Impala Laerskool

Laerskool Impala

Kempton Park

29 Julie 2013

Die Skoolhoof

Mnr Gouws

Hulp om Kleuterskool op te rig by Sakabuka Nedersetting

Mnr ons bedank u dat u ons gehelp het om ouers en kinders bewus te maak van plekke in ons land waar kindertjies nie eers kan skool gaan nie.

Ons vra ook dat u hierdie dank sal oordra aan al die ouers van kinders wie so mildelik deel gehad het aan ons groot projek. Ons is dankbaar vir al die skool en ander benodigdhede wat ons ontvang het . Die skenking was so groot dat ons meer as n bakkie moes inbring om die goedere te kon oplaai.

Die skooltjie wat ons by Sakabuka gaan begin sal voorlopig so tussen 12 en 15 kinders huisves. Die voorskool se klassie sal graad R en RR huisves. Ons het Voorskoolse onderwysers wie inwillig om die kinders op te lei. Ons het ook n glyraam ontvang. Die eienaar van Sakabuka gee ook vir ons die klaskamer wat ons reeds besig is om in te rig

Net so bietjie meer oor dit waarmee ons besig is. Ons het 3 voorskoolse klassies wat reeds goed funksioneer. Die plekke wat ons bedien is daar 89 Nedersettings in en om Pretoria met 20000 inwoners . Die meeste van hierdie ouers het nie werk nie en daarom ook nie inkomste nie en verder bly hulle onder haglike omstandighede in een vertrek sink, hout huisies ou verslete tente en stukkende karavane. Doulos gee nie net kos en klere nie ons hoofdoel is Opleidig, Ontwikkeling, Werkskepping en om kinders weer terug te kry op die skoolbanke.

           

JG(Hans)Janse van Rensburg

Uitvoerende Direkteur

Armoede in ons land

  1. ARMOEDE IN ONS LAND

1.1               633,000 wat tydelike of geen werk het nie

1.2               Pretoria en omgewing is daar 89 nedersettings en 20,000 mense

1.3               Warmbad 230

1.4               Oos Rand 1320

1.5               Wes Rand 890

1.6               Noord Wes 1345 en in elke dorp van ons land

  1. WOONPLEKKE

2.1              Agterplase van huise

2.2              Plakkerskampe

2.3              Plotte

2.4              Plase

2.5              Tente, Wendy huise, Sink huisies, Onder bome

2.6              Tussen ons in gewone woongebiede

  1. WEET WAAR HULLE WOON

3.1              Polisie

3.2              Munisipale kantore

3.3              Dokters en Hospitale

3.4              Vriende

3.5              Op straat hoeke

3.6              Ander Kerke

  1. HOE HANTEER ONS ARMOEDE

4.1               Wat se die Bybel?

4.2               Evalueer elke persoon

4.3               Stel vas wie werk

4.4               Wie het opleiding nodig

4.5               Wie drink

4.6               Siektes onder lede

4.7               Kinders op skool

4.8               Waar woon hulle

4.9               Wat het hulle nodig

4.10           Elke persoon: Wat wil jy hê?

4.11           Bejaardes

4.12           Gestremdes

4.13           Dwelms en HIV verwante siektes

  1. MAAK N VERSKIL

5.1               Waar begin:

5.1.1          Gemeente

5.1.2          Wyk

5.1.3          Binne die gemeenskap

               

  1. DOULOS WINKEL

6.1               In gesteltheid oor ʼn winkel

6.2               Genoeg voorraad vir ʼn winkel (standhoudend)

6.3               Koste aan ʼn winkel, krag, telefoon

6.4               Waar is die geskikste plek met meeste voete

6.5               Prys lyste en merk toerusting

6.6               Wat verkoop gaan word

6.7               Wie die winkel bedryf

6.8               Direkteur

6.9              

7.     KONTAKTE

7.1               Gemeente lidmate

7.2               Besighede op die dorp

7.3               Koöperasies

7.4               Dokters

7.5               Tandartse

7.6               Klinieke

7.7               Hospitale

7.8               Polisie

7.9               Diere klinieke

7.10           Boere

Jy is n besondere mens

Daar is besonderse mense wat ons dag mooier en ons las ligter maak, want ons weet hulle is innig en opreg

Jy is een van daardie spesiale mense en juis daarom hoop ek dat jou dag en jou hele lewe met net die mooiste gawes geseen sal wees.

Hans

PROSESSE WAAR DEUR ONS WERK MET GESINNE WAT IN ARMOEDE VERVAL HET

PROSESSE WAAR DEUR ONS WERK MET GESINNE WAT IN ARMOEDE VERVAL HET

 

Ses punt plan:

 

S

tel vas hoeveel mense in die gesin en gee kospakkie vir een week

  1. Ons maak kontak met behoeftige gesinne
  2. Gee ’n kospakkie en maak nadere kennis
  3. Wanneer ons die tweede keer kontak maak is dit met twee of meer persone wat met die gesin in gesprek gaan en evaluasie doen ten einde ’n profiel op te stel van die gesin
  4. Noudat ons die gesin beter ken kan ons ’n behoorlike behoef de bepaling maak van die gesin en weet ons presies watter en hoeveel kos en watter klere en wanneer klere in die gesin nodig is
  5. Ons werk saam ’n begroting uit(budget)
  6. Inkomste en uitgawe per maand
  7. Lopende koste
  8. Enige uitstaande skulde
  9. Ons stel vas presies wat die pa doen en waartoe hy in staat is en of hy werk of nie en wat sy salaris is , wat die gesin se begroting is
  10. Wat doen die ma, werk sy of is sy ’n tuiste skepper
  11. Is daar medies vir die gesin, lewensversekering, begrafnis polisse
  12. Hoeveel kinders in die huishouding, ouderdomme, skool grade, skool besoek, vordering op skool, ander probleme, kerk verband indien enige en of hulle kerk bywoon ens.
  13. Is daar sosiale probleme, berading nodig, maatskaplike hulp nodig, regshulp nodig, ontvang hulle enige pastorale hulp

B

egin werk aan die begroting van die gesin

  1. Begin werk aan ’n begroting, help en leer die gesin om ’n begroting op te stel en begin loop die pad met die gesin
  2. Help die ma om kinders dissipline te leerskool toe te laat gaan, huiswerk te doen, huis werkies in en om die huislêer hulle om met norme en waardes te leef, doen saam huiswerk, doen saam bybel studie
  3. Help die gesin om die kos en klere wat hulle ontvang reg te bestuur en nie vervalle te raak nie, om weer hulle menswaardigheid terug te bring
  4. Leer die gesin om kos higiënies en reg voor te berei en gesond te eet
  1. Proses 3: Die hulp van ’n Maatskaplike werker in te bring om die gesin te evalueer

       b.    Die hulp van ’n Sielkundige in te kry om die gesin se geestes toestande te evalueer

       c.     Die hulp van ’n Predikant/Pastoor/Priester in te kry om die gesin geestelik by te staan

L

eef saam met die gesin en leer hulle om weer te begin hoop en om weer te begin droom

  • Die ouers en kinders te leer om in hulle self te glo deur:
  1. Ons kan binne ons begroting leef in hierdie omstandighede
  2. Ons kan as ’n gesin saam leef in hierdie omstandighede
  3. Ouers: Ons kan ons kinders weer Christelik ophef
  4. Kinders: Ons kan ons ouers wys ons wil presteer
  5. Ons as kinders kan ’n sukses maak van ons skool loopbaan
  6. Ons kan as gesin weer huis Godsdiens doen elke aand

L

eef saam met die gesin en die professionele mense die oorbrugging probleme

  1. Die hulp van ’n Maatskaplike werker in te bring om die gesin te evalueer

       b.    Die hulp van ’n Sielkundige in te kry om die gesin se geestes toestande te evalueer

     c.     Die hulp van ’n Predikant/Pastoor/Priester in te kry om die gesin geestelik by te staan

W

anneer die gesin die vorige proses vir ongeveer een jaar geleef het die volgende:

  1. Die gesin is nou gereed om weer in die samelewing opgeneem te word
  2. ’n Professionele span neem hierdie gesin onder hulle beskerming
  3. Die gesin word nou begelei en daar word van vooraf gekyk na die pa en sy werk , is dit voldoende, het hy verdere opleiding nodig, kan hy nou kwalifiseer vir ’n beter werk en salaris, hierdie saak kry ernstige aandag
  4. Kan die gesin nou siekefonds bekostig, het hulle begrafnis en lewens polisse
  5. Het hierdie ma genoegsame “skills” om weer haar regmatige plek in die samelewing op te neem
  6. Is die kinders gereed om hulle plekke vol te staan in hulle nuwe skool omgewing

M

aatskaplike werk

  1. Die hulp van ’n Maatskaplike werker in te bring om die gesin te evalueer

       b.    Die hulp van ’n Sielkundige in te kry om die gesin se geestes toestande te evalueer

       c.     Die hulp van ’n Predikant/Pastoor/Priester in te kry om die gesin geestelik by te staan

                 Nasorg

  • Wanneer hierdie gesin terug is in die samelewing te help om terugvalle te oorbrug

God se weeskind

God se weeskind
ek is God se weeskind sal Hy my weer vind waar ek van afval leef... snags van koue beef
hoor Hy nog my stem wat so aan my rem ek's weggegooi tussen spore my menswees heel verlore hier het ek van God verdwaal sal Hy my weer kom haal
ek is God se weeskind sal Hy my weer vind waar ek van afval leef snags van koue beef
tussen spore en treine niks kan ek noem myne sit ek krummels en eet is daar iemand wat weet waar het die lewe dan so geraak dat ek nie meer vir iemand saakmaak
ek is God se weeskind sal Hy my weer vind waar ek van afval leef snags van koue beef
waar souttrane spore oor my wange loop my lewe vir 'n appel en ui verkoop kom daar beter dae weer het ek eending geleer genadebrood is God se kos Hy sal my mos nie net so los
ek is God se weeskind sal Hy my weer vind waar ek van afval leef snags van koue beef
Hanlie Leach ~kopiereg voorbehou

Hoekom praat mense so maklik van n kospakkie

HOEKOM PRAAT MENSE SO MAKLIK VAN N KOSPAKKIE?

N kospakkie wat ons uitgee bevat alle vitamines en proteiene wat nodig is vir die persoon wie kos nodig het, die kospakkies wissel in rand waarde van R150.00 – R300.00 per persoon per week.

Kosgee is een van die belangrike bene waarop Armoede staan en dit behoort baie aandag te geniet. Sonder kos kan geen mens oorleef nie

Mense praat so maklik hieroor en dikwels sal jy hoor of lees “Armoede is nie n kospakkie nie so asof hy wil se gestremdheid, bejaardes, dwelms, afhanklikes of ander is die enigste armoede of behoefte waarmee rekening gehou moet word.”

Voordat enige iemand n kospakkie kan uitgee moet hy/sy eers die persoon evalueer en tydens die evaluasie sekere dinge vasstel en seker maak dat:

  • Mense wat gediagnoseer is met siektes soos, HIV, Asma, Kanker, Dialiese, Suiker siekte, Kroniese siektes en baie ander dat hulle die regte kospakkie gaan kry
  • Allergieë kan maak dat jy nie alle kosse mag eet nie
  • Stel vas of die persoon wie die pakkie ontvang n stoof het om kos op gaar te maak
  • Vind uit of die persoon al hierdie soorte kos eet wat hy ontvang bv.Eet miskien nie vis nie ens.
  • Watter vleis kan hy eet?
  • Mag hy vars melk of langlewe melk gebruik?
  • Indien daar n baba in die huis is stel vas hoe oud die baba is en watter soort melk word gebruik
  • Maak seker dat die raklewe van kos produkte nie verval het nie
  • Maak seker dat die kos wat ontvang word gesond is vir menslike gebruik
  • Is hierdie kos waarvan die datum verval het deur n gesondheid inspekteur goedgekeur vir menslike gebruik
  • Maak seker dat mense nie net uit gewoonte n kospakkie kom haal nie
  • Hou deeglik rekord van die mense wie kos ontvang en al die kos wat uitgegee word op n spesifieke dag en datum

Hierdie is n paar belangrike en waardevolle punte om te onthou wanneer jy kos uitgee

 

Hans Janse van Rensburg

Aksiegroep Armoede

 

Wie is Doulos

          

Wie is Doulos. Doulos is ‘n Griekse woord wat as dit vertaal word beteken: Dienskneg. Dit is presies wat al die vrywilligers en ander persone wat betrokke is by Doulos hulleself ag. Werktuie in die Hand van God om ‘n verskil te maak. Dit geskied nie deur ons eie vermoeëns of op grond van ons talente nie, maar suiwer deur ons Godgeroepe opdrag om te help.

Doulos is ’n nie-winsgewende organisasie wat gebore is uit ‘n droom. ‘n Droom om ‘n verskil te maak in ‘n gemeenskap en mense weer hoop en passie te gee en ’n toekoms waar hulle weer toegelaat word om te droom. Hierdie droom het klein begin, maar soos die nood en die kennis rondom die nood toegeneem het, kon die droom nie anders as om te groei nie. Ons wil die mense wat hoop verloor het, help om weer te begin droom oor die toekoms. Ons wil hulle ook begelei om daardie droom te begin leef, vir hulself doelwitte te stel en te bereik op die vaste fondament van waardes soos: liefde, eerlikheid, opregtheid, hardwerkendheid, verdraagsaamheid,

Doulos Gemeenskapsprojek is tans betrokke by drie projekte:

  • Derdepoort-projek: Ondersteuning word gegee aan die gemeenskap in East Lynne, Jan Niemandpark en Lindopark. Elke Dinsdagmiddag is enigeen wat honger is, welkom om by die terrein van die Hervormde Kerk Derdepoort te kom aansit vir ‘n behoorlike bord kos. Dit word voorafgegaan deur Bybelstudie en gebed.

Ons deel ook begin kospakkies, klere en komberse uit aan mense in nood. Ons beleid is om uit te deel wat ons ontvang. Sowat 250 mense word tans deur hierdie projek ondersteun. Pastorale gesprekke en berading vorm ook deel van die ondersteuning.

  • Opleiding en werkskepping: Ons werk saam met Aditus (‘n organisasie wat hom beywer om werkloses op te lei in enterpreneurskap in ‘n landbou omgewing). Na opleiding behoort mense in staat te wees om ‘n eie besigheid te bedryf. Vaardighede soos sweis, bou en meganiese werk vorm ook deel van die opleiding. Hierdie projek is nog in beplanning.

Ander opleiding (naaldwerk, klere herstel, lapverf, kunswerk, ens) word ook gedoen

  • Blanke      armoede-projek: Hulp aan behoeftige gesinne in die Afrikaanse kultuur, Die probleem van blanke armoede en      blanke plakkerskampe word net al hoe groter (65 skuilings in Pretoria) en      daar is geen kits oplossings nie. Hier word reusewerk gedoen. Ons      ondersteun die armstes(Bejaardes,kinders,gestremdes en ander) in die      Pretoria omgewing met kos(liggaam en siel), klere,warm komberse,spesiale      kos vir bejaarde en gestremde kinders. Ons probeer ook om hulle finansieel te      ondersteun met skool -,verblyf-, en reisgelde van en na werk en skole. Om      kinders op skole te hou is n uitdaging. Kontak no:0832697082.E-pos:hans@diens.co.za

Mense word eers bewus van Blanke armoede wanneer hulle kan sien hoe ander mense lewe in nedersettings en kampe waar individue en gesinne in uiters haglike toestande bly. Hierdie mense bly in sink huisies 3M x 3M, plastiese huisies wat aanmekaar gesit word met versterkte stukke plastiek, Wendy huisies, Plank huisies, ou karavane, water tenks en allerhande goed wat net so bietjie beskerming bied teen die wind en die weer.

Baie van hierdie mense het nie lopende water nie, van elektriese krag word nie eers gepraat nie. Hulle loop soms vêr na ’n vlei of ’n dam om nie lopende water te gaan skep waarmee koffie, tee pap en ander kosse gekook word. Soms is daar geen toilet geriewe nie, slegs ’n slop emmer wat erens in die veld leeggemaak word.

Hulle het geen mediese skema nie en moet al vroeg oggend vêr stap en in toue gaan staan om erens teen die middag miskien die Dokter of soms net ’n Suster te sien ’n paar pille te kry om erge pyn te verlig. Daarna pak so ’n siek , kreupul of persoon met kroniese siektes weer die Kilometers per voet aan na sy skuiling, daar aangekom maak hy miskien iets wat al oud is reg om te eet of eet miskien iets waarvan die rak lewe lankal reeds verstryk het en bygesê as daar iets is om te eet.

Hierdie mense het gewoonlik nie die gerief van ’n bad, warm water en of seep nie en het ook geen privaatheid wanneer hulle sou wou bad nie. As die persoon bed toe gaan is dit soms op ’n matras of selfs net op ’nkombers waarop

hulle gaan lêenslaap sonder ’n kussing onder die kop. Hulle stilte tyd geskied slegs in die donker en is die voorreg ontneem om uit die Bybel te lees.

Daagliks hoor hierdie mense hoe van hulle gepraat word en oor hulle gepraat word. Hulle hoor weinig of min dat mense met hulle praat of vir hulle bid, vir hulle omgee en met hulle iets wil deel. Hulle hoor ook net altyd hoe sleg hulle is, hoe vuil hulle is, hoe agterlik hulle is, dat hulle net te lui is om te werk..

Elke maand einde loop van hierdie mense kilometers vêr, ek weet van hulle wat so vêr as dertig kilometers moet loop om hulle pesioentjie te gaan haal, terug skuiling toe gaan en die geldtjie net so aan die grond eienaar gaan betaal vir sy maandelikse huur van sy skuiling. Dit is werklik so dat van hulle nie ’n sent van die pensioen geld oor het om kos te koop nie.

Die mense in kampe en Nedersettings word in baie gegoede huise bespreek as mense wat ’n agterstand in die lewe het omdat hulle ongeletterd is. Hulle word gesien as menssku, skelm en word altyd verdink as oneerlik en onbetroubaar.

As God jou een maal hierdie mense laat leer ken het deur elke dag met hulle te werk, hulle lief en hulle leed elke dag met hulle te deel. Dat jy een maal ja net een nag in die winter saam met hulle daar te bly, saam met hom een keer te stap na ’n winkeltjie en langs die pad te gaan staan waar hy hopelik ’n Samaritaan sal vind wat hom ’n aalmoesie in die hand stop sodat hy vinnig voor die winkel toemaak ’n halwe bruin brood kan gaan koop en dan weer saam met hom te loop na sy skuiling waar hy die helfde van die broodjie sal gaan eet. Ek wil vir u sê ek leef hierdie mense elke dag van my lewe en dit is ook al wat ek elke dag wil doen.

Hieronder volg ’n opsomming van die verskillende kampe waarin ons werksaam is en wat daar alles gedoen word:

Sonheuwel: Hier woon 120 mense en ons is op ’n daaglikse basis besig met voorskoolse klasse. Die kinders van Graad R word met die regte sillabus gehelp en skoolgereed gemaak . Die klasse word aangebied deur onderwyseresse wat hulle tyd vrywillig op offer om hierdie kinders skoolgereed te kry. Daar word direk saam met Uniefees Laerskool saamgewerk om die kinders te laat aanpas vir hul eerste skool jaar. Ons poog om die kindertjies se horisonne te verbreed deur hulle op opvoedkundige uitstappies te neem. Hulle het reeds ’n helikopterrit onderneem wat geborg was deur die SA Lugmag. Hulle het ook ’n grondboonfabriek besoek waar hulle gesien en beleef het hoe die verskillende produkte gemaak en verpak word. Daar is ook nog die dag toer na Tiger brands, dieretuin en die museum wat voorlê.

Uniefees Laerskool: By hierdie skool word elke weeksdag vir sowat 45 tot 82 kinders kos gegee. Die projek is die breinkind van Juffrou Magda van die skool. Die NHSV van gemeente Oos-Moot maak toebroodjies vir Vrydae oggende en die diakens is verantwoordelik om die kos gereeld af te lewer. Ons het twee borge wat koeldrank en/of melk saam met ’n vrug en ’n lekkertjieelke week te gee. Daar word ook gehelp wanneer daar klere nodig is

Plot 10 en Plot 228: By die twee plekke woon 55 mense en ons help met klere en kruideniersware. Klere word elke ses maande nagegaan en kruidenierspakkies word elke derde week uitgegee. Die kruidenierspakkies word opgemaak volgens die behoefte en grootte van elke gesin. Elke gesin word vooraf geevalueer om ’n behoorlike profiel saam te stel. Daarvolgens kan bepaalword watter en hoeveel voedsel nodig is, wat die inkomste en en uitgawes is, en kan vasgestel word of die ouers werklik erns het om uit hul haglike lewens wyse uit te kom, te werk en die kinders skool te laat bywoon . Hier word ook elke week sop gegee deur ons ondersteunings groep.

Mahem: By Mahem woon 42 mense en dit gaan bitter swaar. Daar is ook nog baie werk om te doen voordat hierdie mense weer op ’n vlak sal wees waar hulle hul selfbeeld sal kan terug wen en menswaardig sal lewe. Op die oomblik gee ons kos pakkies op ’n drie weeklikse basis en klere word gereeld elke ses maande nagegaan en waar nodig uitgereik. Die evalueringsgroep sal hierdie gesinne eers evalueer voordat daar begin kan word met opleiding en werkskepping. Die werkskeppingsgroep is nou besig om van die bestaande geboue op te knap deur bv. deure in te sit

en te vervang en baddens en toilette reg te maak en te vervang. Die werk word deur mense wat self sukkel om ’n bestaan te maak, gedoen . Dit verskaf nie net blootstelling nie, maar leer hulle ook om dissepline en werktrots op te bou en natuurlik is dit ’n finansiele inspuiting wat hulle help om finansieel te oorleef. Die armoedegroep is hard aan die werk om te begin met ’n gesamentlike kombuis en eetplek. Dit gaan nie net help deur kostes te verminder nie, dit help ook dat koste van kospakkies laer sal wees. Verder dra dit by tot beter higiëne en bevorder dit werkskepping . Daar is reeds sekere kombuisware soos borde, bekers, ‘n stoof en ’n opwastrog met twee bakke ontvang, maar dit is nog nie voldoende nie. Die volgende word nog benodig: borde, messe, vurke, lepels, opskeplepels, was- en afdrooglappe, skoonmaakmiddels en ander. Die werkskeppingsgroep is gereed om te help met die opleiding van dames wat kan kos maak in die kombuis. Die persoon wat die opleiding gaan behartig is iemand met ondervinding en jare se dienslewering by die parlement. Hierdie persoon word ook deels versorg en ons is besig om vir hom te help om weer ’n werk te kry. Hy is meer as gewillig om sy kennis en ondervinding met sy medemens te deel

Waterval: Daar is sowat 96 inwoners in en om Waterval. Hulle word geestelik ondersteun deur ’n pastoor. Samesprekinge is gevoer met die pastoor en die twee bestuurders van die kompleks. Die uitsluitlike doel daarmee was om mense se lewenstandaarde te verbeter en om kinders weer op skool te kry. Om huurgeld te kan bekostig woon daar tot ses gesinne in een huis en dit opsigself is ’n groot kopseer. Kinders gaan nie almal skool nie, dood gewoon omdat hulle te ver van skole af bly en omdat daar nie vervoer beskikbaar is nie. Die samesprekinge het baie positiewe uitkomstes gehad:

  1. ’n Gesamentlike kombuis      gaan begin word;
  2. ’n Voorskoolse klas      gaan begin;
  3. Daar is reeds begin met      ’n mamma- en babagroep deur      Hanneke;
  4. Die Pastoor gaan hom      meer toelê op berading,
  5. Onderhandelinge      is begin vir ’n haarsalon, ’n groentewinkel en ’n moontlike winkel vir      hardeware.

Al hierdie dinge sal help met opleiding en werkskepping en die heropbou van die gemeenskap in sy geheel. Hierdie werk is alleenlik moontlik gemaak nadat ‘n volle evaluering van elke persoon en elke gesin gedoen is. Die ooreenkomste tussen ons werkgroep, die eienaars / bestuurders en die inwoners is bereik en soos die bestuurders tereg sê .“Dit sal bydra tot die groei en betaling van agterstallige huurgelde”. Verdere vooruitsigte is om te begin met ’n groentetuin. Die gesinne ontvang elke derde week ’n kruidenierspakkie en elke week sop. Klere word elke ses maande nagegaan en vervang waar nodig

Arendsnes: Die Arendsnes is ’n woonplek waar kinders bly wat deur die howe van hulle ouers weggeneem is, watter redes ook al. Ons probeer hierdie plek met sy 7-10 kinders soveel as moontlik te ondersteun met kos pakkies, klere, ens. Hier probeer ons ook om elke maand ’n kruidenierspakkie uit te gee. Klere word elke ses maande nagegaan en vervang.

Pretoria Wes: 10 Gesinne word maandeliks van kruidenierspakkies voorsien. Die gesinne sal so gou moontlik geevalueer word waarna ’n profiel van elke gesin saamgestel kan word. Klere en ander hulp soos opleiding en werkskepping sal gedoen word.

11de Laan: Hier werk ons op ’n meer tydelike basis. Persone gebruik hierdie plek as ’n sogenaamde deurgangshuis. Drie vlugtelinggesinne uit Zimbabwe is reeds gehelp. Sommige van die mense het hierdie skuiling gebruik om te genees van hulle wonde wat opgedoen was tydens plaas- en huisbesettings in Zimbabwe.

Kersfunksie: Gemeente Poort bestuur hierdie projek wat in November aangebied word. Hulle het reeds geskenke vir kinders en ’n groot klomp vir ouers bymekaar gemaak. Die projek leier, Bemarking: Heleen is hard aan die werk om borge te werf om bv. roomys, koeldrank, koekies, ’n springkasteel, ens moontlik te maak. Die geleentheid sal by drie plekke aangebied gaan word en dit beloof om groot plesier te verskaf.

By elke nedersetting het ons dan ook projekleiers wat in beheer is van die nedersetting en alle skenkings ko-ordineer volgens die databasis ten einde verseker dat elke gesin ontvang na behoefte en op ’n gelyke basis. Hieronder dan ’n opsomming van al die projekleiers en waarvoor hulle verantwoordelik is:

Hulp aan gesin

Gideon

Gee my net so bietjie kans dit is 03:10 Maandag oggend en sodra ek iets hier by die werk kry wat sal help dan praat ons weer

hans

From: Heleen Huyser [mailto:Heleen.Huyser@postoffice.co.za]
Sent: 20 September 2013 07:57 PM
To: hans@armoedebediening.co.za
Subject: [SPAM]

Goeienaan. Jammer ek pla terwyl jy dalk rugby kyk of  saam met vriende braai. Ek is dringender as dringend opsoek na 'n ongebruikte tent wat in baie goeie toestand is, nie lek en al sy benodigdhede het. Ons het jong paartjie waarvan vrou binne weke gaan kraa. Hul het onbepland en deur omstandighede + 2 weke gelede in wit plakkerskamp waar ek werk, beland. Die paartjie slaap tans saam in een man tentjie wat skaars meter hoog staan. I die baba verskyning maak voor ons groter tent kry, gaan daar redelik probleem wees om nuwe dogtertjie by pa en ma in te pas. Wat nog van klein matrassie "carry cot" of watookl in die een man tent moet inpas.JD is baie befaafde kunstenaar wat mooiste potlood sketse doen. Hy werk tot 3 dae om 1 skets van kin te doen @ R 300 per skets. Die inkomste is by verre nie genoeg om sy gesin wat 2 karige seun en sy sie ma te versorg en beter woongeriwe te voorsien. Seen groete. Gideon

Kos vir behoeftiges

Liewe Here, daar is net vanaand hierdie seer hierdie honger vir die wat niks het in my hart asof ek aan my eie lyf voel elkeen se smart Moeders wat kindertjies se vrae moet antwoord hoekom daar dan vanaand nie kos is nie,... waarom die ligte nie vanaand brand...... ek voel hierdie seer en pyn vanaand in my eie hart, voel die smart aan my lyf Here hou U diesulkes vas baie styf
Hierdie klein mensies het nie gevra om in hierdie wrede wêreld van ontnugtering in te kom waar alles so skielik kan verander vandag nog liefde en geluk, môre word daar duwweltjies en bitter als gepluk Liewe Heer bewaar vanaand elke moeder en eensame honger kind Gee U antwoorde en uitkoms op elke vader se woordelose gebed wil U nie deur U Groot Genade elkeen uit hierdie hopelose hel red
Hanlie Leach @ kopiereg voorbehou

Jesus praat met my

Elke dag om 12uur het n man by die kerk se voordeure ingestap, stadig tot voor die kansel gestap, n paar minute daar vertoef en dan weer uitgestap. Die predikant het hom elke dag gesien inkom en dan weer uitgaan. Eendag toe stap die predikant na hom toe en vra vir hom: "Goeie dag, ek sien jou elke dag hier inkom en dan weer na n paar minute uitstap, is daar dalk iets waarmee ek kan help" Die man kyk na die predikant en glimlag, : "U sien ek kan nie baie goed en lank bid nie, nou stap ek maar net elke dag om 12 uur gedurende my etensuur hierin en dan stap ek tot daar voor en dan se ek: Hallo Jesus, dis Jim hier." en dan stap ek maar weer uit. En so het die tyd verbygegaan, en eendag het een van die gemeente lede vir die predikant kom se dat Jim in die hospitaal opgeneem is, en dat dit nie goed gaan met hom nie. Die predikant gaan toe hospitaal toe en vra die saal suster hoe dit met Jim gaan, sy se toe sy kry die man so jammer hy is so siek,en ontv...ang geen besoekers nie. Die predikant gaan toe na Jim se bed, en vra hom, : "Jim, hoe gaan dit met jou?" Jim se hele gesig kry n uitdrukking van blydskap toe hy antwoord: " Dit gaan baie goed met my, ek het nou net besoek ontvang." Die predikant was baie verbaas want die saalsuster het hom nou net gese dat Jim geen besoekers ontvang nie. Hy vra toe: "Wie was jou besoeker Jim?" Jim vertel hom opgewonde, elke dag om 12 dan stap Hy hier in en dan se hy vir my : "Hallo Jim, dis Jesus," en dan stap Hy weer uit.
Soms dink ons dat ons moet hierdie hoe woorde en taalgebruik he om met die Vader te praat. Maar Hy is ons Vader, en Hy hoor nog voor ons gevra het, ons kan met ons Hemelse Vader praat oor enige iets net soos ons met ons aardes vaders kan praat. En Hy is altyd daar om te luister, en te antwoord. Al se ons net Hallo Jesus dis maar net alweer ek, ek het nie baie woorde nie, maar lees asb vandag my hart.

Boemelaar, Bedelaar, Behoeftige mens

Armoediges

Soorte Armoede:

  1. Boemelaar
  2. Bedelaar
  3. Behoeftige mense
  4. Groen armoede

1.Boemelaar

1.1       n Boemelaar is iemand wat rond swerf tussen dorpe en stede en van kamp tot kamp en heeltemal aangewese is op kos, klere en alle ander benodigdhede

1.2       n Boemelaar wil nie werk nie hy stel nie belang daarin om te werk nie

1.3       Hy is gewoonlik die persoon met drank en dwelm probleme

2.Bedelaar: Hierdie mense kan in drie groepe ingedeel word nl:

2.1       Bedelaar op hom self aangewese

2.2       Bedelaar wat geforseer word om te gaan bedel

2.3       Bedelaar met by voordele

2.1.1    n Bedelaar wat op hom self aangewese is spreek vanself. Hierdie bedelaar kry kos elke dag op die straathoekke en huise by wie hy gaan aanklop en dikwels te veel kos kry om op te eet en dan word die kos gemors want dit kan nie gebêre word nie en omdat hy nie bergings fasiliteite of koel houers het nie is die enigste twee maniere dan weggooi of sekere kos soorte en klere word vir n appel en n ui van die hand gesit

2.2.1    Bedelaars wat geforseer word om te bedel is eerstens mense wie inwoning ontvang van eienaars by plakkerkampe op plase, klein hoewes, in agterplase van gewone huishoudings en leë geboue waar hulle n bedraggie geld moet betaal om daar in te woon

2.3.1    Die bedelaar met by voordele is n persoon wie afgetree het en wat die geleentheid raakgesien het om sy pensioen so bietjie aan te vul. Dit is gewoonlik mense met n goeie pensioen en hierdie voordeel help in baie gevalle dat die bedelaar met by voordele nie sy pensioen wat hy ontvang gebruik nie

4.1 Groen Armoede ontstaan in die meer gegoede dele van ons dorpe en stede waar dit binne in n gesin begin swaar gaan. Die huis eienaar verloor sy werk/Salaris word verminder en die huishouding kan nie meer behoorlik instand gehou word en/of reg funksioneer nie en dit word waargeneem deur::

  • Kinders wat nie meer skoolfonds betaal nie
  • Skoolbywoning is meer ongereeld
  • Kinders bring nie meer kos skool toe nie of het ook nie geld om iets by die skool te koop nie
  • Items word verkoop binne die huis ens.

Dit word op verkillende maniere bekend en dit is waarmee ons werk

 

Boemelaar, bedelaar behoeftige mens

AAA!! lekker groot vars  aarbeie vir mense wie dit baie gaan geniet. Dit vat baie van n verarmde maar opregte mens om te kom staan en kos vra, maar so maklik is dit vir n boemelaar en n bedelaar om net te vra en te ontvang en kos te mors of weg te gooi as hy genoeg ge eet het. Maak seker dat jy weet wat die verskil is tussen n boemelaar n bedelaar en n behoeftige mens

Behoeftige mens se vrae en antwoord

Is jy oorgewig, sukkel jy om gewig te verloor, help geen dieet meer vir jou nie, is jou voorkoms nie meer mooi nie, het jy nie eers n spieel om jou hare en gesig te versorg nie, is daar glad nie meer water warm of koud waarmee jy jou gereel...d kan was nie, het jy nie n sent om jou hare te laat sny nie, sukkel jy om jou enigste klere stuk vir stuk te was in die nag waar niemand jou sal kan sien en bespot nie en stuk vir stuk wat droog word weer aan te trek. Is die bril op jou gesig nog reg vir jou oe die een wat jy 27 jaar terug nog kon laat maak het, dink jy dat jy nog kan staande bly teen al die gevare en lewens elemente wat jou bedreig. kyk na my met hierdie hekel gare maak ek die mooiste goetjies wat jy in jou huis kan gebruik teen weggee pryse en dit hou my lewe aanmekaar en ek het net net  vir Jesus aan my kant wie my daagliks dra en beskerm teen alle gevare. Dank u dat u die tyd gebruik het om te lees hoe dit met werklik verarmde mense daagliks gaan en dat u n kykie kan kry hoe mense moet sukkel om n bestaan te maak

Dobbel, of wat?

DEEL JOU GEDAGTES
Dobbel, of wat?   Mense kan loot, maar die Here bepaal hoe dit uitkom. Spr 16:33
  Ai, dobbel - ja of nee? In Bybelse tye het mense algemeen probeer om deur offers, ens. die geluksgod en die noodlot se guns te wen. Daar is heelwat speletjies gespeel waarin kans 'n rol gespeel het en dobbel was in daardie sin ook algemeen. Wat sê die Bybel? Ons het iets van die Jode se streng sie...ning oorgeneem dat die noodlot aan God behoort en nie mee gespeel moet word nie.
  Nogtans het die Waarskynlikheidsleer vir ons kom demonstreer dat waarskynlikheid ook 'n doodgewone (en in 'n sin voorspelbare) natuurverskynsel is: die kans om 'n ses te gooi op 'n dobbelsteen is oor 'n groot aantal gooie presies een uit ses. Die volgende onderskeid is nuttig: LOTING is om 'n ewekansige keuse op te stel en is in die regte omstandighede heeltemal aanvaarbaar; die LOT is om God se besluit in te roep en word net baie selde gedoen; LOTERY is om van die bg. beginsels 'n speletjie te maak waarmee mense geld kan wen of verloor, ongelukkig ook reuse bedrae.
  Dit maak dit 'n morele kwessie. Dobbel is potensieel gevaarlik - mense raak verslaaf, gesinne word vernietig. Hoe meer jy speel, hoe groter is jou kans om te verloor, anders as wat dobbelaars dink… Nee - pas op! Here, wat sê U vir my hieroor?

Kos pakkies

dit is weereens n voorreg om vars kos, groente, melk, vleis en ander produkte te kan byvoeg tot individuele kospakkies elke week

Settlements and Projects

We are involved with the following settlements and projects:

  • AGS Hercules Manna vir Honger
  • Annie Schultz
  • Dagbreek
  • De Kroon
  • Extreme Freedom Foundation
  • Filidelphia
  • Harmonie Oord
  • Huis Ebenhaeser
  • Huis Quanessa
  • Irenic Inn
  • Jakaranda Kinderhuis
  • Jubeleem
  • Kempton Park Wes
  • Kosmos
  • Louis Botha Kinderhuis
  • Louis Trichard Tehuis
  • Machteld Postmus
  • Melgisedek
  • Montrosa
  • Mothwa Haven
  • Ons Tuis
  • Plot 27
  • Sederhof
  • Sonheuwel
  • Sonskynhoekie (Bejaardesorg)
  • Sonskynhoekie
  • Susan Strydom Tehuis
  • Van Rensburg Tehuis
  • Zuurfontein

Related topics

Nedersettings en Projekte

Ons is betrokke by die volgende nedersettings en projekte:

  • AGS Hercules Manna vir Honger
  • Annie Schultz
  • Dagbreek
  • De Kroon
  • Extreme Freedom Foundation
  • Filidelphia
  • Harmonie Oord
  • Huis Ebenhaeser
  • Huis Quanessa
  • Irenic Inn
  • Jakaranda Kinderhuis
  • Jubeleem
  • Kempton Park Wes
  • Kosmos
  • Louis Botha Kinderhuis
  • Louis Trichard Tehuis
  • Machteld Postmus
  • Melgisedek
  • Montrosa
  • Mothwa Haven
  • Ons Tuis
  • Plot 27
  • Sederhof
  • Sonheuwel
  • Sonskynhoekie (Bejaardesorg)
  • Sonskynhoekie
  • Susan Strydom Tehuis
  • Van Rensburg Tehuis
  • Zuurfontein

Verwante onderwerpe

Wenslys

Ons is altyd op soek na die volgende items:

  • Vars produkte
  • Nie-bederfbare kosse
  • Komberse
  • Kussings
  • Klere
  • Meubels
  • Kombuisware
  • Toiletware

As u kan help, kontak ons.

Geldelike bydraes is altyd welkom. Kliek hier om 'n donasie te gee.

Kontak Ons

Voltooi die volgende vorm of blaai af vir meer opsies.

{chronoforms}kontak{/chronoforms}

Straatadres

Codonia Straat 735 Waverley Pretoria

map

Posadres

Posbus 15270 East Lynne 0186

Telefoon

  • 012 755 8199 (Kantoorure)
  • 072 851 7041 (Na-ure)

Faks

0865805035

Uitvoerende Direkteur

Hans Janse van Rensburg 083 269 7082 hans@armoedebediening.co.za

 

Heleen Huyser 082 443 8874 huyserh@sapo.co.za