbruik. Goeie musiek is 'n seëning van die Here en motiveer ons om vir Jesus te leef. Met musiek gee 
ons uiting aan ons gevoelens. Daarom is dit lekker om saam met mede-gelowiges God te dien met musiek as prys en eerbetoon. 
Musiek bring vreugde. Ek glo dat die musiek van die regverdiges regtig deur God waardeer word.

Die volgende gedagtes kan uit Psalm 100 verkry word:
* God wil hê dat al Sy kinders Hom moet dien;
* God nooi al Sy kinders uit om saam te kom feesvier met lofgesange en dankliedere;                                                                  * God wil hê ons moet Hom eer, Hom hulde bring en Hom alleen dien;
* Ons is Syne omdat Hy ons gemaak het;
* Ons Christene is vandag Sy volk;
* God het Sy Seun gekruisig vir almal van ons;
* Die stemming tydens eredienste is een van vreugde en blydskap;
* Omdat God goed is, moet ons juig tot eer van Hom;
* God sal ons altyd liefhê; en
* God se trou volg al die geslagte van Sy Christenkinders.

Sjoe!! Hoe ver moet ek gaan? Weet jy, ek dink regtig ons gee vir die Here soms 'n klap in die gesig met ons ondankbare houding. En dan is ons boonop soms uitgesproke oor mense wat ons irriteer. Soos die sluipslapers in die veld daar naby jou huis, of die

Sjoe!! Hoe ver moet ek gaan? Weet jy, ek dink regtig ons gee vir die Here soms 'n klap in die gesig met ons ondankbare houding. En dan is ons boonop soms uitgesproke oor mense wat ons irriteer. Soos die sluipslapers in die veld daar naby jou huis, of die ou op die hoek by die robot. Ek praat dit glad nie goed nie, maar daar is mense wat uit desperaatheid dit moet doen.

Nee jong, tel jou seëninge, dan gaan jy verseker so bietjie vroliker voel. Moenie kyk na dié met wie dit beter as jy gaan nie. Kyk 'n slag na dié met wie dit slegter gaan.

Dank die Here dag vir dag vir alles wat Hy jou gee uit Sy hand van genade. Tel jou seëninge …. Een vir een.

Wees altyd bly in die Here. En wat is beter as 'n bietjie humor. Jitte jong, lag is mos beter as huil. Die spreekwoord sê "Lag, en die wêreld lag saam met jou, huil, en jy huil alleen." Lag is 'n wonderlike gereedskapstuk wat die Here in ons ingebou het. Humor maak dat ons dinge in 'n ander lig sien. Dit laat ons wegkyk van die sorge van die lewe af. Lag is 'n aksie wat oor alle kleur en taal en kultuurgrense strek. Om saam te lag, maak dat mens 'n besondere band met iemand bou, om saam met iemand te lag, maak dat 'n gemeenskaplike aksie plaasvind wat beide partye opbeur.

Jy kan nie kwaad bly vir iemand as jy saam lag nie. Ek lees in 'n artikel lag veroorsaak dat beide die linker- en regterbrein, asook die emosionele sentrum van die brein betrek word. Coleman en Martin is navorsers wat bevind het dat mense breër en meer kreatief dink, en probleme beter oplos as hulle gelag het. Jitte, ek dink Einstein het dan seker geskater net voor hy sy teorie oor algemene relatiwiteit opgestel het. Lag versterk verhoudinge, dit forseer jou om die ligter kant van die lewe raak te sien. Lag vir jouself, lag vir ander, lag saam met ander. My wêreld, jy kry selfs al iets wat lagterapie genoem word. Dis net jou keuse.

Wees altyd bly in die Here!! Kom ons kyk wat sê dokter Salomo:

Spr 17 : 22 "'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput". En dit, moet jy saamstem, is waar. Vrolike mense is nie net vrolik as dit goed gaan nie. Vrolike mense kry dit reg om selfs in moeilike situasies vrolik te bly. As voorspoed mens vrolik sou maak, moet ons vandag net tande sien! Probleem is, ons sien nie die goeie raak nie. Wees altyd bly in die Here, sê Fil 4 : 4. Dis 'n opdrag.

Joh 15 : 9 - 11
9 "Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.
10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.
11 "Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees."

Bly in Jesus se liefde, dan sal jou blydskap volkome wees.

Joh 16 : 24 "Tot nou toe het julle nog nie in My Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees."

Fil 2 : 2 "Maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: Een in liefde, een van hart, een in strewe."

1 Joh 1 : 3b - 4 "En die gemeenskap waaraan ons deel het, is diè met die Vader, en met Sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees."

2 Joh 1 : 12 "Daar is nog baie dinge om vir julle te sê. Ek wil dit egter nie skriftelik doen nie, maar hoop om na julle toe te kom en persoonlik met julle te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees."

Blydskap, vrolikheid, lag, ….. dis ons manier om uiting te gee aan dankbaarheid.

Wees altyd bly in die Here, ek herhaal, wees bly. Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.Weet jy, ek dink regtig ons gee vir die Here soms 'n klap in die gesig met ons ondankbare houding. En dan is ons boonop soms uitgesproke oor mense wat ons irriteer. Soos die sluipslapers in die veld daar naby jou huis, of die ou op die hoek by die robot. Ek praat dit glad nie goed nie, maar daar is mense wat uit desperaatheid dit moet doen.

Nee jong, tel jou seëninge, dan gaan jy verseker so bietjie vroliker voel. Moenie kyk na dié met wie dit beter as jy gaan nie. Kyk 'n slag na dié met wie dit slegter gaan.

Dank die Here dag vir dag vir alles wat Hy jou gee uit Sy hand van genade. Tel jou seëninge …. Een vir een.

Wees altyd bly in die Here. En wat is beter as 'n bietjie humor. Jitte jong, lag is mos beter as huil. Die spreekwoord sê "Lag, en die wêreld lag saam met jou, huil, en jy huil alleen." Lag is 'n wonderlike gereedskapstuk wat die Here in ons ingebou het. Humor maak dat ons dinge in 'n ander lig sien. Dit laat ons wegkyk van die sorge van die lewe af. Lag is 'n aksie wat oor alle kleur en taal en kultuurgrense strek. Om saam te lag, maak dat mens 'n besondere band met iemand bou, om saam met iemand te lag, maak dat 'n gemeenskaplike aksie plaasvind wat beide partye opbeur.

Jy kan nie kwaad bly vir iemand as jy saam lag nie. Ek lees in 'n artikel lag veroorsaak dat beide die linker- en regterbrein, asook die emosionele sentrum van die brein betrek word. Coleman en Martin is navorsers wat bevind het dat mense breër en meer kreatief dink, en probleme beter oplos as hulle gelag het. Jitte, ek dink Einstein het dan seker geskater net voor hy sy teorie oor algemene relatiwiteit opgestel het. Lag versterk verhoudinge, dit forseer jou om die ligter kant van die lewe raak te sien. Lag vir jouself, lag vir ander, lag saam met ander. My wêreld, jy kry selfs al iets wat lagterapie genoem word. Dis net jou keuse.

Wees altyd bly in die Here!! Kom ons kyk wat sê dokter Salomo:

Spr 17 : 22 "'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput". En dit, moet jy saamstem, is waar. Vrolike mense is nie net vrolik as dit goed gaan nie. Vrolike mense kry dit reg om selfs in moeilike situasies vrolik te bly. As voorspoed mens vrolik sou maak, moet ons vandag net tande sien! Probleem is, ons sien nie die goeie raak nie. Wees altyd bly in die Here, sê Fil 4 : 4. Dis 'n opdrag.

Joh 15 : 9 - 11
9 "Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.
10 As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.
11 "Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees."

Bly in Jesus se liefde, dan sal jou blydskap volkome wees.

Joh 16 : 24 "Tot nou toe het julle nog nie in My Naam gebid nie. Bid, en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees."

Fil 2 : 2 "Maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: Een in liefde, een van hart, een in strewe."

1 Joh 1 : 3b - 4 "En die gemeenskap waaraan ons deel het, is diè met die Vader, en met Sy Seun, Jesus Christus. Dit skryf ons sodat ons blydskap volkome kan wees."

2 Joh 1 : 12 "Daar is nog baie dinge om vir julle te sê. Ek wil dit egter nie skriftelik doen nie, maar hoop om na julle toe te kom en persoonlik met julle te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees."

Blydskap, vrolikheid, lag, ….. dis ons manier om uiting te gee aan dankbaarheid.

Wees altyd bly in die Here, ek herhaal, wees bly. Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.

Die eerste wat hy doen is: hy val op sy gesig op die grond.

Die eerste wat hy doen is: hy val op sy gesig op die grond.

Hy prys God. Hy vra God is dit jy? - en hy val plat op sy gesig neer. Jy het dit net gedoen as jy iemand baie belangrik ontmoet het. Dit was dus gepas dat Josua op sy gesig geval het. In die Bybelse tyd het dit totale oorgawe beteken.

God neem oor.

Josua besef ek is ‘n groot militêre leier, ‘n militêre strateeg - maar ek kan nie hierdie mure van Jerigo afbreek nie.

Vanaand is daar groot mure ook in jou en my lewens. Ons is nie slim genoeg, mooi genoeg en sterk genoeg om hierdie mure af te breek nie.

Enigste manier wat ek en jy kan wen is om totaal aan God oor te gee

Twee kinders loop sondagskool toe

Twee kinders loop sondagskool toe. Hulle het die dag oor die duiwel en demone gepraat by die Sondagskool. Die een sê vir die ander een, glo jy alles wat hulle sê van die duiwel? Nee, sê die ander een, dis net soos kersvader - dis ons pa’s.

Ek ken nie elkeen se OUERHUIS nie, maar ek en julle is nie stupid nie. Jy sou wat wou gee om die droom wat God vir jou gegee het na te jaag. Jy sal ook graag ‘n verskil wil maak, maar jy weet ek kan nie. Want my ouers.

Vir ander is dit die SKOOL. Dis nie dat ek nie van skool hou nie, dis die beginsel van die saak. Jy is nie goed in skool nie. Ek was ook nooit goed op skool nie. Ek kon hoe hard gewerk het, maar as die juffrou my taak terug gee, dan kyk sy my so snaaks, so asof sy dink, ja, jy was seker ‘n moeilike geboorte vir jou ma. As dit nie die Albert is, as dit nie die muur is nie.

Dan weet ek dat baie van julle blokasies beleef, oor HOE ONS LYK. Want daar is iets in ons kultuur wat sê as jy nie mooi lyk nie, dan beteken jy niks. As jy nie mooi lyk nie, dan tel jy nie veel nie. Dis as jy Swartsenager of Stollon kyk en dan voel jy nie aangetrek as jy nie ‘n handgrenaat skooltoe dra nie. Dis asof jy by die skool instap en hulle gaan net kyk as jy sê: Dames jy moet hierdie wonderlike liggaam hê

Dalk het jy ‘n probleem met jou ouers vanaand.

Inkopies doen, seuntjie wat skreeu by pa in karretjie. Pa sê: Albert bly kalm, Albert byt vas, ons is amper uit - ons is amper klaar. Hou net uit. En seuntjie skree harder en harder - almal kyk. Klein ou tannie volg die hele storie en raak agter so vinnig stoot die pa die trollie en sê net: Albert bly kalm, Albert byt vas, ons is amper uit - ons is amper klaar. Hou net uit. Ou tannie raak betrokke en simpatiseer met seuntjie. Pa sê: Tannie jy verstaan nie - ek is Albert.

Jy sal daarvan hou om so ‘n droom te hê, né. Waar jy by die skool afstap en net sê, skyn, skyn, skyn. Maar meeste van die tyd wil jy op die stoepe loop en net klappe uitdeel en wil jy sê, moenie jou cool verloor nie Albert, moenie jou ouers vermoor nie Albert. Moenie oor hom skinder nie Albert, moenie oneerlik wees in daardie toets nie Albert. Net soos dit lyk of die droom kan gebeur - dan loop jy jou vas in hierdie mure. Hierdie Jerigo’s.

Veral as jy ‘n tiener is. Dis asof elke keer as jy omdraai dan is daar ‘n Jerigo. Vir party van julle vanaand voel dit asof daar 101 dinge is wat jou keer om jou droom te verwesentlik. Vir party van julle is dit jou verhouding, of die feit dat jy nie ‘n verhouding het nie. Jy wil so graag ‘n kêrel of ‘n nooi hê, of dalk het jy een, en dis wat jou juis keer, om hierdie droom van God te vervul.

Dalk het jy ‘n probleem met jou ouers vanaand.

Ewe skielik het die mense van Israel hulle in ‘n totaal nuwe situasie bevind.

Lees Jos 5:13-15.

Ek weet nie of julle weet van wat alles gebeur het in die boek Josua nie. Ek weet nie of julle baie van die geskiedenis van Israel weet nie - maar as julle wel weet, dan sal jy onthou dat die mense van Israel was vir baie baie jare in gevangeskap. Hulle was slawe en dit was ‘n vernederende ervaring gewees. Vir baie jare het hulle God gesmeek om hulle te laat vry kom. En uiteindelik in hierdie dramatiese uittog, onder die leiding van Moses, het God die mense na vryheid gelei. Weg van Farao af, weg van die land van Egipte af.

Ewe skielik het die mense van Israel hulle in ‘n totaal nuwe situasie bevind. Hulle is nou nie meer slawe nie, maar hulle dwaal nou daar in die woestyn rond, maar hulle weet nou nie wat om volgende te doen nie. Hulle kon nie besluit: moet ons hier kamp opslaan, of moet ons voorentoe of agtertoe of wat moet ons doen nie. Hulle het ‘n hele generasie lank daar in die woestyn rondgedwaal.

Een sou sê, kom ons neem twee tree vorentoe en dan sal iemand anders weer sê, nee kom ons nee twee tree terug. Een sou sê kom ons sit net stil en ‘n ander sou sê, maar kom ons gaan terug Egipte toe. Daar het ons ten minste geweet wat aangaan. Nou weet ons niks. So dwaal hulle vir ‘n hele generasie.

Die hele tyd het God vir hulle gesê: mense, moet nie opgee met hierdie droom van julle nie. Hy sê ek wil hê dat julle ‘n totaal nuwe land moet gaan inneem. Julle sal almal onthou dat God die mense na die land Kanaan geroep het. Hy het gesê hierdie nuwe land gaan ‘n wonderlike plek wees - dit gaan ‘n plek van melk en heuning wees. Vir ons klink dit na ‘n taai storie - o, "breakfast-land". Here, wat gaan ons daar vind? Niks nie, net melk en heuning. Maar vir die Israeliete het dit wonderlike soet geklink, in meer as een manier.

Die enigste probleem was, as julle kan onthou - net soos hulle ingetrek het in die land, het hulle gevind dat daar nie net melk en heuning was nie - maar elke vyandige stam op die aarde was ook in daardie land.

Al hierdie volke was nie bereid om hulle land op te gee, omdat Israel ingetrek het - en gesê het: Wel, God het gesê, ons kan hier woon nie. O nee, hulle wil veg vir die behoud van hulle land.

Ek onthou as klein seuntjie was dit vir my vrees aanjaend in die Sondagskool toe hulle die verowering vand ie land Kanaan behandel het. Dit het gevoel, elke week as ons by die Sondagskool kom, of daar ‘n nuwe stam op die horison verskyn het. Die een week is dit die hetiete - dan behandel jy dit. Die volgende week is die Enakiete, dan is dit die volgende week die ammalekiete, en dan is dit die amoriete en later kry jy diemuskiete. Dis asof alles moontlik daar buite lê en wag en jy gaan almal wen.

Die mense van Israel het presies dieselfde frustrasie beleef. Hulle sê, God jy het ons geroep vir hierdie wonderlike droom, jy het ons geroep om die droom te deel, maar het Jy ons sover gebring om ons nou in die steek te laat. Is jy net besig om ons te terg met die belofte? Daardie blik van hoe wonderlik dit gaan wees, was dit om ons nou net hier te los?

En net toe dit lyk of dit nie enigsins erger kan gaan nie - raai wat?

Toe raak dit erger.

Jos 5 - toe almal nou al moeg is, en nie meer lus is vir die storie nie. Bevind hulle hulself voor ‘n eislike groot fort gebou. ‘n Stad wat Jerigo genoem word.

Ons weet nie veel van hoe hierdie muur gelyk het nie, want dit bestaan nie meer nie. Maar argioloë wat die gebied bestudeer het, sê dat die stad, uit dit wat hulle kan aflei uit die opgrwarings - die stad is beskerm deur twee masiewe mure. Die buitenste muur was geweldig hoog en baie wyd en dit het ‘n binne muur omring. Die binne muur was ewe hoog, maar dié muur was baie wyer gewees, want huise is in die muur gebou. Jy jan dink hoe intimiderend hierdie muur moes gelyk het vir die Josua.

Die moeë en afgemate Israeliete kon hierdie masiewe fort van ver af sien. Dit soos ‘n nes daar bo in die Judea se wildernis. Dis asof die stad vir die Israeliete wil sê: Ons daag julle uit - kom! Ons daag julle! Dis moes ‘n geweldige tyd van moedeloosheid vir die Israeliete gewees het. Hulle het gedink hulle het hierdie wonderlike droom, hulle het hierdie belofte van God - nou loop hulle hulle vas in hierdie masiewe groot muur. Die stad Jerigo.

Ek weet vir baie van julle vanaand in hierdie kerk het God ‘n droom gegee, en God het jou geroep om ‘n verskil te maak. Elke nou en dan dan kry ‘n ‘n kykie na jou droom, as jy met ‘n geleentheid werklik die teenwoordigheid van God beleef. Vir ander gebeur dit by ‘n Bybelstudie of op ‘n kamp of by die CSV - maar dan voel jy dat God jou hart aan die brand steek met ‘n droom. En met alles in jou wil jy daardie droom najaag.

Maar kom ons wees eerlik vanaand met mekaar. Baie van ons bevind onsself vanaand vasgekeer tussen mure. Dis maak jou moedeloos. Dit lyk so werklik, dit lyk so moontlik. Net soos jy jou droom wil najaag - dan hardloop jy jou vas teen iets persoonliks, of teen ‘n situasie, dan lyk dit of God die deur toe geklap het vir jou droom.

Een van daardie werklikheids drome, jy word wakker en dit was nooit gewees nie. God alleen weet watter Jerigo’s jy vanaand het. En ons almal het dit - almal bots met een of ander muur.

Die kritieke punt

Die kritieke punt

Nou kom ons by die heel belangrikste deel van hierdie boodskap. Hierdie boodskap kan jou vir 'n paar dae in vervoering bring, en dan verflou, en op die ou end niks bereik nie. Of dit kan die keerpunt in jou lewe beteken, wat van jou die kragtige werktuig in die Koninkryk van God sal maak, wat jy geskep is om te wees.

Dit is skrikwekkend om te dink hoeveel die wêreld mis wanneer enige Christen dink dat hy of sy nie vir God spesiaal is nie. Daar is geen Christen wat nie deur God gebruik kan word om duisende siele te red, indien God so sou besluit nie. Daar is geen Christen wat nie gebruik kan word om die menslike geskiedenis te verander nie. Maar terwyl ons bly vashou aan die 'klein dink' sal dit nie gebeur nie. Dit is geweldig ernstig, baie ernstiger as wat enige een van ons kan dink. Om onsself van hierdie sonde los te maak mag ons dalk baie kos, maar vir ons om vry van sonde te wees, het Christus baie meer gekos.

Vir ons om die sonde van klein dink op te gee is so moeilik as wat dit vir 'n alkolis is om drank permanent op te gee. Ons het 'n reuse wonderwerk in ons persoonlike lewens nodig. Dit begin deurdat ons moet erken dat ons verslaaf is aan die sonde om nie onsself, en ons moontlikhede te sien soos God dit sien nie. Ons moet dié sonde haat. Ons móét erken dat ons slawe van hierdie sonde is en dat die enigste manier wat ons daarvan bevry kan word deur 'n Goddelike wonderwerk kan geskied.

Ek stel die volgende gebed voor. Bid enige gedeelte waarvan jy voel jy mee kan saamstem.

Here, deur U genade, begin om my verstand en my gewete oop te maak vir die erns van my sonde. Ek het gesondig deur te dink dat u witbroodjies het. Ek het gesondig deur te dink dat ek nie vir U belangrik is nie. Ek het gesondig deur te dink U wil my nie gebruik om wonderlike dinge van ewigheidswaarde te doen vir U glorie nie. My verslawing aan klein dink het U seergemaak, en groot skade aangerig. Deur Christus se gestorte bloed, pleit ek vir U vergifnis. Ek vra U totale bevryding van my verslawing.

Ek verklaar nou dat U magtige dinge deur my wil doen. Ek weier om enige mindere gedagte te verdra. Ek kyk na U vir goddelike krag om vir ewig hierdie sondige gedagtes te oorwin. Here moenie my ooit weer hierdie sonde laat doen sonder dat ek die gevoel van u ontevredenheid daaroor kry nie. Dit maak nie saak wat dit my kos nie Here, wees U verheerlik in my lewe.

Jy het 'n spesiale plek in God se hart

Jy het 'n spesiale plek in God se hart

Van die ouderdom van vier jaar af, was ek gek daaroor om my Oupa te help om sementpaadjies te lê. Omtrent enigiemand kon 'n beter werk daarvan maak as so 'n klein kindjie, maar dít was onbelangrik. Ek was onvervangbaar. Ek het 'n spesiale plek in Oupa se hart gehad.

En netso het jy 'n spesiale plek in God se hart. Vir hom is jy onvervangbaar. Die Almagtige het niemand se hulp nodig nie. Tog kan die Vader se vreugde nie volledig wees sonder jou bydrae nie.

My Oupa wou gehad het dat ek moes deel hê aan sy werk. Nie omdat hy my nodig gehad het nie, maar omdat ek vir hom spesiaal was. Net so wil God hê dat jy sal deel in Sy werk. Dink vir 'n minuut daaroor na! God se werk is die mees belangrike werk in die heelal. God het iets goddelik belangrik, iets van ewigheidswaarde, wat Hy wil hê jy Hom mee moet help. Wow! Jy isbelangrik!

Vir God is jy spesiaal. Ek het altyd gedink, ja, ja, God is lief vir my, maar hy is tog lief vir almal. Vir Hom is ek maar een van miljoene Christene. God het sy oogappels en ek is nie een van hulle nie. Ek het gedink dit is vreeslik nederig van my om so te dink. Maar wat ek werklik besig was om te doen, was om God van onvolledige liefde te beskuldig!. Om die waarheid te sê, was ek besig om God 'n leuenaar te noem. God sê Hy is lief vir jou. Deur dus te glo dat jy onbelangrik vir God is, is om te glo dat God 'n leuenaar is. Daar is absoluut niks nederigs daaraan om God 'n leuenaar te noem nie. Dit is sonde.

God is die heel belangrikste persoon in die heelal. As jy dus vir Hom belangrik is, is jy belangrik. Daar is dus niks nederigs daaraan om vir God te vertel dat Hy verkeerd is nie. Hierdie is 'n ernstige saak.

Hoe durf ek na God toe gaan, wat Sy lewensbloed vir my gestort het, en vir Hom sê; 'ek is nie spesiaal vir U nie!' Durf ek na die kruis te gaan waar ek verdien om gehang te word, in my verlosser se bebloede gesig te kyk en Hom dan daarvan te beskuldig dat Hy ander liewer het as vir my? Wat verwag ek moet Hy nóg meer doen sodat ek die feit kan aanvaar dat ek vir hom spesiaal is. Ek moet so sleg oor hierdie sonde voel, asof ek skuldig is aan moord.

Daar word vertel dat 'n seerower 'n man vermoor het. Hy was so met afgryse vervul oor wat hy gedoen het, dat vir weke nie behoorlik kon slaap nie! Maar tog het hy aangehou moor. Hy het by die punt gekom waar hy 'n man sou vermoor, en dan die lyk daarna as 'n kussing sou gebruik, en heelnag verder rustig geslaap het. Ons is net so! Ons het die sonde van verkeerde denke nou al só gereeld gepleeg dat ons gewetes so hard soos klip geword het. Vir ander sondes mag ons gewetes nog steeds sag wees, maar wat die sonde van twyfel en klein dink aanbetref, het ons verhard.

Melaatses verloor vingers, tone, en soms selfs hul neuse. Daar is nog altyd gereken dat dit deur die siekte veroorsaak is. Maar 'n briljante mediese sendeling het die vermoede begin bevraagteken. Dr. Paul Brand het opgemerk dat melaatses heel bed toe gegaan het, en dan sou wakker word sonder 'n vinger. Niemand kon ooit 'n spoor van die vinger kry nie. Mettertyd het hy ontdek die vingers deur rotte afgekou en weggedra is! Hoe op aarde kon dit gebeur? Die melaatses het hulle gevoel verloor. En dit is ons probleem. Ons het 'n gedeelte van ons gevoel in ons gewetes verloor. Dan kom die duiwel, daardie vet rot, en begin aan ons kou, en in plaas daarvan om hom weg te jaag, besef ons nie eers wat hy doen nie. Ons het God dringend nodig om ons gewetes weer sensitief te maak.

 

Niemand is vir God belangriker as jy nie:

Niemand is vir God belangriker as jy nie: Bewyse hiervan uit die Woord

In Galasiërs 2:6-9, praat Paulus van Petrus, Jakobus, en Johannes. As daar iemand was wat op 'n spesiale plek in God se hart kon aanspraak maak dan was dit hierdie drie manne. Toe Jesus op aarde was het dit gelyk asof hulle Sy intiemste vriende was. Later is hulle die steunpilare van die kerk genoem. Sonder pilare sou die hele gebou inmekaar val. Tog skryf Paulus van hulle: 'wat hulle vroeër was, maak nie vir my saak nie, God kyk nie na die uiterlike nie' Paulus het hier van Petrus gepraat, die man wat deur miljoene geëer is as die eerste pous. Selfs sy skaduwee het mense gesond gemaak. Paulus het gepraat van die leiers van die kerk, die heiligstes, toe hy deur God geïnspireer is om te skryf "wat hulle vroeër was, maak nie vir my saak nie, God kyk nie na die uiterlike nie. Sê vir jouself, 'Die Woord van God sê, ek is so belangrik vir God soos Petrus, Jakobus, en Johannes is.'

Op 'n dag het die dissipels vir Jesus vertel dat sy Moeder graag met Hom wil praat. Jesus het gesê: 'Wie is my Moeder? Enigeen wat die wil van God doen is my moeder.' (Lukas 8:20-21).

Dit beteken dat enigeen wat gehoorsaam aan God is, net soveel reg het om met Jesus te praat as wat Maria het. Enigeen wat God se wil uitvoer het dieselfde plek in Jesus se hart as wat sy eie Moeder het!

Terwyl Jesus op 'n tyd besig was om te preek, het 'n vrou uitgeroep en gesê: 'Geseënd is die vrou wat U in haar liggaam gedra het'. Maar in plaas daarvan om met haar saam te stem, het Jesus vir haar gesê: 'Nog meer bevoorreg is hulle wat die Woord van God hoor en dit onderhou.'(Lukas 11:27-28).

Jesus is net eenmaal gebore. Dus kon net een vrou die voorreg hê om aan die Messias geboorte te skenk. Dit was Maria se unieke seën. Maar geestelik het ons almal ewe veel seën ontvang. In Efesiërs 1:3, sê die Bybel dat elkeen van ons het elk 'n geestelike gawe ontvang. Hoe kan dit anders wees? As Christus gesterf het (dus sy àlles gegee het) vir sondaars, wat kan hy moontlik nou van hulle af terughou - noudat hulle gewas is, en God se kosbare kinders geword het? Soos die Skrif duidelik wys; omdat jy so kosbaar is vir God, dat Hy sy Enigste Seun vir jou gegee het, die duurste geskenk in die heelal is, daar kan niks wees wat Hy nie vir jou sal gee nie (Romeine 8:32, sien ook 1 Korintiërs 3:21-22).

Sê vir jouself, 'Ek het geestelik net soveel gawes ontvang as enigiend anders.'

Heilige Jesus, Heer van die Here,

Heilige Jesus, Heer van die Here, U is verhoog tot die hemel- troon. Ons bring U ere,Christus, die Here! Met heerlikheid is U gekroon. 2. Mooi is die aarde, dit het groot waarde, maar is gering voor u grootheid, Heer. U is ons lewe, U is ons vrede. U Gees moet ons hier lei en leer. 3. U is die Alfa, en die Omega. U kom en elkeen sal U kan sien. U is die Eerste. U is die Laaste. Die ganse skepping sal U dien.

AS CHRISTENSKAP MAKLIK WAS

AS CHRISTENSKAP MAKLIK WAS


As jy vir my sou vra hoe maklik dit is om getroud te wees, sou ek sê: dis die maklikste ding op aarde. Vir my. Meer as dertig jaar van volmaakte huweliksgeluk met ‘n wonderlike vrou en wonderlike kinders. Dis maklik om getroud te wees met my sielsgenoot, my beste vriend en my kollega.  

As jy my sou vra hoe maklik dit is om in my eie onderneming te werk, sou ek sê: baie maklik. Ek verstaan die bedryf, ek verstaan my kliënte se behoeftes, ek doen dit al vir jare en dit werk.

As jy my sou vra hoe maklik dit is om die lewe te geniet en voluit te lewe, sou ek sê: dis maklik. Ek geniet alle fasette van my lewe, ek het pret, ek doen lekker dinge en ek maak alles daarvan wat ek kan. 

Maar... as jy my sou vra of dit maklik is om ‘n Christen te wees, dan begin daar ‘n tweestryd in my gedagtes. Christenskap is vir my nie nét maklik nie. Ek sien rondom my mense wie se geestelike lewens ek werklik begeer. Mense wat in alle opsigte opreg en baie naby aan die Here lewe. Ek ken mense wie se lewens so gefokus is op God, dat niks hulle van stryk bring nie. Ek wil hulle eintlik “super-Christene” noem. Ek bely dat ek nie een is nie en dat ek dit nie regkry om altyd voluit op die Here te fokus en te vertrou nie. Ek wens soms ek kan so ‘n “before” and “after” prentjie van myself teken, waar die “before” totaal onherkenbaar is van die “after”. Jy ken mos die advertensies van die velroompies of die gewigsverliespilletjies – jy kan nie glo dis dieselfde mens nie! 

Is Christenskap vir jou altyd maklik, of stoei jy ook so bietjie soos ek? En weet jy wat die ergste is? Ek het geen rede om so te sukkel nie, want bykans alles in my lewe is net gladde waters, “plain sailing” soos hulle sê. 

As Christenskap maklik was, sou ek roekeloos geglo het. Nie dat ek NIE glo nie, inteendeel, maar dan sou ek nie soms geestelike dinge in twyfel getrek het nie. Ek sou (verskoon my as dit dalk verkeerd klink...) alles vir soetkoek opgeëet het. Ek sou dalk elke ding wat ‘n ander Christen glo, net so vir myself gevat en ook geglo het. Maar nou is ek ‘n kritiese gelowige.  

As Christenskap maklik was, sou ek nooit getwyfel het nie. Ek twyfel verseker nie aan die bestaan van God nie, en ek twyfel hoegenaamd nie in die Bybel nie, maar daar is baie dinge waaroor ek soms wonder, wat nie vir my sin maak nie – miskien omdat ek té hard probeer verstaan. 

As Christenskap maklik was, sou ek my verbly in swaarkry. Die Here sê dan swaarkry kweek volharding en egtheid van geloof. Maar dis nie so maklik nie, anders sou ek mos kon sê: Here, skuif nog meer smart en moeilikheid oor op my skouers. Dit sou eintlik so gevoel van genoegdoening gee, want dit sou beteken dat die Here meer op my fokus en meer aandag aan my gee.  

As  Christenskap maklik was, sou ek nooit bekommerd wees nie. “Goeie” Christene sê dis sonde om jou te bekommer, want dit beteken jy twyfel dat God die beste weet. Ons weet tog immers dat Hy geen las sal toelaat wat te groot is vir my om te dra nie, Hy sal mos alles ten goede laat meewerk... maar tog is ek dikwels bekommerd, en wens ek Christenskap was net maklik. 

As Christenskap maklik was, sou ek alles gelate kon aanvaar. Ek sou nie nodig gehad het om oor geestelike sake te wonder en te tob nie. Ek sou kon sê: laat Gods water oor Gods akker loop, alles sal net weer regkom, sommer vanself; alles is deel van ‘n groter plan, alles is in God se beheer, die Here weet wat Hy doen. Maar ek sukkel daarmee, dis nie vir my maklik nie. 

As Christenskap maklik was, sou ek nooit teleurgesteld gewees het nie. Het jy al iemand aan die dood afgestaan? Ten spyte daarvan dat jy lank gebid het, profesieë oor daardie persoon uitgespreek is en skrifgedeeltes die genesing bevestig het, het die persoon tog gesterf. Het jy al die teleurstelling ervaar van afdanking by jou werk, van ‘n huweliksmaat wat uitgestap het, van ‘n kind wat in dwelms verval het, van ‘n siekte wat jou onverwags tref? Dis in sulke tye dat Christenskap moeilik word. 

As Christenskap maklik was, sou ek onvoorwaardelik kon liefhê. Dis maklik om vir my vriende en familie lief te wees. Ek ken die opdragte van die Bybel goed, maar tog is ek nie lief vir Mugabe nie, en vir baie van ons eie leiers ook nie. Ook nie vir die gewapende rowers wat ons ‘n paar jaar gelede in ons huis aangeval het nie. As ek hierdie mense in ‘n weegskaal moes sit met liefhê aan die een kant en haat aan die ander kant, weet ek na watter kant die skaal sou gaan.  

As Christenskap maklik was sou ek nie so gesukkel het met sonde, met verkeerde gedagtes, verkeerde besluite, verkeerde woorde nie..... 

Ek kan vandag sê Christenskap is nie vir my maklik nie. Maar, wil ek dit regtig anders hê? Ek dink nie so nie, want dit is juis in tye van worsteling dat ek God se soewereiniteit leer aanvaar het. Dis is sulke tye dat ek besef het dat God bokant my begrip is. Dis in sulke tye dat ek besef het God reageer nie op my gesukkel deur weg te raak en Homself te onttrek nie. Dis in sulke tye dat ek besef God is wie Hy sê Hy is, en doen wat Hy sê Hy sal doen, dat Hy absoluut betroubaar en standvastig is. Waar mense ontydig afgesterf het, het die Here vertroosting gebring. Waar bekommernis my wou oorweldig, het die donker wolk weer gelig en het dit waaroor ek bekommer het, dikwels nie eers gebeur nie. In tye van twyfel, het die lig weer vir my aangegaan en God het Homself op ‘n wonderbaarlike manier kom openbaar. Die wonderlikste van alles is dat die Heilige Gees harder in my werk, meer van my besit neem in die tye wanneer ek dit nodig het. 

Christenskap is nie maklik nie, maar dis beslis vervullend. Dis die beste wat ek het; ek wil niks meer hê nie. Môre gaan ek dalk weer twyfel en bekommer, maar oormôre gaan ek weer terug kyk en sê: wow! 

Intussen hou ek vas: 

PSALMS 13:6
Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het.

PSALMS 119:31
Ek hou vas aan u verordeninge, Here, moet tog nie dat my lewe 'n teleurstelling word nie.

SPREUKE 3:1
My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf

SPREUKE 4:13
Hou vas aan wat ek jou leer, moet dit nie laat los nie; bly daarby, want dit is jou lewe.

SPREUKE 6:20
My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie.

ROMEINE 12:9
Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is.

2 TESSALONISENSE 2:15
Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur 'n brief was.

1 TIMOTEUS 1:19
Hou vas aan die geloof en behou 'n goeie gewete. Omdat sommige hulle gewete onderdruk het, het hulle geloof skipbreuk gely.

DIE OPENBARING 3:11
Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.

Laat u koninkryk kom

“Laat u koninkryk kom”

 

KERNGEDAGTE VAN DIE HOOFSTUK

Wat Jesus oor God se Koninkryk geleer het

1, 2. Wat het Jehovah ten aanhore van drie van Jesus se apostels gesê, en hoe het hulle gereageer?

HOE sal jy reageer as Jehovah God self jou ’n opdrag gee? Sal jy nie gretig wees om sy opdrag te gehoorsaam ongeag wat dit is nie? Jy sal ongetwyfeld!

’n Rukkie ná die Pasga van 32 HJ het drie van Jesus se apostels—Petrus, Jakobus en Johannes—presies so ’n ondervinding gehad.(Lees Matteus 17:1-5.) Terwyl hulle saam met hulle Heer op “’n hoë berg” was, het hulle in ’n visioen ’n voorskou van Jesus as ’n glorieryke hemelse Koning gehad. Die visioen het so werklik gelyk dat Petrus daaraan probeer deelneem het. Terwyl Petrus gepraat het, het ’n wolk oor hulle gevorm. Toe het Petrus en sy metgeselle iets gehoor wat net ’n handjie vol mense al ooit die voorreg gehad het om te hoor—Jehovah se stem. Nadat Jehovah bevestig het dat Jesus sy Seun is, het Hy uitdruklik gesê: “Luister na hom.” Die apostels het hierdie opdrag gehoorsaam. Hulle het ag geslaan op wat Jesus geleer het, en hulle het ander aangespoor om dit ook te doen.—Hand. 3:19-23; 4:18-20.

Jesus onderrig ’n skare

God se Koninkryk is die onderwerp waaroor Jesus die meeste gepraat het

3. Waarom wil Jehovah hê dat ons na sy Seun moet luister, en watter onderwerp sal dit dus goed wees om te ondersoek?

Hierdie woorde—“Luister na hom”—is tot ons voordeel in die Bybel opgeteken (Rom. 15:4). Waarom? Omdat Jesus Jehovah se woordvoerder is en Jesus elke keer dat hy sy mond geopen het om te onderrig, oorgedra het wat sy Vader wou hê ons moet weet (Joh. 1:1, 14). God se Koninkryk—die hemelse Messiaanse regering wat uit Christus Jesus en sy 144 000 medeheersers bestaan—is die onderwerp waaroor Jesus die meeste gepraat het. Dit sal dus goed wees as ons hierdie uiters belangrike onderwerp noukeurig ondersoek (Op. 5:9, 10; 14:1-3;20:6). Maar kom ons kyk eers waarom Jesus soveel oor God se Koninkryk gesê het.

Sy Naam is HERE

Loof die Here , prys sy Naam! Voel jy altyd lus om die Here te prys? Is jou verhouding met die Here van so aard dat jy voortdurend Sy lof wil besing?

Lofprysing - Hoekom doen ons dit? Hoe doen ons dit? Waar doen ons dit?

Weet jy, die eerste en heel belangrikste ding rondom lofprysing, is gesindheid. As ek en jy nie die Here se grootheid kan raaksien en aan Hom erkenning gee vir wie Hy is en wat Hy vir ons doen nie, kan ek en jy Hom nie regtig loof en prys nie. As lofprysing nie uit jou hart uit kom nie, moet jy dit liewer los, want dan maak ons 'n bespotting van Hom.

Ps 103 : 1 - 5 Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof. 2 Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4 wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.

Lofprysing. Is dit vir jou ook lekker om lewendig en vrolik aan lofprysing deel te neem? Vir my is dit heerlik!

· Wat is lofprysing?
Ware lofprysing is 'n bewustelike, doelgerigte aksie om die Here se Naam groot te maak, om eer aan Hom te bring, om Hom te verheerlik. Ons gaan netnou kyk na verskillende elemente van lofprysing. Nou ja, as jy wil sien hoe lyk iemand (en sy lewe) wat lofprysing regtig verstaan het, gaan lees die Psalms. Dawid het so liries oor die Here geraak, dat hy skoon begin dans het. Toe dink sy vrou hy's gek!

· Hoekom lofprysing?
- Dis 'n opdrag. Die Here sê, as ons nie van Sy grootheid getuig nie, sal die klippe dit uitroep. Die Here verwag van my en jou om te reageer op Sy weldade, en daarvoor is lofprysing net die regte ding.
- Dit is lekker, want as ons in lofprysing voor die Here gaan, ontvang ons self 'n klomp seën. Dit hang natuurlik van jou gesindheid af, of hoe? 
- Dit is 'n manier om saam met medegelowiges koinonia te ervaar - bv. in die kerk, 'n selgroep, ens. 
- As ek en jy net vir 'n oomblik gaan stilstaan en dink oor die Here, moet dit mos spontaan kom om Hom te besing.

· Hoe doen ons lofprysing?
Die persepsie wat die meeste mense oor lofprysing het, is sing. Dit is definitief ver van die enigste manier van lofprysing, maar sekerlik een van die belangrikste. Ander maniere van lofprysing:

- Gebed. Om die Here se Naam groot te maak in gebed. Om vir die Here te sê hoe jy oor Hom voel, soos ons in die Psalms lees en soos Dawid konstant uitroep: "Prys die Here, U is magtig, U is Heilig, daar is niemand soos U nie, Here, ek het U opreg lief". Sê dit vir Hom. 
- Sing. Daar in die stort, wanneer jy ry. Bekende liedere, lofpsalms, soms sommer jou eie woorde, dalk saam met lofprysingsmusiek. Enige tyd, oral. 
- Getuig. Deur vir ander van die grootheid van die Here te vertel. Om openlik eer aan die Here te gee. 
- Dans. Soos Dawid ja! Kry bietjie ritme in jou lyf saam met jou lofsang. Koordanse is 'n wonderlike manier van lofprysing.
- Bybel. Lees Psalms en ander skrifgedeeltes van lof. Sing dit saam.

Jona 2 : 6 - 10 Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered. 7 Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel. 8 Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon. 9 Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af. 10 Toe beveel die Here die vis, en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg

Psalm 150 Prys God in sy heiligdom, prys Hom hier onder sy magtige hemelgewelf! 2 Prys Hom oor sy kragtige dade, prys Hom in sy magtige grootheid! 3 Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met harp en lier! 4 Prys hom met tamboeryn en koordanse, prys Hom met snaarinstrumente en fluite! 5 Prys Hom met simbale, prys hom met galmende simbale! 6 Laat alles wat asem haal, die Here prys! Prys die Here!

Prys die Here! Met  ramshorings, harpe, liere, tamboeryne, koordanse, snaarinstrumente, simbale. Ja, selfs met die orrel in die kerk. Moet tog net nie bedroef klink nie!

Lofprysing is 'n keuse, 'n besluit dat ons lippe nie verseël sal wees nie. Altyd, oral, ook vir die klein dingetjies. Spog tydig en ontydig met jou Here, selfs as jy “af” voel.

DIE BRUIDSKLEED VAN CHRISTUS SE BRUID IN ‘n STUKKENDE WêRELD MET SKREIENDE NOOD

DIE BRUIDSKLEED VAN CHRISTUS SE BRUID IN ‘n STUKKENDE WêRELD MET SKREIENDE NOOD

Openbaring 19:7,8

Laat ons bly wees en juig

en aan Hom die eer gee,

want die bruilof van die Lam

het aangebreek,

en sy bruid het haar daarvoor

gereed gemaak.

God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.”

Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.

Die manier waarop enige mens leef, jou karakter en gedrag, word bepaal deur wat jy verwag jou finale toekoms gaan wees.

Die belangrikste en kragtigste lewensveranderende dinamiek vir ‘n Christen, is om so ’n lewende verwagting van God se groot toekoms te hê dat jy nou al iets daarvan begin ervaar. As jy nou al ’n kykie kry op die asemrowende heerlikheid van God se finale verlossing kan jou lewe nooit meer dieselfde wees nie.

Die Bybel leer ons dat ’n Christen se verwagting van ons finale toekoms ‘n lewensvormende sekerheid is dat God se ewige liefde en heerlikheid, ’n nuwe hemel en aarde, ons deel sal wees.

Wat kom op in jou gedagtes as jy dink oor die wederkoms van Christus? As jy verseker sou weet dat Jesus Christus môre sou terugkom aarde toe, sal jy bly of bang wees?

Sal jy saam groot menigte waarvan hier in Openbaringe 19:1 geskryf word uitroep: Haleluja!

Of sal jy deel wees van die mense waarvan Openbaring 6:16 skryf wat in die grotte wegkruip en vir die berge en die kranse roep: “Val op ons en bedek ons vir die oë van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam. Die groot dag waarop Hulle die oordeel sal voltrek, het aangebreek, en wie sal staande kan bly?”

Om ons te help om die regte instelling te hê oor die wederkoms van Jesus, beskryf Openbaringe 19 ‘n bruilof.

Die kerk wat die wederkoms van Christus met ‘n lewende verwagting tegemoet stap is soos ‘n bruid wat haar trourok aantrek.

Kom ons kyk na die betekenis van hierdie beeld aan die hand van 2 hoofpunte.

  1. Die Bruidegom se keuse.
  2. Die Bruid se trourok.

DIE BRUIDEGOM SE KEUSE

In die tyd van die Bybel het die bruidegom se Vader dikwels sy seun se bruid uitgekies soos ons lees van Abraham in Genesis 24 wat die initiatief geneem het om vir Isak sy bruid te kies.

Nadat die bruid gekies is moes daar dan ‘n bruidsprys betaal word. Waar ek werk noem hulle dit “lobola”.

In die Hebreeuse taal van die Ou Testament is dit  mohar genoem

Dit was gewoonlik ‘n aansienlike prys.

Jakob moes 14 jaar lank vir sy skoonpa Laban werk om uiteindelik vir Rachel as sy bruid te kry.

“Jakob het toe sewe jaar gewerk vir Ragel, en dit was vir hom soos ’n paar dae, want hy het haar liefgehad.”

Daar was ook ‘n praktyk dat die bruid dan moes instem om aan die bruidegom te behoort. Na al die onderhandelinge afgehandel is moes sy ook haar jawoord gee. Die vader van die bruidegom het dan twee bekers met wyn gevul en hulle moes dit saam drink as teken dat hulle nou verloof is. Die bruid moes dan sê: “Ek behoort aan jou.” en die bruidegom moes sê: “Jy is myne.”

Al hierdie gebruike lê ten grondslag van die metafoor van die kerk as bruid van Jesus Christus.

God die Vader het die kerk as bruid vir Christus gekies, nog voor die grondlegging van die wêreld.

Die Vader het ons aan Jesus Christus gegee.

Jesus Christus het ‘n bruidsprys betaal - nie met geld of met beeste nie - maar met die kosbare prys van sy eie bloed.

Daar staan mos in 1 Petrus 1:2

Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.

En in 1 Korintiërs 7:23: Julle is vrygekoop en die prys is betaal;

Ons sing dit ook in ‘n lied wat Openbaring 5:9,10 gebaseer is

U 't van die hemel hoog op aarde neer wou daal,

en ons vir God gekoop uit alle volk en taal.

Die losprys was u bloed, wat U vir ons gestort het,

Ons eenwording met Christus word ook eers ‘n werklikheid as die Heilge Gees ons daartoe lei om onsself volledig aan Jesus Christus oor te gee.

Ken jy dit broer en suster?

Het jy ook al opreg in jou hart gesê: “Here Jesus ek het u lief met my hele hart. U is my Bruidegom en ek wil deel wees van U bruid ..”

U, Christus, is my lewe,

die sterwe wins vir my.

In lewe en in sterwe

is ek aan U gewy.

U is my hoogste vreugde,

aan U is ek gewy;

in lewe en in sterwe

sal U steeds by my bly. (Liedboek 306:1,5).

2      Die Bruid se trourok

Nadat die onderhandelinge afgehandel is en die prys betaal is was daar gewoonlik ‘n verlowingstydperk van ‘n jaar lank.

In daardie tydperk het die bruid gewoonlik met groot verwagting uitgesien na haar troudag en haarself mooi en gereedgemaak vir die dag van haar bruilof.

Met die huwelikseremonie is die bruid dan gewoonlik getooi met kosbare juwele en pragtige klere.

 ‘n Bruidsuitrusting was skynbaar so kosbaar dat ‘n bruid dit soms haar lewe lank onthou het as ‘n soort pand en herinnering aan haar huweliksdag. Ons kry ‘n verwysing daarna in Jeremia 2:32 waar daar staan:

Vergeet ’n meisie haar juwele

of ’n bruid haar trourok?

Vir die gelowiges sal die wederkoms van Christus ‘n blye huweliksdag wees.

Netsoos wat ‘n bruid destyds tydens die wagperiode van haar verlowing, voor haar huweliksdag haar uiterste bes gedoen het om haar mooi te maak vir haar bruidegom, moet die ware kerk van Christus dit ook vandag doen terwyl sy wag op die koms van Jesus Christus, haar Bruidegom.

Die lewe van gelowiges in hierdie tyd van afwagting op die wederkoms van Christus hou in om noual, die regte bruidsuitrusting te begin aantrek.

Hierdie klere word in Kolosense 3:12-15 beskryf:

Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Let bietjie mooi op na hierdie woorde:

Eers word ons daaraan herinner dat ons ook deur die hemelse Bruidegom uitgekies is.

Ons word daaraan herinner dat Hy ons liefhet. Ons is sy geliefdes. Die 1983 vertaling vertaal met die wat Hy innig liefhet.

Dan word die kleed beskryf wat ons moet aantrek:

Beklee julle met: innerlike ontferming.

Die Engelse NIV vertaling vertaal met: dearly loved, clothe yourselves with compassion...”

GESINDHEDE SONDER DADE NIE GENOEG

Hierdie ontferming is nie net woorde en gesindhede nie maar ons liefde vir die Here moet uitloop op konkrete dade van liefde:

Daarom staan daar in Openbaring 19:7,8

Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee, want die bruilof van die Lam het aangebreek, en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak. God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek." Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.

Let op die bruid se kleed is die regverdige dade van die gelowiges.

Dit word aan haar gegee. Dit beteken dat Christus deur sy verlossing vir ons ‘n trourok gee deur ons in staat stel om goeie dade te doen. Die regverdige dade wat ons doen is ons bruidskleed.

Dit laat my dink aan die woorde in Job 29:7- 17 waar Job vertel hoe hy deur mense geëer en gerespekteer is vir sy goeie dade:

Wanneer ek na die stadspoort toe gegaan het, my plek op die stadsplein gaan inneem het,  het die jongmanne opsy gestaan as hulle my sien, het die ou manne eerbiedig opgestaan.  Die leiers het stilgebly, hulle het nie gepraat nie.  Die vernames het nie ‘n woord gesê nie, hulle het uit eerbied geswyg. Dié wat van my gehoor het, het goed van my gepraat, dié wat my gesien het, het my geprys omdat ek die armes gered het wat om hulp roep, die weeskind en dié wat geen helper het nie. Die man wat met ondergang bedreig was, het my vir sy redding gedank, en ek het die hart van die weduwee bly gemaak. Ek het reg en geregtigheid laat geskied; vir my was dit vanselfsprekend, so vanselfsprekend as om klere aan te trek. Ek was oë vir die blindes en voete vir die kreupeles, ek was ‘n vader vir die armes, ek het selfs onbekendes se regsaak behartig. Ek het die mag van dié wat onreg doen, gebreek, ek het die prooi uit hulle tande weggeruk.

Die Bybel is vol daarvan dat ware godsdiens sigbaar word in sorg en uitreik na weduwees en wese  en mense in armoede en nood.

Jakobus 1:27

Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan...

Jesaja 58 maak dit duidelik dat die Here nie ‘n behae het in ons vas en verootmoediging as dit nie gepaard gaan met omgee vir mense in nood nie:

Jesaja 58:6-7

Is die vas wat Ek wil hê, nie dít nie: om dié wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses ‘n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?

Jesus het dit ook duidelik gemaak dat die toets waarmee ware gelowiges en ongelowiges geskei gaan word met sy wederkoms sal wees of ons ons geloof bewys het in ons omgee vir mense in nood.

Matteus 25:34-40

Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit, want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My gehuisves; Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’

Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’

En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

REFLEKTEER GOD SE BARMHARTIGHEID

Die Bybel stel God aan ons bekend as ‘n God van ontferming en bewoënheid vir weduwees en weeskinders en armes en noodlydendes.

Psalm 68:5 sê God is ‘n Vader vir weeskinders en ‘n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning.

Daar staan in Deuteronomium 10 18 en 19:

Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere. Jy moet ook die vreemdelinge liefhê,

Een van die mees bekende Afrikaanse Psalms is die ou Totius beryming van Psalm 146.

Meeste mense (my ervaring selfs in dienste in die gevangenis) ken die eerste vers:

Prys die Heer met blye galme...

Maar min mense ken regtig die woorde van vers 5-7 en seker nog minder leef daarvolgens:

Dis die HEER wat aan die arme

in sy druk laat reg geskied,

wat uit liefderyke erbarme

hongeriges spyse bied;

wat gevang'nes vryheid skenk

en hul in hul smart gedenk.

Dis die HEER se mededoë

wat die blinde oog verlig;

wie in stof lê neergeboë,

word deur Hom weer opgerig.

Hy bemin die wat opreg

wandel in sy woord en weg.

Dis die HEER wat vreemdelinge

met 'n wakende oog aanskou,

weduwees in twisgedinge,

met hul wese, staande hou...

 

AAN ALLE MENSE SONDER ONDERSKEID

Jesus se dissipels moes Hom ook daarin volg dat hulle kanale van God se liefde word vir alle mense, nie net vir medegelowiges nie. In Lukas 6:27,28 sê Hy: "Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;  seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.

Jesus maak dit duidelik dat as mense net liefde aan hulle eie mense bewys is hulle eintlik nog nie werklik Christene nie. Dan is hulle nog maar net dieselfde as die ongelowiges want hulle bewys ook liefde aan hulle eie mense wat ly. Eers as jou liefde dwarsdeur die grense van jou eie kringetjie breek bewys jy dat jy waaragtig daadwerklik ‘n gelowige navolger van Jesus geword het.

Daar staan immers in Lukas 6:33: En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Die sondaars maak maar net so. En in vers 35 staan daar: Nee, sonder om iets terug te verwag, moet julle julle vyande liefhê en goed doen en uitleen. Dan sal daar vir julle 'n groot beloning wees: julle sal kinders van die Allerhoogste wees, omdat Hy self goed is vir die ondankbares en slegtes. 36 Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is."

In die briewe van Paulus kry ons dieselfde gedagtes: Seker van die bekendse uitsprake is die in Galasiërs 6:9,10: Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.  Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Netsoos die evangelie aan alle mense sonder enige onderskeid verkondig is, het die noodleningingswerk ook na alle mense toe uitgegaan, juis met die oog daarop dat hulle hulle sal bekeer en glo.

VERHOUDING TUSSEN WOORD EN DAAD GETUIENIS

Hier geld die spreekwoord: Woorde wek, maar voorbeelde trek.

Die Bybel lê dikwels klem daarop dat ons goeie dade ons geloof bevestig. Aan die ander kant kan ons dade van opofferende liefde dikwels die weg baan vir die woordelikse verkondiging van die evangelie.

In Handelinge 2 kry ons die mooi voorbeeld dat die onderlinge liefde en die gewilligheid van die gelowiges om mekaar en ander met hulle konkrete dade van opofferende liefde te dien, juis daartoe lei dat daar in vers 47 staan: Hulle was in guns by die hele volk (of soos die 1983 vertaling vertaal: Die hele volk was hulle goedgesind.) En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.

Daarom lees jy van die vroeg Christelike Kerk dat slawe soms hulle base en base soms hulle slawe vir die Here gewen het.

Op ‘n keer het ‘n Romeinse goewerneur aan die keiser in Rome geskryf oor die redes waarom die Christelike Kerk so vinig uitbrei. Hy skryf: Hulle begrawe nie net hulle eie mense nie, maar ook die van die ongelowiges. As hulle iemand sien wat nie kos het nie sal hulle self sekere etes sonder kos bly om die hongeriges te kan voed.

Aan die ander kant is dade van hulpverlening sonder woordelikse getuienis wat mense wys na die liefde van God in Christus, blote humanisme. As ek net goeie dade doen kan mense dink dit is ek wat so goed is. Dan getuig ek eintlik nog maar net van myself. Eers wanneer ek daadwerklik oor die Here praat wys ek weg van myself af na Christus toe. As ons goeie dade doen moet ons met ons woorde onbeskaamd duidelik maak dat dit die liefde van Christus is wat ons daartoe dring.

DIE ROEPING VAN DIE KERK IN DIE WÊRELD

Die kerk moet in die wêreld getuie wees van Jesus Christus deur dit wat ons sê of preek, dit wat ons is en dit wat ons doen.

Die kerk moet nou al ‘n teken wees van die koninkryk. Met ander woorde deur dit wat ons is en doen moet ons nou al iets van die vrede en liefde van die hiernamaals laat sien.

The lifestyle of the early Christians provides an amazing picture of how Spirit filled Christians lives in the world. Rodney Stark published a book a few years ago with the title: The Rise of Christianity.  He reveals historical facts,  but also brings a sociologist's perspective to bear on the puzzle behind the success of early Christianity, that there were three ways in which the early Christians were remarkably different from their pagan neighbors:

When the great epidemics hit the urban centers, while others just fled Christians stayed to care for the sick and in the process several died in the process of doing it.

Secondly when Christians were persecuted, they did not respond with retaliation, or guerilla warfare, but they died while they were praying for their persecutors.

Thirdly when Rome conquered all the nations all national boarders were opened. The cities became fiercely multi ethnic, which lead to a great deal of ethnic tension. The Christian church was the first institution in the history of the world that brought people together across those ethnic barriers and said: Race means nothing.

If you ask why were the Christians so much more compassionate to the sick? Why were they so much more forgiving to their persecutors?, Why were they so much more ethnically inclusive than everybody has ever seen? There is one main answer: Their attitudes and lifestyle were dependent on what they believed their ultimate future is going to be.

Christians had hope!

They were shaped by a joyful certainty of God’s future: Eternal glory and love. Therefore they could stay in the cities, because they were not afraid of death, because they knew after death comes God’s love. The reason they did not retaliate against their persecutors with violence and terrorism, is because they knew that by the end of time God would judge everything and put everything right.

Hulle was etnies inklusief omdat hulle geweet en geglo het dat die Here Jesus besig is om sy kerk uit alle volke tale en nasies bymekaar te maak en

hulle op pad is na die Nuwe Jerusalem waar almal saam God se lof sal sing.

Wanneer die Heilige Gees op jou lewe beslag lê dan begin jou lewe soos ‘n bruid se trourok in wording nou al God se heerlikheid en bewoënheid in ‘n stukkende wêreld uitstraal.

Hoe meer jy met die Gees van God vervul word, hoe meer het jy ‘n diep sekerheid dat jou sonde vergewe is en jy op pad is na God se groot toekoms, waar jy in die volle son wat uit sy gesig uitstraal op die nuwe aarde sal leef, waar daar geen siekte en pyn en ellende meer sal wees nie, en ons Bruidgom alle trane uit ons oë sal wegvee.

Die wêreldbekende sendingwetenskaplike, Leslie Newbegin,  moes eenkeer verduidelik wat is 'n Christen nou eintlik.  Hy sê toe dat hy op die sendingveld in Sri Lanka dit altyd so verduidelik het:  Wanneer mense daar in die vroeë more op die smal bergpaadjies in 'n oostelike rigting werk toe gestap het,  was daar 'n helderrooi skynsel wat van hulle gesigte uitgestraal het.  Mense wat na hulle gekyk het, het verbaas gevra: "Wat het hulle wat hulle gesigte so laat blink?"  Later het hulle dan agtergekom dit is die son wat so op hulle gesigte skyn,  en dit laat weerkaats na die wêreld toe.  'n Ware Christen sê Newbegin dan,  is iemand wat God se nuwe daeraad sien aanbreek het,  wat die son van geregtigheid tegemoet  stap,  en die liefde van God na die wêreld toe laat weerkaats.

U sien, ‘n ware bruidskerk moet nou al 'n voorsmaak wees van die nuwe hemel en die nuwe aarde.  Die kerk moet nou al iets van die nuwe hemel en die nuwe aarde na die wêreld toe uitstraal. Omdat daar een dag geen vervloeking,  geen nag,  geen lyding, smart en droefheid meer sal wees nie,  moet die kerk nou al begin om iets daarvan uit te straal.

En as dit gebeur,  dan sal die kerk ook in getalle groei,  en dan sal die profesie van Sagaria 8:23 vervul word wat sê dat tien manne een gelowige aan die baadjiepante sal gryp en sê:  "Ons wil met julle saamgaan want ons sien God is met julle."

Doen dit net

Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Jakobus 1:22

In ons vers vir vandag herhaal Jakobus die woorde van Jesus: “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie? (Lukas 6:46)

Jesus maak dit baie duidelik dat dit geen sin maak om slegs lippediens te bewys nie. Ons moet bereid wees om dit wat Hy ons leer toe te pas. Hy illustreer dit met 'n gelykenis oor twee bouers wat 'n huis bou.

Een was 'n verstandige bouer en die ander een was 'n dwaas. In Lukas se weergawe van die gelykenis, het die een bouer die grond diep uitgegrawe om die fondament op die rots te lê. (Lukas 6:48) Die ander bouer het die makliker manier gekies en sy huis op die sand gebou.

Toe het die storms gekom en die twee huise is getref. "Die stortreën het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai …" (Matteus 7:25) Die huis wat op die rots gebou was het bly staan, maar die storm het een wat op sand gebou is heeltemal verwoes.

Jesus as 'n timmerman het heel waarskynlik 'n goeie kennis van die boubedryf gehad. Hy het geweet dat dit uiters belangrik is vir 'n gebou om 'n stewige fondament te hê. Hy het hierdie kennis gebruik om vir ons 'n geestelike waarheid te openbaar.

Gehoorsaamheid aan dit wat Hy ons leer is die enigste vaste fondament waarop ons ons lewens moet bou. Hy, en Hy alleen, is die bron van ewige saligheid vir almal wat aan Hom gehoorsaam is. (Hebreërs 5:9)

Elkeen wat hoor wat Jesus leer, is of 'n verstandige bouer of 'n dwaas. Diegene wat nie aan Hom gehoorsaam is nie bou hulle lewens op sand en staar 'n droewige toekoms in die gesig. Jesus, die Rots van ons saligheid is die enigste fondament waarop ons ons lewens moet bou. Diegene wat dit doen sal die storms kan weerstaan en die ewige lewe is hulle bestemming.

Ons plaas dit weer............

Ek wonder so baie keer wat dit is wat die lewe die moeite werd maak. Hoe kyk mens vorentoe? Hoe moet ek my lewe bestuur, en inrig om die lewenspad die moeite werd te maak, om ten spyte van moeilike tye nóg 'n dag op te staan, wéér 'n dag aan te pak waarvoor ek dalk nie lus is nie. Om positief te bly in negatiewe omstandighede. Voordat ek hierdie stukkie begin voorberei het, het 'n klomp dinge deur my kop gegaan terwyl ek gedink het oor wat alles nodig is om goeie bestuur van my lewe toe te pas. Bv. wees tevrede, doen vir ander iets, tel jou seëninge, verwerk stres en bekommernis, sorteer probleme uit, handhaaf goeie verhoudinge, ens. Wel, ál hierdie dinge moet in plek wees om 'n sinvolle lewe te handhaaf, maar … toe kry ek die heel beste raad in drie eenvoudige woorde. Woorde wat so ryk aan inhoud is, dat ons seker ure en dae oor elkeen kan praat, deur dit te bedink, ontleed en deur te trap. Drie woorde wat alles bevat om sinvol te leef, vrolik op te staan, positief te bly, uit te sien na môre. Ek het besluit dat ek wil probeer om elke oggend hierdie drie woorde te oordink voordat ek opstaan. Jy ken hierdie drie woorde baie goed, dit kom uit 1 Kor 13:13 "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde."

Geloof, hoop en liefde… na my mening is dit die antwoord op 'n sinvolle, vreugdevolle lewe.

GELOOF
Heb 11:1 sê wat geloof is: "Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie". Hoor jy: die dinge wat jy nie sien nie. Hoe sien jy die toekoms? Sien jy altyd 'n halfvol of 'n half leë glas? Weet jy, ek glo vas ek gaan Vrydagoggend weer hier sit. Daar is absoluut geen rede om die teendeel te glo nie. Die kans is een uit miljoene dat ek voor dit iets vreesliks gaan oorkom. Daarom glo ek 100% dat die Here my tot dan gaan beskerm. Natuurlik is ek geensins vrygestel van iets slegs wat met my kan gebeur nie, maar ek glo alles sal fyn wees. Ek glo in God wat my genoeg rede gee om Hom te glo.

Geloof maak nie somme nie, en voorspel nie die toekoms nie. Geloof is blind, geloof berus op vertroue, spesifiek in Jesus Christus wat my gered het. Ja, iets kan gebeur, ek kan omkap, maar niks kan my saligheid wegvat nie - juis omdat ek glo. Geloof sê daar is 'n krag groter as ek. Geloof sê dat ek swak is, maar dit is okay. Paulus het gesê: "As ek swak is, is ek sterk". Geloof maak dat ek die toekoms met 'n 10 pond hamer aanpak.

HOOP
Voel jy dalk hoop loos, of hopeloos? Geen mens kan hoop hê sonder geloof nie. Niemand! Hoop se fondament is geloof. Hoop kan nie op sy eie gestalte kry nie. Hoop is 'n gawe, 'n lewenskwaliteit, dit is 'n uitsien na iets wat voor jou lê, wat jy nie noodwendig altyd kan teweegbring nie. Hoop is niks anders as 'n lewensuitkyk waarop jy self besluit nie. Ek kan nie hoop vir jou kies nie; ek kan probeer om vir jou hoop te gee - dit hang net af of jy my sal glo. Kom ons probeer … vriend, wil jy hoop hê vir die toekoms? Soek jy weer 'n silwer randjie om die donker Suid-Afrika wolk? Kom ek gee jou hoop met net vier woorde: "God is in beheer". Nou hang dit net af of jy dit glo. Hy is in beheer van jou lewe, van Suid-Afrika, Zimbabwe, jou probleme …. Alles! As jy dit glo, kan jy hoop hê. Ag, en as jy nog sukkel, kom ons gebruik bietjie "common sense": is jy miskien gister vermoor? Het jy kos gehad om te eet? Het jy 'n dak oor jou kop? Ag, weet jy, dit sal waarskynlik volgende week ook nog so wees. Gebruik jou geloof om vir jou hoop te gee. 1 Pet 3:15: Wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n verduideliking eis oor die HOOP wat in julle lewe. Lewe daar hoop in jou?

LIEFDE
Liefde is reguit van God af. 1 Joh 4:8 "God is liefde". Jy kan nie liefde hê sonder God nie. Jy kan ook nie liefde hê sonder hoop nie. God het ons baie baie spesiaal geseën deur iets van sy wese in ons in te bou. Daarom, as ons mekaar bemoedig, kan dit net gebeur as dit met liefde gepaardgaan. As ek jou lief het sal ek jou aanspoor tot groter hoogtes. Ek sal jou nie aftrek nie. As ek jou lief het, sal ek Jesus se hande en voete vir jou wees. As ek liefde het, kan ek vorentoe gaan. Liefde vir God, liefde vir God se kinders en ja, selfs liefde vir God se vyande … moeilike een, of hoe? As ek lief het stel ek myself laaste, die ander eerste. Liefde bring positiwiteit.

1 Kor 13
1 Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek 'n stuk klinkende metaal, 'n galmende simbaal geword.
2 Al het ek die gawe van profesie en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die kennis, en al het ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks.
3 Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks.
4 Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.
5 Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
6 Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid.
7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.
8 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.
9 Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik,
10 maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.
11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind.
12 Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
Geloof, hoop en liefde. Hoe lyk dit, sien jy kans vir die toekoms?

Ek is seker hulle het oorgeloop van blydskap

Dankbaarheid is baie meer as net �n gevoel van waardering. Dit strek wyer as om my seëninge te tel en alles te waardeer. Ek is seker dat al tien melaatse manne baie dnakbaar was toe hulle langs die pad loop en skielik agterkom dat hulle gesond gemaak is. Ek is seker dat hulle baie dankbaar in hul harte was dat Jesus hulle noodkreet beantwoord het. Ek is seker hulle het oorgeloop van blydskap toe hulle aan die priester gaan wys het dat hulle gesond is en toe hulle terug verwelkom is in die gemeenskap.

Maar net een van hulle het van sy vriende weggebreek. Net een het omgedraai en by Jesus se voete neergeval om dankie te gee, dankie te sê. Die feit dat hy �n Samaritaan was het bietjie speserye by die gebeure bygevoeg, juis omdat dit nie soort reaksie en houding is wat jy van �n Samaritaan kon verwag nie. Jesus is dadelik teleurgesteld en tog ook bly. "Was daar nie tien nie? Waar is die ander nege? Is daar net hierdie vreemdeling wat omgedraai het om dankie te sê?" En Jesus prys die feit dat hierdie man nie net na Hom in tyd van nood geroep het nie, maar dat hy ook teruggekom het om dankie te sê. "Staan op en gaan. Jou geloof het jou gered".

Tien melaatses het genoeg geloof gehad om Jesus te bid om genade. Een het geloof gehad om voor Jesus se voete neer te val en dankie te sê - Hom te dank.

Ek is seker hulle het oorgeloop van blydskap

Dankbaarheid is baie meer as net �n gevoel van waardering. Dit strek wyer as om my seëninge te tel en alles te waardeer. Ek is seker dat al tien melaatse manne baie dnakbaar was toe hulle langs die pad loop en skielik agterkom dat hulle gesond gemaak is. Ek is seker dat hulle baie dankbaar in hul harte was dat Jesus hulle noodkreet beantwoord het. Ek is seker hulle het oorgeloop van blydskap toe hulle aan die priester gaan wys het dat hulle gesond is en toe hulle terug verwelkom is in die gemeenskap.

Maar net een van hulle het van sy vriende weggebreek. Net een het omgedraai en by Jesus se voete neergeval om dankie te gee, dankie te sê. Die feit dat hy �n Samaritaan was het bietjie speserye by die gebeure bygevoeg, juis omdat dit nie soort reaksie en houding is wat jy van �n Samaritaan kon verwag nie. Jesus is dadelik teleurgesteld en tog ook bly. "Was daar nie tien nie? Waar is die ander nege? Is daar net hierdie vreemdeling wat omgedraai het om dankie te sê?" En Jesus prys die feit dat hierdie man nie net na Hom in tyd van nood geroep het nie, maar dat hy ook teruggekom het om dankie te sê. "Staan op en gaan. Jou geloof het jou gered".

Tien melaatses het genoeg geloof gehad om Jesus te bid om genade. Een het geloof gehad om voor Jesus se voete neer te val en dankie te sê - Hom te dank.

wees verseker

Dankbaarheid is n onnatuurlike aktiwiteit. Dit moet aangeleer en verdien word. Ouers weet dit baie goed. Een van die eerste dinge wat jy aan jou kinders leer is om dankie te sê as hulle iets ontvang. "Wat sê mens dan?" herinner jy hulle. "Dankie". Dis goeie maniere om dankie te sê. n Klein, maar belangrike teken dat ons hoër is as die diere. Ons sê "dankie".

Die Amerikaners het selfs n "dankie-sê dag". Hulle noem dit "Thanksgiving". President Lincoln het dit ingestel as n dag waarop die Amerikaanse volk aan die Here wou dankie sê.

Ons kan n baie lang lys maak waarvoor ons kan dankie sê: liggaam en siel, oë, ore, al ons ledemate, ons verstand, ons sintuie, ons klere en skoene, kos en drank, vir n huis, wederhalftes en kinders, land, diere, geld, kos, regering, weer, vrede, dissipline, goeie reputasie, goeie vriende, betroubare bure, en enigiets anders wat ons liggaam en lewe ondersteun. Dis alles goeie dinge. Alles uit die vrygewige en genadige hand van God. Dis ons taak as Christelike burgers van hierdie land om tyd te maak en en spesiaal aan God dankie te sê vir al die goeie gawes wat Hy op ons land en sy mense uitstort  ja, ek sê dit doelbewus met al die verdrietige dinge wat op die oomblik ook in ons land gebeur. Maar dit neem nog nie ons dankbaarheid weg nie.

Een van die eerste dinge wat jy aan jou kinders leer

Dankbaarheid is n onnatuurlike aktiwiteit. Dit moet aangeleer en verdien word. Ouers weet dit baie goed. Een van die eerste dinge wat jy aan jou kinders leer is om dankie te sê as hulle iets ontvang. "Wat sê mens dan?" herinner jy hulle. "Dankie". Dis goeie maniere om dankie te sê. n Klein, maar belangrike teken dat ons hoër is as die diere. Ons sê "dankie".

Die Amerikaners het selfs n "dankie-sê dag". Hulle noem dit "Thanksgiving". President Lincoln het dit ingestel as n dag waarop die Amerikaanse volk aan die Here wou dankie sê.

Ons kan n baie lang lys maak waarvoor ons kan dankie sê: liggaam en siel, oë, ore, al ons ledemate, ons verstand, ons sintuie, ons klere en skoene, kos en drank, vir n huis, wederhalftes en kinders, land, diere, geld, kos, regering, weer, vrede, dissipline, goeie reputasie, goeie vriende, betroubare bure, en enigiets anders wat ons liggaam en lewe ondersteun. Dis alles goeie dinge. Alles uit die vrygewige en genadige hand van God. Dis ons taak as Christelike burgers van hierdie land om tyd te maak en en spesiaal aan God dankie te sê vir al die goeie gawes wat Hy op ons land en sy mense uitstort  ja, ek sê dit doelbewus met al die verdrietige dinge wat op die oomblik ook in ons land gebeur. Maar dit neem nog nie ons dankbaarheid weg nie.

Dankbaarheid is n vorm van getuienis

Dankbaarheid is n vorm van getuienis, verkondiging, n openbare belydenis dat Jesus die Bron van die lewe is. Die Samaritaan bewys dankbaarheid aan die Here met n luide stem en n sigbare daad van aanbidding. Hy het dit nie weggesteek nie. Dis een ding om in jou hart dankbaar te wees, natuurlik moet dit. Dis tussen jou en God. Dis n ander saak om jou werk bietjie te laat staa, die partytjies ensomeer en om op jou pad om te draai en Jesus persoonlik te bedank.

Dankbaarheid is gemeenskaplik, korporatief

Dankbaarheid is gemeenskaplik, korporatief. Dit gebeur publiek in die teenwoordigheid van God se kinders "in die voorhowe van die Here se huis", in die middel van Jerusalem, dit is, in die kerk. Dit beteken nie dat jy op geen ander tyd of plek daankbaar kan wwes nie. Natuurlik kan jy, so goed as moontlik! Maar wanneer die kerk vergader as Kerk met �n hoofletter, vind �n unieke dankbaarheid plaas. Hier gee die liggaam van Christus dankbaarheid aan sy Hoof. Hier sê God se hishouding: "dankie" aan sy hemelse vader. Hier wys die bruid haar dankbaarheid saam aan haar bruidegom. Hier offer die koninklike priesterdom haar dankbaarheid nie net vir haarself nie, maar ook vir die hele wereld.

Vandag werk ons hoofsaaklik met geld

Vandag werk ons hoofsaaklik met geld. Dit mag dalk vreemd klink om oor geld en offers met nagmaal te praat. Maar dit is presies die tyd en plek. Wanneer ons heel eerste n deel van ons inkomste eenkant sit en dit kerk toe bring, doen ons meer as om net die kerk se begroting te laat klop. Dit is n daad van aanbidding, van erediens, n uitoefening van ons priesterskap,n offer van dankbaarheid, n dankoffer. Deur aan God te gee sê ons dankie vir die oorvloed wat Hy aan ons gegee het.

om aan God te gee.

Dankbaarheid behels ook om aan God te gee. "My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk." Wat gee mens aan God? Ons offer aan Hom wat Hy aan ons gegee het. In die OT, as jy �n koringboer was, het jy �n deel van jou koring gegee. As jy �n olyfboer was, het jy deel van jou olyfolie geoffer. Dit was jou dankbaarheid aan God. Hulle was die eerste van die oes, die room van die oes,, nog voordat jy jou gesin gevoed het of winkel toe gegaan het of jou skulde en rekeninge betaal het. Die room van die oes, die eerste van die geparste olie, die beste van die skaapkudde. Dit was hulle offer van die tien persent wat God gevra het.